-
loading
Ads with pictures

Klein te


Top sales list klein te

South Africa
 Klein land van die Liefde - Margaret Bakkes - Human & Rousseau -2011 - Sagteband in baie mooi toestand. Heuningpoort is ‘n baie klein dorpie.  Wouter Basson, dominee op die dorp, het daar grootgeword. Hy staan op troue met Karolien de Villiers, ‘n arbeidsterapeut wat eers vir ‘n jaar in die stad gaan werk het. Dié jaar weg het egter ‘n saadjie van twyfel in haar geplant. Dirk en Karen, goeie stadsvriende van haar, trek Holland toe sodat Dirk daar kan studeer en promofeer.  Karen pas nie aan in die koue nie. Haar gesondheid gaan agteruit en hulle laat kom Karolien om te au pair vir Leon en Laura, hul kinders. Die egpaar gaan op vakansie sodat Karen kan herstel. Wouter is nie baie gelukkig dat Karolien oorsee is nie. Sy  ontmoet Paul van Gelderen, ‘n Hollander, en hulle is onmiddellik  aangetrokke tot mekaar. Dinge verander baie vinnig.  Karen sterf terwyl sy en Dirk  met vakansie is. Dirk vertrek ná Suid-Afrika om Karen se oorskot huis toe te neem.  Sy vliegtuig word afgeskiet oor Midde-Afrika en die kinders word totaal wees gelaat.  Wouter daag op in Holland om met Karolien te trou en dan sommer wittebrood daar te hou.  Karolien moet kies tussen Paul en Wouter.  Wie gaan sy kies, want sy moet nou die twee kinders se toekoms ook in ag neem? ‘n Heerlike liefdesverhaal. – Jenny du Toit
See product
South Africa
This item is sold brand new. It is ordered on demand from our supplier and is usually dispatched within 10 - 15 working days Dis lente! Die eerste warm sonstrale bereik die bodem van die meuldam en die klein waterman ontwaak uit sy winterslaap. Na ontbyt gaan hy nuuskierig en vol avontuurlus uit die huis om sy omgewing te verken. Is al sy vriende nog daar? Het julle geweet? Otfried en Regine is pa en dogter. Daniel Napp het in Grafiese Ontwerp gestudeer voor hy, as vryskutter, begin kinderboeke skets het. Die storie is humoristies en propvol avontuur – pragtig gellustreer en perfek vir selflees en voorlees. Features Summary Dis lente! Die eerste warm sonstrale bereik die bodem van die meuldam en die klein waterman ontwaak uit sy winterslaap. Na ontbyt gaan hy nuuskierig en vol avontuurlus uit die huis om sy omgewing te verken... Author Otfried Preussler (Author), Regine Stigloher (Author), Daniel Napp (Illustrator) Publisher Protea Boekhuis Release date 20110805 Pages 32 ISBN 1-86919-515-9 ISBN 13 978-1-86919-515-1
R 63
See product
South Africa (All cities)
This item is sold brand new. It is ordered on demand from our supplier and is usually dispatched within 10 - 15 working days Elke nag wanneer die raadhuishorlosie van Uilenburg twaalfuur slaan, word die klein spokie wakker. Hy speel en baljaar al om die kasteel en vergaap hom aan die stad in die silwer maanskyn. Een middernag uiter hy sy wens aan sy vriend Oehoe-Sjoehoe dat hy tog so graag die stad in die daglig sou wou sien en, ondanks sy vriend se waarskuwings, probeer hy sy droom bewaarheid. Wanneer sy droom onverwags waar word een dag, is dit nie soos hy dit gewens het nie en allerhande snaakse dinge speel hul af in die stad Uilenburg! Te danke aan die sukses van hierdie verhaal, het die Duitse media in 2013 'n rolprent daarvan vervaardig wat in 2013 verskyn het as Das kleiner Gespenst. Features Summary Elke nag wanneer die raadhuishorlosie van Uilenburg twaalfuur slaan, word die klein spokie wakker. Hy speel en baljaar al om die kasteel en vergaap hom aan die stad in die silwer maanskyn. Author Otfried Preussler (Author), Amelia de Vaal (Translator) Publisher Protea Boekhuis Release date 20140901 Pages 111 ISBN 1-4853-0129-7 ISBN 13 978-1-4853-0129-5
