-
loading
Ads with pictures

Skiet en bly


Top sales list skiet en bly

South Africa (All cities)
Buy Vry en Bly serie skool leesboek - Die wiel van awontuur - Theron & Groeneweg & Van Bruggen for R65.00
R 65
See product
South Africa
2014 eerste uitgawe sagteband met 197 bladsye splinternuut. R50 posgeld in SA. By geleentheid van die gevierde skrywer Karel Schoeman se 75ste verjaardag in Oktober 2014 publiseer Protea Boekhuis twee televisiedraaiboeke, wat, hoewel hulle geruime tyd gelede reeds geskryf is, nie voorheen gepubliseer is nie. In die voorwoord tot die twee draaiboeke meld Karel Schoeman dat die twee draaiboeke in 1985 ontstaan het, toe daar bewerkings van sy romans verfilm is. Die twee dramatekste sou miskien eerder as leestekste en nie as speeltekste nie beskou kon word, maar Schoeman sluit nie die moontlikheid van verfilming uit nie. Hy skryf verder: “Die betrokke manuskripte het onlangs aan die lig gekom nadat ek gemeen het dat dit lankal nie meer bestaan nie, en word nou gepubliseer soos hulle geskryf is, aangesien dit nie sinvol gelyk het om na verloop van meer as 'n kwarteeu nog daaraan te probeer verander of verbeter nie.” Die eerste van die twee tekste, “'n Vrou wat alleen bly”, speel op 'n klein plattelandse dorpie af. Dit handel oor die raaiselagtige skietdood van 'n geliefde dominee en oor die versteuring van verhoudings tussen mense wat mekaar reeds lank ken wanneer 'n nuweling die gemeenskap binnekom. Die tweede teks, “Hier was huise, hier 'n pad” speel in 1908 af in en om 'n hotelletjie aan die Suid-Kaapse kus. In hierdie draaiboek bevind 'n aantal uiteenlopende karakters hulle toevallig en kortstondig in mekaar se geselskap. Sommige van die karakters reik huiwerig na mekaar uit, maar die verhoudings wat ontstaan, bly vervlietend. Soos in 'n Tsjechow-drama toon Karel Schoeman in hierdie twee tekste watter intensiteit daar in klein menslike gebare, huiwerende gesprek en versigtige uitreik na ander kan le.
See product
South Africa (All cities)
This item is sold brand new. It is ordered on demand from our supplier and is usually dispatched within 10 - 15 working days By geleentheid van die gevierde skrywer Karel Schoeman se 75ste verjaardag in Oktober 2014 publiseer Protea Boekhuis twee televisiedraaiboeke, wat, hoewel hulle geruime tyd gelede reeds geskryf is, nie voorheen gepubliseer is nie. In die voorwoord tot die twee draaiboeke meld Karel Schoeman dat die twee draaiboeke in 1985 ontstaan het, toe daar bewerkings van sy romans verfilm is. Die twee dramatekste sou miskien eerder as leestekste en nie as speeltekste nie beskou kon word, maar Schoeman sluit nie die moontlikheid van verfilming uit nie. Hy skryf verder: “Die betrokke manuskripte het onlangs aan die lig gekom nadat ek gemeen het dat dit lankal nie meer bestaan nie, en word nou gepubliseer soos hulle geskryf is, aangesien dit nie sinvol gelyk het om na verloop van meer as 'n kwarteeu nog daaraan te probeer verander of verbeter nie.” Die eerste van die twee tekste, “'n Vrou wat alleen bly”, speel op 'n klein plattelandse dorpie af. Dit handel oor die raaiselagtige skietdood van 'n geliefde dominee en oor die versteuring van verhoudings tussen mense wat mekaar reeds lank ken wanneer 'n nuweling die gemeenskap binnekom. Die tweede teks, “Hier was huise, hier 'n pad” speel in 1908 af in en om 'n hotelletjie aan die Suid-Kaapse kus. In hierdie draaiboek bevind 'n aantal uiteenlopende karakters hulle toevallig en kortstondig in mekaar se geselskap. Sommige van die karakters reik huiwerig na mekaar uit, maar die verhoudings wat ontstaan, bly vervlietend. Soos in 'n Tsjechow-drama toon Karel Schoeman in hierdie twee tekste watter intensiteit daar in klein menslike gebare, huiwerende gesprek en versigtige uitreik na ander kan le. Features Summary By geleentheid van die gevierde skrywer Karel Schoeman se 75ste verjaardag in Oktober 2014 publiseer Protea Boekhuis twee televisiedraaiboeke, wat, hoewel hulle geruime tyd gelede reeds geskryf is... Author Karel Schoeman Publisher Protea Boekhuis Release date 20140922 Pages 197 ISBN 1-4853-0184-X ISBN 13 978-1-4853-0184-4
