-
loading
Ads with pictures

Weer sy


Top sales list weer sy

South Africa
This item is sold brand new. It is ordered on demand from our supplier and is usually dispatched within 24 hours Doen dit weer so is, soos sy voorganger Doen dit so (2014), ’n samestelling van Vrouekeur se gewilde wenkerubriek. Die weeklikse rubriek benadruk die idee dat jy met min baie kan doen. Daar’s wenke vir jou kombuis, sitkamer, kamer en badkamer. Dit bevat raad oor hoe om dinge vinniger te kook, beter te bak, hoe om van Wagter se vlooie ontslae te raak tot hoe om ’n wasgoeddag sonder wroeging te beleef. Wenke word vanuit verskeie bronne saamgevat en weergegee, en die boek bevat selfs Vrouekeur-lesers se wenwenke. En die helde van die boek? Suurlemoen, asyn en koeksoda! Jy kan feitlik enigiets daarmee skoonmaak. Features Summary Doen dit weer so is’n samestelling van Vrouekeur se gewilde wenkerubriek. Die weeklikse rubriek benadruk die idee dat jy met min baie kan doen. Daar’s wenke vir jou kombuis... Author Zerelda Esterhuizen Publisher LAPA Publishers (Pty) Ltd / LAPA Uitgewers (Edms) Bpk Release date 20161001 Pages 64 ISBN 0-7993-7983-2 ISBN 13 978-0-7993-7983-9
See product
South Africa (All cities)
This item is sold brand new. It is ordered on demand from our supplier and is usually dispatched within 7 - 11 working days Een oggend word ons gunsteling-uil wakker en sien dat die pragtige groen blare aan sy boom besig is om te verkleur. Hy het besef dit beteken herfs het aangebreek en hy was hartseer. Maar geleidelik het hy agtergekom dat die ander vols in die dro blare baljaar. Met elke seisoen wat verbygegaan het, het hy agtergekom dat sy boom elke keer verander. Nie alleen het hy dit begin aanvaar nie, maar ook die waarde van die veranderinge verstaan. En voordat hy hom kon kry, was somer weer op pad. Kwaai Uil en sy Boom stel die wisseling van seisoene vir jong kinders op 'n aanskoulike manier voor - met die mooiste illustrasies. Dit is die derde titel in Kerryn Ponter se Kwaai Uil-reeks. Features Summary Een oggend word ons gunsteling-uil wakker en sien dat die pragtige groen blare aan sy boom besig is om te verkleur. Hy het besef dit beteken herfs het aangebreek en hy was hartseer... Author Kerryn Ponter (Author), Kerryn Ponter (Illustrator) Publisher Penguin Random House South Africa Release date 20180928 Pages 24 ISBN 1-4323-0914-5 ISBN 13 978-1-4323-0914-5
R 56
See product
South Africa (All cities)
This item is sold brand new. It is ordered on demand from our supplier and is usually dispatched within 10 - 15 working days Marlise Joubert se sewende digbundel handel oor siekte en herstel. In die eerste afdeling, "winterklou", word die beklemmende wereld van die intensiewe sorgeenheid en hospitaalbed uit die perspektief van die pasient beskou. Die hulpeloosheid en uitgelewerdheid van iemand wat 'n ernstige operasie moes ondergaan, neem op aangrypende wyse gestalte in die gedigte. Te midde van pyn bly sy bewus van skoonheid en die nabyheid van die geliefde. In die tweede afdeling, "rugkaatsing" word haar wereld weer groter soos wat sy herstel; bring sy reise, besoeke en gesprekke in herinnering en tree die verskrikking van siekte en dood verder weg. Die derde afdeling, "dryfgoed", is 'n viering van lewe en kunstenaarskap. Die herstelproses word 'n werklikheid soos wat sy weer begin skryf en skilder. Ander dinge, plekke en mense tree weer toe tot haar beleweniswereld. Alhoewel die spreker bewus bly van haar kwesbaarheid en die verbygaan van die tyd, bevestig gewone dinge soos kos, wyn en blomme die waarde van die lewe en die liefde. Features Summary Marlise Joubert se sewende digbundel handel oor siekte en herstel. Alhoewel die spreker bewus bly van haar kwesbaarheid en die verbygaan van die tyd, bevestig gewone dinge soos kos... Author Marlise Joubert Publisher Protea Boekhuis Release date 20110117 Pages 96 ISBN 1-86919-472-1 ISBN 13 978-1-86919-472-7
