-
loading
Ads with pictures

Jaar met


Top sales list jaar met

South Africa (All cities)
Buy 50 Jaar Met Fred - Fred Mouton se Beste Spotprente (Paperback) for R256.00
R 256
See product
South Africa (All cities)
  Brood uit die Koring - Sasko se Eerste 50 Jaar  - 1980 - Perskor - Hardeband met stoomslag steeds in mooi, skoon en stewige toestand.    
R 75
See product
South Africa
 2006 / Hardcover / Good condition “Magnus Malan het reeds as 13-jarige skoolseun weggeloop om by die destydse Unieverdedigingsmag aan te sluit. Dit was natuurlik tevergeefs, maar sedert hy in 1946 wel by die Liggaamlike Opleidingsbataljon kon aansluit, was sy loopbaan en lewe vir bykans 42 jaar onherroeplik met die Suid- Afrikaanse Weermag vervleg. Malan se militêre loopbaan het hom na verskillende plekke in Suider-Afrika geneem: na Robbeneiland, na die toenmalige Suidwes-Afrika waar die SA Weermag die Suid-Afrikaanse mandaatgebied moes beskerm, na die Militêre Akademie op Saldanha, na die Kasteel in Kaapstad. As Hoof van die Leër en later as Hoof van die Weermag is hy ten nouste betrokke by Suid-Afrika se inval in Angola in 1975 en talle oorgrensoperasies in die dekade wat daarop volg. Malan tree ook toe tot die politiek en sal veral onthou word as Minister van Verdediging in die 1980’s. Malan lewer op bondige wyse verslag oor die invloed wat politieke verwikkelinge in Suider-Afrika sedert 1960 op die strukture en funksies van die Suid-Afrikaanse Weermag gehad het; oor die suksess van Krygkor en oor Suid-Afrika se kernwapenvermoë. Hy verskaf waardevolle konteksgegewens van ’n tydperk volgeprop met staatkundige en militêre gebeure; ’n tydperk wat buitengewone betekenis vir hierdie geslag en die nageslag het, maar wat tans byna vergete geraak het.”
See product
South Africa
1968 hardeband met 268 bladsye baie mooi. Geteken duer Van Schaik op titelblad. Stofjas het merkies rondom sye. R50 posgeld in SA. Binne: O'Kulis, Lub, Leon Mare, Van Bruggen, Von Wielligh, Sangiro, Grosskopf, Preller, Hobson, Stella Blakemore, Eugene Marias, Van Melle, Uys Kroge, Gerhard Beukes, Eitemal, Minnie Postma, Chris Barnard.
See product
South Africa
1933 eerste uitgawe hardeband met 229 bladsye in baie mooi toestand. R50 posgeld in SA.
See product
South Africa
Ex-biblioteek boek oorgetrek met duursame plastiek. Benewens die kleefband merke is die boek skoon en in goeie toestand.  
See product
South Africa (All cities)
A4 grootte blad met 102 bladsye baie mooi. R60 posgeld in SA. Ook twee ekstra bladjies binne.
R 70
See product
South Africa (All cities)
2008 A4 grootte sagteband boek splinternuut met 89 bladsye. Binne: SWA, Suidwes-Afrika, Namibia, Mombolo, Humpata, Chapman, dorsland, dorslandtrek, dorslandtrekkers...... R60 posgeld in SA.
R 140
See product
South Africa (All cities)
1960 hardeband met stofjas en 207 bladsye in baie mooi toestand. Naam in ink voorin. R60 posgeld in SA.
R 70
See product
South Africa (All cities)
 Nog baie netjies en skoon.  Met plastiek oorgetrek. Posgeld is R60 gewone pos in SA SAPO, R99 Postnet na Postnet of R55 Paxi.
R 50
See product
South Africa (All cities)
 Sagteband met 336 bladsye in goeie toestand. Naam in ink voorin. R65 posgeld in SA.