R 191
See product
South Africa
D.I.Y PROJEKTE. IN EN OM DIE HUIS 16 BOEKE IN N STEL Do It Your Self Encyclopedia Wood work Steel work Plastic work Garden work Car work Home work Electric work Brick work There is a lot of information and projects in these books Kontak Michael of Whatsapp Ek bly in Florida Wesrand JHB Pos kan ook gereel word
R 450
See product
South Africa
This item is sold brand new. It is ordered on demand from our supplier and is usually dispatched within 10 - 15 working days Dit is die sewentigerjare. Nelle Dreyer is negentien jaar oud en bly in die Kaap. Nadat sy as Maties se sjampanjenooientjie gekroon is, droom sy net van een ding: om topmodel in Europa te wees. Sy sou gou uitvind dat dit nie maklik is nie. Sy neem die leser terug na haar kinderjare, haar jongmeisiejare, die verlies van haar maagdelikheid en die kort, uitbundige studentelewe wat sy gehad het voor daar deure oopgegaan het oorsee. Uiteindelik is dit 'n bitter eerlike werk. Nelle was jonk in die dae van die sogenaamde seksrevolusie, en sy het daardie vryheid ten volle omarm. Maar, seksuele vryheid het gevolge – en die manuskrip is ook ontsettend eerlik oor die hartseer tye wat Nelle beleef het. Voorbladnooi is haar storie, met die mooi, met die hartseer. Features Summary In hierdie outobiografie vertel Nelle hoe 'n gewone Afrikaanse sjampanjenooientjie die internasionale modelwerk betree het. Van die beste fotograwe ter wêreld het haar afgeneem en haar lyf het al superontwerpers se klere ten toon gestel. Author Nelle Dreyer Publisher Protea Boekhuis Release date 20110905 Pages 399 ISBN 1-86919-505-1 ISBN 13 978-1-86919-505-2
R 186
See product
South Africa (All cities)
This item is sold brand new. It is ordered on demand from our supplier and is usually dispatched within 10 - 15 working days Marlise Joubert se sewende digbundel handel oor siekte en herstel. In die eerste afdeling, "winterklou", word die beklemmende wereld van die intensiewe sorgeenheid en hospitaalbed uit die perspektief van die pasient beskou. Die hulpeloosheid en uitgelewerdheid van iemand wat 'n ernstige operasie moes ondergaan, neem op aangrypende wyse gestalte in die gedigte. Te midde van pyn bly sy bewus van skoonheid en die nabyheid van die geliefde. In die tweede afdeling, "rugkaatsing" word haar wereld weer groter soos wat sy herstel; bring sy reise, besoeke en gesprekke in herinnering en tree die verskrikking van siekte en dood verder weg. Die derde afdeling, "dryfgoed", is 'n viering van lewe en kunstenaarskap. Die herstelproses word 'n werklikheid soos wat sy weer begin skryf en skilder. Ander dinge, plekke en mense tree weer toe tot haar beleweniswereld. Alhoewel die spreker bewus bly van haar kwesbaarheid en die verbygaan van die tyd, bevestig gewone dinge soos kos, wyn en blomme die waarde van die lewe en die liefde. Features Summary Marlise Joubert se sewende digbundel handel oor siekte en herstel. Alhoewel die spreker bewus bly van haar kwesbaarheid en die verbygaan van die tyd, bevestig gewone dinge soos kos... Author Marlise Joubert Publisher Protea Boekhuis Release date 20110117 Pages 96 ISBN 1-86919-472-1 ISBN 13 978-1-86919-472-7
R 129
See product
South Africa (All cities)
Skole - Gaan ons dit toelaat, Pienaar, Basson, Straus (1987) Genommerde Uitgawe met  Handtekeninge van skrywers en Piet Skiet. A5, hardeband met stofomslag. Stofomslag het 2 klein skeurtjies. Boek in baie goeie toestand. Boek nommer 296 toegeken aan Piet Rudolph. 