R 129
See product
South Africa (All cities)
This item is sold brand new. It is ordered on demand from our supplier and is usually dispatched within 10 - 15 working days In hierdie versameling essays ondersoek meesterverteller Jan Nel die onvernietigbaarheid van die lewe: Immer is daar seisoene. Immer is daar n die eb weer ’n gety; n die winterdood weer lentelewe; n die val weer opstaan; n die leed weer vreugde. Dieselfde maand wat liggame opeis, stoot vars blomme uit die verwarmende grond. Uit die dooie takke van ’n boom, uit die dooie winter, kom nuwe lewe. Hoekom dan twyfel dat daar vir die mens insgelyks hoop kan wees? Op sy tipiese wyse en beeldende vertelstyl, deurweef met beide diepte en kwinkslae, ontbloot hy daardie tikkies van die ewigheid in elke liewe ding, van ’n melodie se soetheid tot goeters in ’n deurmekaar laai. Features Summary In hierdie versameling essays ondersoek meesterverteller Jan Nel die onvernietigbaarheid van die lewe: Immer is daar seisoene. Immer is daar ná die eb weer ’n gety; ná die winterdood weer lentelewe; ná die val weer opstaan; ná die leed weer vreugde. Author Jan Nel Publisher Protea Boekhuis Release date 20110713 Pages 134 ISBN 1-86919-305-9 ISBN 13 978-1-86919-305-8
R 153
See product
South Africa (All cities)
This item is sold brand new. It is ordered on demand from our supplier and is usually dispatched within 10 - 15 working days De la Rey, De la Rey - Generaal Koos de la Rey is weer op almal se lippe. Hierdie veelbesproke held van die Anglo-Boereoorlog geniet saam met Batman en die Ruiter in Swart ikoonstatus onder verskeie generasies. Net soos meer as 'n eeu gelede dien hy as morele leier, 'n sterk figuur waarna mense kan opsien. Maar wie was hy regtig? In Generaal Koos de la Rey: Die leeu van Wes-Transvaal leer ken die leser hierdie heldhaftige generaal - nie net as krygsman met briljante taktiek en interessante opvattings oor oorlogvoering en die staat nie, maar ook as mens en gesinsman. Sy verhouding met sy vrou, sy rol as vader, sy uiteindelike tragiese dood en ander persoonlike inligting kom in hierdie pragboek aan bod. Boonop bevat Generaal Koos de la Rey: Die leeu van Wes-Transvaal 'n groot aantal skaars foto's wat die leeu van die Wes-Transvaal in die verskeidenheid rolle en kontekste uitbeeld. Features Summary De la Rey, De la Rey - Generaal Koos de la Rey is weer op almal se lippe. Hierdie veelbesproke held van die Anglo-Boereoorlog geniet saam met Batman en die Ruiter in Swart ikoonstatus onder verskeie generasies.. Author Fransjohan Pretorius Publisher Protea Boekhuis Release date 20070413 Pages 80 ISBN 1-86919-176-5 ISBN 13 978-1-86919-176-4
R 129
See product
South Africa
This item is sold brand new. It is ordered on demand from our supplier and is usually dispatched within 10 - 15 working days Op 'n dag kom Tannie Frieda nie weer terug nadat sy die vullis gaan uitsit het nie. Wat nou? 'n Klein chinchilla gaan kuier graag by Tannie Frieda het is nou in 'n penarie. Hoe gemaak as daar gevaar is in die lug om die woonstelblok waar sy woon? Dit is ’n lekker spannende boek wat kinders sal laat omblaai tot op die heel laaste bladsy! Features Summary Op 'n dag kom Tannie Frieda nie weer terug nadat sy die vullis gaan uitsit het nie. Wat nou? Author Sean Taylor (Author), Hannah Shaw (Illustrator), Shane Kleyn (Translator) Publisher Protea Boekhuis Release date 20111007 Pages 32 ISBN 1-86919-560-4 ISBN 13 978-1-86919-560-1
