-
loading
Ads with pictures

Nie van


Top sales list nie van

South Africa
Nie Van Kaviaar Alleen - By Johannes Mario Simmel  First Edition, Hard Cover, Published By Tafelberg 1983 Cover Boards Are Clean With Minimal Rubbing To The Edges. Binding Is Tight & Strong. Inscription On The Title Page In Blue Pen, Browning & Minimal Foxing To The Pages.   Postage Within South Africa Will Be R40.00 Overseas Buyers Can Contact Us For A Postal Quote.  
R 50
See product
South Africa (All cities)
Buy Nie van Brood Alleen. Geskiedenis van die Suid-Afrikaanse Bybelvereniging 1818-1958 for R55.00
R 55
See product
South Africa
 Van Pollsmoor tot prediker - Jaun Truter & Leon Steenkamp - LuxVerbi - Sagteband. Jaun Truter was ’n gangster in die ergste graad: noem dit maar: dwelms, aanranding, afpersing, en betrokkenheid by die Russiese mafia in Kaapstad. God gryp in op sy lewe op ’n baie tasbare en hoorbare manier en Jaun gaan tronk toe. Híér leer hy om van voor af te begin... Hierdie is ’n aangrypende verhaal van God se beskermende hand en hoe Hy nie sy kinders laat gaan nie.
R 75
See product
South Africa (All cities)
VAN WYK LOUW - N LEWENSVERHAAL DUOLOGIE Die twee boeke is splinternuut en het net een of twee keer uit hul gelees. Ek doen ongelukkig  nie meer aflewering via die poskantoor nie  a.g.v vermiste pakkies in verlede en is net bereid om  gratis aflewering te bied in en om Pretoria. Daar is wel aflewering PEP winkel tot PEP winkel of Postnet tot Postnet as jou plaaslike winkel dit ondersteun. Vir enige navrae vra gerus 'n vraag hier onder.  
R 199
See product
South Africa (All cities)
Puik toestand met stofomslag in puik toestand. 154 p. Eerste uitgawe 2004.  [Posgeld = R55.00]
R 150
See product
South Africa (All cities)
2007 eerste uitgawe sagteband met 252 bladsye in goeie toestand. R60 posgeld in SA. Die storie van bruin Suid-Afrikaners, in mikrokosmos beleef op Stellenbosch, soos nog nooit in Afrikaans vertel nie.  Van die beginjare het burgers, slawe en ’n klein klompie vryswartes Stellenbosch saam opgebou. Saam het hulle reeds voor 1700 begin om ’n nuwe taal, Afrikaans, te skep. Saam het hulle op een erf gewoon – met die slaaf wat in die kombuis of buitekamer moes slaap. Dié boek vertel van die hartseer en die skeiding en hoe apartheid op Stellenbosch sy beslag gekry het.  Dié leesbare vertelling is deurspek met die ware verhale van mense soos “Abraham, die slaaf van Matthias Hoffman” (sy rug en bene gebreek tot hy die “genadeslag” ontvang het omdat hy Matthias se huis aan die brand gesteek het) en Manisa, toegewyde moeder wat na vrystelling van plek tot plek reis om haar kinders te gaan soek. Daar is ook sketse van ander sleutelpersone en sleutelgebeure, onder meer die “slag van Andringastraat,” toe wit studente en bruin inwoners handgemeen geraak het.  Nog altyd hier gewees bied ’n fassinerede blik op hoe verhoudinge tussen wit en bruin ontwikkel het en waar dinge skandelik skeefgeloop het. Dit eindig op ’n hoopvolle noot met Stellenbosch se eerste bruin burgemeester en die mense van “die Vlakte” wat met trots hul eie storie die wêreld instuur.
