-
loading
Ads with pictures

Van met


Top sales list van met

South Africa
 Met ander oe - 'n Keuse uit die Prosa van Uys Krige - 1980 - Van Schaik - Hardeband met stofomslag in goeie toestand.  
See product
South Africa (All cities)
  VAN SERINGBOOM TOT KERKGEBOU Die Argitektoniese Erfenis van die Gereformeerde Kerke. Onder Redaksie van: J.M. van Tonder, J.G. Noeth, N.G. Sarkady, C.T. Harris & F.M. Schutte A4 Hardeblad, geen stofjas, pragtig gedruk op glanspapier, eerste druk Oktober 2010, 365 bladsye,, sluit ook in 4 bladsye met Persoonsname Indeks. Pragtige fotos en geskiedenis van die kerke in Suid Afrika. Hierdie boek is in 'n pragtige kondisie. POSGELD: R75.00 S.A.P.O.of R115.00 POSTNET    
R 300
See product
South Africa (All cities)
Buy Van Noord naar Zuid: met Kameelen, Ezels en Ossen door Afrika - G. Seubring for R400.00
R 400
See product
South Africa (All cities)
1985 hardeband met stofjas in baie mooi toestand.  R50 posgeld in SA.
R 50
See product
South Africa (All cities)
2006 eerste uitgawe groot hardeband met stofjas en 512 bladsye in goeie toestand. R100 posgeld in SA.
R 340
See product
South Africa
Hardeband met 74 bladsye. Laaste 2 bladsye los. R46 posgeld in SA. Naam in ink voorin.
R 100
See product
South Africa (All cities)
Puik toestand met stofomslag in puik toestand. 154 p. Eerste uitgawe 2004.  [Posgeld = R55.00]
R 150
See product
South Africa
Met 48 bladsye propvol prettige feite, volkleurfoto's en hope aktiwiteite, speletjies en kopkrappers waarmee jy die wonderwêreld van walvisse en dolfyne kan verken, is hierdie boek gewaarborg om jong diereliefhebbers se tone te laat omkrul van lekkerkry.
See product
South Africa
                                                                       Met plastiek oorgetrek. Kleefband merke gelaat. Boek andersins in goeie toestand.
See product
South Africa (All cities)
2007 eerste uitgawe sagteband met 252 bladsye in goeie toestand. R60 posgeld in SA. Die storie van bruin Suid-Afrikaners, in mikrokosmos beleef op Stellenbosch, soos nog nooit in Afrikaans vertel nie.  Van die beginjare het burgers, slawe en ’n klein klompie vryswartes Stellenbosch saam opgebou. Saam het hulle reeds voor 1700 begin om ’n nuwe taal, Afrikaans, te skep. Saam het hulle op een erf gewoon – met die slaaf wat in die kombuis of buitekamer moes slaap. Dié boek vertel van die hartseer en die skeiding en hoe apartheid op Stellenbosch sy beslag gekry het.  Dié leesbare vertelling is deurspek met die ware verhale van mense soos “Abraham, die slaaf van Matthias Hoffman” (sy rug en bene gebreek tot hy die “genadeslag” ontvang het omdat hy Matthias se huis aan die brand gesteek het) en Manisa, toegewyde moeder wat na vrystelling van plek tot plek reis om haar kinders te gaan soek. Daar is ook sketse van ander sleutelpersone en sleutelgebeure, onder meer die “slag van Andringastraat,” toe wit studente en bruin inwoners handgemeen geraak het.  Nog altyd hier gewees bied ’n fassinerede blik op hoe verhoudinge tussen wit en bruin ontwikkel het en waar dinge skandelik skeefgeloop het. Dit eindig op ’n hoopvolle noot met Stellenbosch se eerste bruin burgemeester en die mense van “die Vlakte” wat met trots hul eie storie die wêreld instuur.
