-
loading
Ads with pictures

Moeder van


Top sales list moeder van

South Africa
Hardeband in goeie toestand. Binding is stewig en skoon binne, behalwe vir watermerke aan bo- en onderkant van blaaie binne in boek, maar beïnvloed nie teks. Uitgegee 1965 met 278 bladsye tydens die 300-jarige bestaan van die Gemeente van Kaapstad. S/w illustrasies en foto's. Posgeld in RSA = R58.00 (verhoogde postariewe 1/4/2017)
See product
South Africa
Hardeband met stofomslag. Boek is stewig gebind en skoon binne. Uitgegee 1965 met 278 bladsye en geïllustreer met s/w foto's. Geskenkinskripsie op voorste skutbladsy. Die stofomslag is verweer met skade aan die voor-en bokant. Papierverlies. Posgeld in RSA = R58.00.  
See product
South Africa (All cities)
This item is sold brand new. It is ordered on demand from our supplier and is usually dispatched within 24 hours Ella Neser, befaamde speurder uit die Abel-trilogie en Die verdwyning van Billy Katz, is weer op die spoor van 'n raaiselagtige moord. In 'n voorstad van Johannesburg word Clara Heyns, voorbeeldige moeder van twee, dood gevind met engelvlerke aan. Te midde van kantoorpolitiek probeer Ella die leidrade naspeur, maar dan draai haar wereld inmekaar: wie is die rooikop wat by haar geliefde Lou uithang? Die storie is briljant aanmekaargesit, met 'n plot wat die slimste leser sal fnuik. Features Summary Ella Neser, befaamde speurder uit die Abel-trilogie en meer onlangs Die verdwyning van Billy Katz, is weer op die spoor van 'n raaiselagtige moord. In 'n voorstad van Johannesburg word Clara Heyns... Author Chris Karsten Publisher Human & Rousseau Release date 20161013 Pages 464 ISBN 0-7981-7418-8 ISBN 13 978-0-7981-7418-3
R 236
See product
South Africa (All cities)
2007 eerste uitgawe sagteband met 252 bladsye in goeie toestand. R60 posgeld in SA. Die storie van bruin Suid-Afrikaners, in mikrokosmos beleef op Stellenbosch, soos nog nooit in Afrikaans vertel nie.  Van die beginjare het burgers, slawe en ’n klein klompie vryswartes Stellenbosch saam opgebou. Saam het hulle reeds voor 1700 begin om ’n nuwe taal, Afrikaans, te skep. Saam het hulle op een erf gewoon – met die slaaf wat in die kombuis of buitekamer moes slaap. Dié boek vertel van die hartseer en die skeiding en hoe apartheid op Stellenbosch sy beslag gekry het.  Dié leesbare vertelling is deurspek met die ware verhale van mense soos “Abraham, die slaaf van Matthias Hoffman” (sy rug en bene gebreek tot hy die “genadeslag” ontvang het omdat hy Matthias se huis aan die brand gesteek het) en Manisa, toegewyde moeder wat na vrystelling van plek tot plek reis om haar kinders te gaan soek. Daar is ook sketse van ander sleutelpersone en sleutelgebeure, onder meer die “slag van Andringastraat,” toe wit studente en bruin inwoners handgemeen geraak het.  Nog altyd hier gewees bied ’n fassinerede blik op hoe verhoudinge tussen wit en bruin ontwikkel het en waar dinge skandelik skeefgeloop het. Dit eindig op ’n hoopvolle noot met Stellenbosch se eerste bruin burgemeester en die mense van “die Vlakte” wat met trots hul eie storie die wêreld instuur.
R 90
See product
South Africa (All cities)
