-
loading
Ads with pictures

En van


Top sales list en van

South Africa (All cities)
Buy Triomf van n Reddingsdaad. AVBOB en Van Rooyen. Geteken CR Swart for R400.00
R 400
See product
South Africa (All cities)
1985 hardeband met stofjas in baie mooi toestand.  R50 posgeld in SA.
R 50
See product
South Africa
    BOEK IS IN BAIE GOEIE TOESTAND VIR SY OUDERDOM - ONGEVEER    14CM WYD,21CM LANK,2.5CM DIK
See product
South Africa
 Van Pollsmoor tot prediker - Jaun Truter & Leon Steenkamp - LuxVerbi - Sagteband. Jaun Truter was ’n gangster in die ergste graad: noem dit maar: dwelms, aanranding, afpersing, en betrokkenheid by die Russiese mafia in Kaapstad. God gryp in op sy lewe op ’n baie tasbare en hoorbare manier en Jaun gaan tronk toe. Híér leer hy om van voor af te begin... Hierdie is ’n aangrypende verhaal van God se beskermende hand en hoe Hy nie sy kinders laat gaan nie.
R 75
See product
South Africa (All cities)
VAN WYK LOUW - N LEWENSVERHAAL DUOLOGIE Die twee boeke is splinternuut en het net een of twee keer uit hul gelees. Ek doen ongelukkig  nie meer aflewering via die poskantoor nie  a.g.v vermiste pakkies in verlede en is net bereid om  gratis aflewering te bied in en om Pretoria. Daar is wel aflewering PEP winkel tot PEP winkel of Postnet tot Postnet as jou plaaslike winkel dit ondersteun. Vir enige navrae vra gerus 'n vraag hier onder.  
R 199
See product
South Africa (All cities)
  VAN SERINGBOOM TOT KERKGEBOU Die Argitektoniese Erfenis van die Gereformeerde Kerke. Onder Redaksie van: J.M. van Tonder, J.G. Noeth, N.G. Sarkady, C.T. Harris & F.M. Schutte A4 Hardeblad, geen stofjas, pragtig gedruk op glanspapier, eerste druk Oktober 2010, 365 bladsye,, sluit ook in 4 bladsye met Persoonsname Indeks. Pragtige fotos en geskiedenis van die kerke in Suid Afrika. Hierdie boek is in 'n pragtige kondisie. POSGELD: R75.00 S.A.P.O.of R115.00 POSTNET    
R 300
See product
South Africa
  Van Baster tot Bielie, 'n Oorsig oor die Ontstaan van Rapport - Chris Moolman - 2002 - Sagteband in mooi, skoon en stewige toestand.  
See product
South Africa (All cities)
Buy Van Amsterdam Naar Krugerdorp en Weer Terug: P. J. Kloppers (1848-1912), Schoolmeester en Schrijver for R200.00
R 200
See product
South Africa (All cities)
Buy Van Riga tot Drakenstein: Die verhaal van Eduardt Christian Haumann en sy nasate - Riel Haumann for R225.00
R 225
See product
South Africa (All cities)
Buy Van Noord naar Zuid: met Kameelen, Ezels en Ossen door Afrika - G. Seubring for R400.00
R 400
See product
South Africa (All cities)
Buy Van Zuma tot Zille, en ander politieke kaperjolle - Fred Mouton for R150.00
R 150
See product
South Africa (All cities)
Buy En die Mooiste van Almal is Groendal: Marie Raath for R35.00
R 35
See product
South Africa (All cities)
2006 eerste uitgawe groot hardeband met stofjas en 512 bladsye in goeie toestand. R100 posgeld in SA.
R 340
See product
South Africa (All cities)
 HARDEBAND BOEK NASIONALE PERS 1948 TWEEDE DRUK - KLEIN VLEKKIE OP STOFOMSLAG EN VOOR BUITEBLAD ANDERSINS IS DIE BOEK IN GOEIE TOESTAND - LIGTE POTLOOD AANTEKENINGE DEURGANS - MOONTLIK N' VOORGESKREWE BOEK GEWEES                                                
R 30
See product
South Africa (All cities)
In baie netjiese toestand. Uitgawe 1977. Achtste, opnieuw bewerkte en aangevulde druk.
