-
loading
Ads with pictures

Liefde en trou lewe


Top sales list liefde en trou lewe

South Africa
  Free Postage Within SA for Orders Over R900! Hardeband. 1983, e erste uitgawe.   Human & Rousseau. 171 bladsye. In liefde en trou: die lewe van president M.T. Steyn en mevrou Tibbie Steyn met 'n keuse uit hulle korrespondensie. Stofomslag het skeurtjies, maar binnekant skoon, stewig gebind en in goeie algehele toestand. Additional photos on request. Please ask any questions before placing your order. Africana / Afrikaans / Afrikaners / Bloemfontain / Louis Botha / Onze Rust / Transvaal / Vrystaat / 1854-1900 / Biographical / Presidents & Heads of State / Free State / South Africa / Suid-Afrika / History / Geskiedenis / Presidents' spouses / South African War, 1899-1902 / Staatsmanne   Grading Scale: Many more books on sale, click here to browse!
R 165
See product
South Africa (All cities)
Buy Lig wankelend, Die wese van die liefde en die lewe van Utte Reuter - Gerard Scholtz for R100.00
R 100
See product
South Africa (All cities)
Buy Lig wankelend, Die wese van die liefde en die lewe van Utte Reuter - Gerard Scholtz for R150.00
R 150
See product
South Africa (All cities)
Buy Lig Wankelend: Die Wese van die Liefde en Lewe van Utte Reuter for R160.00
R 160
See product
South Africa
 Klein land van die Liefde - Margaret Bakkes - Human & Rousseau -2011 - Sagteband in baie mooi toestand. Heuningpoort is ‘n baie klein dorpie.  Wouter Basson, dominee op die dorp, het daar grootgeword. Hy staan op troue met Karolien de Villiers, ‘n arbeidsterapeut wat eers vir ‘n jaar in die stad gaan werk het. Dié jaar weg het egter ‘n saadjie van twyfel in haar geplant. Dirk en Karen, goeie stadsvriende van haar, trek Holland toe sodat Dirk daar kan studeer en promofeer.  Karen pas nie aan in die koue nie. Haar gesondheid gaan agteruit en hulle laat kom Karolien om te au pair vir Leon en Laura, hul kinders. Die egpaar gaan op vakansie sodat Karen kan herstel. Wouter is nie baie gelukkig dat Karolien oorsee is nie. Sy  ontmoet Paul van Gelderen, ‘n Hollander, en hulle is onmiddellik  aangetrokke tot mekaar. Dinge verander baie vinnig.  Karen sterf terwyl sy en Dirk  met vakansie is. Dirk vertrek ná Suid-Afrika om Karen se oorskot huis toe te neem.  Sy vliegtuig word afgeskiet oor Midde-Afrika en die kinders word totaal wees gelaat.  Wouter daag op in Holland om met Karolien te trou en dan sommer wittebrood daar te hou.  Karolien moet kies tussen Paul en Wouter.  Wie gaan sy kies, want sy moet nou die twee kinders se toekoms ook in ag neem? ‘n Heerlike liefdesverhaal. – Jenny du Toit
See product
South Africa
This item is sold brand new. It is ordered on demand from our supplier and is usually dispatched within 7 - 15 working days Die verhaal van Danny Fourie en Adri-Louise van Renen. Kort na hulle verlowing word Adri-Louise geopereer vir ¿n gebarste blindederm, net om agter te kom dat sy graad 4 kanker het. Sy s vir Danny sy sal verstaan as hy die verlowing verbreek. Sy antwoord: Ons sal saamwees, nou en vir altyd daarna. Features Summary Danny en Adri-Louise het laat in hul lewe lief geraak vir mekaar. Kort na hulle verlowing word Adri-Louise geopereer vir ’n gebarste blindederm, net om agter te kom sy is ernstig siek... Author Danny Fourie Publisher Lux Verbi Release date 20160201 Pages 274 ISBN 0-7963-1841-7 ISBN 13 978-0-7963-1841-1
R 190
See product
South Africa (All cities)
