ASSISTANT ACCOUNTANT / ASSISTENT REKENMEESTER - PAARL IN PAARL

'n Gevestigde vervaardigingsmaatskappy, met sy aanleg geleë in die Paarl/Klapmuts area, beskik tans oor bogenoemde betrekking vir 'n betroubare persoon wat voldoen aan die volgende vereistes: - Rekeningkundige graad of diploma - Goeie excel kennis - Goeie finansiële kennis - Goeie kommunikasie vaardighede - 3 jaar of meer ondervinding in 'n soortgelyke pos. Die suksesvolle kandidaat sal aan die finansiële bestuurder rapporteer en nou saamwerk met die krediteure en debiteure afdeling. Rekeningkundige pligte behels o.a: - Teboekstelling van banktransaksies en joernale - Laai van betalings - Bestuur en opdatering van die krediteure stelsel - Byhou van verskaffer roumateriaal kontrak leêrs - Nagaan van krediteure rekonsiliasies en ouderdoms analises. - Nagaan van debiteure fakture - Maandelikse BTW rekonsiliasies, opstelling van BTW verslae - Opdatering en byhou van bateregister - Allokasie van uitgawes na hul regte rekeninge - Bestuur van kleinkas - Maandeinde rekonsiliasies - Bystaan en kontrole oor voorraadopnames - Waardasie van voorraad - BEE administrasie indien nodig - Enige ander ad hoc administrasie / finansiele take soos vereis word. Aflos van debiteure kontroleerder indien hy/sy op verlof is: - Opdatering van debiteure pryslyste - Skryf van debiteure joernale - Invoer van debiteure fakture en kredietnotas Diensaanvaarding: So spoedig moontlik Stuur CV aan: nielvanrenen@gmail.com voor 9 Julie 2021. Salaris: Ongeveer (R20,000 - R25,000) per maand afhangende van kwalifikasies en ondervinding. Indien u geen terugvoering binne 2 weke na die sluitingsdatum ontvang nie, kan u aanvaar dat u aansoek onsuksesvol was.

4.00/5

1 reviews

Add to your favorite ads
Assistant accountant / Assistent Rekenmeester - Paarl
loading
Price: R 0,00
R 0,00
3269013
Accept terms and conditions and privacy policy

Avoid frauds by contacting local ads only, and if possible try to collect the item by person. Do not be persuade by those who dispatch from another country or that request you to be paid by check or MoneyGram / ​​Western Union / Efecty, without any guarantee. We recommend you to read our safety tips.

Free Classified ads - buy and sell cheap items in South Africa | CLASF - copyright ©2024 www.clasf.co.za.