See product
South Africa
This item is sold brand new. It is ordered on demand from our supplier and is usually dispatched within 24 hours Dit is Simone se annus horribilis. Op vier en veertig stap sy vir die tweede keer uit n huwelik, bankrot, werkloos, moedeloos, verbrysel. Al wat sy het om van vier en veertig jaar te wys, is n bedenklike verlede, n tienerseun wat skaars met haar praat, en die besef van mislukking en ontoereikendheid wat soos n meulsteen om haar nek hang. Al waarheen sy het om te gaan, is die kleinburgerlike dorp op die Oos-Vrystaatse platteland waar sy grootgeword het, waar haar konserwatiewe ma en konvensionele suster haar gedurig aan haar tekortkominge kan herinner. Rock bottom, dis waar sy is. Maar omdat dit al is wat daar is om te doen, begin sy herbou; aan n loopbaan, n vriendekring, haar verhouding met haar kind, haar verhouding met haar ma. Aan haar vertroue in haarself. Stelselmatig kom daar lig, en sin, en rigting, selfs vir haar. Al waarvoor sy glad nie reg is nie, is Barnard Richter, wat van haar verwag om ten spyte van alles wat sy nie kon vermag nie en alles wat sy nooit sal kan wees nie, weer in die liefde te glo. Features Summary Simone se tweede huwelik eindig ook rampspoedig. Op die Vrystaatse dorpie waarheen sy en haar seun hulle begewe, word hulle omring van kleinburgerlikes... Author Sophia Kapp Publisher LAPA Publishers (Pty) Ltd / LAPA Uitgewers (Edms) Bpk Release date 20160301 Pages 476 ISBN 0-7993-7800-3 ISBN 13 978-0-7993-7800-9
R 209
See product
South Africa
This item is sold brand new. It is ordered on demand from our supplier and is usually dispatched within 10 - 15 working days Laura kan weer nie aan die slaap raak nie. Sy kyk by die venster uit en sien 'n sterretjie reg voor haar huis op die sypaadjie val. Laura gaan haal die sterretjie en vat dit na haar kamer toe. Maar die volgende oggend is die sterretjie skoonveld... Hoe Laura haar wedervaringe met die sterretjie ervaar en hoe jy dikwels van dinge waavoor jy lief is, moet afskeid neem, word met deernis en begrip in hierdie verhaal van Laura en haar ster vertel. Features Summary Laura kan weer nie aan die slaap raak nie. Sy kyk by die venster uit en sien 'n sterretjie reg voor haar huis op die sypaadjie val. Author Klaus Baumgart (Author), Fantasi (Editor), Klaus Baumgart (Illustrator) Publisher Fantasi Books (Pty) Ltd Release date 20140729 Pages 32 ISBN 1-920475-98-2 ISBN 13 978-1-920475-98-7
See product
South Africa (All cities)
Soos 'n wens, so groot   SPLINTERNUUT! BEPERKTE VOORRAAD   ! Ingrid Mennen + Katrin Coetzer     Wat Rashied die graagste wil hê, is iets ronds. "Wat is rond?" vra Oupa toe hy en Rashied die aand stories lees, en weer toe Rashied ontbyt eet. Rashied gooi ’n sirkel melk om die pap in sy blou bakkie, en daar sien hy dit: ’n eiland in sy bord! Dis Robbeneiland! Toe vertel Oupa vir hom die storie van hoe hulle op Robbeneiland, jare gelede, sokker gespeel het en hoe dié spel hulle weer gevul het met hoop en hulle vry laat voel het. Soos ’n wens, so groot is ’n hartverwarmende verhaal oor ’n oupa en kleinseun se spesiale band.       Kliek hier en besigtig ook ander wonderlike boeke!
