-
loading
Ads with pictures

Wereld wat


Top sales list wereld wat

South Africa (All cities)
1960 eerste uitgawe hardeband in baie mooi toestand. Stofjas het merkies rondom sye. R60 posgeld in SA.  Inhoud: die tyd toe die hele laeveld en boswereld nog kon behoort aan n swerwerjagter met sy muilkar en geweer. Stories soos Jan Blom, die groot leeu en Soutpansberg.
R 35
See product
South Africa (All cities)
 Hardeband met stof omslag, 1961, 170 bladsye, in goeie kondisie.
R 150
See product
South Africa
This item is sold brand new. It is ordered on demand from our supplier and is usually dispatched within 10 - 15 working days Handelsryk in die Ooste is die tweede deel van ¿n vyfdelige reeks oor vroe blanke vestiging aan die Kaap. In di deel beskryf Karel Schoeman die totstandkoming en bestuur van die Verenigde Oost-Indische Compagnie (VOC) se uitgebreide handelsnetwerk in die gebied van die Indiese Oseaan gedurende die sewentiende eeu. Vir die meeste Suid-Afrikaanse lesers wat maar min kennis van die VOC het, bied hierdie boek besonder baie insigte en word die stigting van die klein verversingspos aan die Kaap die Goeie Hoop in 1652 in konteks geplaas. Dit gee byvoorbeeld aandag aan die groot intra-Asiatiese handelsnetwerk wat selfs voor die koms van die Portugese en Spaanse ontdekkingsreisigers in die gebied bestaan het, aan die wedywering tussen die seevarende moondhede Portugal, Nederland, Engeland en Frankryk om vastrapplek in verskillende Oosterse lande te kry en aan die soms bloedige stryd om monopolie in die handel met kosbare produkte soos speserye, tekstiel en porselein te verkry. ¿n Aantal hoofstukke word gewy aan Batavia, die VOC se administratiewe hoofstad: Vanuit die VOC-kantore is die retoervlote gekordineer; hiervandaan is verkenningstogte na die binneland onderneem; het die amptenary en ryk handelaars ¿n swierige lewenstyl ontwikkel en het kosbare Oosterse meubels en tapyte modieus geword. Ten slotte word ook aandag aan die verskynsel van slawerny en die invloed wat dit gehad het op die koloniale lewe, ook aan die Kaap. Features Summary Die tweede deel van ’n vyfdelige reeks oor vroeë blanke vestiging aan die Kaap. Author Karel Schoeman Publisher Protea Boekhuis Release date 20091130 Pages 350 ISBN 1-86919-270-2 ISBN 13 978-1-86919-270-9
See product
South Africa (All cities)
This item is sold brand new. It is ordered on demand from our supplier and is usually dispatched within 10 - 15 working days Jannie Malan is 'n intelligente digter wat met ’n liriese maar tegelyk nugter blik na die wereld kyk. In ligte laaie is sy eerste volwaardige bundel nadat hy reeds in 2010 in Nuwe stemme 4 (Tafelberg) gedebuteer het. Malan skryf oor sy jeug, oor die liefde en die verlies daarvan, oor reise binne- en buitelands, en ten slotte oor die dood. Die bundel is in vyf afdelings gestruktureer met die vuur van die titel as ’n deurlopende motief. Die gedigte getuig van die digter se ruim verwysingsveld en wye belangstelling in alles wat in en om die mens van die 21ste eeu aangaan. Jannie Malan is ’n sterk en opwindende nuwe stem in die Afrikaanse poesie. Features Summary Jannie Malan is 'n intelligente digter wat met ’n liriese maar tegelyk nugter blik na die wereld kyk. In ligte laaie is sy eerste volwaardige bundel nadat hy reeds in 2010 in Nuwe stemme 4 (Tafelberg) gedebuteer het. Author Jannie Malan Publisher Protea Boekhuis Release date 20140605 Pages 128 ISBN 1-4853-0078-9 ISBN 13 978-1-4853-0078-6
R 143
See product
South Africa (All cities)
