-
loading
Ads with pictures

Kinders van phoenix en


Top sales list kinders van phoenix en

South Africa
1981. Hardeband, 77 bladsye. Baie goeie toestand. Minder as 1kg.  
R 70
See product
South Africa
 Van Pollsmoor tot prediker - Jaun Truter & Leon Steenkamp - LuxVerbi - Sagteband. Jaun Truter was ’n gangster in die ergste graad: noem dit maar: dwelms, aanranding, afpersing, en betrokkenheid by die Russiese mafia in Kaapstad. God gryp in op sy lewe op ’n baie tasbare en hoorbare manier en Jaun gaan tronk toe. Híér leer hy om van voor af te begin... Hierdie is ’n aangrypende verhaal van God se beskermende hand en hoe Hy nie sy kinders laat gaan nie.
R 75
See product
South Africa (All cities)
 Die storie van Monica Peters - E.K.M. Dido - Kwela - 1996, eerste uitgawe, eerste druk - Sagteband in baie mooi toestand. In “ Die storie van Monica Peters ” vertel die bruin vrou Monica Peters haar lewensverhaal as memoires aan haar kinders en kleinkinders, wat haar verhaal op band opneem. So sluit die verhaal ten nouste aan by die orale tradisie, waar verbeelding en agterna-interpretasie die vertelling kleur sodat dit moeilik is om tussen werklikheid en verbeelding te onderskei, die vertelwyse naïef en ongesofistikeerd is, die gebeure chronologies gerangskik word en geïdealiseer word en die karakters getipeer is eerder as genuanseerd. Die verteltydperk stem in alle opsigte ooreen met die tyd van apartheid, met Monica wat haar verhaal begin toe sy agt jaar oud was (in 1948, die jaar van die Nasionale Party se bewindsoorname) en dit beëindig in 1994 (die jaar van die demokratiese verkiesing), toe sy 54 jaar oud is. Haar storie is dus baie nou gekoppel aan die storie van die land. Monica word groot in ’n klein dorpie in Transkei waar die kinders van alle rasse steeds saam op die skoolbanke sit en daar rasseharmonie heers. Die nuwe magistraat dwing egter apartheid af en die rasse word op alle gebiede geskei. Monica raak verlief op Eric Richmond, die magistraat se seun, en wanneer sy swanger word trou hulle in die geheim in Swaziland. Na hulle huwelik is vrees en frustrasie hulle daaglikse lot, want hulle moet gedurig ontvlug om uit die hande van die gereg te bly. Hulle stryd teen apartheid neem hulle dan vir 25 jaar in bannelingskap in Londen. Na die vrylating van Mandela keer hulle terug na Suid-Afrika as vry mense. Ten spyte van die algemene bevryding van die bevolking, voel sy haar as bruin vrou steeds vreemd en ontuis in haar eie vaderland. Eric sterf dan in ’n sluipmoordaanval, wat Monica dwing om weer haar prioriteite in oënskou te neem. Haar goeie vriend Franklin, wat reeds baie jare op haar verlief is, stap egter in om die gaping in haar lewe te vul. 
R 55
See product
South Africa
 Klein land van die Liefde - Margaret Bakkes - Human & Rousseau -2011 - Sagteband in baie mooi toestand. Heuningpoort is ‘n baie klein dorpie.  Wouter Basson, dominee op die dorp, het daar grootgeword. Hy staan op troue met Karolien de Villiers, ‘n arbeidsterapeut wat eers vir ‘n jaar in die stad gaan werk het. Dié jaar weg het egter ‘n saadjie van twyfel in haar geplant. Dirk en Karen, goeie stadsvriende van haar, trek Holland toe sodat Dirk daar kan studeer en promofeer.  Karen pas nie aan in die koue nie. Haar gesondheid gaan agteruit en hulle laat kom Karolien om te au pair vir Leon en Laura, hul kinders. Die egpaar gaan op vakansie sodat Karen kan herstel. Wouter is nie baie gelukkig dat Karolien oorsee is nie. Sy  ontmoet Paul van Gelderen, ‘n Hollander, en hulle is onmiddellik  aangetrokke tot mekaar. Dinge verander baie vinnig.  Karen sterf terwyl sy en Dirk  met vakansie is. Dirk vertrek ná Suid-Afrika om Karen se oorskot huis toe te neem.  Sy vliegtuig word afgeskiet oor Midde-Afrika en die kinders word totaal wees gelaat.  Wouter daag op in Holland om met Karolien te trou en dan sommer wittebrood daar te hou.  Karolien moet kies tussen Paul en Wouter.  Wie gaan sy kies, want sy moet nou die twee kinders se toekoms ook in ag neem? ‘n Heerlike liefdesverhaal. – Jenny du Toit
See product
South Africa (All cities)