R 165
See product
South Africa (All cities)
Buy Uit De Geschiedenis Van De Zuid-Afrikaansche Republiek En Van De Afrikaanders (1898) CNJ Du Plessis for R950.00
R 950
See product
South Africa (All cities)
Buy UIT DIE VERHAALSKAT VAN EUGENE MARAIS Samestellers: Botha en Van der Walt for R40.00
R 40
See product
South Africa (All cities)
Buy Uit de Geschiedenis van de Zuid-Afrikaansche Republiek en van de Afrikaanderes - 1898 for R450.00
R 450
See product
South Africa (All cities)
Sagte band 160 Bladsye Een lang boodskap Baie goeie toestand
R 45
See product
South Africa
This item is sold brand new. It is ordered on demand from our supplier and is usually dispatched within 8 - 13 working days In die vroee beplanningsfase van die Vryheidspark was Robin Binckes `n lid van die subkomitee oor geskiedenis. Die mate van debatvoering en bespreking - meestal heftig - het Binckes verstom. So te se elke bespreking is uit presies die teenoorgestelde siening vertolk. Een van die mees omstrede onderwerpe was die Groot Trek, die Boere se eksodus uit die Kaapkolonie in 1838. Skrywers oor die onderwerp het tradisioneel die gebeure nie net uit die perspektief van "wit geskiedenis" benader nie, maar hoofsaaklik uit die van "Afrikanergeskiedenis". Dit is nog altyd gesien as `n "Afrikanergebeurtenis", maar dit was allermins. Die Groot Trek en die gebeure wat daartoe aanleiding gegee het, het elke deel van die samelewing betrek - Zulu, Sotho, Ndebele, Xhosa, Khoisan, Khoikhoi, Bruin, Brits, Engelssprekende Suid-Afrikaner en Boer - en dit is tyd om die trek in daardie lig, in die konteks van `n onbevooroordeelde, moderne Suid-Afrika, uit te beeld. Soos wat gewoonlik die geval is in geskiedenis, hou al die gebeure verband met mekaar. Dit is onmoontlik om die Groot Trek te skei van gebeure wat terugstrek tot by die Portugese ontdekkingsreisigers, aangesien daardie vroee verwikkelinge die agtergrond geskep het vir die redes vir die Groot Trek. Die meeste skrywers het op die trek self gefokus terwyl Binckes `n bree benadering gevolg het wat die impak van die vroeere wit invalle en migrasies - Portugees, Hollands, Frans en Brits - op suidelike Afrika bestudeer. So kan die trek en die oorsake daarvan beter verstaan word. Waar moontlik het Binckes die weergawes van ooggetuies gebruik en dit bevestig met die perspektiewe van vooraanstaande geskiedkundiges. Die eindproduk is `n objektiewe en omvattende rekord van een van die seminale gebeure in Suid-Afrikaanse geskiedenis. Hierdie boek toon dat die Afrikaner `n belangrike rolspeler in die Suid-Afrikaanse gemeenskap is, was en altyd sal wees - maar dit beeld die Afrikaner ook uit as deel van `n groter prentjie. Die skrywer distansieer hom van die karakters wat die afgelope twee eeue as edel gestereotipeer is en beeld hulle lewensgetrou uit: wonderlike, heldhaftige mense met menslike gevoelens, sterk punte en tekortkominge. Features Summary In die vroee beplanningsfase van die Vryheidspark was Robin Binckes `n lid van die subkomitee oor geskiedenis. Die mate van debatvoering en bespreking - meestal heftig - het Binckes verstom... Author Robin Binckes (Author), Adri Kotze (Author) Publisher 30 Degrees South Publishers Release date 20141001 Pages 559 ISBN 1-928211-27-5 ISBN 13 978-1-928211-27-3
See product