R 90
See product
South Africa (All cities)
Author: Johan van Wyk Publisher: Perskor Uitgewery (1978) Condition: Mild edgewear to the corners of the boards, with minor shelfwear. Previous owners name on front endsheet. Boards are bowed. Else internally bright, tightly bound copy. Binding: Hardcover Pages: 48 Dimensions: 21.8 x 14 x 1 cm +++ by Johan van Wyk +++ Heldedade kom nie Dikwels Voor Nie by Johan van Wyk
R 90
See product
South Africa (All cities)
Buy Vatmaar. `n Lewendagge verhaal van `n tyd wat nie meer is nie. [Prys sluit nie posgeld in nie] for R100.00
R 100
See product
South Africa (All cities)
This item is sold brand new. It is ordered on demand from our supplier and is usually dispatched within 4 - 8 working days Greg Heffley skryf alles neer wat met hom gebeur, en trek nou by dertien Dagboek van 'n Wimpy Kid-joernale. Maar dit het uiteindelik tyd geword dat lesers hoor wat Rowley in sy eie joernaal te s het. In Dagboek van 'n Vreeslike Vriendelike Outjie skryf Greg se beste vriend, die vrolike Rowley Jefferson, oor sy wedervaringe en stem in om sy vriend se lewensverhaal neer te pen. (Greg gaan immers eendag ryk en beroemd wees, en dan gaan mense alles van hom wil weet). Maar dit wil lyk asof Rowley nie 'n goeie keuse vir die taak is nie, en sy "biografie" van Greg vertel meer van hom as van sy beste vriend. Dagboek van 'n Vreeslike Vriendelike Outjie: Rowley Jefferson se Joernaal laat lesers uit 'n ander hoek na die Wimpy Kid-wreld kyk - een wat aanhangers nie sal wil misloop nie! Features Summary Greg Heffley skryf alles neer wat met hom gebeur, en trek nou by dertien Dagboek van 'n Wimpy Kid-joernale. Maar dit het uiteindelik tyd geword dat lesers hoor wat Rowley in sy eie joernaal te sê het. Author Jeff Kinney (Author), Tinus Horn (Translator) Publisher Penguin Random House South Africa Release date 20190527 Pages 224 ISBN 1-4859-0052-2 ISBN 13 978-1-4859-0052-8
R 126
See product
South Africa
 Klein land van die Liefde - Margaret Bakkes - Human & Rousseau -2011 - Sagteband in baie mooi toestand. Heuningpoort is ‘n baie klein dorpie.  Wouter Basson, dominee op die dorp, het daar grootgeword. Hy staan op troue met Karolien de Villiers, ‘n arbeidsterapeut wat eers vir ‘n jaar in die stad gaan werk het. Dié jaar weg het egter ‘n saadjie van twyfel in haar geplant. Dirk en Karen, goeie stadsvriende van haar, trek Holland toe sodat Dirk daar kan studeer en promofeer.  Karen pas nie aan in die koue nie. Haar gesondheid gaan agteruit en hulle laat kom Karolien om te au pair vir Leon en Laura, hul kinders. Die egpaar gaan op vakansie sodat Karen kan herstel. Wouter is nie baie gelukkig dat Karolien oorsee is nie. Sy  ontmoet Paul van Gelderen, ‘n Hollander, en hulle is onmiddellik  aangetrokke tot mekaar. Dinge verander baie vinnig.  Karen sterf terwyl sy en Dirk  met vakansie is. Dirk vertrek ná Suid-Afrika om Karen se oorskot huis toe te neem.  Sy vliegtuig word afgeskiet oor Midde-Afrika en die kinders word totaal wees gelaat.  Wouter daag op in Holland om met Karolien te trou en dan sommer wittebrood daar te hou.  Karolien moet kies tussen Paul en Wouter.  Wie gaan sy kies, want sy moet nou die twee kinders se toekoms ook in ag neem? ‘n Heerlike liefdesverhaal. – Jenny du Toit
See product
South Africa (All cities)
 Oemkontoe van die nasie is ’n satiriese terugblik vanuit die jaar 2005 op die Ou en Nuwe Suid-Afrika. In hierdie proses bevind Britse beleidmakers uit die 1800’s hulle onverwags voor die Waarheids- en Versoeningskommissie. Boere uit die Noordelike Provinsie keer die Groot Trek om. Terug Kaap toe, in bakkies met frieskoeie en hoenders agterop, die plaaslike koerantredakteur as trekleier in die Volla voor, die nuwe trekkers vervul met siniese droefheid oor die turfland en wit gras wat agtergelaat word. Histories benadeeldes doen aansoek om as histories bevoordeeldes geherklassifiseer te word. Mense wat in die ou bedeling opponente was, raak ongemerk bondgenote. En die Paarlse Taalmonument se lot as ’n nuttelose spies word finaal verseël. Maar daar is nog Faan Starck, ’n plattelandse onderwyser wie se skryfloopbaan begin met ’n satiriese rubriek in ’n plaaslike