R 90
See product
South Africa
This item is sold brand new. It is ordered on demand from our supplier and is usually dispatched within 8 - 13 working days In die vroee beplanningsfase van die Vryheidspark was Robin Binckes `n lid van die subkomitee oor geskiedenis. Die mate van debatvoering en bespreking - meestal heftig - het Binckes verstom. So te se elke bespreking is uit presies die teenoorgestelde siening vertolk. Een van die mees omstrede onderwerpe was die Groot Trek, die Boere se eksodus uit die Kaapkolonie in 1838. Skrywers oor die onderwerp het tradisioneel die gebeure nie net uit die perspektief van "wit geskiedenis" benader nie, maar hoofsaaklik uit die van "Afrikanergeskiedenis". Dit is nog altyd gesien as `n "Afrikanergebeurtenis", maar dit was allermins. Die Groot Trek en die gebeure wat daartoe aanleiding gegee het, het elke deel van die samelewing betrek - Zulu, Sotho, Ndebele, Xhosa, Khoisan, Khoikhoi, Bruin, Brits, Engelssprekende Suid-Afrikaner en Boer - en dit is tyd om die trek in daardie lig, in die konteks van `n onbevooroordeelde, moderne Suid-Afrika, uit te beeld. Soos wat gewoonlik die geval is in geskiedenis, hou al die gebeure verband met mekaar. Dit is onmoontlik om die Groot Trek te skei van gebeure wat terugstrek tot by die Portugese ontdekkingsreisigers, aangesien daardie vroee verwikkelinge die agtergrond geskep het vir die redes vir die Groot Trek. Die meeste skrywers het op die trek self gefokus terwyl Binckes `n bree benadering gevolg het wat die impak van die vroeere wit invalle en migrasies - Portugees, Hollands, Frans en Brits - op suidelike Afrika bestudeer. So kan die trek en die oorsake daarvan beter verstaan word. Waar moontlik het Binckes die weergawes van ooggetuies gebruik en dit bevestig met die perspektiewe van vooraanstaande geskiedkundiges. Die eindproduk is `n objektiewe en omvattende rekord van een van die seminale gebeure in Suid-Afrikaanse geskiedenis. Hierdie boek toon dat die Afrikaner `n belangrike rolspeler in die Suid-Afrikaanse gemeenskap is, was en altyd sal wees - maar dit beeld die Afrikaner ook uit as deel van `n groter prentjie. Die skrywer distansieer hom van die karakters wat die afgelope twee eeue as edel gestereotipeer is en beeld hulle lewensgetrou uit: wonderlike, heldhaftige mense met menslike gevoelens, sterk punte en tekortkominge. Features Summary In die vroee beplanningsfase van die Vryheidspark was Robin Binckes `n lid van die subkomitee oor geskiedenis. Die mate van debatvoering en bespreking - meestal heftig - het Binckes verstom... Author Robin Binckes (Author), Adri Kotze (Author) Publisher 30 Degrees South Publishers Release date 20141001 Pages 559 ISBN 1-928211-27-5 ISBN 13 978-1-928211-27-3
See product
South Africa (All cities)
This item is sold brand new. It is ordered on demand from our supplier and is usually dispatched within 10 - 15 working days De la Rey, De la Rey - Generaal Koos de la Rey is weer op almal se lippe. Hierdie veelbesproke held van die Anglo-Boereoorlog geniet saam met Batman en die Ruiter in Swart ikoonstatus onder verskeie generasies. Net soos meer as 'n eeu gelede dien hy as morele leier, 'n sterk figuur waarna mense kan opsien. Maar wie was hy regtig? In Generaal Koos de la Rey: Die leeu van Wes-Transvaal leer ken die leser hierdie heldhaftige generaal - nie net as krygsman met briljante taktiek en interessante opvattings oor oorlogvoering en die staat nie, maar ook as mens en gesinsman. Sy verhouding met sy vrou, sy rol as vader, sy uiteindelike tragiese dood en ander persoonlike inligting kom in