-
loading
Ads with pictures

Nuwe geskiedenis van suid


Top sales list nuwe geskiedenis van suid

Cape Town (Western Cape)
Geskiedenis van Suid-Afrika of Ons Verlede, Deel - Dr. S.F.N. Gie Pro Ecclesia-Drukkery, . Condition: Reasonable.      
R 400
See product
South Africa
Adviserende Redakteur: S.B.SpiesHoofredakteur: Trewehella CameronWanneer begin die geskiedenis van Suid-Afrika? Was dit in 1652, to Jan van Riebeeck by die Kaap aan wal gestap het, of in 1488, toe Bartlomeus Dias om die Suidpunt van Afrika geseil het? Of moet die historikus veel verder teruggaan: na omstreeks 300 n.C. toe Swart Ystertyd-gemeenskappe Suider-Afrika bewoon het?ISBN 0798119772Human & Roussouw - Eerste Uitgawe 1986SBN 0798119772Hardeband met stofomslag in baie goeie toestandBladsye: 320Sizes: 29 x 22 cmWeight 1,290 kg + 200 g packaging = 1,490 kg[contact-form][contact-field label='Name' type='name' required='1'/][contact-field label='Email' type='email' required='1'/][contact-field label='Website' type='url'/][contact-field label='Message' type='textarea'/][/contact-form]
R 300
See product
Newcastle (KwaZulu Natal)
This book is in fair to good condition. The edges of the pages are quite yellowed. There dust jacket has some edgewear & there are a few old tape marks where a plastic cover was removed.  *Postage & Packaging R30 *To save on postage I am always happy to combine items won on separate auctions *Optional insurance at 3% of items value (for orders over R100)
R 80
See product
South Africa
In hierdie boek loop die ondersoekende joernalis De Wet Potgieter terug op die spore van n klomp geweldenaars in Suid-Afrika se geskiedenis. Di geweldsmisdade, wat van die laat tagtigerjare tot in die nuwe millennium gepleeg is, wissel van fanatiese verregses wat medeburgers koelbloedig afmaai, tot geweldenaars wat hoprofiel-staatsmoorde gepleeg het. Hy neem die leser tot agter die skerms van die mees omstrede voorvalle in ons land. Met sy onverskrokke skryfstyl trek Potgieter jou midde-in die sake in. In Grusaam deel hy inligting wat nog nie voorheen openbaar gemaak is nie. Wat het werklik die nag van 17 Junie 1992 in Boipatong gebeur? Wat was die dryfkrag agter die gru-aanval op Alison Botha? Wat het van die doodgewone polisieman Andr Stander n gewetenlose bankrower gemaak? Wie het eerste die verband tussen Gert van Rooyen se slagoffers en n moontlike mensehandelsaak raakgesien? Potgieter vertel hoe hy as joernalis te werk gegaan het om verslag te doen oor elk van di grusame sake. Hierdie boek neem jou terug na die bloedige koerant-opskrifte van gister. Sagteband, 240 bladsye ALSO AVAILABLE IN ENGLISH
See product
Cape Town (Western Cape)
Grens van Woelinge, 'n Blik op Suid-Afrikaanse Geskiedenis - Christopher Danziger Macdonald, . Condition: Good.      
R 70
See product
South Africa (All cities)
Die lewendige lewensverhaal van 'n lewende legende: RSM Sakkie van Rooiplaas. Sy naam is sinoniem met veral 1 Valskermbataljon. Hier is 'n vertelling wat die kamoefleernet lig oor 'n era in Suid Afrika se onstuimige geskiedenis, met eie reels, oorwinnaars en wettige teikens - en soms slagoffers wat in die kruisvuur beland. Lesers leer nie net vir Sakkie ken soos min troepe tevore kon nie. Hulle kry tegelyk 'n deeglike kyk agter die skerms van weermagopleiding uit 'n tydperk wat tans weer sterk "op parade" gekom het. Sakkie Marais (kmdt):  Izak Marais is gebore op 20 Julie 1948. Hy voltooi sy skoolloopbaan in 1965 aan Florida Horskool. In 1966 (voor die Nasionale DiensplIgstelsel) is hy na Ler Gimnasium (Pretoria, Voortrekkerhoogte). Daarna sluit hy by die staandemag aan. Die kern van sy loopbaan was by 1 Valskermbataljon (Bloemfontein) waar