-
loading
Ads with pictures

Wie en wat afrikaner


Top sales list wie en wat afrikaner

South Africa
  Wie en Wat is die Afrikaner? - F.A. van Jaarsveld   Tafelberg, 1981. Condition: Good.        
R 250
See product
South Africa (All cities)
1997 sagteband met 58 bladsye in mooi toestand. R60 posgeld in SA.
R 55
See product
South Africa (All cities)
This item is sold brand new. It is ordered on demand from our supplier and is usually dispatched within 24 hours In 1948 het die NG-dominee DF Malan die Afrikaner tot 'n politieke oorwinning gelei en apartheid ingestel. Strakke swart-en-wit foto's van NP-leiers soos Malan en sy opvolgers simboliseer vandag 'n stelsel van rasse-diskriminasie wat swart Suid-Afrikaners verneder en onderdruk het. Tog, toe Malan op sy sterwensbed gevra is wat die belangrikste diens was wat hy in sy politieke loopbaan gelewer het, het hy geantwoord: "dat ek my volk kon dien, dat ek my mense kon verenig". Die biografie probeer om lig te werp op di teenstrydigheid - hoe kon 'n man wat opreg daarna gestrewe het om sy volk te verenig en te beskerm ook bygedra het tot 'n politieke bestel waarvan ons vandag steeds die gevolge dra? Die boek stel die leser bekend aan Malan die mens: die skaam, leesgierige jong seun, die afgetrokke intellektueel wat een keer by die huis uit is nog met sy pantoffels aan, die onseker vryer en die denker wat ure geneem het om toesprake vir kerkdienste en later politieke toesprake voor te berei. Dit is 'n biografie van 'n man, maar terselfdertyd ook van 'n volk. Malan se persoonlike en politieke lewe vind plaas teen die opkoms van Afrikaner-nasionalisme in die nadraai van die Anglo-Boereoorlog. Di groeiende beweging moedig hom aan om die kerk te verlaat om redakteur van Die Burger en provinsiale leier van die Nasional Party te word. Die boek ontbloot ook al die binnegevegte en politiekery wat die nasionale Afrikaner-politiek in sy eerste jare gekenmerk het. Features Summary Hierdie biografie stel die leser bekend aan Malan die mens: die skaam, leesgierige jong seun, die afgetrokke intellektueel wat een keer by die huis uit is nog met sy pantoffels aan... Author Lindie Koorts Publisher Tafelberg Publishers Ltd Release date 20140227 Pages 492 ISBN 0-624-05585-X ISBN 13 978-0-624-05585-3
R 361
See product
South Africa
Abjater wat so lag - Wilma Stockenstrom - Human & Rousseau - 1991 -126pp  - Hardeband. Baie goeie kondisie. Hierdie roman het as verteller 'n eenkantvrou en oujongnooi wat (op 'n plattelandse dorp in die eerste deel van die twintigste eeu) terugkyk op haar lewe – as 'n versorgster in gegoede witmense se huise, eers as hulp met kinders en later vir oumense en sterwendes. Sy vertel van die insig in die dood wat sy so by die baie sterwendes gekry het. Dan raak sy ook uiteindelik sterwensbegeleidster vir Abjater, 'n man wie se goue lag sy in haar jongdae bewonder het, iemand wat vir haar soos 'n "uitverkorene" gelyk het. So peins die verteller aan die einde van 'n lewe waarin sy, soos sy elders se, "by die dood ingeboek" was: "Miskien het ek met die dood getrou, kom dit by my op... maar nou raak ek sat vir hom. Hy bly my pal besoek. Hy bring net woeligheid."