hierdie pragboek aan bod. Boonop bevat Generaal Koos de la Rey: Die leeu van Wes-Transvaal 'n groot aantal skaars foto's wat die leeu van die Wes-Transvaal in die verskeidenheid rolle en kontekste uitbeeld. Features Summary De la Rey, De la Rey - Generaal Koos de la Rey is weer op almal se lippe. Hierdie veelbesproke held van die Anglo-Boereoorlog geniet saam met Batman en die Ruiter in Swart ikoonstatus onder verskeie generasies.. Author Fransjohan Pretorius Publisher Protea Boekhuis Release date 20070413 Pages 80 ISBN 1-86919-176-5 ISBN 13 978-1-86919-176-4
R 129
See product
South Africa
 2006 / Hardcover / Good condition “Magnus Malan het reeds as 13-jarige skoolseun weggeloop om by die destydse Unieverdedigingsmag aan te sluit. Dit was natuurlik tevergeefs, maar sedert hy in 1946 wel by die Liggaamlike Opleidingsbataljon kon aansluit, was sy loopbaan en lewe vir bykans 42 jaar onherroeplik met die Suid- Afrikaanse Weermag vervleg. Malan se militêre loopbaan het hom na verskillende plekke in Suider-Afrika geneem: na Robbeneiland, na die toenmalige Suidwes-Afrika waar die SA Weermag die Suid-Afrikaanse mandaatgebied moes beskerm, na die Militêre Akademie op Saldanha, na die Kasteel in Kaapstad. As Hoof van die Leër en later as Hoof van die Weermag is hy ten nouste betrokke by Suid-Afrika se inval in Angola in 1975 en talle oorgrensoperasies in die dekade wat daarop volg. Malan tree ook toe tot die politiek en sal veral onthou word as Minister van Verdediging in die 1980’s. Malan lewer op bondige wyse verslag oor die invloed wat politieke verwikkelinge in Suider-Afrika sedert 1960 op die strukture en funksies van die Suid-Afrikaanse Weermag gehad het; oor die suksess van Krygkor en oor Suid-Afrika se kernwapenvermoë. Hy verskaf waardevolle konteksgegewens van ’n tydperk volgeprop met staatkundige en militêre gebeure; ’n tydperk wat buitengewone betekenis vir hierdie geslag en die nageslag het, maar wat tans byna vergete geraak het.”
See product
South Africa (All cities)
 Oemkontoe van die nasie is ’n satiriese terugblik vanuit die jaar 2005 op die Ou en Nuwe Suid-Afrika. In hierdie proses bevind Britse beleidmakers uit die 1800’s hulle onverwags voor die Waarheids- en Versoeningskommissie. Boere uit die Noordelike Provinsie keer die Groot Trek om. Terug Kaap toe, in bakkies met frieskoeie en hoenders agterop, die plaaslike koerantredakteur as trekleier in die Volla voor, die nuwe trekkers vervul met siniese droefheid oor die turfland en wit gras wat agtergelaat word. Histories benadeeldes doen aansoek om as histories bevoordeeldes geherklassifiseer te word. Mense wat in die ou bedeling opponente was, raak ongemerk bondgenote. En die Paarlse Taalmonument se lot as ’n nuttelose spies word finaal verseël. Maar daar is nog Faan Starck, ’n plattelandse onderwyser wie se skryfloopbaan begin met ’n satiriese rubriek in ’n plaaslike koerantjie en ’n storieboek wat per geluk vir hoërskoolleerlinge voorgeskryf word. Sonder dat Faan dit so beplan, word die drukpotlood waarmee hy sy polities verkeerde stories pleeg, skerper, word dit ’n nuwe oemkontoe wat tegelykertyd genadeloos hekel en tragiek blootlê. Dit is nie welkom nie, en Faan se tydsberekening is helaas swak – “ … maar hemel, jou politiek, Starck, waar kruip jy uit? Dis... ’n land met ’n veritabele reënboog van regte waarvoor jy sensitief moet wees.” Oemkontoe van die nasie is ’n polities verkeerde veroordeling van die Nuwe Suid-Afrika en dis ’n boek wat eintlik nie gelees behoort te word nie … 
R 85
See product
South Africa (All cities)
