-
loading
Ads with pictures

Een en n voermenger


Top sales list een en n voermenger

South Africa (All cities)
This item is sold brand new. It is ordered on demand from our supplier and is usually dispatched within 4 - 8 working days Daar was die dag voor die gebeure, en die dag daarn. En dan was daar die nag tydens. Nooit weer sal Margaretha se lewe dieselfde wees nie. Een weeksaand is sy en haar man in hul plaaswoning naby Groblersdal aangeval en beroof. En tog oorleef hulle dit. Een nag en 'n bietjie is 'n boek wat ons herinner aan wat dit is om mens te wees in die land: dit laat jou laat jubel jy woon hier, in hierdie verraderlike, verrassende en onvoorspelbare land. Features Summary Daar was die dag voor die gebeure, en die dag daarna. Een weeksaand is Margaretha en haar man in hul plaaswoning naby Groblersdal aangeval en beroof. En tog het hulle albei die nag oorleef... Author Hester Kruger Publisher Human & Rousseau Release date 20161004 Pages 190 ISBN 0-7981-7415-3 ISBN 13 978-0-7981-7415-2
R 189
See product
South Africa (All cities)
Hierdie boek is nog in 'n baie goeie toestand.   >>>    Daar was die dag voor die gebeure, en die dag daarná.  En dan was daar die nag tydens.  Nooit weer sal Margaretha se lewe dieselfde wees nie.  Een gewone weeksaand is sy en haar man in hul plaaswoning tussen Middelburg en Groblersdal beroof en ontvoer.  Wonder bo wonder het hulle albei die nag oorleef. ¿ Een nag en ’n bietjie is gebaseer op ware gebeure.  Dit is ’n verhaal wat ons herinner aan wat dit is om mens te wees in Suid-Afrika.  Dit is ’n hartverskeurende boek, en aangrypend.  Maar tog laat dit jou jubel jy woon hier, in hierdie verraderlike, verrassende en onvoorspelbare land.     *N.B.*   If you buy more than one book from me you only pay R 6 postage on each additional book – See what else I have to offer, it might be worth your while.
R 70
See product
South Africa (All cities)
 'n Vurk in die Pad - Andre P. Brink - Human & Rousseau - 2009 - Hardeband met stofomslag in baie mooi, skoon en stewige toestand. Hierdie memoir is, soos André P Brink dit self stel, ’n reaksie op “’n behoefte … om nader te kyk na party gebeurtenisse in my lewe wat ek nog nie genoegsaam ondersoek het nie; baie dinge wat ek nog nie verstaan nie; baie wat my seergemaak of verras of vreugde veroorsaak het…” Die memoir gee die leser ’n blik op die ryk en vol lewe van een van die grootste skrywers in Afrikaans. Brink se verstommende erudisie en belesenheid in verskeie tale, sy diepgaande gemeenskapsbetrokkenheid (wat dikwels gepaard gegaan het met persoonlike opofferings), sy sterk politieke oortuigings wat meermale tot aksie oorgegaan en tot teistering van owerheidsweë gelei het, is alles dinge wat die leser sal bybly, saam met komiese en deerniswekkende momente uit sy jeug en sy heel persoonlike lewe. 