See product
South Africa (All cities)
Zackie en Vincent gaan sommer hope pret hê! Hulle gaan swem, skaatsplank ry in die parkie en met hulle watergewere speel. Maar soos gewoonlik is Anton die boelie ook in die omtrek. En hierdie keer het hy iemand wat hom gaan help om Zackie-hulle se pret te bederf. Boonop het mevrou Langenhoven kuiergaste vir die vakansie - en Zackie en Vincent word gedwing om met die VERVELIGE tweeling te speel. Dit lyk of dit die aakligste vakansie OOIT gaan wees! Maar toe 'n splinternuwe restaurant sy deure open met 'n kompetisie om te kyk wie die meeste Monster-melkskommels kan drink, begin dit lyk of die vakansie dalk GROOT pret kan wees This product ships within 3-5 working days.
R 85
See product
South Africa (All cities)
Die Afrikaner Koerant in A3-boekvorm gebind. Netjiese groen en rooi kunsleer met goue letters. Jaargange wat beskikbaar is: 1990; 1993; 1994; 1996;1998; 1999; 2000; 2001; 2002; 2003; 2004 - Almal vir R1800,00 - as u net in enkeles belangstel kontak Biennies asb. Al die koerante was die eiendom van mnr Jaap Marais, sommige van die koerante het papiertjies in met van sy aantekeninge.
R 1.800
See product
South Africa
Hoe lyk 'n balalaika en wat is ritme? Wie was Robert Schumann? In die boek se 250 artikels oor instrumente, komponiste en musiekterme uit klassieke musiek, jazz en popmusiek sal jy antwoorde op die en hope ander musiekverwante vrae vind! 'n Noodsaaklike naslaanbron vir kinders wat lief is vir musiek, met meer as 200 volkleurillustrasies en foto's, talle notevoorbeelde, 'n register met ongeveer 1000 terme met verklarings oor die herkoms en uitspraak daarvan. Format:paperback Pages:190
R 89
See product
South Africa
This item is sold brand new. It is ordered on demand from our supplier and is usually dispatched within 10 - 25 working days Luna, ’n jong speurdersersant, moet die saak oplos van ’n meisie wie se lyk in ’n riviertjie gekry word. Maar wie is die meisie, met wie het sy kontak gehad en waar het sy vandaan gekom? Aanvanklik lyk dit nie of Luna eens hierop antwoorde gaan kry nie, tot ’n verwaarloosde meisietjie van haar afhanklik raak en haar onwetend op ’n spoor plaas. Dit bring egter net nuwe probleme. Luna raak bewus van ’n motorfietsryer wat net te dikwels agter haar op ’n openbare pad verskyn, later voor haar woonplek, en hy probeer nie juis onopsigtelik wees nie. Die dwelmwereld wat voor haar oopmaak, is ook nie ’n verwikkeling waarop sy gereken het nie. Luna word terselfdertyd gekonfronteer met kennis uit haar persoonlike verlede wat al net ’n vae herinnering geword het. Is luitenant Johan Botha wie sy dink hy is? Features Summary Luna is ’n jong speursersant wat haar eerste moordsaak moet oplos. In hierdie proses word sy saam met luitenant Johan Botha gekonfronteer met dinge uit hulle verlede waarop hulle nie gereken het nie. Author Jeanette Stals Publisher LAPA Publishers (Pty) Ltd / LAPA Uitgewers (Edms) Bpk Release date 20160301 Pages 304 ISBN 0-7993-7797-X ISBN 13 978-0-7993-7797-2
See product
South Africa