Natasha Sutherland was die prinses wat methaar droomprins, 'n bekende Afrikaanse popsanger, getroud was en twee kroonprinsies en 'n suksesvolle beroep as aktrise en programvervaardiger in balans kon hou. Sy was dit alles en meer. Maar die sprokie van haar lewe het ten aanskou van die hele land verbrokkel. Almal weet van die dramas, die affairs en die egskeiding wat volg.In dié inspirerende boek skryf Natasha oor haar ervarings, gedagtes en sielereis. Dié verhale van verandering is hartsgeheime van 'n enkelvrou oor haar aanbeweeg van "Gebreek", na "Verbind" tot om "Bevry" te wees.In die drie dele kan jy lees oor …• Mans en liefde• Die huwelik en seks• Vroue en vriendskap• Affairs en ontrouheid• Kinders en egskeiding• Alleenheid en depressie• Engele en gebed• Stilte en dans… en hoe om 'n swembad blou te hou en skitterende kolwyntjies te bak.Natasha se Bittersoet belydenisse omdat jy nuuskierig is en meer oor die vrou agter al die drama en sensasie wil weet. Maar na net enkele bladsye weet jy hierdie is nie 'n outobiografie nie. Dit is woorde wat gebore is uit 'n wyse en kosbare hart en wat jou siel aanraak. Woorde wat hoe jy dink en voel oor die liefde, lewe en alles tussenin — soos vergifnis — vir altyd sal verander.
R 40
See product
South Africa
This item is sold brand new. It is ordered on demand from our supplier and is usually dispatched within 8 - 13 working days Daar is liefde in die lug — maar wat beteken dit vir Greg Heffley? 'n Beplande Valentynsdagdans by die skool gooi sy lewe omver. Terwyl Greg swoeg om 'n dansmaat te vind, begin hy wonder of hy drobek gaan bly op die groot aand. Sy beste vriend, Rowley, sit met dieselfde problem, maar dis 'n skrale troos. Dan kry Greg 'n dansmaat danksy 'n onverwagte kinkel en Rowley bly alleen agter. Maar op een aand kan daar baie dinge gebeur, en 'n mens weet nooit watter koers die liefde gaan kies nie… Features Summary Daar is liefde in die lug – maar wat beteken dit vir Greg Heffley? ’n Beplande Valentynsdagdans by die skool gooi sy lewe omver. Terwyl Greg swoeg om ’n dansmaat te vind... Author Jeff Kinney (Author), Tinus Horn (Translator) Publisher Puffin Release date 20170503 Pages 224 ISBN 1-4859-0014-X ISBN 13 978-1-4859-0014-6
See product
South Africa
This item is sold brand new. It is ordered on demand from our supplier and is usually dispatched within 10 - 15 working days 'n Jeugverhaal wat ook geskik is vir volwassenes. Met Dolf van Niekerk se intieme kennis van die kind, skryf hy vanuit 'n kind se oogpunt oor “die buitestaander/outcast”. Verskeie kwessies wat 'n kind na aan die hart le word aangeraak, soos: gebroke families, tekort aan aandag en liefde, drome en standvastigheid. Albert is eensaam. Hy kom uit 'n gebroke huis waar daar baie gehuil en min gelag word. Hy ken nie sy stiefma nie en dis asof sy pa net 'n kuiergas in die huis is. 'n Posduif bring nuwe hoop en opwinding in sy lewe. Die tuin word sy veilige hawe – die plek waar hy net homself kan wees en vrylik mag liefhe. 'n Jeugboek wat meer as net 'n ontspanningsboek is. As jou kind hierdie eers gelees het, sal sy vir die res van haar lewe opkyk as sy die geruis van duifvlerke hoor. Sy sal deernis he met haar maats wat uit gebroke huise kom, want sy sal besef dat hulle dit nie maklik in die lewe het nie. Sy sal nooit net niks kan voel as sy 'n dooie posduif in die pad sien le nie. As sy dikbek of sleg voel, sal sy uitwyk na die stilte van die tuin. En as iemand haar drome bedreig, sal sy hulle op 'n afstand by die diere stilletjies sit en vloek. – Keina Swart Features Summary 'n Jeugverhaal wat ook geskik is vir volwassenes. Met Dolf van Niekerk se intieme kennis van die kind, skryf hy vanuit 'n kind se oogpunt oor “die buitestaander/outcast”... Author Dolf van Niekerk Publisher Protea Boekhuis Release date 20141101 Pages 96 ISBN 1-4853-0237-4 ISBN 13 978-1-4853-0237-7
