-
loading
Ads with pictures

Liefde van haar lewe romanza


Top sales list liefde van haar lewe romanza

South Africa (All cities)
This item is sold brand new. It is ordered on demand from our supplier and is usually dispatched within 24 hours 9 stories in een 3-boek versameling. Die titels in hierdie mini-bundel versameling: Doodgewone Wonderwerk - Thea Holland Tussen Twee Vure - Annetjie van Tonder Sprokie Vir 'n Bosnimf - Vera Wolmarans 'n Ongewone Meisie - Marijke Greeff Serenade - Helena Hugo Lize Se Wilddief - Ann Hite Kemp Man Van Min Woorde - Marile Cloete Sjef Van Haar Hart - Madelein van der Nest Raaiselpad Na Liefde - Elsa Drotsky Features Summary 9 stories in een 3-boek versameling. Die titels in hierdie mini-bundel versameling: Doodgewone Wonderwerk - Thea Holland Tussen Twee Vure - Annetjie van Tonder Sprokie Vir 'n Bosnimf - Vera Wolmarans 'n Ongewone Meisie - Marijke Greeff Serenade - Helena Hugo Lize Se Wilddief - Ann Hite Kemp Man Van Min Woorde - Marile Cloete Sjef Van Haar Hart - Madelein van der Nest Raaiselpad Na Liefde - Elsa Drotsky Publisher Lapa Publishers ISBN 13 2000494097935
R 129
See product
South Africa (All cities)
Natasha Sutherland was die prinses wat methaar droomprins, 'n bekende Afrikaanse popsanger, getroud was en twee kroonprinsies en 'n suksesvolle beroep as aktrise en programvervaardiger in balans kon hou. Sy was dit alles en meer. Maar die sprokie van haar lewe het ten aanskou van die hele land verbrokkel. Almal weet van die dramas, die affairs en die egskeiding wat volg.In dié inspirerende boek skryf Natasha oor haar ervarings, gedagtes en sielereis. Dié verhale van verandering is hartsgeheime van 'n enkelvrou oor haar aanbeweeg van "Gebreek", na "Verbind" tot om "Bevry" te wees.In die drie dele kan jy lees oor …• Mans en liefde• Die huwelik en seks• Vroue en vriendskap• Affairs en ontrouheid• Kinders en egskeiding• Alleenheid en depressie• Engele en gebed• Stilte en dans… en hoe om 'n swembad blou te hou en skitterende kolwyntjies te bak.Natasha se Bittersoet belydenisse omdat jy nuuskierig is en meer oor die vrou agter al die drama en sensasie wil weet. Maar na net enkele bladsye weet jy hierdie is nie 'n outobiografie nie. Dit is woorde wat gebore is uit 'n wyse en kosbare hart en wat jou siel aanraak. Woorde wat hoe jy dink en voel oor die liefde, lewe en alles tussenin — soos vergifnis — vir altyd sal verander.
R 40
See product
South Africa
This item is sold brand new. It is ordered on demand from our supplier and is usually dispatched within 10 - 15 working days 'n Jeugverhaal wat ook geskik is vir volwassenes. Met Dolf van Niekerk se intieme kennis van die kind, skryf hy vanuit 'n kind se oogpunt oor “die buitestaander/outcast”. Verskeie kwessies wat 'n kind na aan die hart le word aangeraak, soos: gebroke families, tekort aan aandag en liefde, drome en standvastigheid. Albert is eensaam. Hy kom uit 'n gebroke huis waar daar baie gehuil en min gelag word. Hy ken nie sy stiefma nie en dis asof sy pa net 'n kuiergas in die huis is. 'n Posduif bring nuwe hoop en opwinding in sy lewe. Die tuin word sy veilige hawe – die plek waar hy net homself kan wees en vrylik mag liefhe. 'n Jeugboek wat meer as net 'n ontspanningsboek is. As jou kind hierdie eers gelees het, sal sy vir die res van haar lewe opkyk as sy die geruis van duifvlerke hoor. Sy sal deernis he met haar maats wat uit gebroke huise kom, want sy sal besef dat hulle dit nie maklik in die lewe het nie. Sy sal nooit net niks kan voel as sy 'n dooie posduif in die pad sien le nie. As sy dikbek of sleg voel, sal sy uitwyk na die stilte van die tuin. En as iemand haar drome bedreig, sal sy hulle op 'n afstand by die diere stilletjies sit en vloek. – Keina Swart Features Summary 'n Jeugverhaal wat ook geskik is vir volwassenes. Met Dolf van Niekerk se intieme kennis van die kind, skryf hy vanuit 'n kind se oogpunt oor “die buitestaander/outcast”... Author Dolf van Niekerk Publisher Protea Boekhuis Release date 20141101 Pages 96 ISBN 1-4853-0237-4 ISBN 13 978-1-4853-0237-7
See product
South Africa (All cities)
This item is sold brand new. It is ordered on demand from our supplier and is usually dispatched within 10 - 15 working days Marlise Joubert se sewende digbundel handel oor siekte en herstel. In die eerste afdeling, "winterklou", word die beklemmende wereld van die intensiewe sorgeenheid en hospitaalbed uit die perspektief van die pasient beskou. Die hulpeloosheid en uitgelewerdheid van iemand wat 'n ernstige operasie moes ondergaan, neem op aangrypende wyse gestalte in die gedigte. Te midde van pyn bly sy bewus van skoonheid en die nabyheid van die geliefde. In die tweede afdeling, "rugkaatsing" word haar wereld weer groter soos wat sy herstel; bring sy reise, besoeke en gesprekke in herinnering en tree die verskrikking van siekte en dood verder weg. Die derde afdeling, "dryfgoed", is 'n viering van lewe en kunstenaarskap. Die herstelproses word 'n werklikheid soos wat sy weer begin skryf en skilder. Ander dinge, plekke en mense tree weer toe tot haar beleweniswereld. Alhoewel die spreker bewus bly van haar kwesbaarheid en die verbygaan van die tyd, bevestig gewone dinge soos kos, wyn en blomme die waarde van die lewe en die liefde. Features Summary Marlise Joubert se sewende digbundel handel oor siekte en herstel. Alhoewel die spreker bewus bly van haar kwesbaarheid en die verbygaan van die tyd, bevestig gewone dinge soos kos... Author Marlise Joubert Publisher Protea Boekhuis Release date 20110117 Pages 96 ISBN 1-86919-472-1 ISBN 13 978-1-86919-472-7
R 129
See product
South Africa (All cities)
Softcover. Afrikaans. Lapa Uitgewers. 2009. 378pp. In good condition. Om sy lewe terug te kry, moet speurder-inspekteur Bennie Griessel eers vir Artemis keer: die vigilante wat die doodstraf teruggebring het, wat besig is om misdaad teen kinders met ’n lang lem en ’n skrikwekkende meedoënloosheid te wreek. En met die media wat skree, die politici wat druk toepas, ’n span onbeholpe jong speurders en verskeie kollegas wat hom in die rug steek, stel Bennie Griessel ’n lokval. Maar hy het nie rekening gehou met die liefde van ’n sekswerker vir haar kind, die haat van die Sangrenegra-dwelmkartel en sy eie smagting na die helende kragte van die bottel nie.
R 120
See product

Free Classified ads - buy and sell cheap items in South Africa | CLASF - copyright ©2024 www.clasf.co.za.