-
loading
Ads with pictures

Nog altyd


Top sales list nog altyd

South Africa (All cities)
2007 eerste uitgawe sagteband met 252 bladsye in goeie toestand. R60 posgeld in SA. Die storie van bruin Suid-Afrikaners, in mikrokosmos beleef op Stellenbosch, soos nog nooit in Afrikaans vertel nie.  Van die beginjare het burgers, slawe en ’n klein klompie vryswartes Stellenbosch saam opgebou. Saam het hulle reeds voor 1700 begin om ’n nuwe taal, Afrikaans, te skep. Saam het hulle op een erf gewoon – met die slaaf wat in die kombuis of buitekamer moes slaap. Dié boek vertel van die hartseer en die skeiding en hoe apartheid op Stellenbosch sy beslag gekry het.  Dié leesbare vertelling is deurspek met die ware verhale van mense soos “Abraham, die slaaf van Matthias Hoffman” (sy rug en bene gebreek tot hy die “genadeslag” ontvang het omdat hy Matthias se huis aan die brand gesteek het) en Manisa, toegewyde moeder wat na vrystelling van plek tot plek reis om haar kinders te gaan soek. Daar is ook sketse van ander sleutelpersone en sleutelgebeure, onder meer die “slag van Andringastraat,” toe wit studente en bruin inwoners handgemeen geraak het.  Nog altyd hier gewees bied ’n fassinerede blik op hoe verhoudinge tussen wit en bruin ontwikkel het en waar dinge skandelik skeefgeloop het. Dit eindig op ’n hoopvolle noot met Stellenbosch se eerste bruin burgemeester en die mense van “die Vlakte” wat met trots hul eie storie die wêreld instuur.
R 90
See product
South Africa (All cities)
  HARDEBANDBOEK MET STOFJAS.  NAAM VAN DIE VORIGE EIENAAR IS VOOR IN DIE BOEK.  DIE INHOUD IS NOG MOOI!  DIE VERHAAL VAN SCOTT SE RAMPSPOEDIGE REIS NA DIE SUIDPOOL.  
R 27
See product
South Africa
This item is sold brand new. It is ordered on demand from our supplier and is usually dispatched within 15 - 20 working days Die Jasper-jeugreeks is die eerste keer uitgegee in 1959 en daar was verskeie herdrukke. Hierdie is die sewende titel in die Jasper-reeks. Vir enige kind sal dit ure se genot verskaf, want dit is 'n boek om te lees en te herlees. Saam met die Viermanskap is die leser bly oor die sukses wat behaal word en saam met die vriende word daar getreur oor die brandende sitvlakke! In alles was Jasper nog altyd die onbestrede leier, maar nou lyk dit asof sy maats hom eenkant toe stoot, en dit net omdat hy nie soos ‘n meisiekind op ‘n verhoog wil gaan ronddans nie. Asof daar nie veel belangriker dinge is wat ‘n seun kan doen nie! En boonop lyk dit ook nog asof hulle dink hy kan nie toneel speel nie! Jasper is egter nie iemand wat homself bejammer as dinge ‘n bietjie donker lyk nie. Hy het lankal geleer dat dit die heel beste is om uit te spring en iets te doen om die saak reg te stel — en soos altyd spring die klein borselkop met soveel entoesiasme aan die werk, dat hy homself, en die leser, ‘n bietjie uitasem laat. Kom deel in die avonture van Jasper. Features Summary Die Jasper-jeugreeks is die eerste keer uitgegee in 1959 en daar was verskeie herdrukke. Hierdie is die sewende titel in die Jasper-reeks. Vir enige kind sal dit ure se genot verskaf... Author C.F. Beyers-Boshoff Publisher Protea Boekhuis Release date 20161201 Pages 108 ISBN 1-4853-0381-8 ISBN 13 978-1-4853-0381-7
See product
South Africa
This item is sold brand new. It is ordered on demand from our supplier and is usually dispatched within 8 - 13 working days In die vroee beplanningsfase van die Vryheidspark was Robin Binckes `n lid van die subkomitee oor geskiedenis. Die mate van debatvoering en bespreking - meestal heftig - het Binckes verstom. So te se elke bespreking is uit presies die teenoorgestelde siening vertolk. Een van die mees omstrede onderwerpe was die Groot Trek, die Boere se eksodus uit die Kaapkolonie in 1838. Skrywers oor die onderwerp het tradisioneel die gebeure nie net uit die perspektief van "wit geskiedenis" benader nie, maar hoofsaaklik uit die van "Afrikanergeskiedenis". Dit is nog altyd gesien as `n "Afrikanergebeurtenis", maar dit was allermins. Die