R 158
See product
South Africa (All cities)
Klein Texas-dorpie — groot Texas-geheim Luitenant Wyatt Colter van die Texas Rangers sal homself nooit vergewe dat hy, terwyl hy op diens was, 'n getuie wat hy moes oppas laat verdwyn het nie... selfs al het hy 'n koeëlwond daarvan oorgehou. Nou het forensiese antropoloog Nina Jacobson menslike oorskot opgegrawe wat dalk die geheim kan opklaar. Dit bied Wyatt uiteindelik die geleentheid om 'n onopgeloste saak wat al twee jaar lank by hom spook, af te handel. Hy weet Nina twyfel aan sy vermoë om objektief te bly, maar toe iemand probeer om Nina saam met die bewyse te vernietig, stel Wyatt hom as haar eie persoonlik waghond aan — of sy hom nou vertrou of nie. En dié keer gaan die cowboy sy man kry — en sy meisie.
R 20
See product
South Africa
This item is sold brand new. It is ordered on demand from our supplier and is usually dispatched within 10 - 15 working days Fia en Fabie, die klein jakkalsies, baklei gedurig oor wie die meeste het om te eet. Hulle probeer hulle mamma oortuig dat alle klein kinders sukkel om te deel … maar is dit waar? Dis eers as hulle twee honger muisies ontmoet dat hulle die waarde daarvan besef om te deel. Features Summary Fia en Fabie, die klein jakkalsies, baklei gedurig oor wie die meeste het om te eet. Hulle probeer hulle mamma oortuig dat alle klein kinders sukkel om te deel … maar is dit waar? Author Francois Maree (Editor), Stephanie Roehe (Author) Publisher Fantasi Books (Pty) Ltd Release date 20060105 Pages 32 ISBN 1-920134-21-2 ISBN 13 978-1-920134-21-1
See product
South Africa (All cities)
This item is sold brand new. It is ordered on demand from our supplier and is usually dispatched within 4 - 8 working days Stellenbosch se studente is opstandig. Die dorp brand, en in Sophia se klein dog veilige huisie droom sy van Pompeii en wegloop, weg van elke dag se sleur by BoekWeb en haar man se speurderwerk. Wanneer haar klein Magriet wegraak en Sophia ontvoer word, moet sy egter spartel om uit die web te kom – haar kind moet van die spinnekop gered word. In Naomi Meyer se debuutroman word die Boland, SA en ons almal se brandpunte helder verlig. Features Summary Stellenbosch se studente is opstandig. Die dorp brand, en in Sophia se klein dog veilige huisie droom sy van Pompeii en wegloop. Wanneer haar klein Magriet wegraak en Sophia ontvoer word... Author Naomi Meyer Publisher Queillerie Publishers (Pty) Ltd Release date 20170310 Pages 333 ISBN 0-7958-0120-3 ISBN 13 978-0-7958-0120-4
R 236
See product
South Africa
This item is sold brand new. It is ordered on demand from our supplier and is usually dispatched within 15 - 20 working days Die Jasper-jeugreeks is die eerste keer uitgegee in 1959 en daar was verskeie herdrukke. Hierdie is die sewende titel in die Jasper-reeks. Vir enige kind sal dit ure se genot verskaf, want dit is 'n boek om te lees en te herlees. Saam met die Viermanskap is die leser bly oor die sukses wat behaal word en saam met die vriende word daar getreur oor die brandende sitvlakke! In alles was Jasper nog altyd die