South Africa (All cities)
 Die storie van Monica Peters - E.K.M. Dido - Kwela - 1996, eerste uitgawe, eerste druk - Sagteband in baie mooi toestand. In “ Die storie van Monica Peters ” vertel die bruin vrou Monica Peters haar lewensverhaal as memoires aan haar kinders en kleinkinders, wat haar verhaal op band opneem. So sluit die verhaal ten nouste aan by die orale tradisie, waar verbeelding en agterna-interpretasie die vertelling kleur sodat dit moeilik is om tussen werklikheid en verbeelding te onderskei, die vertelwyse naïef en ongesofistikeerd is, die gebeure chronologies gerangskik word en geïdealiseer word en die karakters getipeer is eerder as genuanseerd. Die verteltydperk stem in alle opsigte ooreen met die tyd van apartheid, met Monica wat haar verhaal begin toe sy agt jaar oud was (in 1948, die jaar van die Nasionale Party se bewindsoorname) en dit beëindig in 1994 (die jaar van die demokratiese verkiesing), toe sy 54 jaar oud is. Haar storie is dus baie nou gekoppel aan die storie van die land. Monica word groot in ’n klein dorpie in Transkei waar die kinders van alle rasse steeds saam op die skoolbanke sit en daar rasseharmonie heers. Die nuwe magistraat dwing egter apartheid af en die rasse word op alle gebiede geskei. Monica raak verlief op Eric Richmond, die magistraat se seun, en wanneer sy swanger word trou hulle in die geheim in Swaziland. Na hulle huwelik is vrees en frustrasie hulle daaglikse lot, want hulle moet gedurig ontvlug om uit die hande van die gereg te bly. Hulle stryd teen apartheid neem hulle dan vir 25 jaar in bannelingskap in Londen. Na die vrylating van Mandela keer hulle terug na Suid-Afrika as vry mense. Ten spyte van die algemene bevryding van die bevolking, voel sy haar as bruin vrou steeds vreemd en ontuis in haar eie vaderland. Eric sterf dan in ’n sluipmoordaanval, wat Monica dwing om weer haar prioriteite in oënskou te neem. Haar goeie vriend Franklin, wat reeds baie jare op haar verlief is, stap egter in om die gaping in haar lewe te vul. 
R 55
See product
South Africa (All cities)
Natasha Sutherland was die prinses wat methaar droomprins, 'n bekende Afrikaanse popsanger, getroud was en twee kroonprinsies en 'n suksesvolle beroep as aktrise en programvervaardiger in balans kon hou. Sy was dit alles en meer. Maar die sprokie van haar lewe het ten aanskou van die hele land verbrokkel. Almal weet van die dramas, die affairs en die egskeiding wat volg.In dié inspirerende boek skryf Natasha oor haar ervarings, gedagtes en sielereis. Dié verhale van verandering is hartsgeheime van 'n enkelvrou oor haar aanbeweeg van "Gebreek", na "Verbind" tot om "Bevry" te wees.In die drie dele kan jy lees oor …• Mans en liefde• Die huwelik en seks• Vroue en vriendskap• Affairs en ontrouheid• Kinders en egskeiding• Alleenheid en depressie• Engele en gebed• Stilte en dans… en hoe om 'n swembad blou te hou en skitterende kolwyntjies te bak.Natasha se Bittersoet belydenisse omdat jy nuuskierig is en meer oor die vrou agter al die drama en sensasie wil weet. Maar na net enkele bladsye weet jy hierdie is nie 'n outobiografie nie. Dit is woorde wat gebore is uit 'n wyse en kosbare hart en wat jou siel aanraak. Woorde wat hoe jy dink en voel oor die liefde, lewe en alles tussenin — soos vergifnis — vir altyd sal verander.
