-
loading
Ads with pictures

Mense van


Top sales list mense van

South Africa (All cities)
Buy Goud vir die Soeker, Die Verhaal van die Mense van die Boshoff-myne - Piet Meiring for R100.00
R 100
See product
South Africa (All cities)
Buy Omnibus 7, Klawerjas vir n vrou, Die Rooi Swaard, Mense van Bergdal - Elmar Steyn for R120.00
R 120
See product
South Africa (All cities)
Harde sagteband. Baie goeie toestand. 74 p. Geen datum (1997).  [Posgeld = R55.00]
R 150
See product
South Africa (All cities)
Splinternuwe hardeband met stofjas en 158 bladsye. R50 posgeld in SA. Ook binne Rietfontein, Rehoboth, Bethanie, Koranna, Griqua, Duitswes, Swapo, Nama....   Bart de Graaff is ’n Nederlandse historikus en joernalis wat ’n besonderse belangstelling in die Suid-Afrikaanse politiek en kultuur het. In 2015 en 2016 het hy verskeie besoeke aan Suid-Afrika en Namibië Namibia gebring. Sy oogmerk was om die nasate van die Khoi-Khoin, synde die eerste “ware mense” van die subkontinent, op te spoor, en aan die woord te stel. Hierdie boek is die resultaat van sy onderhoude. De Graaff kontekstualiseer nie net die geskiedenis van die Khoi-Khoin en haar vele vertakkings nie, maar stel ook bepaalde eietydse leiersfigure in die onderskeie gemeenskappe aan die woord. Daarvolgens word die historiese kyk na legendariese kapteins soos die Korannas se Goliat Yzerbek, die Griekwas se Adam Kok, die Basters se Dirk Vilander, Abraham Swartbooi van die Namas en Frederik Vleermuis van die Oorlams afgewissel met De Graaff se persoonlike reisindrukke en die talle gesprekke wat hy met die waarskynlike nasate van bogenoemde leiers gehad het. In sy onopgesmukte skryfstyl, vol deernis en humor, vertel De Graaff van hierdie ontmoetings en gesprekke en algaande kom die leser onder die indruk van die sistemiese geweld wat teen die Khoi-Khoin oor soveel eeue heen gepleeg is. Dit is ’n belangrike boek wat die geskiedenis en huidige stand van die bruin mense onder hulle landsgenote se aandag bring.  
R 250
See product
South Africa (All cities)
2007 eerste uitgawe sagteband met 252 bladsye in goeie toestand. R60 posgeld in SA. Die storie van bruin Suid-Afrikaners, in mikrokosmos beleef op Stellenbosch, soos nog nooit in Afrikaans vertel nie.  Van die beginjare het burgers, slawe en ’n klein klompie vryswartes Stellenbosch saam opgebou. Saam het hulle reeds voor 1700 begin om ’n nuwe taal, Afrikaans, te skep. Saam het hulle op een erf gewoon – met die slaaf wat in die kombuis of buitekamer moes slaap. Dié boek vertel van die hartseer en die skeiding en hoe apartheid op Stellenbosch sy beslag gekry het.  Dié leesbare vertelling is deurspek met die ware verhale van mense soos “Abraham, die slaaf van Matthias Hoffman” (sy rug en bene gebreek tot hy die “genadeslag” ontvang het omdat hy Matthias se huis aan die brand gesteek het) en Manisa, toegewyde moeder wat na vrystelling van plek tot plek reis om haar kinders te gaan soek. Daar is ook sketse van ander sleutelpersone en sleutelgebeure, onder meer die “slag van Andringastraat,” toe wit studente en bruin inwoners handgemeen geraak het.  Nog altyd hier gewees bied ’n fassinerede blik op hoe verhoudinge tussen wit en bruin ontwikkel het en waar dinge skandelik skeefgeloop het. Dit eindig op ’n hoopvolle noot met Stellenbosch se eerste bruin burgemeester en die mense van “die Vlakte” wat met trots hul eie storie die wêreld instuur.
R 90
See product
South Africa (All cities)
n Historiese boek van belangrike mense in Suid Africa van hierdie tydperk. enige belangrike mense van families kan opgesoek word hier.  