This item is sold brand new. It is ordered on demand from our supplier and is usually dispatched within 4 - 9 working days Die Slimkoppe Vaardigheidsreeks: Taal en spelling is spesifiek vir Suid-Afrikaanse kinders ontwikkel en volgens die Suid-Afrikaanse kurrikulum geskryf. Kinders, ouers en onderwysers sal dit maklik vind om taalrels te hersien en te konsolideer. Hierdie Slimkoppe Vaardigheidsboeke vir taal en spelling sluit die volgende in: - 'n Omvattende inhoudsopgawe om vinnig by die regte taalstruktuur uit te kom - 'n Inleidende storie oor die Slimkoppe-karakters, om spel- en taalrels in 'n spesifieke konteks te leer en te oefen - Kassies met belangrike taal- en spelrels aan die begin van elke nuwe afdeling - 'n Verskeidenheid vrae en aktiwiteite om kinders te help om taal- en spelrels te bemeester - Ten slotte, oefentoets met puntetoekennings aan die einde van die boek, om die kind se begrip en kennis te toets. - PLUS! Al die antwoorde is aan die einde van die boek. Features Summary Make the smart choice for a brilliant future!; Prepare your child for tests at school and improve test results with Smart-Kids Practice tests. This book includes: Four English Home Language tests and test answers; Tools to help you assess progress and dia Author C. Coetzee (Author), M. Dudley (Author) Publisher Pearson Education Release date 20170801 Pages 127 ISBN 1-4857-0091-4 ISBN 13 978-1-4857-0091-3
R 75
See product
South Africa (All cities)
This item is sold brand new. It is ordered on demand from our supplier and is usually dispatched within 4 - 8 working days Dit is die verhaal van hoe `n jong Xhosa-veewagtertjie uit die groen heuwels van die Oos-Kaap Suid-Afrika se eerste swart president geword het. Toe hy in Johannesburg vir `n prokureur gestudeer het, het Nelson Mandela meer en meer gesien hoe onregverdig die land se wette teenoor swart mense was, en hoe hulle daaronder ly. En die ergste was, hulle kon niks daaraan te doen omdat die wet swart mense verbied het om te stem vir `n regering wat hulle wou he. Daarom het Tata Mandela besluit om sy lewe daaraan te wy om te veg teen die regering se groot plan, apartheid. Apartheid het beteken dat wit en swart mense apart gehou is en dat wit mense die beste deel van alles gekry het. Sommer gou het Madiba se aksies hom in die moeilikheid laat beland, en uiteindelik is hy vir 27 jaar toegesluit. Maar toe hy daar uitkom, het alles verander, en hy het die eerste president van al die mense van die land, wit en swart, geword. Hy was `n held vir almal in Suid-Afrika en oor die hele wereld, en hierdie boek vertel sy storie. Features Summary Dit is die verhaal van hoe `n jong Xhosa-veewagtertjie uit die groen heuwels van die Oos-Kaap Suid-Afrika se eerste swart president geword het. Author Sean Fraser Publisher The Penguin Group (SA) (Pty) Ltd Release date 20130902 Pages 291 ISBN 0-14-353853-5 ISBN 13 978-0-14-353853-0
R 80
See product
South Africa
This item is sold brand new. It is ordered on demand from our supplier and is usually dispatched within 7 - 15 working days In hierdie reeks kartonboeke met skoonvee-pen en uitvoubladsye leer kinders speel-speel basiese konsepte ken saam met Louise Smit se bekendste karakters uit die destydse TV-programme, Wielie Walie en Haas Das. Kom leer alles van vorms saam Bennie Boekwurm, die Wielie Walie-parkie se slimste storieverteller. Draai die prentewiel, vou die bladsye oop en gebruik die skoonvee-pen op die bladsye. Met lekker oefeninge, maklike speletjies wat jy by die huis kan speel, is dit pret om te leer! Features Summary In hierdie reeks kartonboeke met skoonvee-pen en uitvoubladsye leer kinders speel-speel basiese konsepte ken saam met Louise Smit se bekendste karakters uit die destydse TV-programme... Author Louise Smit Publisher Human & Rousseau Release date 20151001 Pages 18 ISBN 0-7981-7058-1 ISBN 13 978-0-7981-7058-1
R 129
See product
South Africa (All cities)
Natasha Sutherland was die prinses wat methaar droomprins, 'n bekende Afrikaanse popsanger, getroud was en twee kroonprinsies en 'n suksesvolle beroep as aktrise en programvervaardiger in balans kon hou. Sy was dit alles en meer. Maar die sprokie van haar lewe het ten aanskou van die hele land verbrokkel. Almal weet van die dramas, die affairs en die egskeiding wat volg.In dié inspirerende boek skryf Natasha oor haar ervarings, gedagtes en sielereis. Dié verhale van verandering is hartsgeheime van 'n enkelvrou oor haar aanbeweeg van "Gebreek", na "Verbind" tot om "Bevry" te wees.In die drie dele kan jy lees oor …• Mans en liefde• Die huwelik en seks• Vroue en vriendskap• Affairs en ontrouheid• Kinders en egskeiding• Alleenheid en depressie• Engele en gebed• Stilte en dans… en hoe om 'n swembad blou te hou en skitterende kolwyntjies te bak.Natasha se Bittersoet belydenisse omdat jy nuuskierig is en meer oor die vrou agter al die drama en sensasie wil weet. Maar na net enkele bladsye weet jy hierdie is nie 'n outobiografie nie. Dit is woorde wat gebore is uit 'n wyse en kosbare hart en wat jou siel aanraak. Woorde wat hoe jy dink en voel oor die liefde, lewe en alles tussenin — soos vergifnis — vir altyd sal verander.