R 99
See product
South Africa (All cities)
This item is sold brand new. It is ordered on demand from our supplier and is usually dispatched within 10 - 15 working days Die karakter Fanie het reeds in Fanie se veldskooldae en Fanie word grootwildjagter in almal se harte gekruip. In hierdie boek, die derde in die Fanie-trilogie, neem die outeur die leser op nog 'n boeiende avontuur. Soos in die vorige boeke is daar weer 'n sterk Afrika mens as vaderfiguur. Die Afrikaans-Engels problematiek kom ook weer ter sprake en die Anglo-Boereoorlog is 'n belangrike tema in hierdie verhaal. Verder moet Fanie uiteindelik besluit wie die meisie van sy hart is: Die Engelse nooi Jekkie, of die Boerenooi Soekie? Features Summary In hierdie boek, die derde in die Fanie-trilogie, neem die outeur die leser op nog 'n boeiende avontuur. Verder moet Fanie uiteindelik besluit wie die meisie van sy hart is: Die Engelse nooi Jekkie... Author P.J. Schoeman Publisher Protea Boekhuis Release date 20081130 Pages 174 ISBN 1-86919-219-2 ISBN 13 978-1-86919-219-8
R 143
See product
South Africa (All cities)
 Die storie van Monica Peters - E.K.M. Dido - Kwela - 1996, eerste uitgawe, eerste druk - Sagteband in baie mooi toestand. In “ Die storie van Monica Peters ” vertel die bruin vrou Monica Peters haar lewensverhaal as memoires aan haar kinders en kleinkinders, wat haar verhaal op band opneem. So sluit die verhaal ten nouste aan by die orale tradisie, waar verbeelding en agterna-interpretasie die vertelling kleur sodat dit moeilik is om tussen werklikheid en verbeelding te onderskei, die vertelwyse naïef en ongesofistikeerd is, die gebeure chronologies gerangskik word en geïdealiseer word en die karakters getipeer is eerder as genuanseerd. Die verteltydperk stem in alle opsigte ooreen met die tyd van apartheid, met Monica wat haar verhaal begin toe sy agt jaar oud was (in 1948, die jaar van die Nasionale Party se bewindsoorname) en dit beëindig in 1994 (die jaar van die demokratiese verkiesing), toe sy 54 jaar oud is. Haar storie is dus baie nou gekoppel aan die storie van die land. Monica word groot in ’n klein dorpie in Transkei waar die kinders van alle rasse steeds saam op die skoolbanke sit en daar rasseharmonie heers. Die nuwe magistraat dwing egter apartheid af en die rasse word op alle gebiede geskei. Monica raak verlief op Eric Richmond, die magistraat se seun, en wanneer sy swanger word trou hulle in die geheim in Swaziland. Na hulle huwelik is vrees en frustrasie hulle daaglikse lot, want hulle moet gedurig ontvlug om uit die hande van die gereg te bly. Hulle stryd teen apartheid neem hulle dan vir 25 jaar in bannelingskap in Londen. Na die vrylating van Mandela keer hulle terug na Suid-Afrika as vry mense. Ten spyte van die algemene bevryding van die bevolking, voel sy haar as bruin vrou steeds vreemd en ontuis in haar eie vaderland. Eric sterf dan in ’n sluipmoordaanval, wat Monica dwing om weer haar prioriteite in oënskou te neem. Haar goeie vriend Franklin, wat reeds baie jare op haar verlief is, stap egter in om die gaping in haar lewe te vul. 