This item is sold brand new. It is ordered on demand from our supplier and is usually dispatched within 10 - 15 working days Marlise Joubert se sewende digbundel handel oor siekte en herstel. In die eerste afdeling, "winterklou", word die beklemmende wereld van die intensiewe sorgeenheid en hospitaalbed uit die perspektief van die pasient beskou. Die hulpeloosheid en uitgelewerdheid van iemand wat 'n ernstige operasie moes ondergaan, neem op aangrypende wyse gestalte in die gedigte. Te midde van pyn bly sy bewus van skoonheid en die nabyheid van die geliefde. In die tweede afdeling, "rugkaatsing" word haar wereld weer groter soos wat sy herstel; bring sy reise, besoeke en gesprekke in herinnering en tree die verskrikking van siekte en dood verder weg. Die derde afdeling, "dryfgoed", is 'n viering van lewe en kunstenaarskap. Die herstelproses word 'n werklikheid soos wat sy weer begin skryf en skilder. Ander dinge, plekke en mense tree weer toe tot haar beleweniswereld. Alhoewel die spreker bewus bly van haar kwesbaarheid en die verbygaan van die tyd, bevestig gewone dinge soos kos, wyn en blomme die waarde van die lewe en die liefde. Features Summary Marlise Joubert se sewende digbundel handel oor siekte en herstel. Alhoewel die spreker bewus bly van haar kwesbaarheid en die verbygaan van die tyd, bevestig gewone dinge soos kos... Author Marlise Joubert Publisher Protea Boekhuis Release date 20110117 Pages 96 ISBN 1-86919-472-1 ISBN 13 978-1-86919-472-7
R 129
See product
South Africa
This item is sold brand new. It is ordered on demand from our supplier and is usually dispatched within 10 - 15 working days Takke, blare en versiersels le die wereld vol en al wat jy hoor, is ou Knoetsboom se gekreun en gekraak. "Eina, eina tog, my arm! Ho, ho...O, my kop...waar is ek?" mompel 'n diep, growwe stem. Diep, diep in die hart van Droombos, daar waar net bosdiertjies, feetjies en kabouters woon en waar kindertjies net in hul drome kan kom, gebeur allerhande dinge in en om Ou Knoetsboom in hierdie splinternuwe eg Afrikaanse reeks. Features Summary Takke, blare en versiersels le die wereld vol en al wat jy hoor, is ou Knoetsboom se gekreun en gekraak. "Eina, eina tog, my arm! Ho, ho...O, my kop..... Author Francois Maree (Editor), Johann Strauss (Illustrator), Annelize Bester (Author) Publisher Fantasi Books (Pty) Ltd Release date 20060930 Pages 32 ISBN 1-920134-13-1 ISBN 13 978-1-920134-13-6
See product
South Africa (All cities)
This item is sold brand new. It is ordered on demand from our supplier and is usually dispatched within 24 hours Staan Sterk In 'n Wankelende Wreld Dra jy swaar aan die druk van jou daaglikse lewe, ry jy op 'n emosionele tuimeltrein, is jy fisiek uitgeput en sukkel jy met swak gesondheid? Is jy kort van draad, angstig, bang en voel jy pal skuldig omdat jy worstel om l meer en meer vir jou werk — en ander mense — te gee, dikwels ten koste van jou gesinslewe. Voel jy of jy min hoop het vir die toekoms? Staan sterk in 'n wankelende wreld is 'n praktiese boek vol onmiddelllike inspirasie wat jou sal help om bo al jou omstandighede uit te styg en alles te word wat jy geskep is om te wees. Die insigte wat jy op hierdie blaaie vind, sal jou aanmoedig om jou lewe, jou besigheid en jou toekoms te verander. Die teks is gebore uit lewenservaring en is nie bloot teorie nie. Waarvoor Wag Jy Dan? Sou jy bereid wees om jou ou leefwyse te verander en om jouself die geleentheid te gee om jou beste lewe te leef vir die res van jou lewe? Verbeel jou 'n lewe vol van oorborrelende vreugde...vars hoop wat daagliks aan jou opgedien word - soos warm brood; vryheid van alewige vrees; vervullende verhoudings; om