-
loading
Ads with pictures

Pad van


Top sales list pad van

South Africa
  Die Pad van Hervorming - W.P. Esterhuyse   Tafelberg, 1982. Condition: Good.        
R 120
See product
South Africa (All cities)
Buy Die Lang Pad van Stoffel Mathysen - Christiaan Bakkes for R150.00
R 150
See product
South Africa
 Teo de Witte met sy fyn ontwikkelde speursin, het hierdie boek as een van die mooiste herinneringe aan die 1938 Trek laat groei.Volop swart en wit fotos.Hardeband sonder omslag 1939-sien foto vir inskripsie op skutblad.'Foxing" op skutblad voor en agter in boek.  
See product
South Africa
 Ver pad na Geluk Nickey van Schalkwyk R10 Hard cover book in good condition Tippex markings on the first page and also last page See photos as parr of description Postage and packaging  R52  SA Post Office Courier at R110
R 10
See product
South Africa (All cities)
 'n Vurk in die Pad - Andre P. Brink - Human & Rousseau - 2009 - Hardeband met stofomslag in baie mooi, skoon en stewige toestand. Hierdie memoir is, soos André P Brink dit self stel, ’n reaksie op “’n behoefte … om nader te kyk na party gebeurtenisse in my lewe wat ek nog nie genoegsaam ondersoek het nie; baie dinge wat ek nog nie verstaan nie; baie wat my seergemaak of verras of vreugde veroorsaak het…” Die memoir gee die leser ’n blik op die ryk en vol lewe van een van die grootste skrywers in Afrikaans. Brink se verstommende erudisie en belesenheid in verskeie tale, sy diepgaande gemeenskapsbetrokkenheid (wat dikwels gepaard gegaan het met persoonlike opofferings), sy sterk politieke oortuigings wat meermale tot aksie oorgegaan en tot teistering van owerheidsweë gelei het, is alles dinge wat die leser sal bybly, saam met komiese en deerniswekkende momente uit sy jeug en sy heel persoonlike lewe. 
R 255
See product
South Africa (All cities)
Buy Skuiltes op die pad (gebede van n vrou) - Alba Bouwer for R35.00
R 35
See product
South Africa (All cities)
Buy OP PAD NA PORT JOLLIE EN ANDER STORIES - A A J VAN NIEKERK (1 STE UITGAWE 1979) for R35.00
R 35
See product
South Africa (All cities)
Buy Die pad na Winterson, Die lewensverhaal van Johan en Elise Reyneke - Marie Annandale for R675.00
R 675
See product
South Africa
In die dae van ridders en kastele was daar 'n koning. Hy was 'n goeie koning, maar 'n hartseer koning. Hoekom was hy so hartseer? Nie eens sy beeldskone koningin het die antwoord geken nie, maar sy het besluit om die rede vir sy hartseer te ontdek en hom weer te laat glimlag.
See product
South Africa
This item is sold brand new. It is ordered on demand from our supplier and is usually dispatched within 10 - 15 working days Die speletjies wat op Suid-Afrikaanse speelgronde, by kinderpartytjies, tydens vakansies by die huis en in die motor op pad see toe gespeel word, word van geslag na geslag oorgelewer – maar is tot dusver nog nooit opgeteken nie. Die boek is ’n heerlike en handige naslaanbron oor al wat ’n speletjie is: van binnenshuise, buitenshuise en motorspeletjies tot vasvraspeletjies en verhoogspeletjies. Features Summary Die speletjies wat op Suid-Afrikaanse speelgronde, by kinderpartytjies, tydens vakansies by die huis en in die motor op pad see toe gespeel word, word van geslag na geslag oorgelewer – maar is tot dusver nog nooit opgeteken nie. Author Johanna De Wet Publisher Protea Boekhuis Release date 20120628 Pages 336 ISBN 1-86919-724-0 ISBN 13 978-1-86919-724-7
R 172
See product
South Africa (All cities)
This item is sold brand new. It is ordered on demand from our supplier and is usually dispatched within 7 - 15 working days ’n Sensitiewe roman oor die afdruk wat een geslag op ’n volgende laat. Wanneer haar bejaarde ma verdwyn, besluit Katrien om die paaie van haar kinderjare na te ry. Haar reis neem haar terug na die padkampe waar haar pa, ’n padskraperoperateur, die lewe vir haar uitgele het en waar haar ma se stryd teen armoede begin het. Katrien se reis is meer as ’n herinneringstog; op die oop pad onthou sy weer haar pa se woorde: “Om te weet waarheen jy op pad is, moet ’n mens onthou waar jy vandaan kom.” Features Summary Toe haar bejaarde ma verdwyn, besluit Katrien om die paaie van haar kinderjare na te ry. Haar reis neem haar na die padkampe waar haar pa, ’n padskraperoperateur... Author Christine Barkhuizen le Roux Publisher Human & Rousseau Release date 20161006 Pages 351 ISBN 0-7981-7488-9 ISBN 13 978-0-7981-7488-6