koerantjie en ’n storieboek wat per geluk vir hoërskoolleerlinge voorgeskryf word. Sonder dat Faan dit so beplan, word die drukpotlood waarmee hy sy polities verkeerde stories pleeg, skerper, word dit ’n nuwe oemkontoe wat tegelykertyd genadeloos hekel en tragiek blootlê. Dit is nie welkom nie, en Faan se tydsberekening is helaas swak – “ … maar hemel, jou politiek, Starck, waar kruip jy uit? Dis... ’n land met ’n veritabele reënboog van regte waarvoor jy sensitief moet wees.” Oemkontoe van die nasie is ’n polities verkeerde veroordeling van die Nuwe Suid-Afrika en dis ’n boek wat eintlik nie gelees behoort te word nie … 
R 85
See product
South Africa (All cities)
Buy Vatmaar, n lewendagge verhaal van n tyd wat nie meer is nie - Andrew Henry Martin Scholtz for R100.00
R 100
See product
South Africa (All cities)
Buy Die reen kom nie maklik nie, stories van agter die Soutpansberg - Ina Le Roux for R150.00
R 150
See product
South Africa (All cities)
This item is sold brand new. It is ordered on demand from our supplier and is usually dispatched within 4 - 8 working days 'Miskien issit omdat poverty my define en nie die racial politics vannie land ie.' Wit issie 'n colour nie is 'n versameling verhale oor grootword en die lewe in die buitewyke van die Kaapse Vlakte. Dit dek identiteit, rassepolitiek, sosio- ekonomiese kwessies en bruin kultuur, en bevraagteken die Suid-Afrika waarin ons ons bevind. Dit is gevul met galgehumor, rou eerlikheid en hartverskeurende vertellings van pogings om die lewe op die Vlakte te navigeer. Hierdie versameling is diep persoonlik en 'n ontstellend waar weergawe van die lewe aan die ander kant van die spoor, geskryf in Kaapse Afrikaans. Features Summary 'n Versameling stories oor die lewe in 'n bruin woonbuurt op die Kaapse Vlakte. Dit dek identiteit, rassepolitiek en kultuur, en bevraagteken die Suid-Afrika van vandag... Author Nathan Trantraal Publisher Kwela Books Release date 20180212 Pages 157 ISBN 0-7957-0798-3 ISBN 13 978-0-7957-0798-8
R 198
See product
South Africa (All cities)
This item is sold brand new. It is ordered on demand from our supplier and is usually dispatched within 10 - 15 working days Clarence van Buuren is met 'n geheim galg toe. Vyftig jaar later probeer Chris Marnewick hierdie geheim oplos. Van Buuren is in 1956 skuldig bevind aan die moord op Myrna Joy Aken en tereggestel. Vroue het buite die hof in lang rye gewag om die verhoor by te woon en het mekaar vertrap wanneer die deure oopgegaan het. Van Buuren het met van hulle flirteer tydens die verhoor, en het tot op die einde skuld ontken. Die saak was opspraakwekkend om verskeie redes: 'n Siener het die lyk na 'n seance opgespoor, Van Buren en Aken was lovers, maar die lyk is seksueel vermink. Inligting dui daarop dat Van Buuren 'n narsissistiese psigopaat was en 'n sadis wat veral vroue geteister en gemartel het. 'n Emosionele vampier. 'n Sadistiese seksmoordenaar. Maar daar was niks hiervan in die hofsaak nie. Ook nie in die koerante nie. Features Summary Clarence van Buuren is met 'n geheim galg toe. Vyftig jaar later probeer Chris Marnewick hierdie geheim oplos. Author Chris Marnewick Publisher Protea Boekhuis Release date 20120111 Pages 523 ISBN 1-86919-506-X ISBN 13 978-1-86919-506-9
R 263
See product
South Africa
Toe dit vir Amanda duidelik geword het Wim voel nie oor haar soos 'n stiefsuster nie, het sy hom weggestuur en teen haar hart baklei. Nou wil die hart hom nie meer laat voorse nie. Maar nou is dit te laat, want Wim het 'n Noorweegse skoonheid aan sy sy. Is daar nog 'n kans of was daardie een nag onder die sterre net een nag? En ook meer uitvind oor die ma wat haar nie wou he nie. Format:paperback Pages:312
See product
South Africa (All cities)
Buy Bronnegids by die studie van die Afrikaanse Taal en Letterkunde. [Prys sluit nie posgeld in nie] for R400.00
R 400
See product
South Africa (All cities)
Buy Sonop in die Suide. Geboorte en Groei van die Nasionale Pers 1915 - 1948. [Prys sluit nie pg in nie] for R165.00
R 165
See product
South Africa (All cities)
Buy ABO: Vader ek kry koud. Herinneringe aan Pieter Pohl van Graaff-Reinet. [Prys sluit nie pg in nie] for R300.00
R 300