onbestrede leier, maar nou lyk dit asof sy maats hom eenkant toe stoot, en dit net omdat hy nie soos ‘n meisiekind op ‘n verhoog wil gaan ronddans nie. Asof daar nie veel belangriker dinge is wat ‘n seun kan doen nie! En boonop lyk dit ook nog asof hulle dink hy kan nie toneel speel nie! Jasper is egter nie iemand wat homself bejammer as dinge ‘n bietjie donker lyk nie. Hy het lankal geleer dat dit die heel beste is om uit te spring en iets te doen om die saak reg te stel — en soos altyd spring die klein borselkop met soveel entoesiasme aan die werk, dat hy homself, en die leser, ‘n bietjie uitasem laat. Kom deel in die avonture van Jasper. Features Summary Die Jasper-jeugreeks is die eerste keer uitgegee in 1959 en daar was verskeie herdrukke. Hierdie is die sewende titel in die Jasper-reeks. Vir enige kind sal dit ure se genot verskaf... Author C.F. Beyers-Boshoff Publisher Protea Boekhuis Release date 20161201 Pages 108 ISBN 1-4853-0381-8 ISBN 13 978-1-4853-0381-7
See product
South Africa (All cities)
Kinders is nooit te jonk om ’n boek saam met jou te geniet nie. Dis pret om saam na die prentjies te kyk en die name van bekende voorwerpe te leer. Die klein, hanteerbare boekies help peuters om woordeskat uit te brei, terwyl dit vroeë leesvaardighede ontwikkel. This product ships within 3-5 working days
R 49
See product
South Africa (All cities)
 Die storie van Monica Peters - E.K.M. Dido - Kwela - 1996, eerste uitgawe, eerste druk - Sagteband in baie mooi toestand. In “ Die storie van Monica Peters ” vertel die bruin vrou Monica Peters haar lewensverhaal as memoires aan haar kinders en kleinkinders, wat haar verhaal op band opneem. So sluit die verhaal ten nouste aan by die orale tradisie, waar verbeelding en agterna-interpretasie die vertelling kleur sodat dit moeilik is om tussen werklikheid en verbeelding te onderskei, die vertelwyse naïef en ongesofistikeerd is, die gebeure chronologies gerangskik word en geïdealiseer word en die karakters getipeer is eerder as genuanseerd. Die verteltydperk stem in alle opsigte ooreen met die tyd van apartheid, met Monica wat haar verhaal begin toe sy agt jaar oud was (in 1948, die jaar van die Nasionale Party se bewindsoorname) en dit beëindig in 1994 (die jaar van die demokratiese verkiesing), toe sy 54 jaar oud is. Haar storie is dus baie nou gekoppel aan die storie van die land. Monica word groot in ’n klein dorpie in Transkei waar die kinders van alle rasse steeds saam op die skoolbanke sit en daar rasseharmonie heers. Die nuwe magistraat dwing egter apartheid af en die rasse word op alle gebiede geskei. Monica raak verlief op Eric Richmond, die magistraat se seun, en wanneer sy swanger word trou hulle in die geheim in Swaziland. Na hulle huwelik is vrees en frustrasie hulle daaglikse lot, want hulle moet gedurig ontvlug om uit die hande van die gereg te bly. Hulle stryd teen apartheid neem hulle dan vir 25 jaar in bannelingskap in Londen. Na die vrylating van Mandela keer hulle terug na Suid-Afrika as vry mense. Ten spyte van die algemene bevryding van die bevolking, voel sy haar as bruin vrou steeds vreemd en ontuis in haar eie vaderland. Eric sterf dan in ’n sluipmoordaanval, wat Monica dwing om weer haar prioriteite in oënskou te neem. Haar goeie vriend Franklin, wat reeds baie jare op haar verlief is, stap egter in om die gaping in haar lewe te vul. 