R 55
See product
South Africa
(This title is available on demand: expected date of dispatch will be 4-7 working days once ordered) Agent Snoet is 'n effens verstrooide speurder wat gelukkig kan staatmaak op die hulp van sy briljante Siamese kat, Felino, om sy sake op te los. Net soos in die ander twee boeke, moet Snoet en Felino in hierdie storie weer allerlei gevare trotseer en beleef hulle ongelooflike avonture. Hierdie keer moet hulle 'n baie BBH (Baie Belangrike Hond) se lewe beskerm¿ maar as Felino nie oppas nie, is hy sy eie (laaste) lewe kwyt! Daar is natuurlik tussendeur hope skaterlaghumor. Format:paperback Pages:48
R 104
See product
South Africa
In die dae van ridders en kastele was daar 'n koning. Hy was 'n goeie koning, maar 'n hartseer koning. Hoekom was hy so hartseer? Nie eens sy beeldskone koningin het die antwoord geken nie, maar sy het besluit om die rede vir sy hartseer te ontdek en hom weer te laat glimlag.
See product
South Africa (All cities)
This item is sold brand new. It is ordered on demand from our supplier and is usually dispatched within 10 - 15 working days Tyl Uilspieel se storie is reeds vir honderde jare bekend aan Europeers. Het hy regtig geleef? Niemand weet nie, maar daar is talle stede in Europa waar 'n mens sy spore kan navolg. Feit bly staan dat kinders dol sal wees oor sy avonture, flaters en foppery. Ouer lesers sal weer die pikareske aard van die vertelling waardeer - en glimlag vir die universele waarheid wat daaragter skuil. Features Summary Tyl Uilspieel se storie is reeds vir honderde jare bekend aan Europeers. Het hy regtig geleef? Niemand weet nie, maar daar is talle stede in Europa waar 'n mens sy spore kan navolg... Author Pieter W. Grobbelaar Publisher Protea Boekhuis Release date 20061011 Pages 174 ISBN 1-86919-094-7 ISBN 13 978-1-86919-094-1
R 172
See product
South Africa
This item is sold brand new. It is ordered on demand from our supplier and is usually dispatched within 20 - 25 working days Dis die sewentigs en tagtigs. 'n Afrikaanse gesin trek gedurig rond, van Pietersburg na Randfontein na Durban en weer terug. Terwyl Vera se huwelik aan't verbrokkel is, knoop sy 'n verhouding met haar buurman aan en lees verbode seksboeke. Haar dogter Lien wens 'n UFO laai haar op. Split gaan oor grootword op 'n myndorp, soen op Durban se strand en 'n Indier wat sweet in die kaartjiekantoor van Louis Trichardt se publieke swembad. Features Summary Dis die sewentigs en tagtigs. 'n Afrikaanse gesin trek gedurig rond, van Pietersburg na Randfontein na Durban en weer terug. Terwyl Vera se huwelik aan't verbrokkel is... Author Debbie Loots Publisher Queillerie Publishers (Pty) Ltd Release date 20150820 Pages 347 ISBN 0-7958-0098-3 ISBN 13 978-0-7958-0098-6
R 261
See product
South Africa
This item is sold brand new. It is ordered on demand from our supplier and is usually dispatched within 10 - 15 working days Die temas in hierdie bundel sluit deels aan by temas uit sy vorige bundels, maar daar is ook heelwat nuwe onderwerpe. Die gedigte oor musiek, die skilderkuns en die letterkunde in afdelings I en IV toon weer eens Crous se vernuf in die ontginning van intertekste, terwyl die homoerotiese gedigte in afdeling VI voortbou op die tema in sy tweede bundel. Features Summary Die bekroonde digter Marius Crous se derde bundel is in baie opsigte 'n bundel "vol draadwerk", wat die leser met allerlei kinkels verras. Author Marius Crous Publisher Protea Boekhuis Release date 20121003 Pages 84 ISBN 1-86919-766-6 ISBN 13 978-1-86919-766-7