R 60
See product
South Africa (All cities)
 Die storie van Monica Peters - E.K.M. Dido - Kwela - 1996, eerste uitgawe, eerste druk - Sagteband in baie mooi toestand. In “ Die storie van Monica Peters ” vertel die bruin vrou Monica Peters haar lewensverhaal as memoires aan haar kinders en kleinkinders, wat haar verhaal op band opneem. So sluit die verhaal ten nouste aan by die orale tradisie, waar verbeelding en agterna-interpretasie die vertelling kleur sodat dit moeilik is om tussen werklikheid en verbeelding te onderskei, die vertelwyse naïef en ongesofistikeerd is, die gebeure chronologies gerangskik word en geïdealiseer word en die karakters getipeer is eerder as genuanseerd. Die verteltydperk stem in alle opsigte ooreen met die tyd van apartheid, met Monica wat haar verhaal begin toe sy agt jaar oud was (in 1948, die jaar van die Nasionale Party se bewindsoorname) en dit beëindig in 1994 (die jaar van die demokratiese verkiesing), toe sy 54 jaar oud is. Haar storie is dus baie nou gekoppel aan die storie van die land. Monica word groot in ’n klein dorpie in Transkei waar die kinders van alle rasse steeds saam op die skoolbanke sit en daar rasseharmonie heers. Die nuwe magistraat dwing egter apartheid af en die rasse word op alle gebiede geskei. Monica raak verlief op Eric Richmond, die magistraat se seun, en wanneer sy swanger word trou hulle in die geheim in Swaziland. Na hulle huwelik is vrees en frustrasie hulle daaglikse lot, want hulle moet gedurig ontvlug om uit die hande van die gereg te bly. Hulle stryd teen apartheid neem hulle dan vir 25 jaar in bannelingskap in Londen. Na die vrylating van Mandela keer hulle terug na Suid-Afrika as vry mense. Ten spyte van die algemene bevryding van die bevolking, voel sy haar as bruin vrou steeds vreemd en ontuis in haar eie vaderland. Eric sterf dan in ’n sluipmoordaanval, wat Monica dwing om weer haar prioriteite in oënskou te neem. Haar goeie vriend Franklin, wat reeds baie jare op haar verlief is, stap egter in om die gaping in haar lewe te vul. 
R 55
See product
South Africa
 Klein land van die Liefde - Margaret Bakkes - Human & Rousseau -2011 - Sagteband in baie mooi toestand. Heuningpoort is ‘n baie klein dorpie.  Wouter Basson, dominee op die dorp, het daar grootgeword. Hy staan op troue met Karolien de Villiers, ‘n arbeidsterapeut wat eers vir ‘n jaar in die stad gaan werk het. Dié jaar weg het egter ‘n saadjie van twyfel in haar geplant. Dirk en Karen, goeie stadsvriende van haar, trek Holland toe sodat Dirk daar kan studeer en promofeer.  Karen pas nie aan in die koue nie. Haar gesondheid gaan agteruit en hulle laat kom Karolien om te au pair vir Leon en Laura, hul kinders. Die egpaar gaan op vakansie sodat Karen kan herstel. Wouter is nie baie gelukkig dat Karolien oorsee is nie. Sy  ontmoet Paul van Gelderen, ‘n Hollander, en hulle is onmiddellik  aangetrokke tot mekaar. Dinge verander baie vinnig.  Karen sterf terwyl sy en Dirk  met vakansie is. Dirk vertrek ná Suid-Afrika om Karen se oorskot huis toe te neem.  Sy vliegtuig word afgeskiet oor Midde-Afrika en die kinders word totaal wees gelaat.  Wouter daag op in Holland om met Karolien te trou en dan sommer wittebrood daar te hou.  Karolien moet kies tussen Paul en Wouter.  Wie gaan sy kies, want sy moet nou die twee kinders se toekoms ook in ag neem? ‘n Heerlike liefdesverhaal. – Jenny du Toit
