KLEIN LAND VAN DIE LIEFDE - MARGARET BAKKES IN SOUTH AFRICA

 Klein land van die Liefde - Margaret Bakkes - Human & Rousseau -2011 - Sagteband in baie mooi toestand. Heuningpoort is ‘n baie klein dorpie.  Wouter Basson, dominee op die dorp, het daar grootgeword. Hy staan op troue met Karolien de Villiers, ‘n arbeidsterapeut wat eers vir ‘n jaar in die stad gaan werk het. Dié jaar weg het egter ‘n saadjie van twyfel in haar geplant. Dirk en Karen, goeie stadsvriende van haar, trek Holland toe sodat Dirk daar kan studeer en promofeer.  Karen pas nie aan in die koue nie. Haar gesondheid gaan agteruit en hulle laat kom Karolien om te au pair vir Leon en Laura, hul kinders. Die egpaar gaan op vakansie sodat Karen kan herstel. Wouter is nie baie gelukkig dat Karolien oorsee is nie. Sy  ontmoet Paul van Gelderen, ‘n Hollander, en hulle is onmiddellik  aangetrokke tot mekaar. Dinge verander baie vinnig.  Karen sterf terwyl sy en Dirk  met vakansie is. Dirk vertrek ná Suid-Afrika om Karen se oorskot huis toe te neem.  Sy vliegtuig word afgeskiet oor Midde-Afrika en die kinders word totaal wees gelaat.  Wouter daag op in Holland om met Karolien te trou en dan sommer wittebrood daar te hou.  Karolien moet kies tussen Paul en Wouter.  Wie gaan sy kies, want sy moet nou die twee kinders se toekoms ook in ag neem? ‘n Heerlike liefdesverhaal. – Jenny du Toit

4.00/5

1 reviews

Add to your favorite ads
Klein land van die Liefde - Margaret Bakkes
loading
Price: R 0,00
R 0,00
2542332
Accept terms and conditions and privacy policy

Avoid frauds by contacting local ads only, and if possible try to collect the item by person. Do not be persuade by those who dispatch from another country or that request you to be paid by check or MoneyGram / ​​Western Union / Efecty, without any guarantee. We recommend you to read our safety tips.

Free Classified ads - buy and sell cheap items in South Africa | CLASF - copyright ©2024 www.clasf.co.za.