JOSEFSKLEED: STRYD OM TE OORLEEF - WYNAND DU TOIT IN SOUTH AFRICA

Op 11 Februarie 2014 woon Wynand en Frances du Toit die 25ste herdenkingsvieringe van die ondertekening van die Brazzaville Protokol by. President Denis Sassou N'Guesso van die Republiek van die Kongo hang die Nasionale Meriete Order van die Kongo om Wynand se nek. Wat hy daar beleef en besef, laat die laaste stukkie van die legkaart in plek val, dertig jaar na sy gevangeneming in Cabinda, Angola. Lees hier in sy eie woorde van sy stryd om te oorleef, om weer 'n plek in die samelewing in te neem. Hoe hy en talle ander veteraan soldate misbruik, misken en verstoot is. As vergete slagoffers van die destydse Kodesa samesprekings, lewe baie oud-soldate in gebrek en armoede, hul onvermo om in die nuwe Suid Afrika aan te pas 'n bewys van die ou regering se kille hantering van die eens magtigste weermag in Afrika. Die politieke poppe-meesters trek op 10 Mei 1994 die Josefskleed oor die donker jare waarin sy eens getroue soldate en landsburgers steeds verkeer. Die politieke en militre vuilspel gerieflik verswyg in die gemak van hul aftree-pakette. Dit bly 'n ope vraag: was dit nie juis diegene wat bereid was om die grense van lojaliteit oor te steek wat die werklike helde was en die land van 'n bloedige burgeroorlog gered het nie? PUBLIKASIE DATUM: 05 AUGUSTUS 2016

4.00/5

1 reviews

Add to your favorite ads
JOSEFSKLEED: Stryd om te Oorleef - Wynand du Toit
loading
Price: R 0,00
R 0,00
2491228
Accept terms and conditions and privacy policy

Avoid frauds by contacting local ads only, and if possible try to collect the item by person. Do not be persuade by those who dispatch from another country or that request you to be paid by check or MoneyGram / ​​Western Union / Efecty, without any guarantee. We recommend you to read our safety tips.

Free Classified ads - buy and sell cheap items in South Africa | CLASF - copyright ©2024 www.clasf.co.za.