-
loading
Ads with pictures

Nuwe alles


Top sales list nuwe alles

South Africa
This item is sold brand new. It is ordered on demand from our supplier and is usually dispatched within 24 hours Sedert Suid-Afrika se politieke omwentelinge vanaf 1989 word daar van Nasionale Intelligensie se vertroulike leers uit die vorige bedeling vernietig. Terselfdertyd kom ses Duitsers onder geheimsinnige omstandighede in Suid-Afrika aan. Natuurlik kry almal ’n nuwe identiteit, Afrikaanse name, ’n nuwe lewe. Nie almal wat met hierdie sake gemoeid was, het skoon rekords nie. ’n Man soos Vic Nel is byvoorbeeld tot veel meer in staat as wat dit lyk, noudat hy ’n hardeware-verkoopsman is wat laag le sover hy kan. Alles werk, tot ’n reeksmoordenaar vaardig raak en Vic se foto by die moordtoneel staangemaak word. Dit terwyl Vic nie ’n benul het hoe hy en die onbekende slagoffers se lewe vervleg kan wees nie. En as dit uit die verlede dateer, is dit ook so dat niemand sedert 1989 so jonk gebly het dat hulle nog geredelik herkenbaar sal wees nie. Na ’n besoek aan ’n befoeterde ou man in ’n aftreeoord tel hy wel ’n spoor op, maar hy word vriendelik vermaan om weg te stap, want die verlede is verby en niemand kan iets daaraan verander nie. Maar wegstap kom nie vir Vic maklik nie. Features Summary Vic Nel het in die vorige politieke bedeling vir Nasionale Intelligensie gewerk en in die Nuwe Suid-Afrika is hy, wel, ’n hardeware-verkoopsman... Tot sy foto staangemaak word by ’n moordtoneel en soortgelyke moorde daarop volg. Author Henk Breytenbach Publisher LAPA Publishers (Pty) Ltd / LAPA Uitgewers (Edms) Bpk Release date 20160601 Pages 303 ISBN 0-7993-8024-5 ISBN 13 978-0-7993-8024-8
R 177
See product
South Africa (All cities)
This item is sold brand new. It is ordered on demand from our supplier and is usually dispatched within 10 - 15 working days Jannie Malan is 'n intelligente digter wat met ’n liriese maar tegelyk nugter blik na die wereld kyk. In ligte laaie is sy eerste volwaardige bundel nadat hy reeds in 2010 in Nuwe stemme 4 (Tafelberg) gedebuteer het. Malan skryf oor sy jeug, oor die liefde en die verlies daarvan, oor reise binne- en buitelands, en ten slotte oor die dood. Die bundel is in vyf afdelings gestruktureer met die vuur van die titel as ’n deurlopende motief. Die gedigte getuig van die digter se ruim verwysingsveld en wye belangstelling in alles wat in en om die mens van die 21ste eeu aangaan. Jannie Malan is ’n sterk en opwindende nuwe stem in die Afrikaanse poesie. Features Summary Jannie Malan is 'n intelligente digter wat met ’n liriese maar tegelyk nugter blik na die wereld kyk. In ligte laaie is sy eerste volwaardige bundel nadat hy reeds in 2010 in Nuwe stemme 4 (Tafelberg) gedebuteer het. Author Jannie Malan Publisher Protea Boekhuis Release date 20140605 Pages 128 ISBN 1-4853-0078-9 ISBN 13 978-1-4853-0078-6
R 143
See product
South Africa (All cities)
This item is sold brand new. It is ordered on demand from our supplier and is usually dispatched within 4 - 8 working days Vir die vroue wat hy met sy rolprentsterglimlag betower het, was Chris Barnard 'n hartebreker. Vir sy pasinte 'n harteheler. Die nuwe biografie oor Suid-Afrika se beroemdste hartsjirurg vertel nie net van Barnard se kinderjare in Beaufort-Wes, sy prominente huwelike (en egskeidings) en flambojante lewe nie. James Styan ondersoek ook die impak van die historiese eerste hartoorplanting op Barnard se persoonlik lewe en op die Suid-Afrikaanse gemeenskap in die algemeen, waar apartheidswetgewing dikwels die probleme van