R 40
See product
South Africa (All cities)
This item is sold brand new. It is ordered on demand from our supplier and is usually dispatched within 24 hours In 1948 het die NG-dominee DF Malan die Afrikaner tot 'n politieke oorwinning gelei en apartheid ingestel. Strakke swart-en-wit foto's van NP-leiers soos Malan en sy opvolgers simboliseer vandag 'n stelsel van rasse-diskriminasie wat swart Suid-Afrikaners verneder en onderdruk het. Tog, toe Malan op sy sterwensbed gevra is wat die belangrikste diens was wat hy in sy politieke loopbaan gelewer het, het hy geantwoord: "dat ek my volk kon dien, dat ek my mense kon verenig". Die biografie probeer om lig te werp op di teenstrydigheid - hoe kon 'n man wat opreg daarna gestrewe het om sy volk te verenig en te beskerm ook bygedra het tot 'n politieke bestel waarvan ons vandag steeds die gevolge dra? Die boek stel die leser bekend aan Malan die mens: die skaam, leesgierige jong seun, die afgetrokke intellektueel wat een keer by die huis uit is nog met sy pantoffels aan, die onseker vryer en die denker wat ure geneem het om toesprake vir kerkdienste en later politieke toesprake voor te berei. Dit is 'n biografie van 'n man, maar terselfdertyd ook van 'n volk. Malan se persoonlike en politieke lewe vind plaas teen die opkoms van Afrikaner-nasionalisme in die nadraai van die Anglo-Boereoorlog. Di groeiende beweging moedig hom aan om die kerk te verlaat om redakteur van Die Burger en provinsiale leier van die Nasional Party te word. Die boek ontbloot ook al die binnegevegte en politiekery wat die nasionale Afrikaner-politiek in sy eerste jare gekenmerk het. Features Summary Hierdie biografie stel die leser bekend aan Malan die mens: die skaam, leesgierige jong seun, die afgetrokke intellektueel wat een keer by die huis uit is nog met sy pantoffels aan... Author Lindie Koorts Publisher Tafelberg Publishers Ltd Release date 20140227 Pages 492 ISBN 0-624-05585-X ISBN 13 978-0-624-05585-3
R 361
See product
South Africa
This item is sold brand new. It is ordered on demand from our supplier and is usually dispatched within 10 - 15 working days Handelsryk in die Ooste is die tweede deel van ¿n vyfdelige reeks oor vroe blanke vestiging aan die Kaap. In di deel beskryf Karel Schoeman die totstandkoming en bestuur van die Verenigde Oost-Indische Compagnie (VOC) se uitgebreide handelsnetwerk in die gebied van die Indiese Oseaan gedurende die sewentiende eeu. Vir die meeste Suid-Afrikaanse lesers wat maar min kennis van die VOC het, bied hierdie boek besonder baie insigte en word die stigting van die klein verversingspos aan die Kaap die Goeie Hoop in 1652 in konteks geplaas. Dit gee byvoorbeeld aandag aan die groot intra-Asiatiese handelsnetwerk wat selfs voor die koms van die Portugese en Spaanse ontdekkingsreisigers in die gebied bestaan het, aan die wedywering tussen die seevarende moondhede Portugal, Nederland, Engeland en Frankryk om vastrapplek in verskillende Oosterse lande te kry en aan die soms bloedige stryd om monopolie in die handel met kosbare produkte soos speserye, tekstiel en porselein te verkry. ¿n Aantal hoofstukke word gewy aan Batavia, die VOC se administratiewe hoofstad: Vanuit die VOC-kantore is die retoervlote gekordineer; hiervandaan is verkenningstogte na die binneland onderneem; het die amptenary en ryk handelaars ¿n swierige lewenstyl ontwikkel en het kosbare Oosterse meubels en tapyte modieus geword. Ten slotte word ook aandag aan die verskynsel van slawerny en die invloed wat dit gehad het op die koloniale lewe, ook aan die Kaap. Features Summary Die tweede deel van ’n vyfdelige reeks oor vroeë blanke vestiging aan die Kaap. Author Karel Schoeman Publisher Protea Boekhuis Release date 20091130 Pages 350 ISBN 1-86919-270-2 ISBN 13 978-1-86919-270-9
See product
South Africa (All cities)
2007 eerste uitgawe sagteband met 252 bladsye in goeie toestand. R60 posgeld in SA. Die storie van bruin Suid-Afrikaners, in mikrokosmos beleef op Stellenbosch, soos nog nooit in Afrikaans vertel nie.  Van die beginjare het burgers, slawe en ’n klein klompie vryswartes Stellenbosch saam opgebou. Saam het hulle reeds voor 1700 begin om ’n nuwe taal, Afrikaans, te skep. Saam het hulle op een erf gewoon – met die slaaf wat in die kombuis of buitekamer moes slaap. Dié boek vertel van die hartseer en die skeiding en hoe apartheid op Stellenbosch sy beslag gekry het.  Dié leesbare vertelling is deurspek met die ware verhale van mense soos “Abraham, die slaaf van Matthias Hoffman” (sy rug en bene gebreek tot hy die “genadeslag” ontvang het omdat hy Matthias se huis aan die brand gesteek het) en Manisa, toegewyde moeder wat na vrystelling van plek tot plek reis om haar kinders te gaan soek. Daar is ook sketse van ander sleutelpersone en sleutelgebeure, onder meer die “slag van Andringastraat,” toe wit studente en bruin inwoners handgemeen geraak het.  Nog altyd hier gewees bied ’n fassinerede blik op hoe verhoudinge tussen wit en bruin ontwikkel het en waar dinge skandelik skeefgeloop het. Dit eindig op ’n hoopvolle noot met Stellenbosch se eerste bruin burgemeester en die mense van “die Vlakte” wat met trots hul eie storie die wêreld instuur.