R 143
See product
South Africa (All cities)
Boek nog baie mooi maar het wel 'n netjiese geskenkboodskap binne.   >>>     “Dit was toentertyd I.D. du Plessis wat sy lesers vermaan het dat die liefde ’n duisend vorme kan aanneem en teen hierdie agtergrond probeer ’n mens ’n verteenwoordigende keuse doen van iets wat moontlik die mooiste Afrikaanse liefdesgedigte genoem kan word,” sê Fanie Olivier oor sy saamgestelde bundel Die heel mooiste Afrikaanse liefdesgedigte. Met die saamstel van ’n program wat weer verteenwoordigend moet wees van Olivier se keuse, raak dit nog moeiliker om reg te laat geskied aan die magdom mooiste Afrikaanse liefdesgedigte. Miskien, as ons sommige van die verse in gesprek met mekaar sit, kan ons tog die oeroue verhale van verlange, vrese, vreugde, begeerte, hartstog, skeiding, verlies, herinnering en nogmaals verlange opnuut laat leef.       * Poetry * Poesie * Africana *   *N.B.*   If you buy more than one book from me you only pay R 6 postage on each additional book - See what else I have to offer, it might be worth your while.
R 62
See product
South Africa (All cities)
N jare van ontbering vind Mina Afrika geluk in die kusdorpie Visbaai. In haar moderne kombuis leef sy haar ten volle uit as sjef; sy raak al hoe meer betrokke by die interessantste mense. Tot 'n doodgewone aankondiging oor middagete alles verander. Skielik word dit weer nag vir Mina. En vir die mense naaste aan haar.
R 150
See product
South Africa (All cities)
De Vries Se Nuwe Bundel Sluit Aan By Sy Ernstiger Werk (Bv Nag Van Die Clown, Tot Verhaal Kom). Hier Is Sy Hooftemas Weer Die Onbegrypbaarheid Van Dinge En Die Weemoed Van Menswees En Dis Daardie Gevoel Van Weemoed Wat Die Leser Bybly Na Die Lees Van Hierdie Verhale. This product ships within 3-5 working days
R 39
See product
South Africa (All cities)
Op Pelgrimshoop, ’n weggesteekte dorpie in die voue van die Laeveld, waar die vlaktes wemel van skaap, gras en die oudste klipformasies in Suid-Afrika, daar vind Hannah de Witt haar voete weer na ’n verbryselende verhouding wat sy agterlaat in Pretoria. Ongeag die feit dat haar student, Elias Bart, die knorrige boer van Bartelheim, die man wat ‘die ding het met die perde’, aanvanklik nie wil saamwerk met waarvoor hy haar laat kom het nie: Om hom verder te kom leer. Die legendariese fete tussen Vliet Vorster, sy 4-manbende, en Bart dreig boonop om in ’n volskaalse konflik te ontaard want Vorster haat die ‘bontspul’ op Bartelheim. Vliet Vorster, voorste boer en burgemeester, wat elke Saterdagaand Die Oog leegdrink en Sondag voor in die kerkgestoeltes sit. Ondanks die dorp se opstand oor Hannah en haar skrywerbroer Abram se teenwoordigheid in die omgewing, die atmosfeer op die plaas wat maar styf is en Hannah se onwillige student groei die waarheid, teerheid en nederigheid – en Hannah leer ’n ander Elias ken.