R 250
See product
South Africa (All cities)
Buy Die militere rol van swart mense, bruin mense en Indiers tydens die Anglo-Boereoorlog 1899-1902 for R120.00
R 120
See product
South Africa
This item is sold brand new. It is ordered on demand from our supplier and is usually dispatched within 10 - 15 working days Die gesprek oor Afrikaans en die bruin mense wat die skrywers in hierdie boek aanroer, is tydig in die opsig dat n al die ambivalensie oor die Afrikaans van ons hart en die onverkwiklike manier waarop ons in hierdie taal verdruk en misken is, ons ons vry heid gekry het ¿ wat ook verantwoordelikheid meebring om minstens onder mekaar klaarheid te vind oor wat nou vorentoe met ons taal moet gebeur. Dit is onomstootlik so dat ons as bruin mense die aard van die Khoisan en swart African met ons saamdra. Dit is net so waar dat ons ook Europees in die Anglosaksiese sin van die woord is. Ons is tewens ook trots bewus van ons Asiatiese herkoms. Afrikaans is ook die taal van ons slawevoorouers. Ons moet al hierdie tradisies vir onsself toe-eien. Features Summary Die gesprek oor Afrikaans en die bruin mense wat die skrywers in hierdie boek aanroer, is tydig in die opsig dat na al die ambivalensie oor die Afrikaans van ons hart en die onverkwiklike manier waarop ons in hierdie taal verdruk en misken is... Author W.A.M. Carstens (Editor), Michael le Cordeur (Editor) Publisher Naledi Release date 20170202 Pages 632 ISBN 0-928316-67-X ISBN 13 978-0-928316-67-4
See product
South Africa (All cities)
Buy Die Badwater van Bethesda: n Verhaal van Mof en Sy Mense - C.J. Langenhoven for R200.00
R 200
See product
South Africa (All cities)
This item is sold brand new. It is ordered on demand from our supplier and is usually dispatched within 10 - 15 working days Watter soort familie het jy? Party mense het baie broers en susters, ooms en tannies, niggies en nefies, oumas en oupas, oumagrootjies en oupagrootjies, en ander het weer klein families. 'n Familie kan ook net twee mense wees! Hierdie boek kyk na verskillende tipes families en fokus op temas soos die huis en vakansie, skool en troeteldiere, gevoelens en stambome. Met vernuf en sensitiwiteit verken Mary Hoffman en Ros Asquith verskillende aspekte van familie-wees en stel uitdagende vrae wat gesprek uitlok. Features Summary Watter soort familie het jy? Party mense het baie broers en susters, ooms en tannies, niggies en nefies, oumas en oupas, oumagrootjies en oupagrootjies... Author Mary Hoffman (Author), Caren van Houwelingen (Editor), Ros Asquith (Illustrator) Publisher Protea Boekhuis Release date 20130801 Pages 40 ISBN 1-86919-985-5 ISBN 13 978-1-86919-985-2
R 134
See product
South Africa
Fokus op meer as 400 vrae van GESINNE wat mense die meeste pla Sagteband in goeie toestand. Posgeld en verpakking vir hierdie boek is vir onder 1kg.   Sien Shipping & Payment hier bo.  
R 30
See product
South Africa
 Hoor! Hoor! Hansard Honderd jaar debat 1910-2010 - At van Wyk - Tafelberg - 2010 - Sagteband in mooi, skoon en stewige toestand. Suid-Afrika is by uitstek die land van die onvoorspelbare. Min mense sou kon dink dat agt jaar ná die verpletterende nederlaag van die Boere-republieke in die Anglo-Boereoorlog die Afrikaners as die politieke oorwinnaars die Unie van Suid-Afrika sou binnegaan. Of dat die heeltemal wit parlement, wat op 31 Oktober 1910 die eerste keer vergader het, al hoe meer inklusief sou word, en ’n Hansard sou hê wat, ongeag die groot regimeverandering van 1994, deurlopend tot vandag sou verskyn. Of dat die parlement, wat die eerste 70 jaar van sy bestaan alles moontlik sou doen om die wit mense en wit belange te beveilig, die toneel sou word van die sluipmoord van ’n eerste minister. Ewe onvoorspelbaar sowat 25 jaar terug, was dat daar teen 2010 geen bestek geneem sou word van ’n eeu se voortgesette groei en ontwikkeling van die ekonomie, infrastruktuur, lettere, kunste en sport nie.