See product
South Africa (All cities)
 Die storie van Monica Peters - E.K.M. Dido - Kwela - 1996, eerste uitgawe, eerste druk - Sagteband in baie mooi toestand. In “ Die storie van Monica Peters ” vertel die bruin vrou Monica Peters haar lewensverhaal as memoires aan haar kinders en kleinkinders, wat haar verhaal op band opneem. So sluit die verhaal ten nouste aan by die orale tradisie, waar verbeelding en agterna-interpretasie die vertelling kleur sodat dit moeilik is om tussen werklikheid en verbeelding te onderskei, die vertelwyse naïef en ongesofistikeerd is, die gebeure chronologies gerangskik word en geïdealiseer word en die karakters getipeer is eerder as genuanseerd. Die verteltydperk stem in alle opsigte ooreen met die tyd van apartheid, met Monica wat haar verhaal begin toe sy agt jaar oud was (in 1948, die jaar van die Nasionale Party se bewindsoorname) en dit beëindig in 1994 (die jaar van die demokratiese verkiesing), toe sy 54 jaar oud is. Haar storie is dus baie nou gekoppel aan die storie van die land. Monica word groot in ’n klein dorpie in Transkei waar die kinders van alle rasse steeds saam op die skoolbanke sit en daar rasseharmonie heers. Die nuwe magistraat dwing egter apartheid af en die rasse word op alle gebiede geskei. Monica raak verlief op Eric Richmond, die magistraat se seun, en wanneer sy swanger word trou hulle in die geheim in Swaziland. Na hulle huwelik is vrees en frustrasie hulle daaglikse lot, want hulle moet gedurig ontvlug om uit die hande van die gereg te bly. Hulle stryd teen apartheid neem hulle dan vir 25 jaar in bannelingskap in Londen. Na die vrylating van Mandela keer hulle terug na Suid-Afrika as vry mense. Ten spyte van die algemene bevryding van die bevolking, voel sy haar as bruin vrou steeds vreemd en ontuis in haar eie vaderland. Eric sterf dan in ’n sluipmoordaanval, wat Monica dwing om weer haar prioriteite in oënskou te neem. Haar goeie vriend Franklin, wat reeds baie jare op haar verlief is, stap egter in om die gaping in haar lewe te vul. 
R 55
See product
South Africa (All cities)
This item is sold brand new. It is ordered on demand from our supplier and is usually dispatched within 10 - 15 working days Marlise Joubert se sewende digbundel handel oor siekte en herstel. In die eerste afdeling, "winterklou", word die beklemmende wereld van die intensiewe sorgeenheid en hospitaalbed uit die perspektief van die pasient beskou. Die hulpeloosheid en uitgelewerdheid van iemand wat 'n ernstige operasie moes ondergaan, neem op aangrypende wyse gestalte in die gedigte. Te midde van pyn bly sy bewus van skoonheid en die nabyheid van die geliefde. In die tweede afdeling, "rugkaatsing" word haar wereld weer groter soos wat sy herstel; bring sy reise, besoeke en gesprekke in herinnering en tree die verskrikking van siekte en dood verder weg. Die derde afdeling, "dryfgoed", is 'n viering van lewe en kunstenaarskap. Die herstelproses word 'n werklikheid soos wat sy weer begin skryf en skilder. Ander dinge, plekke en mense tree weer toe tot haar beleweniswereld. Alhoewel die spreker bewus bly van haar kwesbaarheid en die verbygaan van die tyd, bevestig gewone dinge soos kos, wyn en blomme die waarde van die lewe en die liefde. Features Summary Marlise Joubert se sewende digbundel handel oor siekte en herstel. Alhoewel die spreker bewus bly van haar kwesbaarheid en die verbygaan van die tyd, bevestig gewone dinge soos kos... Author Marlise Joubert Publisher Protea Boekhuis Release date 20110117 Pages 96 ISBN 1-86919-472-1 ISBN 13 978-1-86919-472-7
