DIE VROU WAT ALLEEN BLY - KAREL SCHOEMAN IN SOUTH AFRICA

2014 eerste uitgawe sagteband met 197 bladsye splinternuut. R50 posgeld in SA. By geleentheid van die gevierde skrywer Karel Schoeman se 75ste verjaardag in Oktober 2014 publiseer Protea Boekhuis twee televisiedraaiboeke, wat, hoewel hulle geruime tyd gelede reeds geskryf is, nie voorheen gepubliseer is nie. In die voorwoord tot die twee draaiboeke meld Karel Schoeman dat die twee draaiboeke in 1985 ontstaan het, toe daar bewerkings van sy romans verfilm is. Die twee dramatekste sou miskien eerder as leestekste en nie as speeltekste nie beskou kon word, maar Schoeman sluit nie die moontlikheid van verfilming uit nie. Hy skryf verder: “Die betrokke manuskripte het onlangs aan die lig gekom nadat ek gemeen het dat dit lankal nie meer bestaan nie, en word nou gepubliseer soos hulle geskryf is, aangesien dit nie sinvol gelyk het om na verloop van meer as 'n kwarteeu nog daaraan te probeer verander of verbeter nie.” Die eerste van die twee tekste, “'n Vrou wat alleen bly”, speel op 'n klein plattelandse dorpie af. Dit handel oor die raaiselagtige skietdood van 'n geliefde dominee en oor die versteuring van verhoudings tussen mense wat mekaar reeds lank ken wanneer 'n nuweling die gemeenskap binnekom. Die tweede teks, “Hier was huise, hier 'n pad” speel in 1908 af in en om 'n hotelletjie aan die Suid-Kaapse kus. In hierdie draaiboek bevind 'n aantal uiteenlopende karakters hulle toevallig en kortstondig in mekaar se geselskap. Sommige van die karakters reik huiwerig na mekaar uit, maar die verhoudings wat ontstaan, bly vervlietend. Soos in 'n Tsjechow-drama toon Karel Schoeman in hierdie twee tekste watter intensiteit daar in klein menslike gebare, huiwerende gesprek en versigtige uitreik na ander kan le.

4.00/5

1 reviews

Add to your favorite ads
Die vrou wat alleen bly - Karel Schoeman
loading
Price: R 0,00
R 0,00
2529499
Accept terms and conditions and privacy policy

Avoid frauds by contacting local ads only, and if possible try to collect the item by person. Do not be persuade by those who dispatch from another country or that request you to be paid by check or MoneyGram / ​​Western Union / Efecty, without any guarantee. We recommend you to read our safety tips.

Free Classified ads - buy and sell cheap items in South Africa | CLASF - copyright ©2024 www.clasf.co.za.