-
loading
Ads with pictures

Malan lewe saam


Top sales list malan lewe saam

South Africa (All cities)
Buy Magnus Malan: My Lewe Saam Met Die SA Weermag By Magnus Malan (Signed First Edition) for R650.00
R 650
See product
South Africa
 2006 / Hardcover / Good condition “Magnus Malan het reeds as 13-jarige skoolseun weggeloop om by die destydse Unieverdedigingsmag aan te sluit. Dit was natuurlik tevergeefs, maar sedert hy in 1946 wel by die Liggaamlike Opleidingsbataljon kon aansluit, was sy loopbaan en lewe vir bykans 42 jaar onherroeplik met die Suid- Afrikaanse Weermag vervleg. Malan se militêre loopbaan het hom na verskillende plekke in Suider-Afrika geneem: na Robbeneiland, na die toenmalige Suidwes-Afrika waar die SA Weermag die Suid-Afrikaanse mandaatgebied moes beskerm, na die Militêre Akademie op Saldanha, na die Kasteel in Kaapstad. As Hoof van die Leër en later as Hoof van die Weermag is hy ten nouste betrokke by Suid-Afrika se inval in Angola in 1975 en talle oorgrensoperasies in die dekade wat daarop volg. Malan tree ook toe tot die politiek en sal veral onthou word as Minister van Verdediging in die 1980’s. Malan lewer op bondige wyse verslag oor die invloed wat politieke verwikkelinge in Suider-Afrika sedert 1960 op die strukture en funksies van die Suid-Afrikaanse Weermag gehad het; oor die suksess van Krygkor en oor Suid-Afrika se kernwapenvermoë. Hy verskaf waardevolle konteksgegewens van ’n tydperk volgeprop met staatkundige en militêre gebeure; ’n tydperk wat buitengewone betekenis vir hierdie geslag en die nageslag het, maar wat tans byna vergete geraak het.”
See product
South Africa
10 Woorde vir die Lewe. - JH Malan by JH Malan Publisher:NG Kerk / Year:1980 / Office Use: [70]-084425122016 Type:Paperback Pages:47 Approx. H X W X D (cm): 22 X 14 X 1 ISBN (10):0869913522 / ISBN (13): Mild wear. Spine damaged. Entries inside. Remains of old price labels. Fold/s in covers. Chaffing on covers. Marks on covers. All text readable. Other: None.
See product
South Africa (All cities)
Buy Die Lewe van D.F. Malan, Die Eerste 40 Jaar - Prof. Bun Booyens for R150.00
R 150
See product
South Africa (All cities)
This item is sold brand new. It is ordered on demand from our supplier and is usually dispatched within 24 hours In 1948 het die NG-dominee DF Malan die Afrikaner tot 'n politieke oorwinning gelei en apartheid ingestel. Strakke swart-en-wit foto's van NP-leiers soos Malan en sy opvolgers simboliseer vandag 'n stelsel van rasse-diskriminasie wat swart Suid-Afrikaners verneder en onderdruk het. Tog, toe Malan op sy sterwensbed gevra is wat die belangrikste diens was wat hy in sy politieke loopbaan gelewer het, het hy geantwoord: "dat ek my volk kon dien, dat ek my mense kon verenig". Die biografie probeer om lig te werp op di teenstrydigheid - hoe kon 'n man wat opreg daarna gestrewe het om sy volk te verenig en te beskerm ook bygedra het tot 'n politieke bestel waarvan ons vandag steeds die gevolge dra? Die boek stel die leser bekend aan Malan die mens: die skaam, leesgierige jong seun, die afgetrokke intellektueel wat een keer by die huis uit is nog met sy pantoffels aan, die onseker vryer en die denker wat ure geneem het om toesprake vir kerkdienste en later politieke toesprake voor te berei. Dit is 'n biografie van 'n man, maar terselfdertyd ook van 'n volk. Malan se persoonlike en politieke lewe vind plaas teen die opkoms van Afrikaner-nasionalisme in die nadraai van die Anglo-Boereoorlog. Di groeiende beweging moedig hom aan om die kerk te verlaat om redakteur van Die Burger en provinsiale leier van die Nasional Party te word. Die boek ontbloot ook al die binnegevegte en politiekery wat die nasionale Afrikaner-politiek in sy eerste jare gekenmerk het. Features Summary Hierdie biografie stel die leser bekend aan Malan die mens: die skaam, leesgierige jong seun, die afgetrokke intellektueel wat een keer by die huis uit is nog met sy pantoffels aan... Author Lindie Koorts Publisher Tafelberg Publishers Ltd Release date 20140227 Pages 492 ISBN 0-624-05585-X ISBN 13 978-0-624-05585-3