selfvertroue uit te straal en om te lewe met die verwagting van gestruktureerde sukses. Hierdie waarheid is vervat in Waarvoor wag jy dan? Die resultate hoef nie langer vasgevang te wees in jou gedagtes of op jou wenslysie nie. Die uitkomste kan in jou lewe ervaar word - prakties, konsekwent en kragtig en doeltreffend. Nou waarvoor wag jy dan? Dit is NOU jou tyd om op te staan! Features Summary Staan Sterk In 'n Wankelende Wêreld Dra jy swaar aan die druk van jou daaglikse lewe, ry jy op ’n emosionele tuimeltrein, is jy fisiek uitgeput en sukkel jy met swak gesondheid? Author Angelique du Toit Publisher Struik Christian Media ISBN 1-4153-3934-1 ISBN 13 978-1-4153-3934-3
R 206
See product
South Africa (All cities)
 Johnita le Roux - Een vir die Wolfskof       Een vir die Wolfskof  van Johnita le Roux is ‘n pakkende roman waarin ‘n vroueskrywer inbeweeg in die manlike domein. Die wêreld van die plaas en veral die soldaat word hier oopgemaak. Die roman speel in 1995 af en ‘n soldaat uit die Ou-Suid-Afrika beleef ‘n ernstige depressie. Sy vrou besoek ‘n terapeut en die effek van sy gemoedstoestand word op ‘n openhartige wyse beskryf. Hy is onder andere impotent en die effek hiervan op sy vrou en homself word uiters aangrypend beskryf.  Ook roep die verteller hulle vorige lewe in herinnering en hoe alles verander het. Die lot van die wit man word dus hier vanuit die perspektief van ‘n vrou (‘n baie vernuftige strategie) onder die loep geneem.  Die ervaring van die eens magtige patriarg as ‘n nou impotente (op fisiese en geestelike vlak) is waarskynlik een van die belangrikste temas van hierdie roman. En dit kry natuurlik ‘n ekstra dimensie omdat ‘n vrou hieraan stem gee. Soos wat Marlene van Niekerk inbeweeg in die domein van die plaasroman in  Agaat, skryf Le Roux oor veeboere en droogte. Dit gaan hier om die soeke na water wat natuurlik ook geestelike energie impliseer. Die letterlike reis word ook ‘n geestelike soeke of reis wat met primordiale krag gelaai word. Ook is die tema van die plaas ‘n hoogs emosionele onderwerp; nes die indertydse grensoorlog en in Dine van Zyl se  Slagoffers   is daar eweneens ‘n vars blik gegee op hierdie oorlog.
R 35
See product
South Africa (All cities)
2007 eerste uitgawe sagteband met 252 bladsye in goeie toestand. R60 posgeld in SA. Die storie van bruin Suid-Afrikaners, in mikrokosmos beleef op Stellenbosch, soos nog nooit in Afrikaans vertel nie.  Van die beginjare het burgers, slawe en ’n klein klompie vryswartes Stellenbosch saam opgebou. Saam het hulle reeds voor 1700 begin om ’n nuwe taal, Afrikaans, te skep. Saam het hulle op een erf gewoon – met die slaaf wat in die kombuis of buitekamer moes slaap. Dié boek vertel van die hartseer en die skeiding en hoe apartheid op Stellenbosch sy beslag gekry het.  Dié leesbare vertelling is deurspek met die ware verhale van mense soos “Abraham, die slaaf van Matthias Hoffman” (sy rug en bene gebreek tot hy die “genadeslag” ontvang het omdat hy Matthias se huis aan die brand gesteek het) en Manisa, toegewyde moeder wat na vrystelling van plek tot plek reis om haar kinders te gaan soek. Daar is ook sketse van ander sleutelpersone en sleutelgebeure, onder meer die “slag van Andringastraat,” toe wit studente en bruin inwoners handgemeen geraak het.  Nog altyd hier gewees bied ’n fassinerede blik op hoe verhoudinge tussen wit en bruin ontwikkel het en waar dinge skandelik skeefgeloop het. Dit eindig op ’n hoopvolle noot met Stellenbosch se eerste bruin burgemeester en die mense van “die Vlakte” wat met trots hul eie storie die wêreld instuur.