R 40
See product
South Africa (All cities)
2007 eerste uitgawe sagteband met 252 bladsye in goeie toestand. R60 posgeld in SA. Die storie van bruin Suid-Afrikaners, in mikrokosmos beleef op Stellenbosch, soos nog nooit in Afrikaans vertel nie.  Van die beginjare het burgers, slawe en ’n klein klompie vryswartes Stellenbosch saam opgebou. Saam het hulle reeds voor 1700 begin om ’n nuwe taal, Afrikaans, te skep. Saam het hulle op een erf gewoon – met die slaaf wat in die kombuis of buitekamer moes slaap. Dié boek vertel van die hartseer en die skeiding en hoe apartheid op Stellenbosch sy beslag gekry het.  Dié leesbare vertelling is deurspek met die ware verhale van mense soos “Abraham, die slaaf van Matthias Hoffman” (sy rug en bene gebreek tot hy die “genadeslag” ontvang het omdat hy Matthias se huis aan die brand gesteek het) en Manisa, toegewyde moeder wat na vrystelling van plek tot plek reis om haar kinders te gaan soek. Daar is ook sketse van ander sleutelpersone en sleutelgebeure, onder meer die “slag van Andringastraat,” toe wit studente en bruin inwoners handgemeen geraak het.  Nog altyd hier gewees bied ’n fassinerede blik op hoe verhoudinge tussen wit en bruin ontwikkel het en waar dinge skandelik skeefgeloop het. Dit eindig op ’n hoopvolle noot met Stellenbosch se eerste bruin burgemeester en die mense van “die Vlakte” wat met trots hul eie storie die wêreld instuur.
R 90
See product
South Africa (All cities)
This item is sold brand new. It is ordered on demand from our supplier and is usually dispatched within 7 - 11 working days Een oggend word ons gunsteling-uil wakker en sien dat die pragtige groen blare aan sy boom besig is om te verkleur. Hy het besef dit beteken herfs het aangebreek en hy was hartseer. Maar geleidelik het hy agtergekom dat die ander vols in die dro blare baljaar. Met elke seisoen wat verbygegaan het, het hy agtergekom dat sy boom elke keer verander. Nie alleen het hy dit begin aanvaar nie, maar ook die waarde van die veranderinge verstaan. En voordat hy hom kon kry, was somer weer op pad. Kwaai Uil en sy Boom stel die wisseling van seisoene vir jong kinders op 'n aanskoulike manier voor - met die mooiste illustrasies. Dit is die derde titel in Kerryn Ponter se Kwaai Uil-reeks. Features Summary Een oggend word ons gunsteling-uil wakker en sien dat die pragtige groen blare aan sy boom besig is om te verkleur. Hy het besef dit beteken herfs het aangebreek en hy was hartseer... Author Kerryn Ponter (Author), Kerryn Ponter (Illustrator) Publisher Penguin Random House South Africa Release date 20180928 Pages 24 ISBN 1-4323-0914-5 ISBN 13 978-1-4323-0914-5
R 56
See product
South Africa (All cities)
 Hans steek die Rubicon oor - Rudie van Rensburg - Queillerie - 2017 - Sagteband. Op 90 is Hans nog hups en springlewendig. Sy orige kinders maneuvreer hom egter vanuit hul tuistes oorsee uit sy lekker ou huis in die Kaap en in Huis Madeliefie in. Maar Hans skop nog kliphard, en gou lei hy ’n ouetehuisopstand teen die onhoudbaar drakoniese matrone – ’n afgetrede tronkbewaarder... Dis daggakoekies, ontkleedansers en vet sports net waar jy kyk in hierdie hoogs komiese roman oor oudword op eie terme.
