PRODUKSIEBESTUURDER:WYNDRUIWE - AD POSTED BY ZEEMAN IN ROBERTSON

'n Gemengde boerdery in Robertson omgewing is opsoek na die dienste van 'n Produksiebestuurder wat die wyndruiwe afdeling van die boerdery kan bestuur, asook hulp kan verleen met die oes van ander afdelings se vrugte (steenvrugte en sitrus). Vereistes: Die posbekleër sal rapporteer aan die Produksiehoof en verantwoordelik wees vir die produksie van wyndruiwe. Sleutelpligte: -Die bestuur van die menslike hulpbronne komponent -Plaag- en onkruidbeheer -Besproeiing -Snoei tot oes -Ontwikkeling van nuwe aanplantings -Rekordhouding en algemene administrasie -Deeglike kennis en ervaring van wyndruif verbouing (minimum 5 Jaar) -Ondervinding van parsmasjiene -Ondervinding en kennis van besproeiing, plaagbeheer, onkruidbeheer asook voeding -Goeie meganiese vaardighede en prakties aangelê wees -Bestuur van 'n span werknemers en werwing van spanne -Rekordhouding kan handhaaf bv Deurgee van lone -Basiese rekenaarkennis -Goeie menseverhoudings handhaaf, eie inisiatief kan neem en gemotiveerd wees -Kode 10 (EC1) lisensie met geldige PDP -Woonagtig in die Weskaap Die ideale kandidaat is 'n energieke en praktiese persoon, met baie goeie menseverhoudinge, wat oor die toepaslike ondervinding van wingerdverbouing beskik. Moet getroud wees en eggenoot moet 'n pos kan beklee en uitdagings van beroep verstaan, bereid wees om verlengde ure te werk en naweekdiens te verrig.Moet asb nie aansoek doen indien kwalifikasies of motivering ontbreek nie. Indien u belangstel in die geleentheid, e-pos asb 'n volledige CV aan zeemanboerdery@gmail.com Aansoeke sluite: Die Suksesvolle kandidaat begin Meld salaris en voordele verlang. Indien u aan die keuringsvereistes voldoen, sal ons u binne twee weke na die plasing van hierdie advertensie kontak.

4.00/5

1 reviews

Add to your favorite ads
Produksiebestuurder:Wyndruiwe - Ad posted by Zeeman
loading
Price: R 0,00
R 0,00
3398597
Accept terms and conditions and privacy policy

Avoid frauds by contacting local ads only, and if possible try to collect the item by person. Do not be persuade by those who dispatch from another country or that request you to be paid by check or MoneyGram / ​​Western Union / Efecty, without any guarantee. We recommend you to read our safety tips.

Free Classified ads - buy and sell cheap items in South Africa | CLASF - copyright ©2024 www.clasf.co.za.