R 90
See product
South Africa (All cities)
This item is sold brand new. It is ordered on demand from our supplier and is usually dispatched within 10 - 15 working days Hierdie titel is 'n verkorte weergawe van 'n tesis vir 'n D.Phil-graad wat in 2004 by die Universiteit van Pretoria verwerf is. Dit handel oor die geskiedenis van die koskultuur van die Europeers wat hulle in die sewentiende en agtiende eeu aan die Kaap gevestig het en deel van hulle nasate, die Afrikaners, gebly het. Tydens die genoemde tydperk is reeds begin om daarna as Boerekos te verwys. Die basiese uitgangspunt van die studie was om na te vors waar die oorsprong le van die koskultuur wat in die sewentiende eeu na die Kaap gekom het, wat die koskultuur behels het en wie daardie koskultuur aan die Kaap beinvloed het. Die stof vir die studie is derhalwe in drie grondtemas verdeel. Die historiese agtergrond handel oor invloede op die sewentiende-eeuse Hollandse kookkultuur wat aanleiding gegee het tot die noodsaak van 'n verversingstasie aan die Kaap, die vestiging van die Hollandse kultuur aan die Kaap, en die gemeenskap wat in die vestigingsperiode ontstaan het. Die tweede tema oor wat die koskultuur behels het wat die Europeers in die sewentiende eeu na die Kaap gebring het, word toegelig. Die derde tema wat gaan oor die invloed van Oosterlinge op die kookkultuur aan die Kaap, word ook bespreek. In die slot word gewys op bevindings wat die studie opgelewer het en 'n vlugtige blik word gegee op die verdere verloop van die koskultuur gedurende die Britse bewind, die Groot Trek, die Anglo-Boereoorlog, die tydperk van verstedeliking, die hoogtepunt van Afrikaner-nasionalisme, en die huidige tydsgewrig. Features Summary Hierdie titel is 'n verkorte weergawe van 'n tesis vir 'n D.Phil-graad wat in 2004 by die Universiteit van Pretoria verwerf is. Author H.W. Claassens Publisher Protea Boekhuis Release date 20061023 Pages 513 ISBN 1-86919-106-4 ISBN 13 978-1-86919-106-1
R 329
See product
South Africa (All cities)
This item is sold brand new. It is ordered on demand from our supplier and is usually dispatched within 10 - 15 working days Hierdie titel is 'n moet vir alle liefhebbers van lintborduur en stumpwerk en stel selfs die beginner in staat om hierdie ongelooflike projek sonder moeite te voltooi. Vir gevorderde borduurders is daar 'n aantal nuwe tegnieke as verrassing. Elkeen van die twaalf panele word volledig met stap-vir-stap foto's en aanwysings verduidelik, met 'n lys van alle naalde, garing en linte wat gebruik word. Die titel bevat 'n omvattende stekewoordeboek met meer as 40 sketse van steke, algemene inligting oor stumpwerktegnieke, en meer as 30 blomontwerpe om van te keis en te leer. Features Summary Hierdie titel is 'n moet vir alle liefhebbers van lintborduur en stumpwerk en stel selfs die beginner in staat om hierdie ongelooflike projek sonder moeite te voltooi... Author Di Van Niekerk (Author), Dewald van Heerden (Illustrator), Wendy Brittnell (Illustrator), Rina Auret (Translator) Publisher Metz Press Release date 20041101 Pages 128 ISBN 1-875001-98-0 ISBN 13 978-1-875001-98-9
R 149
See product
South Africa (All cities)
About the product 8vo; original light grey boards, with black lettering to spine; price-clipped pictorial dustwrapper; pp. 108, incl. index; plates. Dustwrapper rubbed and edgeworn, with loss to head and tail of sunned spine panel; foxing to endpapers and edges, occasional fox spot elsewhere. Good condition. Afrikaans text. Uncommon. A pioneering history of Afrikaners in South African commerce."Sonder om afbreuk te wil doen aan die geweldige bydrae van die Engelssprekendes en ander groepe van ons bevolking, lê Eric Rosenthal in Manne en Maatskappye die vinger op die vroeë Afrikaanse winkeliers en groothandelaars, ambagsmanne en fabrikante, veral in nywerhede