R 129
See product
South Africa (All cities)
This item is sold brand new. It is ordered on demand from our supplier and is usually dispatched within 10 - 15 working days In Tydelose Gety lewer Lina Spies verse wat spreek van 'n positiewe lewensuitkyk, wat wil uitstyg "bo alles wat vals is en stereotiep". Selfs vir die sewentigjarige hou die lewe nog 'n volheid in en kan die vervulling van die liefde beleef word. Sy bring hulde aan groot figure soos Nelson Mandela, weer eens aan Anne Frank en aan 'n onbekende oorlewende van die holocaust wat met oop gordyne slaap om elke nuwe dag te verwelkom. Vir Spies is daar geen twyfel nie dat die Afrikaanssprekende nog 'n plek in Suid-Afrika het en hier sinvol en gelukkig kan lewe. Die beheerste lewensvreugde van die laaste verse spreek van 'n oorwonheid en soberheid wat aan Elisabeth Eybers se laaste gedigte herinner. Vir die eerste keer neem Spies ook enkele vertaalde gedigte in 'n bundel op waardeur sy 'n bydrae lewer tot die bekendstelling van wreldposie in Afrikaans. Features Summary In Tydelose Gety lewer Lina Spies verse wat spreek van 'n positiewe lewensuitkyk, wat wil uitstyg "bo alles wat vals is en stereotiep". Author Lina Spies Publisher Protea Boekhuis Release date 20100730 Pages 84 ISBN 1-86919-383-0 ISBN 13 978-1-86919-383-6
R 153
See product
South Africa
This item is sold brand new. It is ordered on demand from our supplier and is usually dispatched within 24 hours Die gedigte handel onder meer oor 'n byna uitgestorwe plattelandse lewe met tradisionele gebruike en ambagte. Tog word dit haarskerp en klokhelder verwoord sodat ook die moderne stadsmens aanklank daarby kan vind. Maar hy skryf ewe meevoerend oor die stad (Kaapstad). Daar is ook aktuele gedigte oor Suid-Afrikaanse toestande, tydlose verse oor die dood en prikkelende maar ook skreiende uitbeeldings van die liefde. Die verse het 'n eie, unieke klank en styl. Die minimalistiese woordgebruik is besonder suggestieryk en skep dikwels meerduidighede - betekeniseggo's wat naklinkend in die leser se kop bly draai. Die beelde en klanke klou inderdaad aan jou soos knapsekrels. Features Summary Die skrywer is 'n Hertzogpryswenner asook die mees bekroonde en gepubliseerde dramaturg in Afrikaans.Hy word op 77 die oudste debutant in die Afrikaanse poesie. Author Pieter Fourie Publisher Naledi Release date 20170501 Pages 128 ISBN 0-928316-77-7 ISBN 13 978-0-928316-77-3
See product
South Africa (All cities)
Softcover. Afrikaans. Lapa Uitgewers. 2009. 378pp. In good condition. Om sy lewe terug te kry, moet speurder-inspekteur Bennie Griessel eers vir Artemis keer: die vigilante wat die doodstraf teruggebring het, wat besig is om misdaad teen kinders met ’n lang lem en ’n skrikwekkende meedoënloosheid te wreek. En met die media wat skree, die politici wat druk toepas, ’n span onbeholpe jong speurders en verskeie kollegas wat hom in die rug steek, stel Bennie Griessel ’n lokval. Maar hy het nie rekening gehou met die liefde van ’n sekswerker vir haar kind, die haat van die Sangrenegra-dwelmkartel en sy eie smagting na die helende kragte van die bottel nie.
R 120
See product

Free Classified ads - buy and sell cheap items in South Africa | CLASF - copyright ©2024 www.clasf.co.za.