See product
South Africa (All cities)
Buy BOTHAVILLE EN SY MENSE. P.F. v.d. SCHYFF (red.) & E. S. VAN EEDEN for R250.00
R 250
See product
South Africa (All cities)
Buy Mure wat praat. Die verhaal van die OU RAADSAAL en sy mense. Pretoria for R140.00
R 140
See product
South Africa (All cities)
Buy J.Wouter Du Preez, Vader van die Uitruilskema vir die Bevordering van Tweetaligheid en Goeie Mense for R1,200.00
R 1.200
See product
South Africa (All cities)
N jare van ontbering vind Mina Afrika geluk in die kusdorpie Visbaai. In haar moderne kombuis leef sy haar ten volle uit as sjef; sy raak al hoe meer betrokke by die interessantste mense. Tot 'n doodgewone aankondiging oor middagete alles verander. Skielik word dit weer nag vir Mina. En vir die mense naaste aan haar.
R 150
See product
South Africa (All cities)
Buy Tussen Die Berge Die geskiedenis van `n landstreek en sy mense 1848 - 1998. E.Greyling Ltd 80/150 for R1,250.00
R 1.250
See product
South Africa (All cities)
Buy Die Ontwikkelingsgeskiedenis van die Plaas Verzameling, 506 IT, Distrik Piet Retief, en sy Mense 188 for R290.00
R 290
See product
South Africa
This item is sold brand new. It is ordered on demand from our supplier and is usually dispatched within 8 - 13 working days In die vroee beplanningsfase van die Vryheidspark was Robin Binckes `n lid van die subkomitee oor geskiedenis. Die mate van debatvoering en bespreking - meestal heftig - het Binckes verstom. So te se elke bespreking is uit presies die teenoorgestelde siening vertolk. Een van die mees omstrede onderwerpe was die Groot Trek, die Boere se eksodus uit die Kaapkolonie in 1838. Skrywers oor die onderwerp het tradisioneel die gebeure nie net uit die perspektief van "wit geskiedenis" benader nie, maar hoofsaaklik uit die van "Afrikanergeskiedenis". Dit is nog altyd gesien as `n "Afrikanergebeurtenis", maar dit was allermins. Die Groot Trek en die gebeure wat daartoe aanleiding gegee het, het elke deel van die samelewing betrek - Zulu, Sotho, Ndebele, Xhosa, Khoisan, Khoikhoi, Bruin, Brits, Engelssprekende Suid-Afrikaner en Boer - en dit is tyd om die trek in daardie lig, in die konteks van `n onbevooroordeelde, moderne Suid-Afrika, uit te beeld. Soos wat gewoonlik die geval is in geskiedenis, hou al die gebeure verband met mekaar. Dit is onmoontlik om die Groot Trek te skei van gebeure wat terugstrek tot by die Portugese ontdekkingsreisigers, aangesien daardie vroee verwikkelinge die agtergrond geskep het vir die redes vir die Groot Trek. Die meeste skrywers het op die trek self gefokus terwyl Binckes `n bree benadering gevolg het wat die impak van die vroeere wit invalle en migrasies - Portugees, Hollands, Frans en Brits - op suidelike Afrika bestudeer. So kan die trek en die oorsake daarvan beter verstaan word. Waar moontlik het Binckes die weergawes van ooggetuies gebruik en dit bevestig met die perspektiewe van vooraanstaande geskiedkundiges. Die eindproduk is `n objektiewe en omvattende rekord van een van die seminale gebeure in Suid-Afrikaanse geskiedenis. Hierdie boek toon dat die Afrikaner `n belangrike rolspeler in die Suid-Afrikaanse gemeenskap is, was en altyd sal wees - maar dit beeld die Afrikaner ook uit as deel van `n groter prentjie. Die skrywer distansieer hom van die karakters wat die afgelope twee eeue as edel gestereotipeer is en beeld hulle lewensgetrou uit: wonderlike, heldhaftige mense met menslike gevoelens, sterk punte en tekortkominge. Features Summary In die vroee beplanningsfase van die Vryheidspark was Robin Binckes `n lid van die subkomitee oor geskiedenis. Die mate van debatvoering en bespreking - meestal heftig - het Binckes verstom... Author Robin Binckes (Author), Adri Kotze (Author) Publisher 30 Degrees South Publishers Release date 20141001 Pages 559 ISBN 1-928211-27-5 ISBN 13 978-1-928211-27-3