R 55
See product
South Africa
(This title is available on demand: expected date of dispatch will be 4-7 working days once ordered) Terwyl Lucas en sy vriende probeer om Ayanda se dood te verwerk, word hulle gekonfronteer met vreemde gebeure: 'n misterieuse bol lig, so groot soos 'n rugbybal, hang in die donker buite Brandon-hulle se huis; 'n massiewe swart trok ry Nova se strate binne en verdwyn in die Hok. Die skool word ook skielik ontruim wanneer 'n vuur uitbreek en dele van die skool ontplof. Al die leerders en onderwysers soek skuiling in 'n ondergrondse bunker. Om sake te vererger vertel Lucas se ma vir hom 'n geheim... Dit keer sy hele wereld om en hy kan nie help om anders na homself en sy vriende te kyk nie. Wanneer Duart uitvind van die geheim, kom daar 'n breuk in sy en Lucas se vriendskap. Wanneer hulle toegesluit word in 'n klein, lee stoorkamer binne die Hok, breek daar selfs 'n rowwe stoeigeveg uit tussen die twee. Format:paperback Pages:120
R 104
See product
South Africa (All cities)
This item is sold brand new. It is ordered on demand from our supplier and is usually dispatched within 5 - 10 working days Moenie jou daaroor bekommer nie!' Hoeveel keer het ons nie al hierdie raad gegnoreer nie? Die meeste van ons weet dat bekommernis vrugteloos is en ons geensins nader aan 'n uitkoms of oplossings bring nie. Maar tog sukkel ons om uit die kloue van vrees te bly. In Wen die stryd teen kommer verklaar die skrywer, Simon Robinson, egter oorlog teen kommer. Hy bied 'n 31-dag-strategie wat kommer in sy spore sal laat stuit. Robinson het self vir baie jare met angs gesukkel. Hy het egter Bybelse en praktiese manier gevind om dit te beveg en te oorwin. Elke stap is in die Bybel geanker en word eenvoudig verduidelik met 'n gebed en aksiepunte daarby. Wie moet hierdie boek lees? - Mense wat met kommer, angs en paniek worstel - Pastorale beraders en raadgewers Hierdie belangrike onderwerp word in klein, maklik-verteerbare gedeeltes behandel sodat jy dit kan lees, daaroor kan nadink en aksie kan neem oor die verloop van 'n maand. Features Summary Moenie jou daaroor bekommer nie!' Hoeveel keer het ons nie al hierdie raad geïgnoreer nie? Die meeste van ons weet dat bekommernis vrugteloos is en ons geensins nader aan 'n uitkoms of oplossings bring nie... Author Simon J. Robinson Publisher Struik Christian Media Release date 20161001 Pages 144 ISBN 1-4153-3525-7 ISBN 13 978-1-4153-3525-3
R 124
See product
South Africa
 *  FANUS  * FANUS RAUTENBACH SAMESTELLERS; CASPER SQUIER & CHRIS DE JAGER Horne en De Villiers, Eerste Uitgawe, Eerste Druk 1986, Groot A4 formaat met stofjas, 128 bladsye. Die stofjas het 'n klein skeurtie bo aan die rugkant, verder ligte rak-verweer. Die boek en inhoud nog baie mooi en skoon. Daar is 'n klein vou bo aan die bladsy van die INHOUDSOPGAWE, maar dit blyk 'n druk fout te wees, sien foto's. POSGELD R65.00    
See product
South Africa
2014 eerste uitgawe sagteband met 197 bladsye splinternuut. R50 posgeld in SA. By geleentheid van die gevierde skrywer Karel Schoeman se 75ste verjaardag in Oktober 2014 publiseer Protea Boekhuis twee televisiedraaiboeke, wat, hoewel hulle geruime tyd gelede reeds geskryf is, nie voorheen gepubliseer is nie. In die voorwoord tot die twee draaiboeke meld Karel Schoeman dat die twee draaiboeke in 1985 ontstaan het, toe daar bewerkings van sy romans verfilm is. Die twee dramatekste sou miskien eerder as leestekste en nie as speeltekste nie beskou kon word, maar Schoeman sluit nie die moontlikheid van verfilming uit nie. Hy skryf verder: “Die betrokke manuskripte het onlangs aan die lig gekom nadat ek gemeen het dat dit lankal nie meer bestaan nie, en word nou gepubliseer soos hulle geskryf is, aangesien dit nie sinvol gelyk het om na verloop van meer as 'n kwarteeu nog daaraan te probeer verander of verbeter nie.” Die eerste van die twee tekste, “'n Vrou wat alleen bly”, speel op 'n klein plattelandse dorpie af. Dit handel oor die raaiselagtige skietdood van 'n geliefde dominee en oor die versteuring van verhoudings tussen mense wat mekaar reeds lank ken wanneer 'n nuweling die gemeenskap binnekom. Die tweede teks, “Hier was huise, hier 'n pad” speel in 1908 af in en om 'n hotelletjie aan die Suid-Kaapse kus. In hierdie draaiboek bevind 'n aantal uiteenlopende karakters hulle toevallig en kortstondig in mekaar se geselskap. Sommige van die karakters reik huiwerig na mekaar uit, maar die verhoudings wat ontstaan, bly vervlietend. Soos in 'n Tsjechow-drama toon Karel Schoeman in hierdie twee tekste watter intensiteit daar in klein menslike gebare, huiwerende gesprek en versigtige uitreik na ander kan le.