This item is sold brand new. It is ordered on demand from our supplier and is usually dispatched within 10 - 15 working days Clarence van Buuren is met 'n geheim galg toe. Vyftig jaar later probeer Chris Marnewick hierdie geheim oplos. Van Buuren is in 1956 skuldig bevind aan die moord op Myrna Joy Aken en tereggestel. Vroue het buite die hof in lang rye gewag om die verhoor by te woon en het mekaar vertrap wanneer die deure oopgegaan het. Van Buuren het met van hulle flirteer tydens die verhoor, en het tot op die einde skuld ontken. Die saak was opspraakwekkend om verskeie redes: 'n Siener het die lyk na 'n seance opgespoor, Van Buren en Aken was lovers, maar die lyk is seksueel vermink. Inligting dui daarop dat Van Buuren 'n narsissistiese psigopaat was en 'n sadis wat veral vroue geteister en gemartel het. 'n Emosionele vampier. 'n Sadistiese seksmoordenaar. Maar daar was niks hiervan in die hofsaak nie. Ook nie in die koerante nie. Features Summary Clarence van Buuren is met 'n geheim galg toe. Vyftig jaar later probeer Chris Marnewick hierdie geheim oplos. Author Chris Marnewick Publisher Protea Boekhuis Release date 20120111 Pages 523 ISBN 1-86919-506-X ISBN 13 978-1-86919-506-9
R 263
See product
South Africa
This item is sold brand new. It is ordered on demand from our supplier and is usually dispatched within 10 - 15 working days Handwerkmetaal het eindelose versierpotensiaal. Dit is buigsaam en kan om bykans enige oppervlak gevou of daarop geplak word. Hierdie boek fokus op gekleurde handwerkmetaal - hoe dit versier kan word met bosseleerwerk, uitsnywerk, die byvoeg of wegneem van kleur, 3D-ontwerpe wat ingevul word en vele meer - en hoe jy daarmee unieke items vir jou tuiste kan skep. Leer meer oor metaal en items waarop dit aangebring kan word, hoe om die nodige gereedskap te gebruik, en hoe om verskeie tegnieke toe te pas wat almal gebruik kan word om die meer as 50 dekoratiewe of funksionele items te skep. Die oorspronklike projekte is spesifiek ontwerp en geskep om die groot verskeidenheid tegnieke en toepassings te demonstreer, soos: Die oordra en natrek van ontwerpe; Hoe om met eenvoudige handgereedskap tekstuur te skep; Die gebruik van bosseleerapparaat soos die cuttlebug om tekstuur, patrone en uitsnywerk te skep; Afrondingstegnieke soos skuurwerk, veroudering en verf; Herwinning en hergebruik; Wenke en raad om prosesse te vereenvoudig. Daar is projekte vir alle vaardigheidsvlakke, van beginners tot gesoute handwerkers, en maklike items wat blitsvinnig gemaak kan word tot meesterstukke wat langer sal neem om te voltooi. Manjifieke foto's van die voltooide items sal jou inspireer en jy kan danksy die stap-vir-stap foto's en aanwysings sommer dadelik aan die werk spring. Features Summary Die oorspronklike projekte is spesifiek ontwerp en geskep om die groot verskeidenheid tegnieke en toepassings te demonstreer. Author Monica Fischer (Author), Suzan Cumpsty (Author), Lee Vorster (Author) Publisher Metz Press Release date 20160601 Pages 128 ISBN 1-928201-75-X ISBN 13 978-1-928201-75-5
See product
South Africa (All cities)
