HOOR! HOOR! HANSARD HONDERD JAAR DEBAT 1910-2010 - AT VAN IN SOUTH AFRICA
Hoor! Hoor! Hansard Honderd jaar debat 1910-2010 - At van Wyk - Tafelberg - 2010 - Sagteband in mooi, skoon en stewige toestand. Suid-Afrika is by uitstek die land van die onvoorspelbare. Min mense sou kon dink dat agt jaar ná die verpletterende nederlaag van die Boere-republieke in die Anglo-Boereoorlog die Afrikaners as die politieke oorwinnaars die Unie van Suid-Afrika sou binnegaan. Of dat die heeltemal wit parlement, wat op 31 Oktober 1910 die eerste keer vergader het, al hoe meer inklusief sou word, en ’n Hansard sou hê wat, ongeag die groot regimeverandering van 1994, deurlopend tot vandag sou verskyn. Of dat die parlement, wat die eerste 70 jaar van sy bestaan alles moontlik sou doen om die wit mense en wit belange te beveilig, die toneel sou word van die sluipmoord van ’n eerste minister. Ewe onvoorspelbaar sowat 25 jaar terug, was dat daar teen 2010 geen bestek geneem sou word van ’n eeu se voortgesette groei en ontwikkeling van die ekonomie, infrastruktuur, lettere, kunste en sport nie.
4.00/5
1 reviews
Price:
R 0,00
R 0,00
Contact
CONTACT