R 361
See product
South Africa
This item is sold brand new. It is ordered on demand from our supplier and is usually dispatched within 7 - 15 working days Die verhaal van Danny Fourie en Adri-Louise van Renen. Kort na hulle verlowing word Adri-Louise geopereer vir ¿n gebarste blindederm, net om agter te kom dat sy graad 4 kanker het. Sy s vir Danny sy sal verstaan as hy die verlowing verbreek. Sy antwoord: Ons sal saamwees, nou en vir altyd daarna. Features Summary Danny en Adri-Louise het laat in hul lewe lief geraak vir mekaar. Kort na hulle verlowing word Adri-Louise geopereer vir ’n gebarste blindederm, net om agter te kom sy is ernstig siek... Author Danny Fourie Publisher Lux Verbi Release date 20160201 Pages 274 ISBN 0-7963-1841-7 ISBN 13 978-0-7963-1841-1
R 190
See product
South Africa (All cities)
Harde band 329 Bladsye Fotos Geen naam Geringe skade aan die stofomslag Ex biblioteek maar die boek self in 'n goeie toestand
R 20
See product
South Africa (All cities)
This item is sold brand new. It is ordered on demand from our supplier and is usually dispatched within 10 - 15 working days Met hierdie klassieke verhaal oor die lewe van ’n mossiegemeenskap skep Hickey ’n werk vir oud en jonk. Kuif Kwaster en sy familie – ’n voorbeeldige en vername mossiegesin in die bodorp – neem die leser op ’n reis wat nie vir mense beskore is nie. Saam met Skeel At en Kuif verdedig lesers die mossie-eer teen die wraaksugtige en rebelse Beatnik-bende; en saam met Meks en Maja word daar vir die mannetjies in die bodorp flikkers gegooi. Features Summary Met hierdie klassieke verhaal oor die lewe van ’n mossiegemeenskap skep W.A. Hickey ’n werk vir oud en jonk. Kuif Kwaster en sy familie – ’n voorbeeldige en vername mossiegesin in die bodorp – neem die leser op ’n reis wat nie vir mense beskore is nie. Author W.A. Hickey Publisher Protea Boekhuis Release date 20011231 Pages 164 ISBN 1-919825-49-5 ISBN 13 978-1-919825-49-6
R 143
See product
South Africa (All cities)
This item is sold brand new. It is ordered on demand from our supplier and is usually dispatched within 4 - 8 working days Die aarde is soos 'n ruimteskip saam met al die ander planete in die ruimte op reis. Die groot verskil tussen planeet Aarde en die ander planete is dat ons planeet in die ruimte duisende vorme van lewe saamdra. Flex verduidelik vir die Flixies van die bane waarin die planete om die son wentel en hoe die vorm van hierdie bane sorg dat ons verskillende seisoene het waarin die plante kan rus en kan groei. Features Summary Die aarde is soos 'n ruimteskip saam met al die ander planete in die ruimte op reis. Die groot verskil tussen planeet Aarde en die ander planete is dat ons planeet in die ruimte duisende vorme van lewe saamdra... Author Danie Schreuder Publisher Juta ISBN 1-4851-2273-2 ISBN 13 978-1-4851-2273-9
R 68
See product
South Africa (All cities)
 'n Vurk in die Pad - Andre P. Brink - Human & Rousseau - 2009 - Hardeband met stofomslag in baie mooi, skoon en stewige toestand. Hierdie memoir is, soos André P Brink dit self stel, ’n reaksie op “’n behoefte … om nader te kyk na party gebeurtenisse in my lewe wat ek nog nie genoegsaam ondersoek het nie; baie dinge wat ek nog nie verstaan nie; baie wat my seergemaak of verras of vreugde veroorsaak het…” Die memoir gee die leser ’n blik op die ryk en vol lewe van een van die grootste skrywers in Afrikaans. Brink se verstommende erudisie en belesenheid in verskeie tale, sy diepgaande gemeenskapsbetrokkenheid (wat dikwels gepaard gegaan het met persoonlike opofferings), sy sterk politieke oortuigings wat meermale tot aksie oorgegaan en tot teistering van owerheidsweë gelei het, is alles dinge wat die leser sal bybly, saam met komiese en deerniswekkende momente uit sy jeug en sy heel persoonlike lewe. 