R 90
See product
South Africa
This item is sold brand new. It is ordered on demand from our supplier and is usually dispatched within 24 hours 'n Bloedrooi kappie, 'n goudgeel gifappel, drie krulsterte, 'n kat met stewels, 'n pampoen wat in 'n koets verander, 'n huisie van lekkers, en sewe klein bokkies... Welkom in die wereld van sprokiesland! Lochner de Kock vertel al jou gunstelingsprokies! Kom luister saam! Die stories op die CD: Klein Duimpie; Die Wolf en die Sewe Bokkies; Hansie en Grietjie; Die Gestewelde Kat; Aspoestertjie; Die Drie Varkies; Rooikappie. Features Summary 'n Bloedrooi kappie, 'n goudgeel gifappel, drie krulsterte, 'n kat met stewels, 'n pampoen wat in 'n koets verander, 'n huisie van lekkers, en sewe klein bokkies... Author Madeleine Mansiet (Author), Fantasi (Author), Fran cois Ruyer (Illustrator) Publisher Fantasi Books (Pty) Ltd Release date 20140701 ISBN 1-77591-154-3 ISBN 13 978-1-77591-154-8
R 69
See product
South Africa
This item is sold brand new. It is ordered on demand from our supplier and is usually dispatched within 10 - 15 working days Francois Bloemhof se onnutsige en speelse vertaling van Dahl se reeds klassieke Revolting Rhymes sorg vir ’n allerheerlike leeservaring. Talle verrassings wat op lesers wat gedink het Sneeuwitjie is so soet soos stroop en Rooikappie weet nie van sake in haar eie hande neem nie... Features Summary 'n Versameling van ses omdigtings van ou bekende sprokies uit die pen van een van die wereld se mees geliefde kinderboekskrywers. Author Roald Dahl (Author), Quentin Blake (Illustrator), Francois Bloemhof (Translator) Publisher Protea Boekhuis Release date 20120827 Pages 47 ISBN 1-86919-851-4 ISBN 13 978-1-86919-851-0
R 124
See product
South Africa
This item is sold brand new. It is ordered on demand from our supplier and is usually dispatched within 10 - 15 working days Dit is die sewentigerjare. Nelle Dreyer is negentien jaar oud en bly in die Kaap. Nadat sy as Maties se sjampanjenooientjie gekroon is, droom sy net van een ding: om topmodel in Europa te wees. Sy sou gou uitvind dat dit nie maklik is nie. Sy neem die leser terug na haar kinderjare, haar jongmeisiejare, die verlies van haar maagdelikheid en die kort, uitbundige studentelewe wat sy gehad het voor daar deure oopgegaan het oorsee. Uiteindelik is dit 'n bitter eerlike werk. Nelle was jonk in die dae van die sogenaamde seksrevolusie, en sy het daardie vryheid ten volle omarm. Maar, seksuele vryheid het gevolge – en die manuskrip is ook ontsettend eerlik oor die hartseer tye wat Nelle beleef het. Voorbladnooi is haar storie, met die mooi, met die hartseer. Features Summary In hierdie outobiografie vertel Nelle hoe 'n gewone Afrikaanse sjampanjenooientjie die internasionale modelwerk betree het. Van die beste fotograwe ter wêreld het haar afgeneem en haar lyf het al superontwerpers se klere ten toon gestel. Author Nelle Dreyer Publisher Protea Boekhuis Release date 20110905 Pages 399 ISBN 1-86919-505-1 ISBN 13 978-1-86919-505-2
R 186
See product
South Africa (All cities)