geneeskunde nog ingewikkelder gemaak het. Die rol van swart mediese personeel soos Hamilton Naki word bespreek, sowel as die intense wedywering wat tussen ander beroemde hartsjirurge en Barnard ontstaan het. Hoe het Barnard dit reggekry om hulle almal in die resies om lewe en dood te wen? Hoeveel het sy welbekende sjarme daarmee te doen gehad? En wat is Barnard se nalatenskap vandag, in die lig van sy latere suksesse en aansienlike mislukkings? Styan dek dit alles in die fassinerende nuwe blik op Chris Barnard wat uitgegee is om saam te val met die 50ste herdenking van die eerste hartoorplanting. Features Summary Vir die vroue wat hy met sy rolprentsterglimlag betower het, was Chris Barnard 'n hartebreker. Vir sy pasiente 'n harteheler. Die nuwe biografie oor Suid-Afrika se beroemdste hartsjirurg vertel nie net van Barnard se kinderjare in Beaufort-Wes... Author James Styan Publisher Jonathan Ball Publishers Release date 20171204 Pages 275 ISBN 1-86842-840-0 ISBN 13 978-1-86842-840-3
R 189
See product
South Africa
This item is sold brand new. It is ordered on demand from our supplier and is usually dispatched within 7 - 15 working days Die Piekfyn Afrikaans-reeks vir Graad 4, 5 en 6 bied omvattende, gentegreerde aktiwiteite propvol interessante inligting en uitdagings. Alles wat leerders moet verstaan en ken om Afrikaans Huistaal en Afrikaans Eerste Addisionele Taal met vliende vaandels te slaag, is in hierdie boeke saamgevat. Met behulp van die LEERDERBOEK sal leerders ¿ spontaan oor verskeie interessante onder werpe en tekste gesels ¿ vlot en ekspressief praat en toesprake lewer ¿ glad kommunikeer in verskillende sosiale situasies ¿ vinnig verskeie visuele tekste verstaan en verduidelik ¿ noukeurig en krities na taalgebruik luister ¿ taalstrukture deeglik onder die knie kry en foutloos gebruik ¿ nuwe woorde en sinne gebruik ¿ transaksionele en kreatiewe tekste beplan en skryf. Die ONDERWYSERSGIDS bied: ¿ ¿n volledige antwoordsleutel vir elke module, asook riglyne, wenke en prosedures ¿ leeraktiwiteite in afdelings soos Pitkos en In ¿n neutedop ¿ wenke vir doeltreffende luister, praat, lees, kyk en skryf ¿ gepaste inhoud en kontekste, en ¿n wye ver skei denheid tekssoorte volgens eietydse temas ¿ onderrigplanne vir elke module asook riglyne vir lesbeplanning ¿ ¿n formele assesseringsprogram, asook metodes en instrumente vir assessering ¿ ¿n CD waarop ¿n volledige onder wysers ler, beplan ningsdokumente en addisionele werk kaarte verskyn. Elke LEESBOEK is ingedeel volgens genres, met tekste en temas wat gepas is vir leerders in die Inter medire Fase en wat help om leerders se leesvaardighede en taalkennis uit te brei. Die leesboeke bied: ¿ kort en lang stories, fotoverhale, dramas, gedigte, en inligtings-, sosiale en mediatekste ¿ prikkelende materiaal soos poskaarte, briewe, pamflette en plakkate, koerantberigte, resensies, verslae en advertensies. Ter ondersteuning van die onderwyser is die volgende inligting ook in die leesboek ingesluit: ¿ vrae oor tekste, geformuleer volgens kog ni tiewe vlakke ¿ toeligting by moeiliker tekste ¿ woordverklarings vir komplekse woorde. Features Summary Die Piekfyn Afrikaans-reeks vir Graad 4, 5 en 6 bied omvattende, geïntegreerde aktiwiteite propvol interessante inligting en uitdagings. Alles wat leerders moet verstaan en ken om Afrikaans Huistaal en Afrikaans Eerste Addisionele Taal met vlieënde vaandels te slaag... Publisher Best Books Release date 20130101 Pages 231 ISBN 1-77002-847-1 ISBN 13 978-1-77002-847-0
See product
South Africa (All cities)