R 100
See product
South Africa (All cities)
This item is sold brand new. It is ordered on demand from our supplier and is usually dispatched within 4 - 8 working days Jippie! Dis uiteindelik vakansie. Die meeste kinders in 5b gaan by die huis bly. Maar Lotta se familie gaan op 'n organise plaas vakansie hou. Al het sy en haar twee raasbekboeties, Jakob en Simon, besluit hulle wil na 'n eksotiese eiland toe vlieg. Maar daar is nogal baie interessante diere op hierdie plaas. En Lotta is mal oor diere! Sy kan ook lekker op hulle oefen. Want sy weet nou wat is haar Indiese blokfluit se geheim: 'n Mens kan slange daarmee hipnotiseer! Veral kobras. Haar blokfluit laat erdwurms ook dans. Sy moet net die regte note blaas... Dit is die een katastrofe na die ander in Lotta se lawwe lewe! Haar avonture is egter altyd vol pret, humor en verrassings! Features Summary Jippie! Dis uiteindelik vakansie. Die meeste kinders in 5b gaan by die huis bly. Maar Lotta se familie gaan op 'n organise plaas vakansie hou. Al het sy en haar twee raasbekboeties... Author Alice Pantermuller (Author), Kobus Geldenhuys (Translator) Publisher Human & Rousseau Release date 20140818 Pages 152 ISBN 0-7981-6676-2 ISBN 13 978-0-7981-6676-8
R 142
See product
South Africa (All cities)
This item is sold brand new. It is ordered on demand from our supplier and is usually dispatched within 24 hours Moet Agab getrou bly aan die ou lsraelitiese waardes, of kan hy sy vrou volg die afvallige tydsgees in? Teenoor lsebel staan die profetiese figuur van Elia - wat die droogte oor Israel voorspel, die profete van Baal in 'n tweestryd op Karmelberg verneder, en uiteindelik die finale doemwoord oor Agab en sy huis uitspreek. Daar is ook die verhaal van Nabot,wat nie bereid om te erken dat God die God van alle mense is nie. En van die liefde van Johanan vir Ada, die dogter van hul dienskneg. Features Summary Moet Agab getrou bly aan die ou lsraelitiese waardes, of kan hy sy vrou volg die afvallige tydsgees in? Teenoor lsebel staan die profetiese figuur van Elia - wat die droogte oor Israel voorspel... Author F.A. Venter Publisher Lux Verbi Release date 20170628 Pages 336 ISBN 0-7963-2059-4 ISBN 13 978-0-7963-2059-9
R 228
See product
South Africa
This item is sold brand new. It is ordered on demand from our supplier and is usually dispatched within 8 - 13 working days Daar is liefde in die lug — maar wat beteken dit vir Greg Heffley? 'n Beplande Valentynsdagdans by die skool gooi sy lewe omver. Terwyl Greg swoeg om 'n dansmaat te vind, begin hy wonder of hy drobek gaan bly op die groot aand. Sy beste vriend, Rowley, sit met dieselfde problem, maar dis 'n skrale troos. Dan kry Greg 'n dansmaat danksy 'n onverwagte kinkel en Rowley bly alleen agter. Maar op een aand kan daar baie dinge gebeur, en 'n mens weet nooit watter koers die liefde gaan kies nie… Features Summary Daar is liefde in die lug – maar wat beteken dit vir Greg Heffley? ’n Beplande Valentynsdagdans by die skool gooi sy lewe omver. Terwyl Greg swoeg om ’n dansmaat te vind... Author Jeff Kinney (Author), Tinus Horn (Translator) Publisher Puffin Release date 20170503 Pages 224 ISBN 1-4859-0014-X ISBN 13 978-1-4859-0014-6