This item is sold brand new. It is ordered on demand from our supplier and is usually dispatched within 8 - 13 working days In die vroee beplanningsfase van die Vryheidspark was Robin Binckes `n lid van die subkomitee oor geskiedenis. Die mate van debatvoering en bespreking - meestal heftig - het Binckes verstom. So te se elke bespreking is uit presies die teenoorgestelde siening vertolk. Een van die mees omstrede onderwerpe was die Groot Trek, die Boere se eksodus uit die Kaapkolonie in 1838. Skrywers oor die onderwerp het tradisioneel die gebeure nie net uit die perspektief van "wit geskiedenis" benader nie, maar hoofsaaklik uit die van "Afrikanergeskiedenis". Dit is nog altyd gesien as `n "Afrikanergebeurtenis", maar dit was allermins. Die Groot Trek en die gebeure wat daartoe aanleiding gegee het, het elke deel van die samelewing betrek - Zulu, Sotho, Ndebele, Xhosa, Khoisan, Khoikhoi, Bruin, Brits, Engelssprekende Suid-Afrikaner en Boer - en dit is tyd om die trek in daardie lig, in die konteks van `n onbevooroordeelde, moderne Suid-Afrika, uit te beeld. Soos wat gewoonlik die geval is in geskiedenis, hou al die gebeure verband met mekaar. Dit is onmoontlik om die Groot Trek te skei van gebeure wat terugstrek tot by die Portugese ontdekkingsreisigers, aangesien daardie vroee verwikkelinge die agtergrond geskep het vir die redes vir die Groot Trek. Die meeste skrywers het op die trek self gefokus terwyl Binckes `n bree benadering gevolg het wat die impak van die vroeere wit invalle en migrasies - Portugees, Hollands, Frans en Brits - op suidelike Afrika bestudeer. So kan die trek en die oorsake daarvan beter verstaan word. Waar moontlik het Binckes die weergawes van ooggetuies gebruik en dit bevestig met die perspektiewe van vooraanstaande geskiedkundiges. Die eindproduk is `n objektiewe en omvattende rekord van een van die seminale gebeure in Suid-Afrikaanse geskiedenis. Hierdie boek toon dat die Afrikaner `n belangrike rolspeler in die Suid-Afrikaanse gemeenskap is, was en altyd sal wees - maar dit beeld die Afrikaner ook uit as deel van `n groter prentjie. Die skrywer distansieer hom van die karakters wat die afgelope twee eeue as edel gestereotipeer is en beeld hulle lewensgetrou uit: wonderlike, heldhaftige mense met menslike gevoelens, sterk punte en tekortkominge. Features Summary In die vroee beplanningsfase van die Vryheidspark was Robin Binckes `n lid van die subkomitee oor geskiedenis. Die mate van debatvoering en bespreking - meestal heftig - het Binckes verstom... Author Robin Binckes (Author), Adri Kotze (Author) Publisher 30 Degrees South Publishers Release date 20141001 Pages 559 ISBN 1-928211-27-5 ISBN 13 978-1-928211-27-3
See product
South Africa (All cities)
This item is sold brand new. It is ordered on demand from our supplier and is usually dispatched within 5 - 10 working days Ouerskap vandag is moeiliker as ooit tevore. Kinders staan onder druk wat voorheen ongehoord was. En die druk rus ook op ouers om hul kinders te lei en ondersteun. Jannie Putter kyk in Wenplan Vir Jou Kind Se Lewe in 13 hoofstukke na waardevolle temas soos "Wie is jy?", "Hoe bou ek my kind se self-beeld?", en "Hoe tug ek my kind?" Hy gebruik grafiese voor---stellings om sy teorie uit te lig en praat ook spesifiek met enkelouers oor die struikel-blokke wat hulle moet hanteer. Jannie wys ouers dat die sleutel daarin l om die regte besluite in die hitte van die oomblik te neem. Daar is altyd twee opsies: die regte besluit wat dalk moeilik is of die verkeerde besluit wat dalk op daardie oomblik gemaklik en selfs prettig lyk, maar lei tot spyt. Wenplan Vir Jou Kind Se Lewe sal ouers bemoe-dig om die beste ouers moontlik vir hul kinders te wees. Features Summary Jannie Putter kyk in Wenplan vir jou kind se lewe in 13 hoofstukke na waardevolle temas soos "Wie is jy?", "Hoe bou ek my kind se selfbeeld?", en "Hoe tug ek my kind? Author Jannie Putter Publisher Christelike Uitgewers Release date 20140901 Pages 174 ISBN 1-4316-1020-8 ISBN 13 978-1-4316-1020-4