This item is sold brand new. It is ordered on demand from our supplier and is usually dispatched within 7 - 15 working days Die Piekfyn Afrikaans-reeks vir Graad 4, 5 en 6 bied omvattende, gentegreerde aktiwiteite propvol interessante inligting en uitdagings. Alles wat leerders moet verstaan en ken om Afrikaans Huistaal en Afrikaans Eerste Addisionele Taal met vliende vaandels te slaag, is in hierdie boeke saamgevat. Met behulp van die LEERDERBOEK sal leerders • spontaan oor verskeie interessante onder werpe en tekste gesels • vlot en ekspressief praat en toesprake lewer • glad kommunikeer in verskillende sosiale situasies • vinnig verskeie visuele tekste verstaan en verduidelik • noukeurig en krities na taalgebruik luister • taalstrukture deeglik onder die knie kry en foutloos gebruik • nuwe woorde en sinne gebruik • transaksionele en kreatiewe tekste beplan en skryf. Die ONDERWYSERSGIDS bied: • 'n volledige antwoordsleutel vir elke module, asook riglyne, wenke en prosedures • leeraktiwiteite in afdelings soos Pitkos en In 'n neutedop • wenke vir doeltreffende luister, praat, lees, kyk en skryf • gepaste inhoud en kontekste, en 'n wye ver skei denheid tekssoorte volgens eietydse temas • onderrigplanne vir elke module asook riglyne vir lesbeplanning • 'n formele assesseringsprogram, asook metodes en instrumente vir assessering • 'n CD waarop 'n volledige onder wysers ler, beplan ningsdokumente en addisionele werk kaarte verskyn. Elke LEESBOEK is ingedeel volgens genres, met tekste en temas wat gepas is vir leerders in die Inter medire Fase en wat help om leerders se leesvaardighede en taalkennis uit te brei. Die leesboeke bied: • kort en lang stories, fotoverhale, dramas, gedigte, en inligtings-, sosiale en mediatekste • prikkelende materiaal soos poskaarte, briewe, pamflette en plakkate, koerantberigte, resensies, verslae en advertensies. Ter ondersteuning van die onderwyser is die volgende inligting ook in die leesboek ingesluit: • vrae oor tekste, geformuleer volgens kog ni tiewe vlakke • toeligting by moeiliker tekste • woordverklarings vir komplekse woorde. Features Summary Die Piekfyn Afrikaans-reeks vir Graad 4, 5 en 6 bied omvattende, geïntegreerde aktiwiteite propvol interessante inligting en uitdagings. Alles wat leerders moet verstaan en ken om Afrikaans Huistaal en Afrikaans Eerste Addisionele Taal met vlieënde vaandels te slaag... Publisher Best Books Release date 20121119 Pages 240 ISBN 1-77002-848-X ISBN 13 978-1-77002-848-7
R 258
See product
South Africa (All cities)
This item is sold brand new. It is ordered on demand from our supplier and is usually dispatched within 10 - 15 working days In Tydelose Gety lewer Lina Spies verse wat spreek van 'n positiewe lewensuitkyk, wat wil uitstyg "bo alles wat vals is en stereotiep". Selfs vir die sewentigjarige hou die lewe nog 'n volheid in en kan die vervulling van die liefde beleef word. Sy bring hulde aan groot figure soos Nelson Mandela, weer eens aan Anne Frank en aan 'n onbekende oorlewende van die holocaust wat met oop gordyne slaap om elke nuwe dag te verwelkom. Vir Spies is daar geen twyfel nie dat die Afrikaanssprekende nog 'n plek in Suid-Afrika het en hier sinvol en gelukkig kan lewe. Die beheerste lewensvreugde van die laaste verse spreek van 'n oorwonheid en soberheid wat aan Elisabeth Eybers se laaste gedigte herinner. Vir die eerste keer neem Spies ook enkele vertaalde gedigte in 'n bundel op waardeur sy 'n bydrae lewer tot die bekendstelling van wreldposie in Afrikaans. Features Summary In Tydelose Gety lewer Lina Spies verse wat spreek van 'n positiewe lewensuitkyk, wat wil uitstyg "bo alles wat vals is en stereotiep". Author Lina Spies Publisher Protea Boekhuis Release date 20100730 Pages 84 ISBN 1-86919-383-0 ISBN 13 978-1-86919-383-6