This item is sold brand new. It is ordered on demand from our supplier and is usually dispatched within 24 hours Ella Neser, befaamde speurder uit die Abel-trilogie en Die verdwyning van Billy Katz, is weer op die spoor van 'n raaiselagtige moord. In 'n voorstad van Johannesburg word Clara Heyns, voorbeeldige moeder van twee, dood gevind met engelvlerke aan. Te midde van kantoorpolitiek probeer Ella die leidrade naspeur, maar dan draai haar wereld inmekaar: wie is die rooikop wat by haar geliefde Lou uithang? Die storie is briljant aanmekaargesit, met 'n plot wat die slimste leser sal fnuik. Features Summary Ella Neser, befaamde speurder uit die Abel-trilogie en meer onlangs Die verdwyning van Billy Katz, is weer op die spoor van 'n raaiselagtige moord. In 'n voorstad van Johannesburg word Clara Heyns... Author Chris Karsten Publisher Human & Rousseau Release date 20161013 Pages 464 ISBN 0-7981-7418-8 ISBN 13 978-0-7981-7418-3
R 236
See product
South Africa (All cities)
This item is sold brand new. It is ordered on demand from our supplier and is usually dispatched within 7 - 15 working days Die Nuwe alles-in-een Graad 3 Huistaal Leerderboek is ontwikkel volgens die vereistes van die KABV. Die Leerderboek bevat klanke, spelwoorde, sinskontruksie, sigwoorde en leeslesse wat tematies met die aktiwiteite verbind is. Die boek bevat klankspeletjies en nuttige feite in leeslesse wat betrekking het tot die hedendaagse wereld. Die skrifstrokies op die Onderwysersgids se CD help die onderwyser om lopende skrif vir die leerder te leer en die werkvelle op die CD bied ook ekstra inoefening van nuwe klanke en spelling. Hierdie Leerderboek word gebruik saam met die Onderwysersgids (met 40 weke se lesbeplanning en 'n CD met werkvelle, hulpbronne, skrifstrokies, resepte, liedjies en mondelinge stories), die Klankboek vir leerders vir Huistaal en die Leer lees en skryf-werkboek vir Graad 3 Huistaal (met handskrifstrokies en -patrone, leeslesse en taaloefeninge). Features Summary Die Nuwe alles-in-een Graad 3 Huistaal Leerderboek is ontwikkel volgens die vereistes van die KABV. Die Leerderboek bevat klanke, spelwoorde, sinskontruksie... Author Mart Meij Publisher Best Books Release date 20160201 ISBN 1-77589-056-2 ISBN 13 978-1-77589-056-0
R 146
See product
South Africa
This item is sold brand new. It is ordered on demand from our supplier and is usually dispatched within 10 - 15 working days Features Summary Goedsmoeds is 'n verkenning van die manier waarop die mens na sy wereld kyk en die raaisels wat ons moet raai om verbeelde realiteit en werklikheid te versoen... Author Piet Van Rooyen Publisher Protea Boekhuis Release date 20020101 Pages 56 ISBN 1-919825-76-2 ISBN 13 978-1-919825-76-2
R 20
See product
South Africa (All cities)
  (Roodepoort: Baanbreker-Uitgewers, 1960), 1960. Dustwrapper title reads 'Jy Kan Die Kommuniste Vertrou (om Kommuniste te wees)'. 8vo; original black boards, lettered in red on spine, with red star emblem to upper cover; dustwrapper; pp. (vi) + 205. Dustwrapper worn. Good to very good condition. Uncommon Afrikaans translation of 'You Can Trust The Communists (To Do Exactly As They Say)', published in the same year by Prentice-Hall, a work which appealed to the South African preoccupation during the Cold War era with 'Die Rooi Gevaar'. "Ons verwelkom van harte die verskyning in Afrikaans van hierdie insiggewende en lesenswaardige boek oor die insypeling van Kommunisme in die wêreld. Hierdie boek is in die eerste plek vir Amerika geskrywe, maar alles wat daarin meegedeel word, kan net sowel op ons in Suid-Afrika van toepassing gemaak word."