R 107
See product
South Africa (All cities)
This item is sold brand new. It is ordered on demand from our supplier and is usually dispatched within 10 - 15 working days Hierdie titel is 'n verkorte weergawe van 'n tesis vir 'n D.Phil-graad wat in 2004 by die Universiteit van Pretoria verwerf is. Dit handel oor die geskiedenis van die koskultuur van die Europeers wat hulle in die sewentiende en agtiende eeu aan die Kaap gevestig het en deel van hulle nasate, die Afrikaners, gebly het. Tydens die genoemde tydperk is reeds begin om daarna as Boerekos te verwys. Die basiese uitgangspunt van die studie was om na te vors waar die oorsprong le van die koskultuur wat in die sewentiende eeu na die Kaap gekom het, wat die koskultuur behels het en wie daardie koskultuur aan die Kaap beinvloed het. Die stof vir die studie is derhalwe in drie grondtemas verdeel. Die historiese agtergrond handel oor invloede op die sewentiende-eeuse Hollandse kookkultuur wat aanleiding gegee het tot die noodsaak van 'n verversingstasie aan die Kaap, die vestiging van die Hollandse kultuur aan die Kaap, en die gemeenskap wat in die vestigingsperiode ontstaan het. Die tweede tema oor wat die koskultuur behels het wat die Europeers in die sewentiende eeu na die Kaap gebring het, word toegelig. Die derde tema wat gaan oor die invloed van Oosterlinge op die kookkultuur aan die Kaap, word ook bespreek. In die slot word gewys op bevindings wat die studie opgelewer het en 'n vlugtige blik word gegee op die verdere verloop van die koskultuur gedurende die Britse bewind, die Groot Trek, die Anglo-Boereoorlog, die tydperk van verstedeliking, die hoogtepunt van Afrikaner-nasionalisme, en die huidige tydsgewrig. Features Summary Hierdie titel is 'n verkorte weergawe van 'n tesis vir 'n D.Phil-graad wat in 2004 by die Universiteit van Pretoria verwerf is. Author H.W. Claassens Publisher Protea Boekhuis Release date 20061023 Pages 513 ISBN 1-86919-106-4 ISBN 13 978-1-86919-106-1
R 329
See product
South Africa (All cities)
 Oemkontoe van die nasie is ’n satiriese terugblik vanuit die jaar 2005 op die Ou en Nuwe Suid-Afrika. In hierdie proses bevind Britse beleidmakers uit die 1800’s hulle onverwags voor die Waarheids- en Versoeningskommissie. Boere uit die Noordelike Provinsie keer die Groot Trek om. Terug Kaap toe, in bakkies met frieskoeie en hoenders agterop, die plaaslike koerantredakteur as trekleier in die Volla voor, die nuwe trekkers vervul met siniese droefheid oor die turfland en wit gras wat agtergelaat word. Histories benadeeldes doen aansoek om as histories bevoordeeldes geherklassifiseer te word. Mense wat in die ou bedeling opponente was, raak ongemerk bondgenote. En die Paarlse Taalmonument se lot as ’n nuttelose spies word finaal verseël. Maar daar is nog Faan Starck, ’n plattelandse onderwyser wie se skryfloopbaan begin met ’n satiriese rubriek in ’n plaaslike koerantjie en ’n storieboek wat per geluk vir hoërskoolleerlinge voorgeskryf word. Sonder dat Faan dit so beplan, word die drukpotlood waarmee hy sy polities verkeerde stories pleeg, skerper, word dit ’n nuwe oemkontoe wat tegelykertyd genadeloos hekel en tragiek blootlê. Dit is nie welkom nie, en Faan se tydsberekening is helaas swak – “ … maar hemel, jou politiek, Starck, waar kruip jy uit? Dis... ’n land met ’n veritabele reënboog van regte waarvoor jy sensitief moet wees.” Oemkontoe van die nasie is ’n polities verkeerde veroordeling van die Nuwe Suid-Afrika en dis ’n boek wat eintlik nie gelees behoort te word nie … 
