SIRKUSBOERE IN SOUTH AFRICA

Dit is 'n jaar na die Anglo-Boereoorlog, en in die middel van 'n sirkus-arena in die Amerikaanse hartland staan 'n man in wat later jare as die tipiese drag van Boerekrygers herken sou word: breerandhoed, onderbaadjie, bandelier, kamaste. Hy het 'n druipsnor en bokbaardjie, wakker oe en 'n lang, reguit neusbrug. Hy kondig die vertoning met 'n paradegrondstem aan: "Ladies and gentleman, the Battle of Paardeberg!" Agter die skerms gee die sirkusbaas die teken en die donderslae van kanonvuur laat die gehoor na hul ore gryp, die arena word gevul met rook, gille en die tap-tap van geweervuur. Die man in die middel van die arena is Ben Viljoen, generaal Ben Viljoen. 'n Jaar tevore was hy nog een van die Boeremagte se knapste bevelvoerders. Die sirkusbaas agter die skerms is ene Frank Fillis, 'n impresario van wereldformaat. Sonja Loots se roman is die verhaal van oud-Boerestryders se deelname aan Fillis se sirkus û enersyds die verhaal van mense wat van hul ergste trauma 'n sirkus gemaak het; andersyds die verhaal van iemand wat weet hoe om die mens se aptyt vir skouspelagtige geweld uit te buit. Format:paperback

4.00/5

1 reviews

Add to your favorite ads
Sirkusboere
loading
Price: R 0,00
R 0,00
2534551
Accept terms and conditions and privacy policy

Avoid frauds by contacting local ads only, and if possible try to collect the item by person. Do not be persuade by those who dispatch from another country or that request you to be paid by check or MoneyGram / ​​Western Union / Efecty, without any guarantee. We recommend you to read our safety tips.

Free Classified ads - buy and sell cheap items in South Africa | CLASF - copyright ©2024 www.clasf.co.za.