See product
South Africa (All cities)
 Die storie van Monica Peters - E.K.M. Dido - Kwela - 1996, eerste uitgawe, eerste druk - Sagteband in baie mooi toestand. In “ Die storie van Monica Peters ” vertel die bruin vrou Monica Peters haar lewensverhaal as memoires aan haar kinders en kleinkinders, wat haar verhaal op band opneem. So sluit die verhaal ten nouste aan by die orale tradisie, waar verbeelding en agterna-interpretasie die vertelling kleur sodat dit moeilik is om tussen werklikheid en verbeelding te onderskei, die vertelwyse naïef en ongesofistikeerd is, die gebeure chronologies gerangskik word en geïdealiseer word en die karakters getipeer is eerder as genuanseerd. Die verteltydperk stem in alle opsigte ooreen met die tyd van apartheid, met Monica wat haar verhaal begin toe sy agt jaar oud was (in 1948, die jaar van die Nasionale Party se bewindsoorname) en dit beëindig in 1994 (die jaar van die demokratiese verkiesing), toe sy 54 jaar oud is. Haar storie is dus baie nou gekoppel aan die storie van die land. Monica word groot in ’n klein dorpie in Transkei waar die kinders van alle rasse steeds saam op die skoolbanke sit en daar rasseharmonie heers. Die nuwe magistraat dwing egter apartheid af en die rasse word op alle gebiede geskei. Monica raak verlief op Eric Richmond, die magistraat se seun, en wanneer sy swanger word trou hulle in die geheim in Swaziland. Na hulle huwelik is vrees en frustrasie hulle daaglikse lot, want hulle moet gedurig ontvlug om uit die hande van die gereg te bly. Hulle stryd teen apartheid neem hulle dan vir 25 jaar in bannelingskap in Londen. Na die vrylating van Mandela keer hulle terug na Suid-Afrika as vry mense. Ten spyte van die algemene bevryding van die bevolking, voel sy haar as bruin vrou steeds vreemd en ontuis in haar eie vaderland. Eric sterf dan in ’n sluipmoordaanval, wat Monica dwing om weer haar prioriteite in oënskou te neem. Haar goeie vriend Franklin, wat reeds baie jare op haar verlief is, stap egter in om die gaping in haar lewe te vul. 
R 55
See product
South Africa
Oom Kootjie Emmer-Andre P. Brink- Buren-uitgewers-1973-Eerste uitgawe-Hardeband met stofomslag. Intern: skoon en stewig gebind. Baie mooi, skoon en stewige toestand. Oom Kootjie Emmer is Lykbesorger en Nagwadrywer op Witgatworteldraai. Humoristiese anekdotes oor Oom Kootjie en sy dorp se mense: Dominee Dooieweerdt en Miss Libbie Plesie, oom Sagrys Noodskoot en oom Poepies Pontak, Koekie Rautenbach en Tolletjies Fourie, sersant Gryp-en-Ryp Koesee en die Weduwee Oop-en-toe, noem maar op. Maar dit bly in die eerste plek die verhaal van oom Kootjie self, van sy sloerstaking en sy geheime wapen, sy Uitwaartse Beweging en sy Volksfees. Hoe hy uiteindelik burgemeester word en vooruitgang bewerkstellig.  