R 85
See product
South Africa (All cities)
This item is sold brand new. It is ordered on demand from our supplier and is usually dispatched within 10 - 15 working days In Tydelose Gety lewer Lina Spies verse wat spreek van 'n positiewe lewensuitkyk, wat wil uitstyg "bo alles wat vals is en stereotiep". Selfs vir die sewentigjarige hou die lewe nog 'n volheid in en kan die vervulling van die liefde beleef word. Sy bring hulde aan groot figure soos Nelson Mandela, weer eens aan Anne Frank en aan 'n onbekende oorlewende van die holocaust wat met oop gordyne slaap om elke nuwe dag te verwelkom. Vir Spies is daar geen twyfel nie dat die Afrikaanssprekende nog 'n plek in Suid-Afrika het en hier sinvol en gelukkig kan lewe. Die beheerste lewensvreugde van die laaste verse spreek van 'n oorwonheid en soberheid wat aan Elisabeth Eybers se laaste gedigte herinner. Vir die eerste keer neem Spies ook enkele vertaalde gedigte in 'n bundel op waardeur sy 'n bydrae lewer tot die bekendstelling van wreldposie in Afrikaans. Features Summary In Tydelose Gety lewer Lina Spies verse wat spreek van 'n positiewe lewensuitkyk, wat wil uitstyg "bo alles wat vals is en stereotiep". Author Lina Spies Publisher Protea Boekhuis Release date 20100730 Pages 84 ISBN 1-86919-383-0 ISBN 13 978-1-86919-383-6
R 153
See product
South Africa
This item is sold brand new. It is ordered on demand from our supplier and is usually dispatched within 24 hours Features Summary Hanna is veertien, amper vyftien. Haar ma, mallerige kunstenaar wat sy is, het weer getrou en besluit die hele familie moet saam gaan vakansie hou om mekaar beter te leer ken – 'n soort familie-wittebrood... Author Marita Van der Vyver Publisher Tafelberg Publishers Ltd Release date 20080828 Pages 278 ISBN 0-624-04662-1 ISBN 13 978-0-624-04662-2
R 166
See product
South Africa
This item is sold brand new. It is ordered on demand from our supplier and is usually dispatched within 10 - 15 working days Features Summary Vroegoggend al sit boer Frans buite op 'n bankie. Hy kyk die hele tyd op sy horlosie. Dan tuur hy weer in die pad af. Wie sou hy verwag? 'n Vragmotor kom aangery... Author Isabella Camino (Author), Delphine Lacharron (Author), Isabella Camino (Illustrator), Fantasi (Author) Publisher Fantasi Books (Pty) Ltd Release date 20150727 Pages 16 ISBN 1-920660-06-2 ISBN 13 978-1-920660-06-2
R 31
See product
South Africa (All cities)
This item is sold brand new. It is ordered on demand from our supplier and is usually dispatched within 10 - 15 working days Olaf Grotentaf, die gevreesde leier van die Noormanne, ken geen vrees nie. Daarom wil by 'n bangbroek leer wat vrees is, want hy dink dit laat 'n mens vlieg. Hy en sy manne doen aan by die Galliese kus en ontvoer vir Spiekerix, Allamapstix se kleinneef. Hy moet hulle leer wat vrees is. Weer eens moet Asterix en Obelix inspring om hul hoofman se nefie te red. Features Summary Olaf Grotentaf, die gevreesde leier van die Noormanne, ken geen vrees nie. Daarom wil by 'n bangbroek leer wat vrees is, want hy dink dit laat 'n mens vlieg. Author Rene Goscinny (Author), Albert Uderzo (Illustrator), Sonya van Schalkwyk-Barrois (Translator) Publisher Protea Boekhuis Release date 20150715 Pages 48 ISBN 1-4853-0082-7 ISBN 13 978-1-4853-0082-3
R 109
See product
South Africa (All cities)
This item is sold brand new. It is ordered on demand from our supplier and is usually dispatched within 7 - 15 working days ’n Sensitiewe roman oor die afdruk wat een geslag op ’n volgende laat. Wanneer haar bejaarde ma verdwyn, besluit Katrien om die paaie van haar kinderjare na te ry. Haar reis neem haar terug na die padkampe waar haar pa, ’n padskraperoperateur, die lewe vir haar uitgele het en waar haar ma se stryd teen armoede begin het. Katrien se reis is meer as ’n herinneringstog; op die oop pad onthou sy weer haar pa se woorde: “Om te weet waarheen jy op pad is, moet ’n mens onthou waar jy vandaan kom.” Features Summary Toe haar bejaarde ma verdwyn, besluit Katrien om die paaie van haar kinderjare na te ry. Haar reis neem haar na die padkampe waar haar pa, ’n padskraperoperateur... Author Christine Barkhuizen le Roux Publisher Human & Rousseau Release date 20161006 Pages 351 ISBN 0-7981-7488-9 ISBN 13 978-0-7981-7488-6
R 246
See product
South Africa (All cities)
Carel Boshoff is 'n aanhanger van NP van Wyk Louw se werke en het dit onlangs weer "herontdek", maar hierdie keer het hy sy gedagtes daaroor sistematies oordenk en verwerk. 2014 sagteband met 230 bladsye in baie mooi toestand. R60 posgeld in SA.