R 246
See product
South Africa (All cities)
This item is sold brand new. It is ordered on demand from our supplier and is usually dispatched within 10 - 15 working days By geleentheid van die gevierde skrywer Karel Schoeman se 75ste verjaardag in Oktober 2014 publiseer Protea Boekhuis twee televisiedraaiboeke, wat, hoewel hulle geruime tyd gelede reeds geskryf is, nie voorheen gepubliseer is nie. In die voorwoord tot die twee draaiboeke meld Karel Schoeman dat die twee draaiboeke in 1985 ontstaan het, toe daar bewerkings van sy romans verfilm is. Die twee dramatekste sou miskien eerder as leestekste en nie as speeltekste nie beskou kon word, maar Schoeman sluit nie die moontlikheid van verfilming uit nie. Hy skryf verder: “Die betrokke manuskripte het onlangs aan die lig gekom nadat ek gemeen het dat dit lankal nie meer bestaan nie, en word nou gepubliseer soos hulle geskryf is, aangesien dit nie sinvol gelyk het om na verloop van meer as 'n kwarteeu nog daaraan te probeer verander of verbeter nie.” Die eerste van die twee tekste, “'n Vrou wat alleen bly”, speel op 'n klein plattelandse dorpie af. Dit handel oor die raaiselagtige skietdood van 'n geliefde dominee en oor die versteuring van verhoudings tussen mense wat mekaar reeds lank ken wanneer 'n nuweling die gemeenskap binnekom. Die tweede teks, “Hier was huise, hier 'n pad” speel in 1908 af in en om 'n hotelletjie aan die Suid-Kaapse kus. In hierdie draaiboek bevind 'n aantal uiteenlopende karakters hulle toevallig en kortstondig in mekaar se geselskap. Sommige van die karakters reik huiwerig na mekaar uit, maar die verhoudings wat ontstaan, bly vervlietend. Soos in 'n Tsjechow-drama toon Karel Schoeman in hierdie twee tekste watter intensiteit daar in klein menslike gebare, huiwerende gesprek en versigtige uitreik na ander kan le. Features Summary By geleentheid van die gevierde skrywer Karel Schoeman se 75ste verjaardag in Oktober 2014 publiseer Protea Boekhuis twee televisiedraaiboeke, wat, hoewel hulle geruime tyd gelede reeds geskryf is... Author Karel Schoeman Publisher Protea Boekhuis Release date 20140922 Pages 197 ISBN 1-4853-0184-X ISBN 13 978-1-4853-0184-4
R 191
See product
South Africa
2014 eerste uitgawe sagteband met 197 bladsye splinternuut. R50 posgeld in SA. By geleentheid van die gevierde skrywer Karel Schoeman se 75ste verjaardag in Oktober 2014 publiseer Protea Boekhuis twee televisiedraaiboeke, wat, hoewel hulle geruime tyd gelede reeds geskryf is, nie voorheen gepubliseer is nie. In die voorwoord tot die twee draaiboeke meld Karel Schoeman dat die twee draaiboeke in 1985 ontstaan het, toe daar bewerkings van sy romans verfilm is. Die twee dramatekste sou miskien eerder as leestekste en nie as speeltekste nie beskou kon word, maar Schoeman sluit nie die moontlikheid van verfilming uit nie. Hy skryf verder: “Die betrokke manuskripte het onlangs aan die lig gekom nadat ek gemeen het dat dit lankal nie meer bestaan nie, en word nou gepubliseer soos hulle geskryf is, aangesien dit nie sinvol gelyk het om na verloop van meer as 'n kwarteeu nog daaraan te probeer verander of verbeter nie.” Die eerste van die twee tekste, “'n Vrou wat alleen bly”, speel op 'n klein plattelandse dorpie af. Dit handel oor die raaiselagtige skietdood van 'n geliefde dominee en oor die versteuring van verhoudings tussen mense wat mekaar reeds lank ken wanneer 'n nuweling die gemeenskap binnekom. Die tweede teks, “Hier was huise, hier 'n pad” speel in 1908 af in en om 'n hotelletjie aan die Suid-Kaapse kus. In hierdie draaiboek bevind 'n aantal uiteenlopende karakters hulle toevallig en kortstondig in mekaar se geselskap. Sommige van die karakters reik huiwerig na mekaar uit, maar die verhoudings wat ontstaan, bly vervlietend. Soos in 'n Tsjechow-drama toon Karel Schoeman in hierdie twee tekste watter intensiteit daar in klein menslike gebare, huiwerende gesprek en versigtige uitreik na ander kan le.