Groot Trek en die gebeure wat daartoe aanleiding gegee het, het elke deel van die samelewing betrek - Zulu, Sotho, Ndebele, Xhosa, Khoisan, Khoikhoi, Bruin, Brits, Engelssprekende Suid-Afrikaner en Boer - en dit is tyd om die trek in daardie lig, in die konteks van `n onbevooroordeelde, moderne Suid-Afrika, uit te beeld. Soos wat gewoonlik die geval is in geskiedenis, hou al die gebeure verband met mekaar. Dit is onmoontlik om die Groot Trek te skei van gebeure wat terugstrek tot by die Portugese ontdekkingsreisigers, aangesien daardie vroee verwikkelinge die agtergrond geskep het vir die redes vir die Groot Trek. Die meeste skrywers het op die trek self gefokus terwyl Binckes `n bree benadering gevolg het wat die impak van die vroeere wit invalle en migrasies - Portugees, Hollands, Frans en Brits - op suidelike Afrika bestudeer. So kan die trek en die oorsake daarvan beter verstaan word. Waar moontlik het Binckes die weergawes van ooggetuies gebruik en dit bevestig met die perspektiewe van vooraanstaande geskiedkundiges. Die eindproduk is `n objektiewe en omvattende rekord van een van die seminale gebeure in Suid-Afrikaanse geskiedenis. Hierdie boek toon dat die Afrikaner `n belangrike rolspeler in die Suid-Afrikaanse gemeenskap is, was en altyd sal wees - maar dit beeld die Afrikaner ook uit as deel van `n groter prentjie. Die skrywer distansieer hom van die karakters wat die afgelope twee eeue as edel gestereotipeer is en beeld hulle lewensgetrou uit: wonderlike, heldhaftige mense met menslike gevoelens, sterk punte en tekortkominge. Features Summary In die vroee beplanningsfase van die Vryheidspark was Robin Binckes `n lid van die subkomitee oor geskiedenis. Die mate van debatvoering en bespreking - meestal heftig - het Binckes verstom... Author Robin Binckes (Author), Adri Kotze (Author) Publisher 30 Degrees South Publishers Release date 20141001 Pages 559 ISBN 1-928211-27-5 ISBN 13 978-1-928211-27-3
See product
South Africa
  Please see my other auctions   Ras Jurgen Dink glo en leef soos n wenner Rassie van Niekerk Pluspunt Rassie van Niekerk Staan op en Leef   Ravenhill Leonard   Waarom Herlewing talm? Reinette de Villiers   Gesprekke met God   Retief Fransie Jy kan Nog altyd Juig.... N getuienis van een mens se lewenspad Rice Helen Steiner Net vir jou    Richard Louise Engel met die Waterkruik   Richard Louise Om vrou te word Riekert Botha   Voluit menswees   Roberts Audrey Jeanne Baie Dankie..... Roberts Audrey Jeanne Ek bid vir jou Roelf Schoeman   Persoonlike Restourasie   Rogers Gene   Op Pad na Geestelike Volwassenheid Ronald Dunn Will God Heal Me ? Rouve Engelbrecht Kleikos & Faith Fuel Roy Lessing   Hope for your Heart   Rust Winnie   Vrou 2000     voluit vrou vir vandag Saint Alphonsus Ligouri Visit to the most blessed sacrament and the Blessed Virgin Mary   Schutte JA Dr As die wolke terugkom na die reen          
R 180
See product
South Africa (All cities)
 Die verhaal van Johanna Brandt - BEP du Toit - Protea - Harde glansboek soos in besonder goeie toestand. Johanna en Lou Brandt se liefdesverhaal en die Anglo-Boereoorlog is nou verweef. Met Johanna se veelkantige persoonlikheid het sy op uiteenlopende terreine bekendheid sowel as omstredenheid verwerf. Onreg het sy daadkragtig beveg. Met al die beperkinge van haar posisie as predikantsvrou het sy indertyd die nog onbekende terrein van natuurgenesing betree. In 1897 is sy vir musiekstudie na Duitsland, vanwaar sy net voor die Anglo-Boereoorlog teruggekeer het na Suid-Afrika. Ná die besetting van Pretoria was sy en haar moeder Boerespioene behulpsaam. Sy het ook as vrywilligerverpleegster in Irene-konsentrasiekamp gewerk. Die meetsnoere het nie vir haar altyd op lieflike plekke geval nie. Die verskeurdheid wat sy ervaar het, spreek uit haar woorde: “Dit voel asof ek met ysterkloue aan hierdie grond moet vasklou.” 
R 95
See product

Free Classified ads - buy and sell cheap items in South Africa | CLASF - copyright ©2024 www.clasf.co.za.