R 85
See product
South Africa (All cities)
Hierdie boek is nog in 'n baie goeie toestand.   >>>    Daar was die dag voor die gebeure, en die dag daarná.  En dan was daar die nag tydens.  Nooit weer sal Margaretha se lewe dieselfde wees nie.  Een gewone weeksaand is sy en haar man in hul plaaswoning tussen Middelburg en Groblersdal beroof en ontvoer.  Wonder bo wonder het hulle albei die nag oorleef. ¿ Een nag en ’n bietjie is gebaseer op ware gebeure.  Dit is ’n verhaal wat ons herinner aan wat dit is om mens te wees in Suid-Afrika.  Dit is ’n hartverskeurende boek, en aangrypend.  Maar tog laat dit jou jubel jy woon hier, in hierdie verraderlike, verrassende en onvoorspelbare land.     *N.B.*   If you buy more than one book from me you only pay R 6 postage on each additional book – See what else I have to offer, it might be worth your while.
R 70
See product
South Africa (All cities)
This item is sold brand new. It is ordered on demand from our supplier and is usually dispatched within 4 - 8 working days Daar was die dag voor die gebeure, en die dag daarn. En dan was daar die nag tydens. Nooit weer sal Margaretha se lewe dieselfde wees nie. Een weeksaand is sy en haar man in hul plaaswoning naby Groblersdal aangeval en beroof. En tog oorleef hulle dit. Een nag en 'n bietjie is 'n boek wat ons herinner aan wat dit is om mens te wees in die land: dit laat jou laat jubel jy woon hier, in hierdie verraderlike, verrassende en onvoorspelbare land. Features Summary Daar was die dag voor die gebeure, en die dag daarna. Een weeksaand is Margaretha en haar man in hul plaaswoning naby Groblersdal aangeval en beroof. En tog het hulle albei die nag oorleef... Author Hester Kruger Publisher Human & Rousseau Release date 20161004 Pages 190 ISBN 0-7981-7415-3 ISBN 13 978-0-7981-7415-2
R 189
See product
South Africa (All cities)
About the product 4to; original cream boards; laminated pictorial dustwrapper; pp. (viii) + 75; numerous photographs. Slightest trace of fishmothing to reverse of dustwrapper; occasional fox spot. Very good condition. Afrikaans text."By die deurlees van hierdie geskiedenis kom'n mens weer eens onder die besef van die durf wat'n vorige geslag aan die dag gelê het en die vertroue wat hulle in hul dorps- en distrikgenote gestel het. Om'n bank te stig nadat soveel dergelike instellings, insluitende sy voorganger in Stellenbosch, van die toneel verdwyn het, het sonder twyfel moed vereis. Ons, die nageslag, kan dus hulde bring aan die nagedagtenis van die stigters en hul opvolgers."
See product

Free Classified ads - buy and sell cheap items in South Africa | CLASF - copyright ©2024 www.clasf.co.za.