R 85
See product
South Africa
This item is sold brand new. It is ordered on demand from our supplier and is usually dispatched within 10 - 15 working days Sakamatlakobata voel soos 'n bywoner op sy eie plaas. Hy wou tot elke prys op Bobbejaankrans kom woon en nou gebeur wat sy bure hom voorspel het. Sy franselemoene word geplunder, sy tentpenne uitgepluk en sy vrou se bakoond met 'n klip toegestop. Sakamatlakobata weet wie is hiervoor verantwoordelik. Dis die een wat spore op sy werf los: kaalvoetspore soos di van 'n mens. Waterbobbejaan boer op hierdie plaas. Die boer is bekommerd. Is Waterbobbejaan ook die een wat sy hamels vang en daardie maanlignag agter sy en sy gesin se wa aangehardloop het? Features Summary Sakamatlakobata voel soos ’n bywoner op sy eie plaas. Hy wou tot elke prys op Bobbejaankrans kom woon en nou gebeur wat sy bure hom voorspel het. Author Ben Venter Publisher Protea Boekhuis Release date 20090530 Pages 141 ISBN 1-86919-283-4 ISBN 13 978-1-86919-283-9
See product
South Africa (All cities)
This item is sold brand new. It is ordered on demand from our supplier and is usually dispatched within 10 - 15 working days Sakamatlakobata voel soos 'n bywoner op sy eie plaas. Hy wou tot elke prys op Bobbejaankrans kom woon en nou gebeur wat sy bure hom voorspel het. Sy franselemoene word geplunder, sy tentpenne uitgepluk en sy vrou se bakoond met 'n klip toegestop. Sakamatlakobata weet wie is hiervoor verantwoordelik. Dis die een wat spore op sy werf los: kaalvoetspore soos die van 'n mens. Waterbobbejaan boer op hierdie plaas. Die boer is bekommerd. Is Waterbobbejaan ook die een wat sy hamels vang en daardie maanlignag agter sy en sy gesin se wa aangehardloop het? Features Summary Sakamatlakobata voel soos 'n bywoner op sy eie plaas. Hy wou tot elke prys op Bobbejaankrans kom woon en nou gebeur wat sy bure hom voorspel het. Author Ben Venter Publisher Protea Boekhuis Release date 20090530 Pages 141 ISBN 1-86919-283-4 ISBN 13 978-1-86919-283-9
R 163
See product
South Africa
This item is sold brand new. It is ordered on demand from our supplier and is usually dispatched within 20 - 25 working days Sarah word uit haar huisie in Kaapstad ontvoer. Sal Ariel daarin slaag om haar te vind? En sal kaptein Rassie Erasmus sy vooropgestelde idees en sinisme kan agterlaat en Sarah opspoor? Kaptein Erasmus se briljante IT-kenner Daniel help die persone opspoor wat die ontvoering gereel het. Wie is die drie Broerders, en hoekom is hulle agter Sarah aan? Wat is die verbintenis tussen Edmund Muller en die Groot Sadar? 'n Spannende verhaal met 'n vinnige pas, deurweef met die goue draad van God se beskerming en genade. Features Summary Sarah word uit haar huisie in Kaapstad ontvoer. Sal Ariel daarin slaag om haar te vind? En sal kaptein Rassie Erasmus sy vooropgestelde idees en sinisme kan agterlaat en Sarah opspoor? Author Stefani Serfontein Publisher Lux Verbi BM Release date 20150529 Pages 351 ISBN 0-7963-1848-4 ISBN 13 978-0-7963-1848-0
R 196
See product

Free Classified ads - buy and sell cheap items in South Africa | CLASF - copyright ©2024 www.clasf.co.za.