soos die wamakery, waarin hulle eens die leidende rol gespeel het. Die doel was om die geskiedenis na te gaan tot buite die ou Kaapkolonie, tot in Natal en die twee Boererepublieke. Ten slotte word vir die eerste keer aandag gegee aan die belangrike rol van die Helpmekaar, daardie merkwaardige beweging gebore uit die nood van die 1914-rebellie, wat vir die hele Afrikanervolk die eerste bewys van sy inherente ekonomiese krag gebring het. Daardeur is die weg voorberei vir die stigting van die groot getal Afrikaanse finansiële, nywerheids- en mynondernemings, waarvan die sukses en vooruitsigte vandag regverdige trots wek." Manne en Maatskappye. Die Geskiedenis van die Eerste Afrikaanse Sakemanne (Books)
See product
South Africa
This item is sold brand new. It is ordered on demand from our supplier and is usually dispatched within 10 - 15 working days Die gesprek oor Afrikaans en die bruin mense wat die skrywers in hierdie boek aanroer, is tydig in die opsig dat n al die ambivalensie oor die Afrikaans van ons hart en die onverkwiklike manier waarop ons in hierdie taal verdruk en misken is, ons ons vry heid gekry het ¿ wat ook verantwoordelikheid meebring om minstens onder mekaar klaarheid te vind oor wat nou vorentoe met ons taal moet gebeur. Dit is onomstootlik so dat ons as bruin mense die aard van die Khoisan en swart African met ons saamdra. Dit is net so waar dat ons ook Europees in die Anglosaksiese sin van die woord is. Ons is tewens ook trots bewus van ons Asiatiese herkoms. Afrikaans is ook die taal van ons slawevoorouers. Ons moet al hierdie tradisies vir onsself toe-eien. Features Summary Die gesprek oor Afrikaans en die bruin mense wat die skrywers in hierdie boek aanroer, is tydig in die opsig dat na al die ambivalensie oor die Afrikaans van ons hart en die onverkwiklike manier waarop ons in hierdie taal verdruk en misken is... Author W.A.M. Carstens (Editor), Michael le Cordeur (Editor) Publisher Naledi Release date 20170202 Pages 632 ISBN 0-928316-67-X ISBN 13 978-0-928316-67-4
See product
South Africa (All cities)
This item is sold brand new. It is ordered on demand from our supplier and is usually dispatched within 4 - 8 working days Vir die vroue wat hy met sy rolprentsterglimlag betower het, was Chris Barnard 'n hartebreker. Vir sy pasinte 'n harteheler. Die nuwe biografie oor Suid-Afrika se beroemdste hartsjirurg vertel nie net van Barnard se kinderjare in Beaufort-Wes, sy prominente huwelike (en egskeidings) en flambojante lewe nie. James Styan ondersoek ook die impak van die historiese eerste hartoorplanting op Barnard se persoonlik lewe en op die Suid-Afrikaanse gemeenskap in die algemeen, waar apartheidswetgewing dikwels die probleme van geneeskunde nog ingewikkelder gemaak het. Die rol van swart mediese personeel soos Hamilton Naki word bespreek, sowel as die intense wedywering wat tussen ander beroemde hartsjirurge en Barnard ontstaan het. Hoe het Barnard dit reggekry om hulle almal in die resies om lewe en dood te wen? Hoeveel het sy welbekende sjarme daarmee te doen gehad? En wat is Barnard se nalatenskap vandag, in die lig van sy latere suksesse en aansienlike mislukkings? Styan dek dit alles in die fassinerende nuwe blik op Chris Barnard wat uitgegee is om saam te val met die 50ste herdenking van die eerste hartoorplanting. Features Summary Vir die vroue wat hy met sy rolprentsterglimlag betower het, was Chris Barnard 'n hartebreker. Vir sy pasiente 'n harteheler. Die nuwe biografie oor Suid-Afrika se beroemdste hartsjirurg vertel nie net van Barnard se kinderjare in Beaufort-Wes... Author James Styan Publisher Jonathan Ball Publishers Release date 20171204 Pages 275 ISBN 1-86842-840-0 ISBN 13 978-1-86842-840-3
R 189
See product

Free Classified ads - buy and sell cheap items in South Africa | CLASF - copyright ©2024 www.clasf.co.za.