R 255
See product
South Africa (All cities)
  n Toevlug in die Weste - Leon Rousseau - Rubicon - 1993 - Sagteband in mooi, skoon en stewige toestand. Leon begewe hom in 1992 met sy ’n Toevlug in die Weste op die gebied van die politiek. Hierin raak hy ’n teer snaar by baie Suid-Afrikaners aan, veral met die 1994-verkiesing destyds op hande: naamlik dié van ’n “billike verdeling van die land”. Leon is nie skaam om ’n Afrikaner genoem te word nie en hy was reeds vanaf die jare sestig teen die destydse apartheidsbeleid, en in ’n Toevlug in die Weste vra hy vrae oor of ’n eenheidstaat soos dit afgehandel is, wenslik is. Hy doen aan die hand dat almal met ’n Wes-Kaapse oorsprong, wat alle Afrikaanssprekendes insluit, hul heil eerder soek in een of twee outonome state in die weste van die land. (Theuns van der Westhuizen, Die Burger, 29 Maart 1994)
R 175
See product
South Africa (All cities)
This item is sold brand new. It is ordered on demand from our supplier and is usually dispatched within 4 - 9 working days Een, twee, drie is 'n titel in die reeks Slimkoppe Lees!, wat ontwikkel is om kinders met selfvertroue aan die lees te kry terwyl hulle dit geniet. Die 16 boekies in die reeks is verdeel in vier vlakke wat met kinders se leesontwikkeling ooreenstem. Vlak 1 (Kom ons begin!) is net reg vir outjies wat pas begin lees. Die kleurryke prente vertel die stories en die teks daarby is eenvoudig. Vlak 1 bied vier prettige boekies - Hallo!; Een, twee, drie; Pretdag; en Weg! - elk met vier kort stories. Wanneer kinders dit regkry om kort sinne te lees, is hulle gereed om saam met die innemende Slimkoppe-karakters Vlak 2 se avonture aan te durf. Features Summary Een, twee, drie is 'n titel in die reeks Slimkoppe Lees!, wat ontwikkel is om kinders met selfvertroue aan die lees te kry terwyl hulle dit geniet. Die 16 boekies in die reeks is verdeel in vier vlakke wat met kinders se leesontwikkeling ooreenstem.. Author Pearson Publisher Pearson Education South Africa Release date 20130301 Pages 32 ISBN 1-77578-525-4 ISBN 13 978-1-77578-525-5
R 62
See product
South Africa (All cities)
 Johnita le Roux - Een vir die Wolfskof       Een vir die Wolfskof  van Johnita le Roux is ‘n pakkende roman waarin ‘n vroueskrywer inbeweeg in die manlike domein. Die wêreld van die plaas en veral die soldaat word hier oopgemaak. Die roman speel in 1995 af en ‘n soldaat uit die Ou-Suid-Afrika beleef ‘n ernstige depressie. Sy vrou besoek ‘n terapeut en die effek van sy gemoedstoestand word op ‘n openhartige wyse beskryf. Hy is onder andere impotent en die effek hiervan op sy vrou en homself word uiters aangrypend beskryf.  Ook roep die verteller hulle vorige lewe in herinnering en hoe alles verander het. Die lot van die wit man word dus hier vanuit die perspektief van ‘n vrou (‘n baie vernuftige strategie) onder die loep geneem.  Die ervaring van die eens magtige patriarg as ‘n nou impotente (op fisiese en geestelike vlak) is waarskynlik een van die belangrikste temas van hierdie roman. En dit kry natuurlik ‘n ekstra dimensie omdat ‘n vrou hieraan stem gee. Soos wat Marlene van Niekerk inbeweeg in die domein van die plaasroman in  Agaat, skryf Le Roux oor veeboere en droogte. Dit gaan hier om die soeke na water wat natuurlik ook geestelike energie impliseer. Die letterlike reis word ook ‘n geestelike soeke of reis wat met primordiale krag gelaai word. Ook is die tema van die plaas ‘n hoogs emosionele onderwerp; nes die indertydse grensoorlog en in Dine van Zyl se  Slagoffers   is daar eweneens ‘n vars blik gegee op hierdie oorlog.