See product
South Africa (All cities)
 Die storie van Monica Peters - E.K.M. Dido - Kwela - 1996, eerste uitgawe, eerste druk - Sagteband in baie mooi toestand. In “ Die storie van Monica Peters ” vertel die bruin vrou Monica Peters haar lewensverhaal as memoires aan haar kinders en kleinkinders, wat haar verhaal op band opneem. So sluit die verhaal ten nouste aan by die orale tradisie, waar verbeelding en agterna-interpretasie die vertelling kleur sodat dit moeilik is om tussen werklikheid en verbeelding te onderskei, die vertelwyse naïef en ongesofistikeerd is, die gebeure chronologies gerangskik word en geïdealiseer word en die karakters getipeer is eerder as genuanseerd. Die verteltydperk stem in alle opsigte ooreen met die tyd van apartheid, met Monica wat haar verhaal begin toe sy agt jaar oud was (in 1948, die jaar van die Nasionale Party se bewindsoorname) en dit beëindig in 1994 (die jaar van die demokratiese verkiesing), toe sy 54 jaar oud is. Haar storie is dus baie nou gekoppel aan die storie van die land. Monica word groot in ’n klein dorpie in Transkei waar die kinders van alle rasse steeds saam op die skoolbanke sit en daar rasseharmonie heers. Die nuwe magistraat dwing egter apartheid af en die rasse word op alle gebiede geskei. Monica raak verlief op Eric Richmond, die magistraat se seun, en wanneer sy swanger word trou hulle in die geheim in Swaziland. Na hulle huwelik is vrees en frustrasie hulle daaglikse lot, want hulle moet gedurig ontvlug om uit die hande van die gereg te bly. Hulle stryd teen apartheid neem hulle dan vir 25 jaar in bannelingskap in Londen. Na die vrylating van Mandela keer hulle terug na Suid-Afrika as vry mense. Ten spyte van die algemene bevryding van die bevolking, voel sy haar as bruin vrou steeds vreemd en ontuis in haar eie vaderland. Eric sterf dan in ’n sluipmoordaanval, wat Monica dwing om weer haar prioriteite in oënskou te neem. Haar goeie vriend Franklin, wat reeds baie jare op haar verlief is, stap egter in om die gaping in haar lewe te vul. 
R 55
See product
South Africa (All cities)
This item is sold brand new. It is ordered on demand from our supplier and is usually dispatched within 24 hours In 1948 het die NG-dominee DF Malan die Afrikaner tot 'n politieke oorwinning gelei en apartheid ingestel. Strakke swart-en-wit foto's van NP-leiers soos Malan en sy opvolgers simboliseer vandag 'n stelsel van rasse-diskriminasie wat swart Suid-Afrikaners verneder en onderdruk het. Tog, toe Malan op sy sterwensbed gevra is wat die belangrikste diens was wat hy in sy politieke loopbaan gelewer het, het hy geantwoord: "dat ek my volk kon dien, dat ek my mense kon verenig". Die biografie probeer om lig te werp op di teenstrydigheid - hoe kon 'n man wat opreg daarna gestrewe het om sy volk te verenig en te beskerm ook bygedra het tot 'n politieke bestel waarvan ons vandag steeds die gevolge dra? Die boek stel die leser bekend aan Malan die mens: die skaam, leesgierige jong seun, die afgetrokke intellektueel wat een keer by die huis uit is nog met sy pantoffels aan, die onseker vryer en die denker wat ure geneem het om toesprake vir kerkdienste en later politieke toesprake voor te berei. Dit is 'n biografie van 'n man, maar terselfdertyd ook van 'n volk. Malan se persoonlike en politieke lewe vind plaas teen die opkoms van Afrikaner-nasionalisme in die nadraai van die Anglo-Boereoorlog. Di groeiende beweging moedig hom aan om die kerk te verlaat om redakteur van Die Burger en provinsiale leier van die Nasional Party te word. Die boek ontbloot ook al die binnegevegte en politiekery wat die nasionale Afrikaner-politiek in sy eerste jare gekenmerk het. Features Summary Hierdie biografie stel die leser bekend aan Malan die mens: die skaam, leesgierige jong seun, die afgetrokke intellektueel wat een keer by die huis uit is nog met sy pantoffels aan... Author Lindie Koorts Publisher Tafelberg Publishers Ltd Release date 20140227 Pages 492 ISBN 0-624-05585-X ISBN 13 978-0-624-05585-3