See product
South Africa (All cities)
This item is sold brand new. It is ordered on demand from our supplier and is usually dispatched within 10 - 15 working days Clarence van Buuren is met 'n geheim galg toe. Vyftig jaar later probeer Chris Marnewick hierdie geheim oplos. Van Buuren is in 1956 skuldig bevind aan die moord op Myrna Joy Aken en tereggestel. Vroue het buite die hof in lang rye gewag om die verhoor by te woon en het mekaar vertrap wanneer die deure oopgegaan het. Van Buuren het met van hulle flirteer tydens die verhoor, en het tot op die einde skuld ontken. Die saak was opspraakwekkend om verskeie redes: 'n Siener het die lyk na 'n seance opgespoor, Van Buren en Aken was lovers, maar die lyk is seksueel vermink. Inligting dui daarop dat Van Buuren 'n narsissistiese psigopaat was en 'n sadis wat veral vroue geteister en gemartel het. 'n Emosionele vampier. 'n Sadistiese seksmoordenaar. Maar daar was niks hiervan in die hofsaak nie. Ook nie in die koerante nie. Features Summary Clarence van Buuren is met 'n geheim galg toe. Vyftig jaar later probeer Chris Marnewick hierdie geheim oplos. Author Chris Marnewick Publisher Protea Boekhuis Release date 20120111 Pages 523 ISBN 1-86919-506-X ISBN 13 978-1-86919-506-9
R 263
See product
South Africa
Dit is 'n jaar na die Anglo-Boereoorlog, en in die middel van 'n sirkus-arena in die Amerikaanse hartland staan 'n man in wat later jare as die tipiese drag van Boerekrygers herken sou word: breerandhoed, onderbaadjie, bandelier, kamaste. Hy het 'n druipsnor en bokbaardjie, wakker oe en 'n lang, reguit neusbrug. Hy kondig die vertoning met 'n paradegrondstem aan: "Ladies and gentleman, the Battle of Paardeberg!" Agter die skerms gee die sirkusbaas die teken en die donderslae van kanonvuur laat die gehoor na hul ore gryp, die arena word gevul met rook, gille en die tap-tap van geweervuur. Die man in die middel van die arena is Ben Viljoen, generaal Ben Viljoen. 'n Jaar tevore was hy nog een van die Boeremagte se knapste bevelvoerders. Die sirkusbaas agter die skerms is ene Frank Fillis, 'n impresario van wereldformaat. Sonja Loots se roman is die verhaal van oud-Boerestryders se deelname aan Fillis se sirkus û enersyds die verhaal van mense wat van hul ergste trauma 'n sirkus gemaak het; andersyds die verhaal van iemand wat weet hoe om die mens se aptyt vir skouspelagtige geweld uit te buit. Format:paperback
See product
South Africa
This item is sold brand new. It is ordered on demand from our supplier and is usually dispatched within 5 - 10 working days Beplan jou dae en jou jaar, en word genspireer met die Joyce Meyer Dagbeplanner 2018. • Weeklikse en daaglikse inspirasie uit Die krag van dankbaarheid • 'n Bladsy per dag vir afsprake en notas • Weeklikse beplanners • Geleentheidskalenders vir elke maand • Openbare vakansiedae, skool- en universiteitsvakansies • Jaarbeplanners vir 2018 en 2019, 'n begrotingslys en kalenders • Ekstra notabladsye agterin • Plek vir telefoonnommers en adresse • Handige inligting soos