hy uiteindelik RSM (Regimentsammajoor) geword het. Daarna het hy hom by die Offisierskorps aangesluit tot en met 1994 waar hy as Operasionele Offisier tot die rang van kommandant gevorder het. Die begin van Suid-Afrika se demokrasie was die einde van sy weermagloopbaan. Die daaropvolgende 22 jaar het hy sy deskundigheid en uitgebreide militre ondervinding in die buiteland gebruik vir n voortgesette, aksiebelaaide professionele loopbaan nommerpas vir n hoogsopgeleide soldaat-avonturier wat nooit n pen pusher kon wees nie. Sagteband, 240 bladsye. " Hoe een man se stem kon dra van die hek tot verby die pakhuis, het ek nog nooit teengekom nie" "We were proud to fight alongside a brave and fearless man like Sakkie, barking orders with a clear vision of what was happening around him at all times!"
R 280
See product
South Africa (All cities)
Vang 'n Boer: Die stryd tussen Boer en Ovambo, is die verhaal van twee volke waarvan die paaie meer as 80 jaar voor die Grensoorlog (1966 tot 1989) die eerste maal gekruis het. Die boek gee nuwe perspektiewe op 'n oorlog wat tot dusver binne die konteks van ideologie (Apartheid en Kommunisme) verstaan is. 'n Komplekse historiese proses wat die oorlog voorafgegaan het, word beskryf. Die klem val nie net op die militere konfrontasie tussen Boer en Ovambo nie, maar die diplomatieke, politieke en ekonomiese stryd wat ten nouste daarmee verband hou, word geanaliseer. Waar Boer en Ovambo dit in die bos met die wapen uitspook, is dit nie 'n eensydige stryd waar een kant al die helde oplewer en die ander kant die skurke is wat in massa afgemaai word nie. Die stryd woed ook nie net in die bosse op die Grens nie, maar regoor die hele Suider-Afrika en in die vergadersale van die Verenigde Nasies. Die stemme van die burgerlike bevolking - die kwesbares, onskuldiges en ongewapendes - word tussen die oorlogsrumoer gehoor. Uiteindelik word die boek een lang gevallestudie van hoe politici en hulle militre dienaars, met die ondersteuning en aanmoediging van die kapitaallkragtiges en magsugtiges, met gewone mense in 'n oorlog mors. Soos in sy beroemde boek "Die Buffel Struikel", vertel LJ Bothma die geskiedenis op 'n objektiewe wyse aan die leser oor. Sagteband, 618 bladsye. Published 2012  
R 355
See product
South Africa
Op 11 Februarie 2014 woon Wynand en Frances du Toit die 25ste herdenkingsvieringe van die ondertekening van die Brazzaville Protokol by. President Denis Sassou N'Guesso van die Republiek van die Kongo hang die Nasionale Meriete Order van die Kongo om Wynand se nek. Wat hy daar beleef en besef, laat die laaste stukkie van die legkaart in plek val, dertig jaar na sy gevangeneming in Cabinda, Angola. Lees hier in sy eie woorde van sy stryd om te oorleef, om weer 'n plek in die samelewing in te neem. Hoe hy en talle ander veteraan soldate misbruik, misken en verstoot is. As vergete slagoffers van die destydse Kodesa samesprekings, lewe baie oud-soldate in gebrek en armoede, hul onvermo om in die nuwe Suid Afrika aan te pas 'n bewys van die ou regering se kille hantering van die eens magtigste weermag in Afrika. Die politieke poppe-meesters trek op 10 Mei 1994 die Josefskleed oor die donker jare waarin sy eens getroue soldate en landsburgers steeds verkeer. Die politieke en militre vuilspel gerieflik verswyg in die gemak van hul aftree-pakette. Dit bly 'n ope vraag: was dit nie juis diegene wat bereid was om die grense van lojaliteit oor te steek wat die werklike helde was en die land van 'n bloedige burgeroorlog gered het nie? PUBLIKASIE DATUM: 05 AUGUSTUS 2016
See product

Free Classified ads - buy and sell cheap items in South Africa | CLASF - copyright ©2024 www.clasf.co.za.