This item is sold brand new. It is ordered on demand from our supplier and is usually dispatched within 4 - 8 working days Eerste Veldgids tot Gesteentes & Minerale, die jongste toevoeging tot die gewilde Struik Nature-reeks, stel die belangrikste en interessantste gesteentes en minerale van ons geologies opwindende streek bekend. Die gids beskryf 30 minerale en 18 belangrike soorte gesteentes, met die klem op die wat die bekendste of algemeenste is. 'n Kort inleiding gee 'n oorsig van die onderwerp; kleurryke foto's van die gesteentes en minerale sowel as van die besondere terrein waarin hulle voorkom, vul die helder teks deurgaans aan en help met uitkenning in die veld. Eerste Veldgids tot Gesteentes & Minerale is 'n nuttige hulpmiddel vir die aspirant-geoloog, weetgierige amateur, of enigeen met 'n ontluikende belangstelling in Suider-Afrika se unieke geologiese erfenis. Features Summary Eerste veldgids tot gesteentes & minerale, die jongste toevoeging tot die gewilde Struik Nature-reeks, stel die belangrikste en interessantste gesteentes en minerale van ons geologies opwindende streek bekend... Author Bruce Cairncross Publisher Struik Nature Release date 20130601 Pages 57 ISBN 1-920544-71-2 ISBN 13 978-1-920544-71-3
R 63
See product
South Africa
Hardeband met stofomslag. Boek is stewig gebind en skoon binne. Uitgegee 1965 met 278 bladsye en geïllustreer met s/w foto's. Geskenkinskripsie op voorste skutbladsy. Die stofomslag is verweer met skade aan die voor-en bokant. Papierverlies. Posgeld in RSA = R58.00.  
See product
South Africa
This item is sold brand new. It is ordered on demand from our supplier and is usually dispatched within 7 - 15 working days In hierdie reeks kartonboeke met skoonvee-pen en uitvoubladsye leer kinders speel-speel basiese konsepte ken saam met Louise Smit se bekendste karakters uit die destydse TV-programme, Wielie Walie en Haas Das. Kom leer alles van vorms saam Bennie Boekwurm, die Wielie Walie-parkie se slimste storieverteller. Draai die prentewiel, vou die bladsye oop en gebruik die skoonvee-pen op die bladsye. Met lekker oefeninge, maklike speletjies wat jy by die huis kan speel, is dit pret om te leer! Features Summary In hierdie reeks kartonboeke met skoonvee-pen en uitvoubladsye leer kinders speel-speel basiese konsepte ken saam met Louise Smit se bekendste karakters uit die destydse TV-programme... Author Louise Smit Publisher Human & Rousseau Release date 20151001 Pages 18 ISBN 0-7981-7058-1 ISBN 13 978-0-7981-7058-1
R 129
See product
South Africa
 Klein land van die Liefde - Margaret Bakkes - Human & Rousseau -2011 - Sagteband in baie mooi toestand. Heuningpoort is ‘n baie klein dorpie.  Wouter Basson, dominee op die dorp, het daar grootgeword. Hy staan op troue met Karolien de Villiers, ‘n arbeidsterapeut wat eers vir ‘n jaar in die stad gaan werk het. Dié jaar weg het egter ‘n saadjie van twyfel in haar geplant. Dirk en Karen, goeie stadsvriende van haar, trek Holland toe sodat Dirk daar kan studeer en promofeer.  Karen pas nie aan in die koue nie. Haar gesondheid gaan agteruit en hulle laat kom Karolien om te au pair vir Leon en Laura, hul kinders. Die egpaar gaan op vakansie sodat Karen kan herstel. Wouter is nie baie gelukkig dat Karolien oorsee is nie. Sy  ontmoet Paul van Gelderen, ‘n Hollander, en hulle is onmiddellik  aangetrokke tot mekaar. Dinge verander baie vinnig.  Karen sterf terwyl sy en Dirk  met vakansie is. Dirk vertrek ná Suid-Afrika om Karen se oorskot huis toe te neem.  Sy vliegtuig word afgeskiet oor Midde-Afrika en die kinders word totaal wees gelaat.  Wouter daag op in Holland om met Karolien te trou en dan sommer wittebrood daar te hou.  Karolien moet kies tussen Paul en Wouter.  Wie gaan sy kies, want sy moet nou die twee kinders se toekoms ook in ag neem? ‘n Heerlike liefdesverhaal. – Jenny du Toit
See product
South Africa (All cities)