omskakelingstabelle, geskenke vir huweliksherdenkings en so meer Features Summary Beplan jou dae en jou jaar, en word geïnspireer met die Joyce Meyer Dagbeplanner 2018. • Weeklikse en daaglikse inspirasie uit Die krag van dankbaarheid • ’n Bladsy per dag vir afsprake en notas • Weeklikse beplanners • Geleentheidskalenders vir elke maand • Openbare vakansiedae... Author Joyce Meyer Publisher Struik Christian Media Release date 20170818 Pages 400 ISBN 1-4153-3621-0 ISBN 13 978-1-4153-3621-2
See product
South Africa (All cities)
This item is sold brand new. It is ordered on demand from our supplier and is usually dispatched within 7 - 15 working days Jana is net drie jaar oud toe haar ma tydens 'n besoek aan Ierland spoorloos verdwyn. Op die Bolandse wynplaas Stormkloof treur KleinStorm oor sy pragtige vrou wat hom met haar fluitmusiek betower het. Jana verlang ook na haar ma. Snags roep die wind haar buitentoe, dieselfde wind wat 'n hele huis kan optel en anderkant die berge kan neersit. Maar Jana is nie bang vir die storm nie. As sy mooi na die wind luister, hoor sy die soet, ho note van haar ma se fluit. Een so 'n stormnag ontmoet Jana vir !X'uri - 'n klein dogtertjie, bruin soos klip, met net 'n velletjie om haar heupe en 'n wit stringetjie krale om haar nek. !X'uri kom uit 'n gat in die grond waar die groot olienhoutboom se wortels eens was. !X'uri het gekom omdat dit tyd is om Jana se ma te soek. Stormkind is 'n betowerende, liriese verhaal oor verlies, vergifnis en die kulturele erfenis van die Boesmans. Features Summary Jana is net drie jaar oud toe haar ma spoorloos verdwyn. Snags roep die wind Jana buitentoe, maar sy is nie bang vir die storm nie. As sy mooi na die wind luister... Author Riana Scheepers Publisher Tafelberg Publishers Ltd Release date 20180219 Pages 220 ISBN 0-624-08430-2 ISBN 13 978-0-624-08430-3
R 215
See product
South Africa (All cities)
 Oemkontoe van die nasie is ’n satiriese terugblik vanuit die jaar 2005 op die Ou en Nuwe Suid-Afrika. In hierdie proses bevind Britse beleidmakers uit die 1800’s hulle onverwags voor die Waarheids- en Versoeningskommissie. Boere uit die Noordelike Provinsie keer die Groot Trek om. Terug Kaap toe, in bakkies met frieskoeie en hoenders agterop, die plaaslike koerantredakteur as trekleier in die Volla voor, die nuwe trekkers vervul met siniese droefheid oor die turfland en wit gras wat agtergelaat word. Histories benadeeldes doen aansoek om as histories bevoordeeldes geherklassifiseer te word. Mense wat in die ou bedeling opponente was, raak ongemerk bondgenote. En die Paarlse Taalmonument se lot as ’n nuttelose spies word finaal verseël. Maar daar is nog Faan Starck, ’n plattelandse onderwyser wie se skryfloopbaan begin met ’n satiriese rubriek in ’n plaaslike koerantjie en ’n storieboek wat per geluk vir hoërskoolleerlinge voorgeskryf word. Sonder dat Faan dit so beplan, word die drukpotlood waarmee hy sy polities verkeerde stories pleeg, skerper, word dit ’n nuwe oemkontoe wat tegelykertyd genadeloos hekel en tragiek blootlê. Dit is nie welkom nie, en Faan se tydsberekening is helaas swak – “ … maar hemel, jou politiek, Starck, waar kruip jy uit? Dis... ’n land met ’n veritabele reënboog van regte waarvoor jy sensitief moet wees.” Oemkontoe van die nasie is ’n polities verkeerde veroordeling van die Nuwe Suid-Afrika en dis ’n boek wat eintlik nie gelees behoort te word nie … 