See product
South Africa (All cities)
Buy Penkoppe van die Tweede Vryheidsoorlog 1899-1902. [Prys sluit nie posgeld in nie] for R340.00
R 340
See product
South Africa (All cities)
Buy Die Balling oor die See (Uit die Dagboek van `n Krygsgevangene) [Prys sluit nie posgeld in nie] for R600.00
R 600
See product
South Africa (All cities)
Buy Kan dit waar wees Moorde en raaisels van Suider-Afrika Prys sluit nie posgeld in nie for R285.00
R 285
See product
South Africa
This item is sold brand new. It is ordered on demand from our supplier and is usually dispatched within 8 - 13 working days In die vroee beplanningsfase van die Vryheidspark was Robin Binckes `n lid van die subkomitee oor geskiedenis. Die mate van debatvoering en bespreking - meestal heftig - het Binckes verstom. So te se elke bespreking is uit presies die teenoorgestelde siening vertolk. Een van die mees omstrede onderwerpe was die Groot Trek, die Boere se eksodus uit die Kaapkolonie in 1838. Skrywers oor die onderwerp het tradisioneel die gebeure nie net uit die perspektief van "wit geskiedenis" benader nie, maar hoofsaaklik uit die van "Afrikanergeskiedenis". Dit is nog altyd gesien as `n "Afrikanergebeurtenis", maar dit was allermins. Die Groot Trek en die gebeure wat daartoe aanleiding gegee het, het elke deel van die samelewing betrek - Zulu, Sotho, Ndebele, Xhosa, Khoisan, Khoikhoi, Bruin, Brits, Engelssprekende Suid-Afrikaner en Boer - en dit is tyd om die trek in daardie lig, in die konteks van `n onbevooroordeelde, moderne Suid-Afrika, uit te beeld. Soos wat gewoonlik die geval is in geskiedenis, hou al die gebeure verband met mekaar. Dit is onmoontlik om die Groot Trek te skei van gebeure wat terugstrek tot by die Portugese ontdekkingsreisigers, aangesien daardie vroee verwikkelinge die agtergrond geskep het vir die redes vir die Groot Trek. Die meeste skrywers het op die trek self gefokus terwyl Binckes `n bree benadering gevolg het wat die impak van die vroeere wit invalle en migrasies - Portugees, Hollands, Frans en Brits - op suidelike Afrika bestudeer. So kan die trek en die oorsake daarvan beter verstaan word. Waar moontlik het Binckes die weergawes van ooggetuies gebruik en dit bevestig met die perspektiewe van vooraanstaande geskiedkundiges. Die eindproduk is `n objektiewe en omvattende rekord van een van die seminale gebeure in Suid-Afrikaanse geskiedenis. Hierdie boek toon dat die Afrikaner `n belangrike rolspeler in die Suid-Afrikaanse gemeenskap is, was en altyd sal wees - maar dit beeld die Afrikaner ook uit as deel van `n groter prentjie. Die skrywer distansieer hom van die karakters wat die afgelope twee eeue as edel gestereotipeer is en beeld hulle lewensgetrou uit: wonderlike, heldhaftige mense met menslike gevoelens, sterk punte en tekortkominge. Features Summary In die vroee beplanningsfase van die Vryheidspark was Robin Binckes `n lid van die subkomitee oor geskiedenis. Die mate van debatvoering en bespreking - meestal heftig - het Binckes verstom... Author Robin Binckes (Author), Adri Kotze (Author) Publisher 30 Degrees South Publishers Release date 20141001 Pages 559 ISBN 1-928211-27-5 ISBN 13 978-1-928211-27-3
See product
South Africa
    (Cape Town: Nasionale Pers, 1940), first edition. 228 x 153 mm; printed wrappers; pp. (viii) + 88. Wrappers partially sunned; pages pleasantly yellowed, corners bumped. Good+ condition, actually surprisingly good for its age. Afrikaans text. (Nienaber 1, p. 246) An overview of the Second Frontier War of 1789-1793 on the borders of European settlement at the Cape of Good Hope. "In hoofsaak kan ek my met dr. Theal se beskrywing van die tweede Kafferoorlog verenig, maar nogtans het dit my wenslik voorgekom om die resultate van my ondersoek te publiseer. Dr. Theal wy maar net tien bladsye aan die materiaal wat ek in hierdie boekie behandel (History of South Africa, Vol. IV, pp. 281-291). 'n Uitvoeriger beskrywing aan die hand van die oorspronklike bronne was dus nodig. Buitendien sal die taak wat daar vir Afrikaanse historici wag, nie afgehandel wees voordat die hele geskiedenis van ons land in die taal van ons volk beskrywe is nie." - From the author's Foreword.