R 35
See product
South Africa
This item is sold brand new. It is ordered on demand from our supplier and is usually dispatched within 8 - 13 working days Daar is liefde in die lug — maar wat beteken dit vir Greg Heffley? 'n Beplande Valentynsdagdans by die skool gooi sy lewe omver. Terwyl Greg swoeg om 'n dansmaat te vind, begin hy wonder of hy drobek gaan bly op die groot aand. Sy beste vriend, Rowley, sit met dieselfde problem, maar dis 'n skrale troos. Dan kry Greg 'n dansmaat danksy 'n onverwagte kinkel en Rowley bly alleen agter. Maar op een aand kan daar baie dinge gebeur, en 'n mens weet nooit watter koers die liefde gaan kies nie… Features Summary Daar is liefde in die lug – maar wat beteken dit vir Greg Heffley? ’n Beplande Valentynsdagdans by die skool gooi sy lewe omver. Terwyl Greg swoeg om ’n dansmaat te vind... Author Jeff Kinney (Author), Tinus Horn (Translator) Publisher Puffin Release date 20170503 Pages 224 ISBN 1-4859-0014-X ISBN 13 978-1-4859-0014-6
See product
South Africa (All cities)
This item is sold brand new. It is ordered on demand from our supplier and is usually dispatched within 24 hours Leer speel-speel lees saam met Tippie die olifant! Hierdie vrolik geillustreerde leesreeks stel die beginnerleser aan eenvoudige klanke bekend en is reeds baie gewild. Elke boek in die reeks bevat: ’n kort, eenvoudige en prettige storie wat gemik is op die ontwikkeling van leesvaardighede vir beginners; helder, kindervriendelik illustrasies; ’n woordeskatlys, ’n lys met die enkelvoud, meervoud en verkleinwoord, begripsvrae en ’n bladsy met “voltooi die sinne” gebaseer op die leesstuk. Dit stel die ouer, terapeut en onderwyser in staat om begrip en woordeskat speel-speel by die kind vas te le. Boonop is die reeks uitstekende waarde vir geld – dit is een van die mees bekostigbare Afrikaanse beginnerleesreekse wat tans op die mark is! Features Summary Leer speel-speel lees saam met Tippie die olifant! Hierdie vrolik geillustreerde leesreeks stel die beginnerleser aan eenvoudige klanke bekend en is reeds baie gewild. Author Jose Palmer (Author), Reinette Palmer (Author) Publisher LAPA Publishers (Pty) Ltd / LAPA Uitgewers (Edms) Bpk Release date 20160701 Pages 24 ISBN 0-7993-8001-6 ISBN 13 978-0-7993-8001-9
R 31
See product
South Africa (All cities)
2007 eerste uitgawe sagteband met 252 bladsye in goeie toestand. R60 posgeld in SA. Die storie van bruin Suid-Afrikaners, in mikrokosmos beleef op Stellenbosch, soos nog nooit in Afrikaans vertel nie.  Van die beginjare het burgers, slawe en ’n klein klompie vryswartes Stellenbosch saam opgebou. Saam het hulle reeds voor 1700 begin om ’n nuwe taal, Afrikaans, te skep. Saam het hulle op een erf gewoon – met die slaaf wat in die kombuis of buitekamer moes slaap. Dié boek vertel van die hartseer en die skeiding en hoe apartheid op Stellenbosch sy beslag gekry het.  Dié leesbare vertelling is deurspek met die ware verhale van mense soos “Abraham, die slaaf van Matthias Hoffman” (sy rug en bene gebreek tot hy die “genadeslag” ontvang het omdat hy Matthias se huis aan die brand gesteek het) en Manisa, toegewyde moeder wat na vrystelling van plek tot plek reis om haar kinders te gaan soek. Daar is ook sketse van ander sleutelpersone en sleutelgebeure, onder meer die “slag van Andringastraat,” toe wit studente en bruin inwoners handgemeen geraak het.  Nog altyd hier gewees bied ’n fassinerede blik op hoe verhoudinge tussen wit en bruin ontwikkel het en waar dinge skandelik skeefgeloop het. Dit eindig op ’n hoopvolle noot met Stellenbosch se eerste bruin burgemeester en die mense van “die Vlakte” wat met trots hul eie storie die wêreld instuur.
R 90
See product
South Africa (All cities)