R 85
See product
South Africa
This item is sold brand new. It is ordered on demand from our supplier and is usually dispatched within 24 hours Dit is Simone se annus horribilis. Op vier en veertig stap sy vir die tweede keer uit n huwelik, bankrot, werkloos, moedeloos, verbrysel. Al wat sy het om van vier en veertig jaar te wys, is n bedenklike verlede, n tienerseun wat skaars met haar praat, en die besef van mislukking en ontoereikendheid wat soos n meulsteen om haar nek hang. Al waarheen sy het om te gaan, is die kleinburgerlike dorp op die Oos-Vrystaatse platteland waar sy grootgeword het, waar haar konserwatiewe ma en konvensionele suster haar gedurig aan haar tekortkominge kan herinner. Rock bottom, dis waar sy is. Maar omdat dit al is wat daar is om te doen, begin sy herbou; aan n loopbaan, n vriendekring, haar verhouding met haar kind, haar verhouding met haar ma. Aan haar vertroue in haarself. Stelselmatig kom daar lig, en sin, en rigting, selfs vir haar. Al waarvoor sy glad nie reg is nie, is Barnard Richter, wat van haar verwag om ten spyte van alles wat sy nie kon vermag nie en alles wat sy nooit sal kan wees nie, weer in die liefde te glo. Features Summary Simone se tweede huwelik eindig ook rampspoedig. Op die Vrystaatse dorpie waarheen sy en haar seun hulle begewe, word hulle omring van kleinburgerlikes... Author Sophia Kapp Publisher LAPA Publishers (Pty) Ltd / LAPA Uitgewers (Edms) Bpk Release date 20160301 Pages 476 ISBN 0-7993-7800-3 ISBN 13 978-0-7993-7800-9
R 209
See product
South Africa
Nagloper Jan G. Altena Dawid tuur met skrefiesoë oor die sand wat ongenaakbaar tot by die horison strek. Na ’n ruk vra hy, ‘Is jy bang om dood te gaan?’ Jonatan probeer ongeërgd lyk, gaan aan met sy vingers in die sand boor. Dan kyk hy op en antwoord, ‘Ja. Jy?’ Agtergelaat in die Kalahari kom twee vriende tot die besef dat hulle moontlik nie lewendig daar sal uitkom nie. Dis ’n te ongelyke stryd, sonder kos of water en met slegs ’n vergange, onverstaanbare kultuur om op terug te val. Tog baklei hulle om staande te bly teen die meedoënlose natuur en ook die wreedheid van die mense wat hulself daar tuisgemaak het. Dit word ’n tyd vir waardes bepaal en verantwoordelikheid neem. ’n Tyd vir oorleef ten alle koste. ’n Tyd vir grootword. • • • Eerste uitgawe, tweede druk, 2015. Sagteband, 18.5cm × 12.5cm, 176 bladsye. ISBN: 978-1-920709-03-7. Geskik vir ouderdomme 14+ jaar. (NLVSP)
See product
South Africa
This item is sold brand new. It is ordered on demand from our supplier and is usually dispatched within 10 - 15 working days Dit is die sewentigerjare. Nelle Dreyer is negentien jaar oud en bly in die Kaap. Nadat sy as Maties se sjampanjenooientjie gekroon is, droom sy net van een ding: om topmodel in Europa te wees. Sy sou gou uitvind dat dit nie maklik is nie. Sy neem die leser terug na haar kinderjare, haar jongmeisiejare, die verlies van haar maagdelikheid en die kort, uitbundige studentelewe wat sy gehad het voor daar deure oopgegaan het oorsee. Uiteindelik