 Die verhaal van Johanna Brandt - BEP du Toit - Protea - Harde glansboek soos in besonder goeie toestand. Johanna en Lou Brandt se liefdesverhaal en die Anglo-Boereoorlog is nou verweef. Met Johanna se veelkantige persoonlikheid het sy op uiteenlopende terreine bekendheid sowel as omstredenheid verwerf. Onreg het sy daadkragtig beveg. Met al die beperkinge van haar posisie as predikantsvrou het sy indertyd die nog onbekende terrein van natuurgenesing betree. In 1897 is sy vir musiekstudie na Duitsland, vanwaar sy net voor die Anglo-Boereoorlog teruggekeer het na Suid-Afrika. Ná die besetting van Pretoria was sy en haar moeder Boerespioene behulpsaam. Sy het ook as vrywilligerverpleegster in Irene-konsentrasiekamp gewerk. Die meetsnoere het nie vir haar altyd op lieflike plekke geval nie. Die verskeurdheid wat sy ervaar het, spreek uit haar woorde: “Dit voel asof ek met ysterkloue aan hierdie grond moet vasklou.” 
R 95
See product
South Africa (All cities)
1965. Hardeband. Baie goeie toestand. Minder as 1kg.   Swart en wit illustrasies.
R 190
See product
South Africa
This item is sold brand new. It is ordered on demand from our supplier and is usually dispatched within 7 - 15 working days Die kortverhale in hierdie bundel beeld op treffende en insiggewende wyse, en plek-plek met die gebruik van sprokies, die karakter Mia se grootwordervarings uit – in Kaapstad en op die familieplaas op Ladismith, van 12-jarige kind tot 'n jong moeder. Dit beeld ook op fyn en sensitiewe wyse uit hoe Mia worstel met ’n erflas van alkoholisme en depressie. Daar is die komplekse verhoudings binne die familie: met haar ma, haar pa, en, soos sy ouer word, met mans. Die verhale beeld haar vrese uit, haar seksuele ontwaking en haar pogings om 'n sinvolle, gelukkige verhouding met iemand te he. Dis aparte verhale, maar saam beeld dit Mia se lewe uit en word dit byna iets soos 'n Bildungsroman. Onderliggend in die verhale is die helende krag wat "storie" en verbeelding in Mia en haar pa se lewe speel: dit is ook haar redding uit die erflas van depressie. Features Summary Die kortverhale in hierdie bundel beeld op treffende en insiggewende wyse, en plek-plek met die gebruik van sprokies, die karakter Mia se grootwordervarings uit – in Kaapstad en op die familieplaas op Ladismith... Author Willemien Brummer Publisher Human & Rousseau Release date 20080714 Pages 144 ISBN 0-7981-4980-9 ISBN 13 978-0-7981-4980-8
R 241
See product
South Africa (All cities)
This item is sold brand new. It is ordered on demand from our supplier and is usually dispatched within 10 - 15 working days Weens die resessie in Nederland word Will se vader gedwing om as skeepsbouer in Roemenie te gaan werk. Toe die oorlog uitbreek, moet die gesin vlug en so beland hulle in Soerabaja op die eiland Java in Indonesie. Aanvanklik is hulle betreklik veilig, maar nadat Japan die eiland beset het, word die vrouens in konsentrasiekampe opgeneem. Hier beleef hulle bykans ondraaglike ellende, maar hier bewys die Nederlandse vroue ook van watter stoffasie hulle gemaak is. Die Van Halewijns oorleef die kampe en ook die Indonesiese burgeroorlog wat net na die oorlog uitbreek. Aanpassing na die oorlog is egter baie moeilik en die gesin emigreer uiteindelik na Suid-Afrika, waar Will haar ervarings aan die skryfster toevertrou het. Mariel le Roux het daarvan 'n meesleurende verhaal gemaak: Die uiters moeilike omstandighede, die hartseer en ook die ligter oomblikke word in genoeg besonderhede geskets sodat 'n mens jou daarin kan inleef. Features Summary Wilhelmina: Kampkind op Java, is die merkwaardige ware verhaal van Will van Halewijn, haar moeder en twee jonger sussies tydens en net na die Tweede Wereldoorlog. Author Mariël Le Roux Publisher Protea Boekhuis Release date 20070309 Pages 277 ISBN 1-86919-162-5 ISBN 13 978-1-86919-162-7
R 172
See product

Free Classified ads - buy and sell cheap items in South Africa | CLASF - copyright ©2024 www.clasf.co.za.