-
loading
Ads with pictures

Oor grense wille


Top sales list oor grense wille

South Africa
Op 11 Februarie 2014 woon Wynand en Frances du Toit die 25ste herdenkingsvieringe van die ondertekening van die Brazzaville Protokol by. President Denis Sassou N'Guesso van die Republiek van die Kongo hang die Nasionale Meriete Order van die Kongo om Wynand se nek. Wat hy daar beleef en besef, laat die laaste stukkie van die legkaart in plek val, dertig jaar na sy gevangeneming in Cabinda, Angola. Lees hier in sy eie woorde van sy stryd om te oorleef, om weer 'n plek in die samelewing in te neem. Hoe hy en talle ander veteraan soldate misbruik, misken en verstoot is. As vergete slagoffers van die destydse Kodesa samesprekings, lewe baie oud-soldate in gebrek en armoede, hul onvermo om in die nuwe Suid Afrika aan te pas 'n bewys van die ou regering se kille hantering van die eens magtigste weermag in Afrika. Die politieke poppe-meesters trek op 10 Mei 1994 die Josefskleed oor die donker jare waarin sy eens getroue soldate en landsburgers steeds verkeer. Die politieke en militre vuilspel gerieflik verswyg in die gemak van hul aftree-pakette. Dit bly 'n ope vraag: was dit nie juis diegene wat bereid was om die grense van lojaliteit oor te steek wat die werklike helde was en die land van 'n bloedige burgeroorlog gered het nie? PUBLIKASIE DATUM: 05 AUGUSTUS 2016
See product
South Africa (All cities)
Reguit, sonder doekies omdraai en met 'n passie wat aansteeklik is. Gaan die inhoud in hierdie boek aanstoot gee? Besluit self! Dit is egter onmoontlik om eerlik en reguit jou hart uit te praat sonder om aanstoot aan iemand iewers te gee. Maar nou ja, dit is mos deedae die mode om polities korrek te wees, om te vertel hoe jy gedwing is om teen jou sin te veg om "apartheid in plek te hou". Dit is ook die mode om spottenderwys te verwys na die "swart-gevaar" of die sogenaamde "rooi-kommunistiese gevaar". Gelukkig hou valskerm-soldate hulle nie op met modes nie, maar fokus op die neergelegde taak, om die vyand so vinnig moontlik met enige iets tot hulle beskikking uit te wis. Dit was lekker avontuurlike jare waar opinies en emosies wipplank gery het. Het almal dit geniet? Ek dink nie so nie, maar die meeste soldate het wel, het ons geveg om apartheid in plek te hou? Lees en vorm jou eie opinie. Het ons geveg om terrorisme van Suid Afrika se grense, dorp en stede weg te hou, ja beslis! Het ons in die proses profesioneel opgetree en die land en sy mense rede gegee om trots te wees? Sonder twyfel! Die skrywer dra sy ervaringe van diensplig dae tot sy uiteindelike "uittrede" op 'n onbeskaamde en onpretensieose wyse oor, wat die leser terugvat na die goeie ou dae as dienspligtige, Burgermag en Kommandolid. Hardeblad, 484 bladsye. Bepekte oplaag van 100 getekende en genommerde eksemplare.  
R 1.200
See product

Free Classified ads - buy and sell cheap items in South Africa | CLASF - copyright ©2024 www.clasf.co.za.