R 255
See product
South Africa (All cities)
This item is sold brand new. It is ordered on demand from our supplier and is usually dispatched within 4 - 8 working days Vir die vroue wat hy met sy rolprentsterglimlag betower het, was Chris Barnard 'n hartebreker. Vir sy pasinte 'n harteheler. Die nuwe biografie oor Suid-Afrika se beroemdste hartsjirurg vertel nie net van Barnard se kinderjare in Beaufort-Wes, sy prominente huwelike (en egskeidings) en flambojante lewe nie. James Styan ondersoek ook die impak van die historiese eerste hartoorplanting op Barnard se persoonlik lewe en op die Suid-Afrikaanse gemeenskap in die algemeen, waar apartheidswetgewing dikwels die probleme van geneeskunde nog ingewikkelder gemaak het. Die rol van swart mediese personeel soos Hamilton Naki word bespreek, sowel as die intense wedywering wat tussen ander beroemde hartsjirurge en Barnard ontstaan het. Hoe het Barnard dit reggekry om hulle almal in die resies om lewe en dood te wen? Hoeveel het sy welbekende sjarme daarmee te doen gehad? En wat is Barnard se nalatenskap vandag, in die lig van sy latere suksesse en aansienlike mislukkings? Styan dek dit alles in die fassinerende nuwe blik op Chris Barnard wat uitgegee is om saam te val met die 50ste herdenking van die eerste hartoorplanting. Features Summary Vir die vroue wat hy met sy rolprentsterglimlag betower het, was Chris Barnard 'n hartebreker. Vir sy pasiente 'n harteheler. Die nuwe biografie oor Suid-Afrika se beroemdste hartsjirurg vertel nie net van Barnard se kinderjare in Beaufort-Wes... Author James Styan Publisher Jonathan Ball Publishers Release date 20171204 Pages 275 ISBN 1-86842-840-0 ISBN 13 978-1-86842-840-3
R 189
See product
South Africa (All cities)
This item is sold brand new. It is ordered on demand from our supplier and is usually dispatched within 5 - 13 working days Renata is 'n vennoot in Malan en Coetsee Privaatondersoeke. Hulle word genader om die dood van ’n sewentienjarige meisie, Melissa Verhoef, te ondersoek. Terwyl Renata besig is met die saak, worstel sy met haar eie demone – sy ly aan posttraumatiesestressindroom as gevolg van haar verlede. Sy gaan sien ’n baie onkonvensionele psigiater en pynlike herinneringe uit haar kinderdae doem op. Terselfdertyd vind sy uit dat haar pa nog leef en sy begin delf in die verlede om uit te vind waarom hy in die sewentigerjare nege mense vermoor het. Is hy ’n sosiopaat, of is hy bloot ’n man wat die reg in eie hande geneem het om ander se lewe te red? Features Summary Renata is 'n vennoot in Malan en Coetsee Privaatondersoeke. Hulle word genader om die dood van ’n sewentienjarige meisie, Melissa Verhoef, te ondersoek... Author Madelein Rust Publisher LAPA Publishers (Pty) Ltd / LAPA Uitgewers (Edms) Bpk Release date 20150701 Pages 379 ISBN 0-7993-7582-9 ISBN 13 978-0-7993-7582-4
R 254
See product
South Africa