This item is sold brand new. It is ordered on demand from our supplier and is usually dispatched within 4 - 8 working days In Die bleek oortreder moet die gesoute speurder Bernie Gnther 'n reeksmoordenaar vastrek wat paniek regoor Berlyn saai. Dit is 1938 en Duitsland wag angstig op die bevindinge van die Mnchen-konferensie. Onsekerheid hang in die lug: Hitler kan Europa dalk in 'n oorlog dompel. Vir Bernie is daar egter belangriker sake wat aandag verg. Hy ondersoek twee sake waar afpersing betrokke is: die een betrek 'n ryk weduwee, en die ander, homself. Terselfdertyd het dit op die lappe gekom dat die Kripo - Berlyn se misdaadpolisie - 'n onskuldige Jood gearresteer het vir die reeks wrede moorde in die stad. En hoewel die Kripo die keer alles sal doen om die regte moordenaar vas te trek, is hulle weereens nie verhewe bo afpersing en manipulasie nie. Omdat Bernie onlangs aangestel is as Kripo-kommissar, moet hy die raaisel oplos - 'n ondersoek wat hom uiteindelik aan die heel donkerste kant van die menslike psige blootstel. Hierdie vertaling van The Pale Criminal is die tweede boek in Philip Kerr se Berlin Noir-trilogie, nou vir die eerste keer beskikbaar in Afrikaans. Die vertaling van die derde boek in die reeks, A German Requiem, verskyn in 2019. Features Summary In Die bleek oortreder moet die gesoute speurder Bernie Günther 'n reeksmoordenaar vastrek wat paniek regoor Berlyn saai. Dit is 1938 en Duitsland wag angstig op die bevindinge van die München-konferensie... Author Philip Kerr Publisher Jonathan Ball Publishers SA Release date 20190221 ISBN 1-86842-882-6 ISBN 13 978-1-86842-882-3
R 197
See product
South Africa
Leer speel-speel lees saam met Tippie die olifant! Hierdie vrolik geïllustreerde leesreeks stel die beginnerleser aan klanke soos ¿eu¿, ¿ie¿ en ¿ou¿ bekend.Die eerste agt boekies in die Leer my lees-reeks is baie gewild. Die tweede reeks volg op die eerste en stel die leser aan ietwat ingewikkelder klanke bekend.Elke boek in die reeks bevat:· ¿n kort, eenvoudige en prettige storie wat gemik is op die ontwikkeling van leesvaardighede vir beginners;· helder, kindervriendelik illustrasies;· ¿n woordeskatlys, ¿n lys met die enkelvoud, meervoud en verkleinwoord, begripsvrae en ¿n bladsy met ¿voltooi die sinne¿ gebaseer op die leesstuk. Dit stel die ouer, terapeut en onderwyser in staat om begrip en woordeskat speel-speel by die kind vas te lê.Boonop is die reeks uitstekende waarde vir geld ¿ dit is een van die mees bekostigbare Afrikaanse beginnerleesreekse wat tans op die mark is!
See product
South Africa (All cities)
This item is sold brand new. It is ordered on demand from our supplier and is usually dispatched within 10 - 15 working days In 'n oorloggeteisterde Angola, word kaptein Piet Prinsloo gekonfronteer met meer as terroriste uit die Kongo wanneer sy verlede hom op Oukersaand inhaal. 'n Span bankrowers kom hul moses te in die Chuosberge. 'n Veldwagter is op sy hoede toe twee uiters verdagte karakters by Etosha opdaag. Drie boesemvriende raak verlief op een meisie. En 'n skrywer en 'n beeldskone filmster is gestrand op die Kaitschavlei. In vyf stories skets Doc Immelman wrelde waar hardebaarde kan liefh, helde nog met die vuis kan slaan en kameeldoringbome arabesk teen die laaste bietjie lig van die dag gets is. Features Summary In 'n oorloggeteisterde Angola, word kaptein Piet Prinsloo gekonfronteer met meer as terroriste uit die Kongo wanneer sy verlede hom op Oukersaand inhaal.. Author Doc Immelman Publisher Protea Boekhuis Release date 20100127 Pages 114 ISBN 1-86919-287-7 ISBN 13 978-1-86919-287-7
R 153
See product
South Africa (All cities)
This item is sold brand new. It is ordered on demand from our supplier and is usually dispatched within 24 hours In 1948 het die NG-dominee DF Malan die Afrikaner tot 'n politieke oorwinning gelei en apartheid ingestel. Strakke swart-en-wit foto's van NP-leiers soos Malan en sy opvolgers simboliseer vandag 'n stelsel van rasse-diskriminasie wat swart Suid-Afrikaners verneder en onderdruk het. Tog, toe Malan op sy sterwensbed gevra is wat die belangrikste diens was wat hy in sy politieke loopbaan gelewer het, het hy geantwoord: "dat ek my volk kon dien, dat ek my mense kon verenig". Die biografie probeer om lig te werp op di teenstrydigheid - hoe kon 'n man wat opreg daarna gestrewe het om sy volk te verenig en te beskerm ook bygedra het tot 'n politieke bestel waarvan ons vandag steeds die gevolge dra? Die boek stel die leser bekend aan Malan die mens: die skaam, leesgierige jong seun, die afgetrokke