R 220
See product
South Africa (All cities)
This item is sold brand new. It is ordered on demand from our supplier and is usually dispatched within 10 - 15 working days Tyl Uilspieel se storie is reeds vir honderde jare bekend aan Europeers. Het hy regtig geleef? Niemand weet nie, maar daar is talle stede in Europa waar 'n mens sy spore kan navolg. Feit bly staan dat kinders dol sal wees oor sy avonture, flaters en foppery. Ouer lesers sal weer die pikareske aard van die vertelling waardeer - en glimlag vir die universele waarheid wat daaragter skuil. Features Summary Tyl Uilspieel se storie is reeds vir honderde jare bekend aan Europeers. Het hy regtig geleef? Niemand weet nie, maar daar is talle stede in Europa waar 'n mens sy spore kan navolg... Author Pieter W. Grobbelaar Publisher Protea Boekhuis Release date 20061011 Pages 174 ISBN 1-86919-094-7 ISBN 13 978-1-86919-094-1
R 172
See product
South Africa (All cities)
This item is sold brand new. It is ordered on demand from our supplier and is usually dispatched within 5 - 10 working days Ouerskap vandag is moeiliker as ooit tevore. Kinders staan onder druk wat voorheen ongehoord was. En die druk rus ook op ouers om hul kinders te lei en ondersteun. Jannie Putter kyk in Wenplan Vir Jou Kind Se Lewe in 13 hoofstukke na waardevolle temas soos "Wie is jy?", "Hoe bou ek my kind se self-beeld?", en "Hoe tug ek my kind?" Hy gebruik grafiese voor---stellings om sy teorie uit te lig en praat ook spesifiek met enkelouers oor die struikel-blokke wat hulle moet hanteer. Jannie wys ouers dat die sleutel daarin l om die regte besluite in die hitte van die oomblik te neem. Daar is altyd twee opsies: die regte besluit wat dalk moeilik is of die verkeerde besluit wat dalk op daardie oomblik gemaklik en selfs prettig lyk, maar lei tot spyt. Wenplan Vir Jou Kind Se Lewe sal ouers bemoe-dig om die beste ouers moontlik vir hul kinders te wees. Features Summary Jannie Putter kyk in Wenplan vir jou kind se lewe in 13 hoofstukke na waardevolle temas soos "Wie is jy?", "Hoe bou ek my kind se selfbeeld?", en "Hoe tug ek my kind? Author Jannie Putter Publisher Christelike Uitgewers Release date 20140901 Pages 174 ISBN 1-4316-1020-8 ISBN 13 978-1-4316-1020-4
R 107
See product
South Africa
This item is sold brand new. It is ordered on demand from our supplier and is usually dispatched within 7 - 15 working days Was jy al ooit baie opgewonde om op vakansie te gaan? Het jy iemand anders al ooit gelukkig gemaak? Hoe het jy gevoel? Het jy baie breed geglimlag? Lees van Henk en Merle, en wat hulle gedoen het toe hulle gelukkig was. Die reeks Almal voel... help kinders om hulle gevoelens te verstaan en wys vir hulle hoe om nuwe emosies en ervarings positief te hanteer. Features Summary Was jy al ooit baie opgewonde om op vakansie te gaan? Het jy iemand anders al ooit gelukkig gemaak? Hoe het jy gevoel? Het jy baie breed geglimlag? Lees van Henk en Merle... Author Moira Butterfield Publisher Human & Rousseau Release date 20160801 Pages 24 ISBN 0-7981-7355-6 ISBN 13 978-0-7981-7355-1
R 86
See product
South Africa
Was jy bang op jou eerste dag by die skool? Was jy al senuweeagtig om voor die klas te praat? Hoe het jy gevoel? Het jou hart baie vinnig geklop? Lees van Omar en Zinzi, en wat hulle gedoen het toe hulle bang was. Die reeksáAlmal voel... help kinders om hulle gevoelens te verstaan en wys vir hulle hoe om nuwe emosies en ervarings positief te hanteer. Format:paperback
See product

Free Classified ads - buy and sell cheap items in South Africa | CLASF - copyright ©2024 www.clasf.co.za.