R 153
See product
South Africa (All cities)
This item is sold brand new. It is ordered on demand from our supplier and is usually dispatched within 7 - 15 working days Alana de Koker wil haar aandag uitsluitlik toespits op haar nuwe werk in die trauma-eenheid. Sy mt hard en voortdurend werk om die duiwels uit haar kop te hou. Dan hoor sy 'n bekende stem agter een van die gordyne by ongevalle. Op die bed l die laaste persoon op aarde wat sy wou sien. Na vyf jaar is Braam Smit steeds so aantreklik op sy sorgelose manier. Alana moet nou alles in haar vermo doen om Braam uit haar kop n veral haar hart te hou. Features Summary Alana de Koker wil haar aandag uitsluitlik toespits op haar nuwe werk in die trauma-eenheid. Sy móét hard en voortdurend werk om die duiwels uit haar kop te hou... Author Cecilia Steyn Publisher Tafelberg Publishers Ltd Release date 20180810 Pages 224 ISBN 0-624-08573-2 ISBN 13 978-0-624-08573-7
R 96
See product
South Africa
This item is sold brand new. It is ordered on demand from our supplier and is usually dispatched within 10 - 15 working days Hoe kies 'n seun tussen sy ouers? En hoe gemaak as daar 'n mooi meisiekind ook in die prentjie kom? Johannes, sy ma en sy broer Petrus woon op Clanwilliam. Vir die Desembervakansie gaan kuier Johannes by sy pa op Wuppertal, waar hy nie net seunsavonture saam met sy nuwe vriend Frikkie beleef nie, maar ook 'n meisie ontmoet wat sy hart laat hamer. Johannes voel al hoe meer dat hy graag permanent by sy pa wou kom bly, maar hy kom gou agter dat alles nie altyd eenvoudig is nie, en dat daar dalk 'n goeie rede is waarom sy ma moes weggaan. Features Summary Hoe kies 'n seun tussen sy ouers? En hoe gemaak as daar 'n mooi meisiekind ook in die prentjie kom? Johannes, sy ma en sy broer Petrus woon op Clanwilliam. Author Kowie Rossouw Publisher Protea Boekhuis Release date 20051231 Pages 157 ISBN 1-86919-110-2 ISBN 13 978-1-86919-110-8
See product
South Africa
This item is sold brand new. It is ordered on demand from our supplier and is usually dispatched within 7 - 15 working days Toe iemand Kaapstad se ses-en-vyftigjarige mans begin afmaai, is dt kaptein Kassie Kasselman se dilemma. Dit wil darem baie na ¿n reeksmoordenaar lyk ¿ almal dieselfde modus operandi, almal dieselfde ouderdom ¿ maar Kassie is net nie oortuig nie... Boonop word hy aanges om ¿n skouspelagtige skilderyvervalsing te ondersoek, asof hy nie genoeg werk het nie. Hy¿t die ingedoende kopers voorheen so mooi gehelp, en hier sit hulle nou in ¿n baie groot verleentheid met hul miljoene-rande-belegging wat niks werd is nie. Wie kon so ¿n kans gevat het? En dan¿s daar die glibberige aktuaris met die voorliefde vir prostitute ¿ en hy¿s k ses-en-vyftig ¿ wat die leisels van ¿n groot maatskappy gaan opneem, as sy afperser nie die oorhand kry nie. Sal Kassie sy aaklige nuwe gesondheidsdieet oorleef om te kan ondersoek hoe dit alles inmekaar steek? Features Summary Reeksmoordenaar, of wraak? Toe iemand Kaapstad se ses-en-vyftigjarige mans begin afmaai, is dit kaptein Kassie Kasselman se dilemma. Author Rudie van Rensburg Publisher Queillerie Publishers (Pty) Ltd Release date 20140520 Pages 317 ISBN 0-7958-0077-0 ISBN 13 978-0-7958-0077-1
See product

Free Classified ads - buy and sell cheap items in South Africa | CLASF - copyright ©2024 www.clasf.co.za.