R 361
See product
South Africa (All cities)
This item is sold brand new. It is ordered on demand from our supplier and is usually dispatched within 4 - 8 working days Greg Heffley skryf alles neer wat met hom gebeur, en trek nou by dertien Dagboek van 'n Wimpy Kid-joernale. Maar dit het uiteindelik tyd geword dat lesers hoor wat Rowley in sy eie joernaal te s het. In Dagboek van 'n Vreeslike Vriendelike Outjie skryf Greg se beste vriend, die vrolike Rowley Jefferson, oor sy wedervaringe en stem in om sy vriend se lewensverhaal neer te pen. (Greg gaan immers eendag ryk en beroemd wees, en dan gaan mense alles van hom wil weet). Maar dit wil lyk asof Rowley nie 'n goeie keuse vir die taak is nie, en sy "biografie" van Greg vertel meer van hom as van sy beste vriend. Dagboek van 'n Vreeslike Vriendelike Outjie: Rowley Jefferson se Joernaal laat lesers uit 'n ander hoek na die Wimpy Kid-wreld kyk - een wat aanhangers nie sal wil misloop nie! Features Summary Greg Heffley skryf alles neer wat met hom gebeur, en trek nou by dertien Dagboek van 'n Wimpy Kid-joernale. Maar dit het uiteindelik tyd geword dat lesers hoor wat Rowley in sy eie joernaal te sê het. Author Jeff Kinney (Author), Tinus Horn (Translator) Publisher Penguin Random House South Africa Release date 20190527 Pages 224 ISBN 1-4859-0052-2 ISBN 13 978-1-4859-0052-8
R 126
See product
South Africa (All cities)
This item is sold brand new. It is ordered on demand from our supplier and is usually dispatched within 10 - 15 working days De la Rey, De la Rey - Generaal Koos de la Rey is weer op almal se lippe. Hierdie veelbesproke held van die Anglo-Boereoorlog geniet saam met Batman en die Ruiter in Swart ikoonstatus onder verskeie generasies. Net soos meer as 'n eeu gelede dien hy as morele leier, 'n sterk figuur waarna mense kan opsien. Maar wie was hy regtig? In Generaal Koos de la Rey: Die leeu van Wes-Transvaal leer ken die leser hierdie heldhaftige generaal - nie net as krygsman met briljante taktiek en interessante opvattings oor oorlogvoering en die staat nie, maar ook as mens en gesinsman. Sy verhouding met sy vrou, sy rol as vader, sy uiteindelike tragiese dood en ander persoonlike inligting kom in hierdie pragboek aan bod. Boonop bevat Generaal Koos de la Rey: Die leeu van Wes-Transvaal 'n groot aantal skaars foto's wat die leeu van die Wes-Transvaal in die verskeidenheid rolle en kontekste uitbeeld. Features Summary De la Rey, De la Rey - Generaal Koos de la Rey is weer op almal se lippe. Hierdie veelbesproke held van die Anglo-Boereoorlog geniet saam met Batman en die Ruiter in Swart ikoonstatus onder verskeie generasies.. Author Fransjohan Pretorius Publisher Protea Boekhuis Release date 20070413 Pages 80 ISBN 1-86919-176-5 ISBN 13 978-1-86919-176-4
R 129
See product
South Africa
1980 eerste uitgawe A4 grootte hardeband met stofjas in baie mooi toestand. R50 posgeld in SA of R60 koerier na meeste groter stede. Binne ook Soutpansberg, Oscar Dahl, Magaliesberg, malaria, Pioniers van die Laeveld, Wes-Transvaal, jagters, Anglo-Boereoorlog, Letaba......
R 90
See product
South Africa (All cities)
Nommer 679 van slegs 1000 eksemplare uitgegee. Groot hardeband met 95 bladsye in baie mooi toestand. R60 posgeld in SA. Binne ook sport soos rugby, krieket, tennis, atletiek, skaak......