This item is sold brand new. It is ordered on demand from our supplier and is usually dispatched within 7 - 15 working days Die kortverhale in hierdie bundel beeld op treffende en insiggewende wyse, en plek-plek met die gebruik van sprokies, die karakter Mia se grootwordervarings uit – in Kaapstad en op die familieplaas op Ladismith, van 12-jarige kind tot 'n jong moeder. Dit beeld ook op fyn en sensitiewe wyse uit hoe Mia worstel met ’n erflas van alkoholisme en depressie. Daar is die komplekse verhoudings binne die familie: met haar ma, haar pa, en, soos sy ouer word, met mans. Die verhale beeld haar vrese uit, haar seksuele ontwaking en haar pogings om 'n sinvolle, gelukkige verhouding met iemand te he. Dis aparte verhale, maar saam beeld dit Mia se lewe uit en word dit byna iets soos 'n Bildungsroman. Onderliggend in die verhale is die helende krag wat "storie" en verbeelding in Mia en haar pa se lewe speel: dit is ook haar redding uit die erflas van depressie. Features Summary Die kortverhale in hierdie bundel beeld op treffende en insiggewende wyse, en plek-plek met die gebruik van sprokies, die karakter Mia se grootwordervarings uit – in Kaapstad en op die familieplaas op Ladismith... Author Willemien Brummer Publisher Human & Rousseau Release date 20080714 Pages 144 ISBN 0-7981-4980-9 ISBN 13 978-0-7981-4980-8
R 241
See product
South Africa (All cities)
 Die storie van Monica Peters - E.K.M. Dido - Kwela - 1996, eerste uitgawe, eerste druk - Sagteband in baie mooi toestand. In “ Die storie van Monica Peters ” vertel die bruin vrou Monica Peters haar lewensverhaal as memoires aan haar kinders en kleinkinders, wat haar verhaal op band opneem. So sluit die verhaal ten nouste aan by die orale tradisie, waar verbeelding en agterna-interpretasie die vertelling kleur sodat dit moeilik is om tussen werklikheid en verbeelding te onderskei, die vertelwyse naïef en ongesofistikeerd is, die gebeure chronologies gerangskik word en geïdealiseer word en die karakters getipeer is eerder as genuanseerd. Die verteltydperk stem in alle opsigte ooreen met die tyd van apartheid, met Monica wat haar verhaal begin toe sy agt jaar oud was (in 1948, die jaar van die Nasionale Party se bewindsoorname) en dit beëindig in 1994 (die jaar van die demokratiese verkiesing), toe sy 54 jaar oud is. Haar storie is dus baie nou gekoppel aan die storie van die land. Monica word groot in ’n klein dorpie in Transkei waar die kinders van alle rasse steeds saam op die skoolbanke sit en daar rasseharmonie heers. Die nuwe magistraat dwing egter apartheid af en die rasse word op alle gebiede geskei. Monica raak verlief op Eric Richmond, die magistraat se seun, en wanneer sy swanger word trou hulle in die geheim in Swaziland. Na hulle huwelik is vrees en frustrasie hulle daaglikse lot, want hulle moet gedurig ontvlug om uit die hande van die gereg te bly. Hulle stryd teen apartheid neem hulle dan vir 25 jaar in bannelingskap in Londen. Na die vrylating van Mandela keer hulle terug na Suid-Afrika as vry mense. Ten spyte van die algemene bevryding van die bevolking, voel sy haar as bruin vrou steeds vreemd en ontuis in haar eie vaderland. Eric sterf dan in ’n sluipmoordaanval, wat Monica dwing om weer haar prioriteite in oënskou te neem. Haar goeie vriend Franklin, wat reeds baie jare op haar verlief is, stap egter in om die gaping in haar lewe te vul. 
R 55
See product

Free Classified ads - buy and sell cheap items in South Africa | CLASF - copyright ©2024 www.clasf.co.za.