See product
South Africa
This item is sold brand new. It is ordered on demand from our supplier and is usually dispatched within 10 - 15 working days 'n Jeugverhaal wat ook geskik is vir volwassenes. Met Dolf van Niekerk se intieme kennis van die kind, skryf hy vanuit 'n kind se oogpunt oor “die buitestaander/outcast”. Verskeie kwessies wat 'n kind na aan die hart le word aangeraak, soos: gebroke families, tekort aan aandag en liefde, drome en standvastigheid. Albert is eensaam. Hy kom uit 'n gebroke huis waar daar baie gehuil en min gelag word. Hy ken nie sy stiefma nie en dis asof sy pa net 'n kuiergas in die huis is. 'n Posduif bring nuwe hoop en opwinding in sy lewe. Die tuin word sy veilige hawe – die plek waar hy net homself kan wees en vrylik mag liefhe. 'n Jeugboek wat meer as net 'n ontspanningsboek is. As jou kind hierdie eers gelees het, sal sy vir die res van haar lewe opkyk as sy die geruis van duifvlerke hoor. Sy sal deernis he met haar maats wat uit gebroke huise kom, want sy sal besef dat hulle dit nie maklik in die lewe het nie. Sy sal nooit net niks kan voel as sy 'n dooie posduif in die pad sien le nie. As sy dikbek of sleg voel, sal sy uitwyk na die stilte van die tuin. En as iemand haar drome bedreig, sal sy hulle op 'n afstand by die diere stilletjies sit en vloek. – Keina Swart Features Summary 'n Jeugverhaal wat ook geskik is vir volwassenes. Met Dolf van Niekerk se intieme kennis van die kind, skryf hy vanuit 'n kind se oogpunt oor “die buitestaander/outcast”... Author Dolf van Niekerk Publisher Protea Boekhuis Release date 20141101 Pages 96 ISBN 1-4853-0237-4 ISBN 13 978-1-4853-0237-7
See product
South Africa (All cities)
This item is sold brand new. It is ordered on demand from our supplier and is usually dispatched within 4 - 8 working days Rand en sent, gegrond op die gewilde gelyknamige RSG- program, is 'n onontbeerlike gids vir die man op straat tot goeie persoonlike finansile bestuur. Die kundigheid van kenners van gerespekteerde finansile instellings word op 'n toeganklike manier beskikbaar gestel aan lesers wat nie noodwendig toegang tot die dienste van adviseurs of konsultante het nie. Raad word verskaf oor hoe om 'n begroting behoorlik op te stel - en te laat klop. Suid-Afrikaners wat hulle in die dryfsand van skuld bevind, kry waardevolle wenke oor hoe om uit die spiraal te ontsnap en te begin spaar. Alles wat 'n mens oor eiendombeleggings, algemene en aanlynbeleggings behoort te weet, is hierin vervat. Inligting oor hoe om die maksimum opbrengs uit polisse te verseker, word gegee, en skuiwergate wat 'n mens op die finansile pad kan laat struikel, word uitgewys. Hierdie boek is noodsaaklike leesstof vir alle Suid-Afrikaners wat verantwoordelikheid vir hul geldsake wil neem. Features Summary Rand en sent, gegrond op die gewilde gelyknamige RSG-program, is 'n onontbeerlike gids vir die man op straat tot goeie persoonlike finansiele bestuur. Author Suzaan Steyn Publisher Penguin Random House South Africa Release date 20180521 Pages 204 ISBN 1-77609-238-4 ISBN 13 978-1-77609-238-3
R 173
See product
South Africa (All cities)