 Die verhaal van Johanna Brandt - BEP du Toit - Protea - Harde glansboek soos in besonder goeie toestand. Johanna en Lou Brandt se liefdesverhaal en die Anglo-Boereoorlog is nou verweef. Met Johanna se veelkantige persoonlikheid het sy op uiteenlopende terreine bekendheid sowel as omstredenheid verwerf. Onreg het sy daadkragtig beveg. Met al die beperkinge van haar posisie as predikantsvrou het sy indertyd die nog onbekende terrein van natuurgenesing betree. In 1897 is sy vir musiekstudie na Duitsland, vanwaar sy net voor die Anglo-Boereoorlog teruggekeer het na Suid-Afrika. Ná die besetting van Pretoria was sy en haar moeder Boerespioene behulpsaam. Sy het ook as vrywilligerverpleegster in Irene-konsentrasiekamp gewerk. Die meetsnoere het nie vir haar altyd op lieflike plekke geval nie. Die verskeurdheid wat sy ervaar het, spreek uit haar woorde: “Dit voel asof ek met ysterkloue aan hierdie grond moet vasklou.” 
R 95
See product
South Africa
1975 tweede druk - Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge geillustreerde hardeband met stofomslag, 324 bladsye. Netjiese inskripsie vir boekprys op eerste bladsy 1975 met Inskripsie van Hoofsekretaris FAK -  Van den Berg  aan vorige eienaar (sien fotos).  Twee stukkies deurskynende sellotape op eerste lee bruin endbladsy. Voeg asb R75 by vir SAPO posgeld.  
See product
South Africa (All cities)
Hardeband met stofomslag. Binding is stewig. Eerste uitgawe 1995 met 192 baldsye en s/w foto's. Naam van vorige eienaar op voorste skutbladsy. Daar is met potlood sinne onderstreep en aan-tekeninge by die bylaes aan die einde gemaak. Daar is watermerke bokant die foto's. Dit raak egter nie die foto's nie. Posgeld in RSA = R55.00. Ons kombineer posgeld.  
R 30
See product
South Africa (All cities)
 Die storie van Monica Peters - E.K.M. Dido - Kwela - 1996, eerste uitgawe, eerste druk - Sagteband in baie mooi toestand. In “ Die storie van Monica Peters ” vertel die bruin vrou Monica Peters haar lewensverhaal as memoires aan haar kinders en kleinkinders, wat haar verhaal op band opneem. So sluit die verhaal ten nouste aan by die orale tradisie, waar verbeelding en agterna-interpretasie die vertelling kleur sodat dit moeilik is om tussen werklikheid en verbeelding te onderskei, die vertelwyse naïef en ongesofistikeerd is, die gebeure chronologies gerangskik word en geïdealiseer word en die karakters getipeer is eerder as genuanseerd. Die verteltydperk stem in alle opsigte ooreen met die tyd van apartheid, met Monica wat haar verhaal begin toe sy agt jaar oud was (in 1948, die jaar van die Nasionale Party se bewindsoorname) en dit beëindig in 1994 (die jaar van die demokratiese verkiesing), toe sy 54 jaar oud is. Haar storie is dus baie nou gekoppel aan die storie van die land. Monica word groot in ’n klein dorpie in Transkei waar die kinders van alle rasse steeds saam op die skoolbanke sit en daar rasseharmonie heers. Die nuwe magistraat dwing egter apartheid af en die rasse word op alle gebiede geskei. Monica raak verlief op Eric Richmond, die magistraat se seun, en wanneer sy swanger word trou hulle in die geheim in Swaziland. Na hulle huwelik is vrees en frustrasie hulle daaglikse lot, want hulle moet gedurig ontvlug om uit die hande van die gereg te bly. Hulle stryd teen apartheid neem hulle dan vir 25 jaar in bannelingskap in Londen. Na die vrylating van Mandela keer hulle terug na Suid-Afrika as vry mense. Ten spyte van die algemene bevryding van die bevolking, voel sy haar as bruin vrou steeds vreemd en ontuis in haar eie vaderland. Eric sterf dan in ’n sluipmoordaanval, wat Monica dwing om weer haar prioriteite in oënskou te neem. Haar goeie vriend Franklin, wat reeds baie jare op haar verlief is, stap egter in om die gaping in haar lewe te vul. 