See product
South Africa (All cities)
This item is sold brand new. It is ordered on demand from our supplier and is usually dispatched within 10 - 15 working days By geleentheid van die gevierde skrywer Karel Schoeman se 75ste verjaardag in Oktober 2014 publiseer Protea Boekhuis twee televisiedraaiboeke, wat, hoewel hulle geruime tyd gelede reeds geskryf is, nie voorheen gepubliseer is nie. In die voorwoord tot die twee draaiboeke meld Karel Schoeman dat die twee draaiboeke in 1985 ontstaan het, toe daar bewerkings van sy romans verfilm is. Die twee dramatekste sou miskien eerder as leestekste en nie as speeltekste nie beskou kon word, maar Schoeman sluit nie die moontlikheid van verfilming uit nie. Hy skryf verder: “Die betrokke manuskripte het onlangs aan die lig gekom nadat ek gemeen het dat dit lankal nie meer bestaan nie, en word nou gepubliseer soos hulle geskryf is, aangesien dit nie sinvol gelyk het om na verloop van meer as 'n kwarteeu nog daaraan te probeer verander of verbeter nie.” Die eerste van die twee tekste, “'n Vrou wat alleen bly”, speel op 'n klein plattelandse dorpie af. Dit handel oor die raaiselagtige skietdood van 'n geliefde dominee en oor die versteuring van verhoudings tussen mense wat mekaar reeds lank ken wanneer 'n nuweling die gemeenskap binnekom. Die tweede teks, “Hier was huise, hier 'n pad” speel in 1908 af in en om 'n hotelletjie aan die Suid-Kaapse kus. In hierdie draaiboek bevind 'n aantal uiteenlopende karakters hulle toevallig en kortstondig in mekaar se geselskap. Sommige van die karakters reik huiwerig na mekaar uit, maar die verhoudings wat ontstaan, bly vervlietend. Soos in 'n Tsjechow-drama toon Karel Schoeman in hierdie twee tekste watter intensiteit daar in klein menslike gebare, huiwerende gesprek en versigtige uitreik na ander kan le. Features Summary By geleentheid van die gevierde skrywer Karel Schoeman se 75ste verjaardag in Oktober 2014 publiseer Protea Boekhuis twee televisiedraaiboeke, wat, hoewel hulle geruime tyd gelede reeds geskryf is... Author Karel Schoeman Publisher Protea Boekhuis Release date 20140922 Pages 197 ISBN 1-4853-0184-X ISBN 13 978-1-4853-0184-4
R 191
See product
South Africa
This item is sold brand new. It is ordered on demand from our supplier and is usually dispatched within 10 - 15 working days Handelsryk in die Ooste is die tweede deel van ¿n vyfdelige reeks oor vroe blanke vestiging aan die Kaap. In di deel beskryf Karel Schoeman die totstandkoming en bestuur van die Verenigde Oost-Indische Compagnie (VOC) se uitgebreide handelsnetwerk in die gebied van die Indiese Oseaan gedurende die sewentiende eeu. Vir die meeste Suid-Afrikaanse lesers wat maar min kennis van die VOC het, bied hierdie boek besonder baie insigte en word die stigting van die klein verversingspos aan die Kaap die Goeie Hoop in 1652 in konteks geplaas. Dit gee byvoorbeeld aandag aan die groot intra-Asiatiese handelsnetwerk wat selfs voor die koms van die Portugese en Spaanse ontdekkingsreisigers in die gebied bestaan het, aan die wedywering tussen die seevarende moondhede Portugal, Nederland, Engeland en Frankryk om vastrapplek in verskillende Oosterse lande te kry en aan die soms bloedige stryd om monopolie in die handel met kosbare produkte soos speserye, tekstiel en porselein te verkry. ¿n Aantal