MY LEWE SAAM MET DIE SA WEERMAG - MAGNUS MALAN IN SOUTH AFRICA

 2006 / Hardcover / Good condition “Magnus Malan het reeds as 13-jarige skoolseun weggeloop om by die destydse Unieverdedigingsmag aan te sluit. Dit was natuurlik tevergeefs, maar sedert hy in 1946 wel by die Liggaamlike Opleidingsbataljon kon aansluit, was sy loopbaan en lewe vir bykans 42 jaar onherroeplik met die Suid- Afrikaanse Weermag vervleg. Malan se militêre loopbaan het hom na verskillende plekke in Suider-Afrika geneem: na Robbeneiland, na die toenmalige Suidwes-Afrika waar die SA Weermag die Suid-Afrikaanse mandaatgebied moes beskerm, na die Militêre Akademie op Saldanha, na die Kasteel in Kaapstad. As Hoof van die Leër en later as Hoof van die Weermag is hy ten nouste betrokke by Suid-Afrika se inval in Angola in 1975 en talle oorgrensoperasies in die dekade wat daarop volg. Malan tree ook toe tot die politiek en sal veral onthou word as Minister van Verdediging in die 1980’s. Malan lewer op bondige wyse verslag oor die invloed wat politieke verwikkelinge in Suider-Afrika sedert 1960 op die strukture en funksies van die Suid-Afrikaanse Weermag gehad het; oor die suksess van Krygkor en oor Suid-Afrika se kernwapenvermoë. Hy verskaf waardevolle konteksgegewens van ’n tydperk volgeprop met staatkundige en militêre gebeure; ’n tydperk wat buitengewone betekenis vir hierdie geslag en die nageslag het, maar wat tans byna vergete geraak het.”

4.00/5

1 reviews

Add to your favorite ads
My lewe saam met die SA weermag - Magnus Malan
loading
Price: R 0,00
R 0,00
2553345
Accept terms and conditions and privacy policy

Avoid frauds by contacting local ads only, and if possible try to collect the item by person. Do not be persuade by those who dispatch from another country or that request you to be paid by check or MoneyGram / ​​Western Union / Efecty, without any guarantee. We recommend you to read our safety tips.

Free Classified ads - buy and sell cheap items in South Africa | CLASF - copyright ©2024 www.clasf.co.za.