R 300
See product
South Africa (All cities)
Vroue Na Aan My Hart – Hannes van Wyk - Human & Rousseau - 2016 - Sagteband in mooi, skoon en stewigetoestand.  As akteur en aanbieder van die TV-geselsprogram Kwêla het Hannes van Wyk al met talle besondere vroue te doen gehad. In hierdie boek vertel hy ons van veertig vroue wat hom na aan die hart lê en wat ‘n sterk invloed in sy lewe gehad het. Verreweg die meeste van hulle is of was in die vermaaklikheidsbedryf; trouens, as die vertellings nie so warm en persoonlik was nie, sou mens dit as ‘n gids tot SA vermaaklikheidsterre kon beskou! En tog is dit ‘n hartsboek, ‘n gesellige, lekkerlees-boek. Van divas en drama queens tot dromers, familie en vriendinne, wys hy op hoeveel verskillende maniere ‘n vrou andere se lewe kan verryk.
R 85
See product
South Africa (All cities)
Natasha Sutherland was die prinses wat methaar droomprins, 'n bekende Afrikaanse popsanger, getroud was en twee kroonprinsies en 'n suksesvolle beroep as aktrise en programvervaardiger in balans kon hou. Sy was dit alles en meer. Maar die sprokie van haar lewe het ten aanskou van die hele land verbrokkel. Almal weet van die dramas, die affairs en die egskeiding wat volg.In dié inspirerende boek skryf Natasha oor haar ervarings, gedagtes en sielereis. Dié verhale van verandering is hartsgeheime van 'n enkelvrou oor haar aanbeweeg van "Gebreek", na "Verbind" tot om "Bevry" te wees.In die drie dele kan jy lees oor …• Mans en liefde• Die huwelik en seks• Vroue en vriendskap• Affairs en ontrouheid• Kinders en egskeiding• Alleenheid en depressie• Engele en gebed• Stilte en dans… en hoe om 'n swembad blou te hou en skitterende kolwyntjies te bak.Natasha se Bittersoet belydenisse omdat jy nuuskierig is en meer oor die vrou agter al die drama en sensasie wil weet. Maar na net enkele bladsye weet jy hierdie is nie 'n outobiografie nie. Dit is woorde wat gebore is uit 'n wyse en kosbare hart en wat jou siel aanraak. Woorde wat hoe jy dink en voel oor die liefde, lewe en alles tussenin — soos vergifnis — vir altyd sal verander.