hoofstukke word gewy aan Batavia, die VOC se administratiewe hoofstad: Vanuit die VOC-kantore is die retoervlote gekordineer; hiervandaan is verkenningstogte na die binneland onderneem; het die amptenary en ryk handelaars ¿n swierige lewenstyl ontwikkel en het kosbare Oosterse meubels en tapyte modieus geword. Ten slotte word ook aandag aan die verskynsel van slawerny en die invloed wat dit gehad het op die koloniale lewe, ook aan die Kaap. Features Summary Die tweede deel van ’n vyfdelige reeks oor vroeë blanke vestiging aan die Kaap. Author Karel Schoeman Publisher Protea Boekhuis Release date 20091130 Pages 350 ISBN 1-86919-270-2 ISBN 13 978-1-86919-270-9
See product
South Africa (All cities)
2007 eerste uitgawe sagteband met 252 bladsye in goeie toestand. R60 posgeld in SA. Die storie van bruin Suid-Afrikaners, in mikrokosmos beleef op Stellenbosch, soos nog nooit in Afrikaans vertel nie.  Van die beginjare het burgers, slawe en ’n klein klompie vryswartes Stellenbosch saam opgebou. Saam het hulle reeds voor 1700 begin om ’n nuwe taal, Afrikaans, te skep. Saam het hulle op een erf gewoon – met die slaaf wat in die kombuis of buitekamer moes slaap. Dié boek vertel van die hartseer en die skeiding en hoe apartheid op Stellenbosch sy beslag gekry het.  Dié leesbare vertelling is deurspek met die ware verhale van mense soos “Abraham, die slaaf van Matthias Hoffman” (sy rug en bene gebreek tot hy die “genadeslag” ontvang het omdat hy Matthias se huis aan die brand gesteek het) en Manisa, toegewyde moeder wat na vrystelling van plek tot plek reis om haar kinders te gaan soek. Daar is ook sketse van ander sleutelpersone en sleutelgebeure, onder meer die “slag van Andringastraat,” toe wit studente en bruin inwoners handgemeen geraak het.  Nog altyd hier gewees bied ’n fassinerede blik op hoe verhoudinge tussen wit en bruin ontwikkel het en waar dinge skandelik skeefgeloop het. Dit eindig op ’n hoopvolle noot met Stellenbosch se eerste bruin burgemeester en die mense van “die Vlakte” wat met trots hul eie storie die wêreld instuur.
R 90
See product
South Africa (All cities)
This item is sold brand new. It is ordered on demand from our supplier and is usually dispatched within 5 - 10 working days 'n Vat-en-voel-Bybelstorieboek stel kleuters bekend aan die storie van die skepping. Ervaar die wonderlike wreld van die skepping saam met Panda en sy vriende. Nuuskierige klein vingertjies sal dit geniet om die teksture van die verskillende diere in die skepping te ontdek. Die kleurvolle illustrasies tesame met die wollerige stukkies stel peuters bekend aan verskillende diere terwyl die stories hulle meer vertel van God se skepping. Panda en sy wollerige maats is ideaal om peuters se tassintuig te help ontwikkel. Ook beskikbaar in Engels onder titel Panda and His Furry Friends Features Summary 'n Vat-en-voel-Bybelstorieboek stel kleuters bekend aan die storie van die skepping. Publisher Christian Art Publishers Release date 20171205 Pages 8 ISBN 1-4316-2048-3 ISBN 13 978-1-4316-2048-7
R 99
See product
South Africa (All cities)
Boek wat alle ouers sal help om klein kinders aan die gang te hou sodat hul nooit verveeld hoef te raak nie. Ook ideaal vir kinderpartytjies ens. Tafelberg-Uitgewers, 1987, 89 bladsye met illustrasies, sien asb. "Shipping charges" vir posgelde.