See product
South Africa
This item is sold brand new. It is ordered on demand from our supplier and is usually dispatched within 15 - 20 working days Die Jasper-jeugreeks is die eerste keer uitgegee in 1959 en daar was verskeie herdrukke. Hierdie is die sewende titel in die Jasper-reeks. Vir enige kind sal dit ure se genot verskaf, want dit is 'n boek om te lees en te herlees. Saam met die Viermanskap is die leser bly oor die sukses wat behaal word en saam met die vriende word daar getreur oor die brandende sitvlakke! In alles was Jasper nog altyd die onbestrede leier, maar nou lyk dit asof sy maats hom eenkant toe stoot, en dit net omdat hy nie soos ‘n meisiekind op ‘n verhoog wil gaan ronddans nie. Asof daar nie veel belangriker dinge is wat ‘n seun kan doen nie! En boonop lyk dit ook nog asof hulle dink hy kan nie toneel speel nie! Jasper is egter nie iemand wat homself bejammer as dinge ‘n bietjie donker lyk nie. Hy het lankal geleer dat dit die heel beste is om uit te spring en iets te doen om die saak reg te stel — en soos altyd spring die klein borselkop met soveel entoesiasme aan die werk, dat hy homself, en die leser, ‘n bietjie uitasem laat. Kom deel in die avonture van Jasper. Features Summary Die Jasper-jeugreeks is die eerste keer uitgegee in 1959 en daar was verskeie herdrukke. Hierdie is die sewende titel in die Jasper-reeks. Vir enige kind sal dit ure se genot verskaf... Author C.F. Beyers-Boshoff Publisher Protea Boekhuis Release date 20161201 Pages 108 ISBN 1-4853-0381-8 ISBN 13 978-1-4853-0381-7
See product
South Africa (All cities)
This item is sold brand new. It is ordered on demand from our supplier and is usually dispatched within 5 - 10 working days Moenie jou daaroor bekommer nie!' Hoeveel keer het ons nie al hierdie raad gegnoreer nie? Die meeste van ons weet dat bekommernis vrugteloos is en ons geensins nader aan 'n uitkoms of oplossings bring nie. Maar tog sukkel ons om uit die kloue van vrees te bly. In Wen die stryd teen kommer verklaar die skrywer, Simon Robinson, egter oorlog teen kommer. Hy bied 'n 31-dag-strategie wat kommer in sy spore sal laat stuit. Robinson het self vir baie jare met angs gesukkel. Hy het egter Bybelse en praktiese manier gevind om dit te beveg en te oorwin. Elke stap is in die Bybel geanker en word eenvoudig verduidelik met 'n gebed en aksiepunte daarby. Wie moet hierdie boek lees? - Mense wat met kommer, angs en paniek worstel - Pastorale beraders en raadgewers Hierdie belangrike onderwerp word in klein, maklik-verteerbare gedeeltes behandel sodat jy dit kan lees, daaroor kan nadink en aksie kan neem oor die verloop van 'n maand. Features Summary Moenie jou daaroor bekommer nie!' Hoeveel keer het ons nie al hierdie raad geïgnoreer nie? Die meeste van ons weet dat bekommernis vrugteloos is en ons geensins nader aan 'n uitkoms of oplossings bring nie... Author Simon J. Robinson Publisher Struik Christian Media Release date 20161001 Pages 144 ISBN 1-4153-3525-7 ISBN 13 978-1-4153-3525-3
R 124
See product
South Africa
This item is sold brand new. It is ordered on demand from our supplier and is usually dispatched within 24 hours Die gedigte handel onder meer oor 'n byna uitgestorwe plattelandse lewe met tradisionele gebruike en ambagte. Tog word dit haarskerp en klokhelder verwoord sodat ook die moderne stadsmens aanklank daarby kan vind. Maar hy skryf ewe meevoerend oor die stad (Kaapstad). Daar is ook aktuele gedigte oor Suid-Afrikaanse toestande, tydlose verse oor die dood en prikkelende maar ook skreiende uitbeeldings van die liefde. Die verse het 'n eie, unieke klank en styl. Die minimalistiese woordgebruik is besonder suggestieryk en skep dikwels meerduidighede - betekeniseggo's wat naklinkend in die leser se kop bly draai. Die beelde en klanke klou inderdaad aan jou soos knapsekrels. Features Summary Die skrywer is 'n Hertzogpryswenner asook die mees bekroonde en gepubliseerde dramaturg in Afrikaans.Hy word op 77 die oudste debutant in die Afrikaanse poesie. Author Pieter Fourie Publisher Naledi Release date 20170501 Pages 128 ISBN 0-928316-77-7 ISBN 13 978-0-928316-77-3
See product

Free Classified ads - buy and sell cheap items in South Africa | CLASF - copyright ©2024 www.clasf.co.za.