R 55
See product
South Africa (All cities)
“A.J. van Zyl gee die eerste verkenning in Afrikaans van die Zoeloe se leefwyse, legendes en jagmetodes in sy Soeloelegendes en – gewoontes. Prys: R300.00 Uitgawe: Vierde druk Uitgegee: +- 1926 (Eerste uitgawe: 1924) Uitgewer: Juta & Kie Toestand: Sagteband (karton) omslag in ‘n baie goeie toestand – oorgetrek met plastiek. Ligte verbruining aan die binnekante van die omslag. ‘Fontis piece’ en titelblad geheg met kleefband. Notas met potlood kom deurlopend voor. Algeheel, is die bladsye in ‘n gemiddelde toestand.
R 300
See product
South Africa (All cities)
Die NG Kerk Bloemfontein-Oos 1930-1980 (Dr IL Ferreira) Met oorspronklike brief van outeur aan Prof PB (Flip) van der Watt: "Beste Flip, hiermee 'n eksemplaar van ons eerste publikasie..." Boere, Vrystaat, Kerk, Gemeente en kontrei geskiedenis Netjies ongeveer A4 sagteband. Geen name of inskrywings. Goeie toestand, 8/10 See Shipping & Payment. Note: SA Post does lose parcels ! Shipped at buyer's choice of shipping and risk for orders less than R500. For orders more than R500 in total Courier (or PostNet) or personal collection therefore are the only options! No overseas shipping. Please ask about combining items before payment is completed.
R 125
See product
South Africa (All cities)
This item is sold brand new. It is ordered on demand from our supplier and is usually dispatched within 24 hours Ella Neser, befaamde speurder uit die Abel-trilogie en Die verdwyning van Billy Katz, is weer op die spoor van 'n raaiselagtige moord. In 'n voorstad van Johannesburg word Clara Heyns, voorbeeldige moeder van twee, dood gevind met engelvlerke aan. Te midde van kantoorpolitiek probeer Ella die leidrade naspeur, maar dan draai haar wereld inmekaar: wie is die rooikop wat by haar geliefde Lou uithang? Die storie is briljant aanmekaargesit, met 'n plot wat die slimste leser sal fnuik. Features Summary Ella Neser, befaamde speurder uit die Abel-trilogie en meer onlangs Die verdwyning van Billy Katz, is weer op die spoor van 'n raaiselagtige moord. In 'n voorstad van Johannesburg word Clara Heyns... Author Chris Karsten Publisher Human & Rousseau Release date 20161013 Pages 464 ISBN 0-7981-7418-8 ISBN 13 978-0-7981-7418-3
R 236
See product
South Africa (All cities)
This item is sold brand new. It is ordered on demand from our supplier and is usually dispatched within 24 hours In 1948 het die NG-dominee DF Malan die Afrikaner tot 'n politieke oorwinning gelei en apartheid ingestel. Strakke swart-en-wit foto's van NP-leiers soos Malan en sy opvolgers simboliseer vandag 'n stelsel van rasse-diskriminasie wat swart Suid-Afrikaners verneder en onderdruk het. Tog, toe Malan op sy sterwensbed gevra is wat die belangrikste diens was wat hy in sy politieke loopbaan gelewer het, het hy geantwoord: "dat ek my volk kon dien, dat ek my mense kon verenig". Die biografie probeer om lig te werp op di teenstrydigheid - hoe kon 'n man wat opreg daarna gestrewe het om sy volk te verenig en te beskerm ook bygedra het tot 'n politieke bestel waarvan ons vandag steeds die gevolge dra? Die boek stel die leser bekend aan Malan die mens: die skaam, leesgierige jong seun, die