R 44
See product
South Africa
'n Bordjie eetgoed - propvol watertand-gereggies - is eie aan ons Suid-Afrikaanse kultuur. En hierdie versameling resepte vir klein happies is so veelsydig dat daar iets sal wees om enige tyd van die dag of nag voor te sit. Daar is resepte en idees vir almal, en vir elke denkbare geleentheid - skemeronthale, kantoorpartytjies, peuselkos voor die TV, om die vuur en selfs vir piekniekmandjies. Format:paperback Pages:172
R 99
See product
South Africa (All cities)
This item is sold brand new. It is ordered on demand from our supplier and is usually dispatched within 10 - 15 working days Tiertjie en Beertjie is beste vriende. Hulle beleef allerhande wonderlike avonture saam. En hulle is vir niks bang nie, want saam is hulle sterker as enigiets op aarde. “As mens ’n vriend het, hoef mens vir niks op aarde bang te wees nie!” Beer en Tier woon gelukkig en tevrede in ’n snoesige, klein huisie aan die rivier. Maar wanneer daar eendag ’n krat uit die rivier spoel, met Panama op geskryf, gaan die twee op reis na die land van hul drome. Saam pak hulle allerhande avonture aan: hulle gaan op ’n skattejag, vind die posdiens uit, hou groot partytjies en arme Tier beland selfs in die dierehospitaal. Hierdie bundel bevat ses van die welbekende Duitse skrywer se tydlose Ben en Tiertjie-stories. Features Summary Tiertjie en Beertjie is beste vriende. Hulle beleef allerhande wonderlike avonture saam. En hulle is vir niks bang nie, want saam is hulle sterker as enigiets op aarde... Author Fourie Botha Publisher Protea Boekhuis Release date 20171201 Pages 288 ISBN 1-4853-0758-9 ISBN 13 978-1-4853-0758-7
R 263
See product
South Africa (All cities)
This item is sold brand new. It is ordered on demand from our supplier and is usually dispatched within 7 - 15 working days Jana is net drie jaar oud toe haar ma tydens 'n besoek aan Ierland spoorloos verdwyn. Op die Bolandse wynplaas Stormkloof treur KleinStorm oor sy pragtige vrou wat hom met haar fluitmusiek betower het. Jana verlang ook na haar ma. Snags roep die wind haar buitentoe, dieselfde wind wat 'n hele huis kan optel en anderkant die berge kan neersit. Maar Jana is nie bang vir die storm nie. As sy mooi na die wind luister, hoor sy die soet, ho note van haar ma se fluit. Een so 'n stormnag ontmoet Jana vir !X'uri - 'n klein dogtertjie, bruin soos klip, met net 'n velletjie om haar heupe en 'n wit stringetjie krale om haar nek. !X'uri kom uit 'n gat in die grond waar die groot olienhoutboom se wortels eens was. !X'uri het gekom omdat dit tyd is om Jana se ma te soek. Stormkind is 'n betowerende, liriese verhaal oor verlies, vergifnis en die kulturele erfenis van die Boesmans. Features Summary Jana is net drie jaar oud toe haar ma spoorloos verdwyn. Snags roep die wind Jana buitentoe, maar sy is nie bang vir die storm nie. As sy mooi na die wind luister... Author Riana Scheepers Publisher Tafelberg Publishers Ltd Release date 20180219 Pages 220 ISBN 0-624-08430-2 ISBN 13 978-0-624-08430-3
R 215
See product

Free Classified ads - buy and sell cheap items in South Africa | CLASF - copyright ©2024 www.clasf.co.za.