This item is sold brand new. It is ordered on demand from our supplier and is usually dispatched within 4 - 8 working days Die selfmoord van haar vriendin, Mignon, laat Maggie met meer vrae as antwoorde. In 'n brief vra Mignon vir Maggie om 'n familielid in die tronk te gaan soek. Bea Mostert, 'n eks-Getuie soos Mignon, is tot dertig jaar tronkstraf gevonnis vir 'n onvergeeflike daad. Wat het hierdie twee vroue tot sulke uiterstes gedwing – en speel hul godsdiens 'n rol? Maggie se soeke na antwoorde word deel van haar eie pad na aanvaarding van haar man se dood en begrip vir haar Ierse pa se hardvogtigheid. Features Summary Die selfmoord van haar vriendin, Mignon, laat Maggie met meer vrae as antwoorde. In 'n brief vra Mignon vir Maggie om 'n familielid in die tronk te gaan soek... Author Christine Barkhuizen le Roux Publisher Human & Rousseau Release date 20160920 Pages 381 ISBN 0-7981-7491-9 ISBN 13 978-0-7981-7491-6
R 215
See product
South Africa
  Please see my other auctions   Ras Jurgen Dink glo en leef soos n wenner Rassie van Niekerk Pluspunt Rassie van Niekerk Staan op en Leef   Ravenhill Leonard   Waarom Herlewing talm? Reinette de Villiers   Gesprekke met God   Retief Fransie Jy kan Nog altyd Juig.... N getuienis van een mens se lewenspad Rice Helen Steiner Net vir jou    Richard Louise Engel met die Waterkruik   Richard Louise Om vrou te word Riekert Botha   Voluit menswees   Roberts Audrey Jeanne Baie Dankie..... Roberts Audrey Jeanne Ek bid vir jou Roelf Schoeman   Persoonlike Restourasie   Rogers Gene   Op Pad na Geestelike Volwassenheid Ronald Dunn Will God Heal Me ? Rouve Engelbrecht Kleikos & Faith Fuel Roy Lessing   Hope for your Heart   Rust Winnie   Vrou 2000     voluit vrou vir vandag Saint Alphonsus Ligouri Visit to the most blessed sacrament and the Blessed Virgin Mary   Schutte JA Dr As die wolke terugkom na die reen          
R 180
See product
South Africa
This item is sold brand new. It is ordered on demand from our supplier and is usually dispatched within 10 - 25 working days Luna, ’n jong speurdersersant, moet die saak oplos van ’n meisie wie se lyk in ’n riviertjie gekry word. Maar wie is die meisie, met wie het sy kontak gehad en waar het sy vandaan gekom? Aanvanklik lyk dit nie of Luna eens hierop antwoorde gaan kry nie, tot ’n verwaarloosde meisietjie van haar afhanklik raak en haar onwetend op ’n spoor plaas. Dit bring egter net nuwe probleme. Luna raak bewus van ’n motorfietsryer wat net te dikwels agter haar op ’n openbare pad verskyn, later voor haar woonplek, en hy probeer nie juis onopsigtelik wees nie. Die dwelmwereld wat voor haar oopmaak, is ook nie ’n verwikkeling waarop sy gereken het nie. Luna word terselfdertyd gekonfronteer met kennis uit haar persoonlike verlede wat al net ’n vae herinnering geword het. Is luitenant Johan Botha wie sy dink hy is? Features Summary Luna is ’n jong speursersant wat haar eerste moordsaak moet oplos. In hierdie proses word sy saam met luitenant Johan Botha gekonfronteer met dinge uit hulle verlede waarop hulle nie gereken het nie. Author Jeanette Stals Publisher LAPA Publishers (Pty) Ltd / LAPA Uitgewers (Edms) Bpk Release date 20160301 Pages 304 ISBN 0-7993-7797-X ISBN 13 978-0-7993-7797-2
See product
South Africa (All cities)
 Sagteband in goeie toestand. Teks is in baie goeie toestant. Gedruk in 2005. 317 bladsye. 'n Boek vir die bekommerde lidmaat wat 'n pad soek uit die moeras van teenstrydighede en onsekerhede. Sal dit jou verbaas om te weet dat die meerderheid kweeksool-teoloe in ons NG Kerk nie meer dieselfde beskouing as voorheen oor die onfeilbaarheid van die Bybel handhaaf nie! Tensy  ons as lidmate ons NOU van alle dwalinge vergewis en dan optree, is daar weinig hoop dat ons kerk nie tot op sy fundament sal disintegreer nie!!!!