afgetrokke intellektueel wat een keer by die huis uit is nog met sy pantoffels aan, die onseker vryer en die denker wat ure geneem het om toesprake vir kerkdienste en later politieke toesprake voor te berei. Dit is 'n biografie van 'n man, maar terselfdertyd ook van 'n volk. Malan se persoonlike en politieke lewe vind plaas teen die opkoms van Afrikaner-nasionalisme in die nadraai van die Anglo-Boereoorlog. Di groeiende beweging moedig hom aan om die kerk te verlaat om redakteur van Die Burger en provinsiale leier van die Nasional Party te word. Die boek ontbloot ook al die binnegevegte en politiekery wat die nasionale Afrikaner-politiek in sy eerste jare gekenmerk het. Features Summary Hierdie biografie stel die leser bekend aan Malan die mens: die skaam, leesgierige jong seun, die afgetrokke intellektueel wat een keer by die huis uit is nog met sy pantoffels aan... Author Lindie Koorts Publisher Tafelberg Publishers Ltd Release date 20140227 Pages 492 ISBN 0-624-05585-X ISBN 13 978-0-624-05585-3
R 361
See product
South Africa (All cities)
1971 spesiale uitgawe met 164 bladsye. Hardeband met stofjas baie mooi toestand, maar met biblioteek kaarte en stempels binne. Koffietafel grootte boek. R60 posgeld in SA.  Marius de Jong is een van die skrywersname van F A Venter, meer bekend vir sy boeke Offerland, Geknelde land, Gelofteland en Bedoelde land. Op die een foto hierby aangeheg, verduidelik Wiets Beukes in sy boek: Boekewereld - Die Nasionale Pers in die Uitgewersbedryf tot 1990 die volgende: Venter het na 1959 een vanTafelberg se produktiefste skrywers gebly. Hy het meer titels onder skuilname gepubliseer as onder sy eie naam. Skuilname soos Rene Stegmann, Meiring Fouche en Marius de Jongh......
R 150
See product
South Africa (All cities)
This item is sold brand new. It is ordered on demand from our supplier and is usually dispatched within 4 - 8 working days Greg Heffley skryf alles neer wat met hom gebeur, en trek nou by dertien Dagboek van 'n Wimpy Kid-joernale. Maar dit het uiteindelik tyd geword dat lesers hoor wat Rowley in sy eie joernaal te s het. In Dagboek van 'n Vreeslike Vriendelike Outjie skryf Greg se beste vriend, die vrolike Rowley Jefferson, oor sy wedervaringe en stem in om sy vriend se lewensverhaal neer te pen. (Greg gaan immers eendag ryk en beroemd wees, en dan gaan mense alles van hom wil weet). Maar dit wil lyk asof Rowley nie 'n goeie keuse vir die taak is nie, en sy "biografie" van Greg vertel meer van hom as van sy beste vriend. Dagboek van 'n Vreeslike Vriendelike Outjie: Rowley Jefferson se Joernaal laat lesers uit 'n ander hoek na die Wimpy Kid-wreld kyk - een wat aanhangers nie sal wil misloop nie! Features Summary Greg Heffley skryf alles neer wat met hom gebeur, en trek nou by dertien Dagboek van 'n Wimpy Kid-joernale. Maar dit het uiteindelik tyd geword dat lesers hoor wat Rowley in sy eie joernaal te sê het. Author Jeff Kinney (Author), Tinus Horn (Translator) Publisher Penguin Random House South Africa Release date 20190527 Pages 224 ISBN 1-4859-0052-2 ISBN 13 978-1-4859-0052-8
R 126
See product

Free Classified ads - buy and sell cheap items in South Africa | CLASF - copyright ©2024 www.clasf.co.za.