GEKLASSIFISEERDE COWBOY IN SOUTH AFRICA
Klein Texas-dorpie — groot Texas-geheim Luitenant Wyatt Colter van die Texas Rangers sal homself nooit vergewe dat hy, terwyl hy op diens was, 'n getuie wat hy moes oppas laat verdwyn het nie... selfs al het hy 'n koeëlwond daarvan oorgehou. Nou het forensiese antropoloog Nina Jacobson menslike oorskot opgegrawe wat dalk die geheim kan opklaar. Dit bied Wyatt uiteindelik die geleentheid om 'n onopgeloste saak wat al twee jaar lank by hom spook, af te handel. Hy weet Nina twyfel aan sy vermoë om objektief te bly, maar toe iemand probeer om Nina saam met die bewyse te vernietig, stel Wyatt hom as haar eie persoonlik waghond aan — of sy hom nou vertrou of nie. En dié keer gaan die cowboy sy man kry — en sy meisie.
4.00/5
1 reviews
Price:
R 20,00
R 20,00
Contact
CONTACT