R 75
See product
South Africa (All cities)
This item is sold brand new. It is ordered on demand from our supplier and is usually dispatched within 7 - 11 working days Een oggend word ons gunsteling-uil wakker en sien dat die pragtige groen blare aan sy boom besig is om te verkleur. Hy het besef dit beteken herfs het aangebreek en hy was hartseer. Maar geleidelik het hy agtergekom dat die ander vols in die dro blare baljaar. Met elke seisoen wat verbygegaan het, het hy agtergekom dat sy boom elke keer verander. Nie alleen het hy dit begin aanvaar nie, maar ook die waarde van die veranderinge verstaan. En voordat hy hom kon kry, was somer weer op pad. Kwaai Uil en sy Boom stel die wisseling van seisoene vir jong kinders op 'n aanskoulike manier voor - met die mooiste illustrasies. Dit is die derde titel in Kerryn Ponter se Kwaai Uil-reeks. Features Summary Een oggend word ons gunsteling-uil wakker en sien dat die pragtige groen blare aan sy boom besig is om te verkleur. Hy het besef dit beteken herfs het aangebreek en hy was hartseer... Author Kerryn Ponter (Author), Kerryn Ponter (Illustrator) Publisher Penguin Random House South Africa Release date 20180928 Pages 24 ISBN 1-4323-0914-5 ISBN 13 978-1-4323-0914-5
R 56
See product
South Africa (All cities)
Drie van Janie Oosthuysen se immer gewilde kinderboeke kan nou geniet word in een opwindende omnibus. - Die verlore eiland Geen besoekers, geen telefoonoproepe en geen vakansies. Dis die reëls by madame Spina Webb se skool op die geheimsinnige Verlore Eiland. Nikkel en Pennie is dadelik agterdogtig toe hulle op die eiland kom. Watter vreemde dinge is by dié skool aan die gang? Hoekom tree madame Spina Webb so vreemd op? En wat is die geheimsinnige Ogopogo? - Daar is vlooie in my bed Rosie is moeg daarvoor om oom Flopper en tant Flousie se slaaf te wees. Oom Flopper ruik na ou voete en sy kulkunsies loop gedurig skeef. Tant Flousie kla heeldag en deel werk uit. Net voordat dinge heeltemal hand uit ruk, ontmoet Rosie vir Stradivarius Vlooi en sy talentvolle maats wat in haar bed woon... - Die towerpotlood Ronnie se senuwees is gedaan. Sy goor pleegouers, oom Mufter en tant Skimmel, gaan 'n muisvalletjie stel. Wat as hulle vir Paulus, Ronnie se hamster, daarin vang? Maar dan gebeur 'n vreemde ding op pad skool toe - Ronnie kry 'n towerpotlood present! Sal die towerpotlood hom en Paulus van die skoolboelies en sy nare pleegouers kan red? This product ships within 3-5 working days.
R 110
See product
South Africa (All cities)
BRAND PRETORIUS AAN DIE STUUR. My Leierskapsreis -  Tafelberg - 2013 - 272pp - Sagteband in baie mooi toestand. Brand Pretorius wat dit beteken om n leier te wees: in sy loopbaan oor vier dekades, was hy in topbestuursposisies by Toyota Suid-Afrika en die McCarthy-groep waar hy uitvoerende hoof was. In Aan die stuur deel Pretorius sy sakesuksesse en die bestuurslesse wat hy geleer het en die impak daarvan op die maatskappye en werknemers onder sy bestuur. Pretorius praat openhartig oor die alles loop reg-jare by Toyota en van die donker tye by die McCarthy-groep toe die maatskappy byna ondergegaan het, tot die groep se hergeboorte as suksesvolle motormaatskappy. Die lesse vervat in hierdie boek is ontbeerlik vir enigeen wat wil verstaan hoe om sake te doen in Suid-Afrika, hoe om n suksesvolle ondernming te bedryf en watter groot rol goeie leierskapskap speel in die land se ontwikkeling. Min Suid-Afrikaanse leiers het meer opregte en deurdagte leierskap getoon as Brand Pretorius op sy soms uitdagende pad, soos beskryf in hierdie boek. Mark Lamberti, voorsitter van Massmart
R 85
See product
South Africa
Hardeband met stofjas in goeie toestand. Naam in ink en stempel voorin. R50 posgeld in SA. Meisie van Klaradynstraat, as die lied verstil, pad terug huis toe.
See product
South Africa
This item is sold brand new. It is ordered on demand from our supplier and is usually dispatched within 10 - 15 working days Features Summary Op pad na die grootse skoenlapperbyeenkoms van sy lewe, word die jong bloutjie Joran na die Klipkoninkryk agter die waterval ontvoer – 'n gruwelike onderwereld waar gewetenlose kewers die septer swaai en skoenlappers en motte soos slawe werk... Author Lilli Thal (Author), Amelia de Vaal (Translator) Publisher Protea Boekhuis Release date 20120628 Pages 336 ISBN 1-86919-762-3 ISBN 13 978-1-86919-762-9
See product

Free Classified ads - buy and sell cheap items in South Africa | CLASF - copyright ©2024 www.clasf.co.za.