is dit 'n bitter eerlike werk. Nelle was jonk in die dae van die sogenaamde seksrevolusie, en sy het daardie vryheid ten volle omarm. Maar, seksuele vryheid het gevolge – en die manuskrip is ook ontsettend eerlik oor die hartseer tye wat Nelle beleef het. Voorbladnooi is haar storie, met die mooi, met die hartseer. Features Summary In hierdie outobiografie vertel Nelle hoe 'n gewone Afrikaanse sjampanjenooientjie die internasionale modelwerk betree het. Van die beste fotograwe ter wêreld het haar afgeneem en haar lyf het al superontwerpers se klere ten toon gestel. Author Nelle Dreyer Publisher Protea Boekhuis Release date 20110905 Pages 399 ISBN 1-86919-505-1 ISBN 13 978-1-86919-505-2
R 186
See product
South Africa (All cities)
This item is sold brand new. It is ordered on demand from our supplier and is usually dispatched within 24 hours In 1957 emigreer die negejarige Henk van Woerden vanaf Nederland met sy gesin na Kaapstad — leertas in die hand, mussie oor die ore, serp om die nek, glasoog in die oogkas. Eers veertig jaar later ontdek hy wat die rede was vir hierdie vertrek na Suid-Afrika: Sy pa was 'n kollaborateur in die Tweede Wreldoorlog. Die emigrasie is die begin van 'n lewe as buitestaander en vorm later die goue draad in sy skilderye en literre werk. Koning Eenoog is 'n boeiende biografie van die ewig soekende emigrant Henk van Woerden (1947—2005), 'n skrywer wat nie net 'n bekroonde oeuvre agtergelaat het nie (Een mond vol glas — Alan Paton Award en die Frans Kellendonk-prys, Ultramarijn — Gouden Uil en Inktaap) maar ook die Nederlandse literatuur oor Suid-Afrika verander het. Features Summary In 1957 emigreer die negejarige Henk van Woerden vanaf Nederland met sy gesin na Kaapstad – leertas in die hand, mussie oor die ore, serp om die nek, glasoog in die oogkas... Author Toef Jaeger (Author), Zandra Bezuidenhout (Translator) Publisher Protea Boekhuis Release date 20170522 Pages 248 ISBN 1-4853-0593-4 ISBN 13 978-1-4853-0593-4
R 263
See product
South Africa (All cities)
 Die Judasbok - Dalene Matthee - 1986 - Human & Rousseau - Hardeband met stofomslag in mooi, skoon en stewige toestand. Die Judasbok is Dalene Matthee se eerste boek. Hiermee het sy in 1982 haar talent triomfantlik aangekondig; en dié bundel verhale het haar ná aan haar hart gelê, want vyf-en-twintig jaar se gevoelens en ervarings, bepeinsing en besinning lê hierin opgesluit. "As ek uit die skool is, gaan ek... boeke skryf," sê een van haar karakters in Die Judasbok. "En ek sal bekend word." Met hierdie bundel verhale en haar romans Kringe in 'n bos, Fiela se kind, Moerbeibos en Toorbos het Dalene Matthee in 'n ommesientjie méér as bekend geword - sy was een van die gewildste skrywers in Afrikaans.
R 75
See product
South Africa (All cities)
Die Wreker Casper H. Marais Rooi Jan, No. 2 Dis 1819 en die Vyfde Grensoorlog breek met alle geweld uit. Terwyl Makana met sy duisende krygers Grahamstad aanval, is Rooi Jan diep in hul agterhoedes besig om ’n persoonlike wraak uit te deel. (Hierdie boek volg op Die Skrik van Grensland.) • • • Eerste uitgawe, sesde druk, 2016. Sagteband, 18.5cm × 12.5cm, 132 bladsye. ISBN: 978-0-9870324-1-6. Geskik vir ouderdomme 12+ jaar.