R 40
See product
South Africa (All cities)
This item is sold brand new. It is ordered on demand from our supplier and is usually dispatched within 10 - 15 working days De la Rey, De la Rey - Generaal Koos de la Rey is weer op almal se lippe. Hierdie veelbesproke held van die Anglo-Boereoorlog geniet saam met Batman en die Ruiter in Swart ikoonstatus onder verskeie generasies. Net soos meer as 'n eeu gelede dien hy as morele leier, 'n sterk figuur waarna mense kan opsien. Maar wie was hy regtig? In Generaal Koos de la Rey: Die leeu van Wes-Transvaal leer ken die leser hierdie heldhaftige generaal - nie net as krygsman met briljante taktiek en interessante opvattings oor oorlogvoering en die staat nie, maar ook as mens en gesinsman. Sy verhouding met sy vrou, sy rol as vader, sy uiteindelike tragiese dood en ander persoonlike inligting kom in hierdie pragboek aan bod. Boonop bevat Generaal Koos de la Rey: Die leeu van Wes-Transvaal 'n groot aantal skaars foto's wat die leeu van die Wes-Transvaal in die verskeidenheid rolle en kontekste uitbeeld. Features Summary De la Rey, De la Rey - Generaal Koos de la Rey is weer op almal se lippe. Hierdie veelbesproke held van die Anglo-Boereoorlog geniet saam met Batman en die Ruiter in Swart ikoonstatus onder verskeie generasies.. Author Fransjohan Pretorius Publisher Protea Boekhuis Release date 20070413 Pages 80 ISBN 1-86919-176-5 ISBN 13 978-1-86919-176-4
R 129
See product
South Africa
This item is sold brand new. It is ordered on demand from our supplier and is usually dispatched within 10 - 15 working days Dit is die sewentigerjare. Nelle Dreyer is negentien jaar oud en bly in die Kaap. Nadat sy as Maties se sjampanjenooientjie gekroon is, droom sy net van een ding: om topmodel in Europa te wees. Sy sou gou uitvind dat dit nie maklik is nie. Sy neem die leser terug na haar kinderjare, haar jongmeisiejare, die verlies van haar maagdelikheid en die kort, uitbundige studentelewe wat sy gehad het voor daar deure oopgegaan het oorsee. Uiteindelik is dit 'n bitter eerlike werk. Nelle was jonk in die dae van die sogenaamde seksrevolusie, en sy het daardie vryheid ten volle omarm. Maar, seksuele vryheid het gevolge – en die manuskrip is ook ontsettend eerlik oor die hartseer tye wat Nelle beleef het. Voorbladnooi is haar storie, met die mooi, met die hartseer. Features Summary In hierdie outobiografie vertel Nelle hoe 'n gewone Afrikaanse sjampanjenooientjie die internasionale modelwerk betree het. Van die beste fotograwe ter wêreld het haar afgeneem en haar lyf het al superontwerpers se klere ten toon gestel. Author Nelle Dreyer Publisher Protea Boekhuis Release date 20110905 Pages 399 ISBN 1-86919-505-1 ISBN 13 978-1-86919-505-2
R 186
See product
South Africa
 Jock van die Bosveld – Sir Percy FitzPatrick - 1977, eerste uitgawe - Hardeband met stofomslag: toon ouderdomsverwante rakverweer - Intern: naam, verder mooi skoon en stewig gebind. Jock van die bosveld is een van die weinige Suid-Afrikaanse boeke wat werklik as klassiek bestempel kan word. Dit is die verhaal van Sir Percy FitzPatrick se ondervindinge as jong prospekteerder en transportryer in die Oos-Transvaalse Laeveld. Die hoofpersoon is egter nie die skrywer self nie, maar wel sy getroue hond Jock.
See product
South Africa (All cities)
 Die verhaal van Johanna Brandt - BEP du Toit - Protea - Harde glansboek soos in besonder goeie toestand. Johanna en Lou Brandt se liefdesverhaal en die Anglo-Boereoorlog is nou verweef. Met Johanna se veelkantige persoonlikheid het sy op uiteenlopende terreine bekendheid sowel as omstredenheid verwerf. Onreg het sy daadkragtig beveg. Met al die beperkinge van haar posisie as predikantsvrou het sy indertyd die nog onbekende terrein van natuurgenesing betree. In 1897 is sy vir musiekstudie na Duitsland, vanwaar sy net voor die Anglo-Boereoorlog teruggekeer het na Suid-Afrika. Ná die besetting van Pretoria was sy en haar moeder Boerespioene behulpsaam. Sy het ook as vrywilligerverpleegster in Irene-konsentrasiekamp gewerk. Die meetsnoere het nie vir haar altyd op lieflike plekke geval nie. Die verskeurdheid wat sy ervaar het, spreek uit haar woorde: “Dit voel asof ek met ysterkloue aan hierdie grond moet vasklou.” 
R 95
See product

Free Classified ads - buy and sell cheap items in South Africa | CLASF - copyright ©2024 www.clasf.co.za.