intellektueel wat een keer by die huis uit is nog met sy pantoffels aan, die onseker vryer en die denker wat ure geneem het om toesprake vir kerkdienste en later politieke toesprake voor te berei. Dit is 'n biografie van 'n man, maar terselfdertyd ook van 'n volk. Malan se persoonlike en politieke lewe vind plaas teen die opkoms van Afrikaner-nasionalisme in die nadraai van die Anglo-Boereoorlog. Di groeiende beweging moedig hom aan om die kerk te verlaat om redakteur van Die Burger en provinsiale leier van die Nasional Party te word. Die boek ontbloot ook al die binnegevegte en politiekery wat die nasionale Afrikaner-politiek in sy eerste jare gekenmerk het. Features Summary Hierdie biografie stel die leser bekend aan Malan die mens: die skaam, leesgierige jong seun, die afgetrokke intellektueel wat een keer by die huis uit is nog met sy pantoffels aan... Author Lindie Koorts Publisher Tafelberg Publishers Ltd Release date 20140227 Pages 492 ISBN 0-624-05585-X ISBN 13 978-0-624-05585-3
R 361
See product
South Africa (All cities)
This item is sold brand new. It is ordered on demand from our supplier and is usually dispatched within 10 - 18 working days Die Grootboeke stel die leerders bekend aan 'n verskeidenheid tekstipes. Die boeke sluit storieteks, eenvoudige feiteteks, rympies, raaisels, grappies en grafiese teks in en is spesiaal ontwikkel om 'n groot verskeidenheid gedrukte tekskenmerke op informele wyse aan die leerders bekend te stel. Die moeilikheidsgraad van die Grootboeke neem toe van die eerste maklike herhalende teks in Grootboek 1 tot in Grootboek 16 waar 'n beroep gedoen word op die leerder se toenemende visuele geletterheid en taalbegrip. Die boeke is spesiaal geskryf om by die ontwikkelingsvlak, ervaringswereld en sin van humor van die Graad 3-leerder te pas. Hierdie boek sluit aan by die tema “Meer oor myself” in die Leerderboek en Onderwysersgids. Dit is ook so ontwikkel dat die boeke in meer as een leessessie gebruik kan word soos dit volledig in die onderrigplanne beskryf word. Features Summary Die Grootboeke stel die leerders bekend aan 'n verskeidenheid tekstipes. Die boeke sluit storieteks, eenvoudige feiteteks, rympies, raaisels, grappies en grafiese teks in en is spesiaal ontwikkel om 'n groot verskeidenheid gedrukte tekskenmerke op informele wyse aan die leerders bekend te stel. Author Mart Meij (Author), Beatrix de Villiers (Author) Publisher Human & Rousseau Release date 20140831 Pages 16 ISBN 1-77589-429-0 ISBN 13 978-1-77589-429-2
R 190
See product
South Africa (All cities)
This item is sold brand new. It is ordered on demand from our supplier and is usually dispatched within 7 - 15 working days Die Grootboeke stel die leerders bekend aan 'n verskeidenheid tekstipes. Die boeke sluit storieteks, eenvoudige feiteteks, rympies, raaisels, grappies en grafiese teks in en is spesiaal ontwikkel om 'n groot verskeidenheid gedrukte tekskenmerke op informele wyse aan die leerders bekend te stel. Die moeilikheidsgraad van die Grootboeke neem toe van die eerste maklike herhalende teks in Grootboek 1 tot in Grootboek 16 waar 'n beroep gedoen word op die leerder se toenemende visuele geletterheid en taalbegrip. Die boeke is spesiaal geskryf om by die ontwikkelingsvlak, ervaringswereld en sin van humor van die Graad 3-leerder te pas. Hierdie boek sluit aan by die tema “Meer oor myself” in die Leerderboek en Onderwysersgids. Dit is ook so ontwikkel dat die boeke in meer as een leessessie gebruik kan word soos dit volledig in die onderrigplanne beskryf word. Features Summary Die Grootboeke stel die leerders bekend aan 'n verskeidenheid tekstipes. Die boeke sluit storieteks, eenvoudige feiteteks, rympies, raaisels, grappies en grafiese teks in en is spesiaal ontwikkel om 'n groot verskeidenheid gedrukte tekskenmerke op informele wyse aan die leerders bekend te stel. Author Mart Meij (Author), Beatrix de Villiers (Author) Publisher Human & Rousseau Release date 20140831 Pages 16 ISBN 1-77589-428-2 ISBN 13 978-1-77589-428-5
R 190
See product

Free Classified ads - buy and sell cheap items in South Africa | CLASF - copyright ©2024 www.clasf.co.za.