R 39
See product
South Africa (All cities)
This item is sold brand new. It is ordered on demand from our supplier and is usually dispatched within 4 - 8 working days Liewe Heksie is 55 jaar oud in 2016! Met eenvoudige teks en pragtige illustrasies sal hierdie prenteboek 2- tot 4-jariges gaande h oor een van Liewe Heksie se gewildste avonture. Heksie en Blommie Kabouter pas Blommeland se kosbare Silwerroos op. Maar wat gaan gebeur as Blommie aan die slaap raak en die Gifappeltjies kom om die Roos te steel? Features Summary Met eenvoudige teks en pragtige illustrasies sal hierdie prenteboek 2- tot 4-jariges gaande he oor een van Liewe Heksie se gewildste avonture. Heksie en Blommie Kabouter pas die kosbare Silwerroos op... Author Verna Vels Publisher Human & Rousseau Release date 20160520 Pages 32 ISBN 0-7981-7331-9 ISBN 13 978-0-7981-7331-5
R 109
See product
South Africa (All cities)
This item is sold brand new. It is ordered on demand from our supplier and is usually dispatched within 4 - 8 working days Die selfmoord van haar vriendin, Mignon, laat Maggie met meer vrae as antwoorde. In 'n brief vra Mignon vir Maggie om 'n familielid in die tronk te gaan soek. Bea Mostert, 'n eks-Getuie soos Mignon, is tot dertig jaar tronkstraf gevonnis vir 'n onvergeeflike daad. Wat het hierdie twee vroue tot sulke uiterstes gedwing – en speel hul godsdiens 'n rol? Maggie se soeke na antwoorde word deel van haar eie pad na aanvaarding van haar man se dood en begrip vir haar Ierse pa se hardvogtigheid. Features Summary Die selfmoord van haar vriendin, Mignon, laat Maggie met meer vrae as antwoorde. In 'n brief vra Mignon vir Maggie om 'n familielid in die tronk te gaan soek... Author Christine Barkhuizen le Roux Publisher Human & Rousseau Release date 20160920 Pages 381 ISBN 0-7981-7491-9 ISBN 13 978-0-7981-7491-6
R 215
See product
South Africa
Hardeband met s/omslag en plastiek oortreksel. Slegs ’n klein skeurtjie aan die bokant van die s/omslag. Kleeflint merke. Potlood onderstrepings en aantekeninge. Die verhaal van ’n seun en sy soeke na die hemelvoël wat net elke vyf jaar terugkeer na die bos. Afrikaans.       Please Note: No shipping outside the borders of the Republic of South Africa.
R 25
See product
South Africa
 Net 'n Lewe - Fransi Phillips - Lapa - 2011 - Sagteband in besonder mooi toestand. Fransi Phillips is al bekend as skrywer met ’n outentieke stem in Afrikaans. Net ’n lewe, wenner van die R100.000-prysgeld in die Lapa-romankompetisie (2011), kan beskou word as ’n hoogtepunt in Phillips se oeuvre. Die roman handel oor die lewe van ’n vrou wat in ’n motorkaping doodgeskiet is. Haar vriendin, Heleen, erf haar dagboek wat oor 30 jaar geskryf is. Ná haar dood neem Heleen die vertelfunksie oor en die dagboek word herskryf as ’n roman.
See product
South Africa
Nag van Onheil Casper H. Marais Rooi Jan, No. 18 Rooi Jan en Jeanette bevind hulself in die laer van ’n trek oppad na die noorde, wanneer hulle versoeke ontvang vanaf verskillende persone. Moet hulle saam met Jan Willemse noord trek, óf moet hulle vir tant Siena gaan help, óf moet hulle gaan uitvind waarom Kwambhulo in gevaar verkeer? (Hierdie boek volg op Die Skedeldraers.) • • • Eerste uitgawe, derde druk, 2015. Sagteband, 18.5cm × 12.5cm, 144 bladsye. ISBN: 978-0-9922073-5-9. Geskik vir ouderdomme 12+ jaar.
See product
South Africa (All cities)
Die Rooilem-moordenaars Casper H. Marais Rooi Jan, No. 5 Krygers met rooilem-assegaaie moor links en regs. Kan Rooie die gevaar betyds stop voordat hulle die hele Grensland se bevolking uitgeroei? • • • Eerste uitgawe, vierde druk, 2017. Sagteband, 18.5cm × 12.5cm, 132 bladsye. ISBN: 978-0-9870324-6-1. Geskik vir ouderdomme 12+ jaar.
R 40
See product

Free Classified ads - buy and sell cheap items in South Africa | CLASF - copyright ©2024 www.clasf.co.za.