R 90
See product
South Africa (All cities)
Engele in die Vreemde, Chris Schoeman, 2013, (Hard Cover, Out of Print, NEW) Engele in die Vreemde Na die uitbreek van die Anglo-Boereoorlog het honderde vroue hul moederlande verlaat en na Suid-Afrika gekom, sommige op soek na avontuur, ander met ’n egte begeerte om die slagoffers van die oorlog te help. Hulle het van reg oor die wêreld gekom – van Brittanje en sy kolonies, en van pro-Boerlande in Europa. Maar wat ook al hul oorsprong, het hulle almal hierheen gekom om in onaangename en vreemde toestande te leef en te werk.Engele in die vreemde vertel die verhale van twaalf van hierdie dapper vroue, afkomstig van Engeland, die Nederlande, België, Swede, Kanada, Australië en Nieu-Seeland. Sommige het as verpleegsters aan die front gewerk, terwyl ander Boerekinders in die konsentrasiekampe onderrig het. Hierdie fassinerende en inspirerende boek is gebaseer op persoonlike dagboeke en briewe, sowel as ander oorlogsbronne, en vertel van hul beproewinge en rampspoed terwyl hulle te kampe gehad het met die gevare van oorlog, die uiterstes van die omgewing en die treurige oë van sterwende mans in hul sorg. Hul verhale is dié van barmhartigheid en moed. -     Also available in English from KAROOBOEKE/KAROOBOOKS     Author: Chris Schoeman » Title: Engele in die Vreemde » ISBN: 9781770225022 » Format: Hardcover with dustjacket » Release Date: April 2013 » Imprint: Zebra Press » Pages: 264  
R 220
See product
South Africa (All cities)
Audrey Blignault se persoonlike keur van uittreksels uit die wêreld se mooiste boeke wat 'n onvergeetlike indruk op haar gemaak het. Human & Rousseau, 1985. Hardeband, groot formaat, 192 bladsye. Posgeld sien asb. shipping charges.  
R 85
See product
South Africa (All cities)
This item is sold brand new. It is ordered on demand from our supplier and is usually dispatched within 4 - 8 working days Dit is die verhaal van hoe `n jong Xhosa-veewagtertjie uit die groen heuwels van die Oos-Kaap Suid-Afrika se eerste swart president geword het. Toe hy in Johannesburg vir `n prokureur gestudeer het, het Nelson Mandela meer en meer gesien hoe onregverdig die land se wette teenoor swart mense was, en hoe hulle daaronder ly. En die ergste was, hulle kon niks daaraan te doen omdat die wet swart mense verbied het om te stem vir `n regering wat hulle wou he. Daarom het Tata Mandela besluit om sy lewe daaraan te wy om te veg teen die regering se groot plan, apartheid. Apartheid het beteken dat wit en swart mense apart gehou is en dat wit mense die beste deel van alles gekry het. Sommer gou het Madiba se aksies hom in die moeilikheid laat beland, en uiteindelik is hy vir 27 jaar toegesluit. Maar toe hy daar uitkom, het alles verander, en hy het die eerste president van al die mense van die land, wit en swart, geword. Hy was `n held vir almal in Suid-Afrika en oor die hele wereld, en hierdie boek vertel sy storie. Features Summary Dit is die verhaal van hoe `n jong Xhosa-veewagtertjie uit die groen heuwels van die Oos-Kaap Suid-Afrika se eerste swart president geword het. Author Sean Fraser Publisher The Penguin Group (SA) (Pty) Ltd Release date 20130902 Pages 291 ISBN 0-14-353853-5 ISBN 13 978-0-14-353853-0
R 80
See product

Free Classified ads - buy and sell cheap items in South Africa | CLASF - copyright ©2024 www.clasf.co.za.