R 140
See product
South Africa (All cities)
 Oemkontoe van die nasie is ’n satiriese terugblik vanuit die jaar 2005 op die Ou en Nuwe Suid-Afrika. In hierdie proses bevind Britse beleidmakers uit die 1800’s hulle onverwags voor die Waarheids- en Versoeningskommissie. Boere uit die Noordelike Provinsie keer die Groot Trek om. Terug Kaap toe, in bakkies met frieskoeie en hoenders agterop, die plaaslike koerantredakteur as trekleier in die Volla voor, die nuwe trekkers vervul met siniese droefheid oor die turfland en wit gras wat agtergelaat word. Histories benadeeldes doen aansoek om as histories bevoordeeldes geherklassifiseer te word. Mense wat in die ou bedeling opponente was, raak ongemerk bondgenote. En die Paarlse Taalmonument se lot as ’n nuttelose spies word finaal verseël. Maar daar is nog Faan Starck, ’n plattelandse onderwyser wie se skryfloopbaan begin met ’n satiriese rubriek in ’n plaaslike koerantjie en ’n storieboek wat per geluk vir hoërskoolleerlinge voorgeskryf word. Sonder dat Faan dit so beplan, word die drukpotlood waarmee hy sy polities verkeerde stories pleeg, skerper, word dit ’n nuwe oemkontoe wat tegelykertyd genadeloos hekel en tragiek blootlê. Dit is nie welkom nie, en Faan se tydsberekening is helaas swak – “ … maar hemel, jou politiek, Starck, waar kruip jy uit? Dis... ’n land met ’n veritabele reënboog van regte waarvoor jy sensitief moet wees.” Oemkontoe van die nasie is ’n polities verkeerde veroordeling van die Nuwe Suid-Afrika en dis ’n boek wat eintlik nie gelees behoort te word nie … 
R 85
See product
South Africa
This item is sold brand new. It is ordered on demand from our supplier and is usually dispatched within 5 - 10 working days Features Publisher Zondervan Release date 20120101 Pages 536 ISBN 1-4316-0215-9 ISBN 13 978-1-4316-0215-5
R 165
See product
South Africa (All cities)
This item is sold brand new. It is ordered on demand from our supplier and is usually dispatched within 4 - 8 working days Dit is die verhaal van hoe `n jong Xhosa-veewagtertjie uit die groen heuwels van die Oos-Kaap Suid-Afrika se eerste swart president geword het. Toe hy in Johannesburg vir `n prokureur gestudeer het, het Nelson Mandela meer en meer gesien hoe onregverdig die land se wette teenoor swart mense was, en hoe hulle daaronder ly. En die ergste was, hulle kon niks daaraan te doen omdat die wet swart mense verbied het om te stem vir `n regering wat hulle wou he. Daarom het Tata Mandela besluit om sy lewe daaraan te wy om te veg teen die regering se groot plan, apartheid. Apartheid het beteken dat wit en swart mense apart gehou is en dat wit mense die beste deel van alles gekry het. Sommer gou het Madiba se aksies hom in die moeilikheid laat beland, en uiteindelik is hy vir 27 jaar toegesluit. Maar toe hy daar uitkom, het alles verander, en hy het die eerste president van al die mense van die land, wit en swart, geword. Hy was `n held vir almal in Suid-Afrika en oor die hele wereld, en hierdie boek vertel sy storie. Features Summary Dit is die verhaal van hoe `n jong Xhosa-veewagtertjie uit die groen heuwels van die Oos-Kaap Suid-Afrika se eerste swart president geword het. Author Sean Fraser Publisher The Penguin Group (SA) (Pty) Ltd Release date 20130902 Pages 291 ISBN 0-14-353853-5 ISBN 13 978-0-14-353853-0
R 80
See product
South Africa (All cities)
Boek geskryf in idioom van tyd en mense van 2 Boerepublieke.  Slopies biltong, soetolie, balsemkopvia, misvloere, ledekante, wilde boswereld met leeus en olifante, boerehumor ens. Die Groot Gryse word bekroon met die W.A. Hofmeyr-prys, asook ontvang Anna M. Louw 'n oorkonde vir haar bydrae tot die geskiedenis van die Afrikaanse gemeenskap. 1973 4de druk Kaapstad Tafelberg  hardeband met stofomslag , klein netjiese inskripsie op eerste lee endbladsy van vorige eienaar, ligte ouderdomsmerkies meesal op eerste en laaste bladsye. Stofomslag wys gebruik aan binnekant.                    
R 40
See product
South Africa
Drie Vriende En 'n Taxi (Afrikaans Edition) Dit is n storie wat dwarsdeur die hele Afrika vertel word: van Nigeri, tot by die Comore-eilande en selfs tot in Suid-Afrika. Dit is n storie wat aan die hele Afrika en die mense van Afrika behoort. Drie Vriende en 'n Taxi  won the Sappi Isiqalo Book Competition, which encourages South African authors and illustrators to develop materials with a local idiom to promote reading, writing and access to books for all. About the Author and Illustrator Maryanne and Shayle Bester  are sisters who grew up on a Free State farm, where their father farmed cattle and sheep. They both graduated from the University of Natal in Pietermaritzburg, Shayle majoring in Fine Arts and Maryanne in Dramatic Arts. Together they run a company as decorative painters and illustrators, specialising in childrens art. Author          Maryanne Bester Illustration  Shayle Bester Format       Paperback ISBN         1770092854, 9781770092853 Pages       19p.
R 90
See product

Free Classified ads - buy and sell cheap items in South Africa | CLASF - copyright ©2024 www.clasf.co.za.