-
loading
Ads with pictures

Le jour se


Top sales list le jour se

South Africa (All cities)
Le Roux, W. J. (Ed.). GROOTE SCHUUR: Woning van Suid-Afrika se Eerste Minister - GROOTE SCHUUR: Residence of South Africa’s Prime Minister. Pretoria: Department of Information, 1970. First Edition. "For more than half a century Groote Schuur in Cape Town has been the official Cape residence of South Africa’s Prime Ministers and their families. Such a residence is obviously of importance and interest to the South African people. In fact the house and its contents actually belong to the people themselves. It is felt that the time is ripe for the house and everything in it to be described graphically hence the decision to publish this book.” Teks in Afrikaans sowel as Engels. 127pp., profusely ills. throughout. Very Good in Very Good dust-jacket. White rexine, gilt.. (##2385)
R 250
See product
South Africa
This item is sold brand new. It is ordered on demand from our supplier and is usually dispatched within 10 - 15 working days Takke, blare en versiersels le die wereld vol en al wat jy hoor, is ou Knoetsboom se gekreun en gekraak. "Eina, eina tog, my arm! Ho, ho...O, my kop...waar is ek?" mompel 'n diep, growwe stem. Diep, diep in die hart van Droombos, daar waar net bosdiertjies, feetjies en kabouters woon en waar kindertjies net in hul drome kan kom, gebeur allerhande dinge in en om Ou Knoetsboom in hierdie splinternuwe eg Afrikaanse reeks. Features Summary Takke, blare en versiersels le die wereld vol en al wat jy hoor, is ou Knoetsboom se gekreun en gekraak. "Eina, eina tog, my arm! Ho, ho...O, my kop..... Author Francois Maree (Editor), Johann Strauss (Illustrator), Annelize Bester (Author) Publisher Fantasi Books (Pty) Ltd Release date 20060930 Pages 32 ISBN 1-920134-13-1 ISBN 13 978-1-920134-13-6
See product
South Africa
(This title is available on demand: expected date of dispatch will be 4-7 working days once ordered) Bophelo ke eng? Motho o tswalwa a sa tsebe hore lefatsheng hobaneng ho na le marumo, dithebe le masetlapelo. Bohle re leka ho ikahela maphelo le bokamoso bo botle. Ya senang sekaja, mmae a tele.What is life? At birth we do not understand conflict and pain. We all have to build our own lives and futures, to 'put our hands to the plough'. Format:book (details unknown)
R 113
See product
South Africa (All cities)
 Johnita le Roux - Een vir die Wolfskof       Een vir die Wolfskof  van Johnita le Roux is ‘n pakkende roman waarin ‘n vroueskrywer inbeweeg in die manlike domein. Die wêreld van die plaas en veral die soldaat word hier oopgemaak. Die roman speel in 1995 af en ‘n soldaat uit die Ou-Suid-Afrika beleef ‘n ernstige depressie. Sy vrou besoek ‘n terapeut en die effek van sy gemoedstoestand word op ‘n openhartige wyse beskryf. Hy is onder andere impotent en die effek hiervan op sy vrou en homself word uiters aangrypend beskryf.  Ook roep die verteller hulle vorige lewe in herinnering en hoe alles verander het. Die lot van die wit man word dus hier vanuit die perspektief van ‘n vrou (‘n baie vernuftige strategie) onder die loep geneem.  Die ervaring van die eens magtige patriarg as ‘n nou impotente (op fisiese en geestelike vlak) is waarskynlik een van die belangrikste temas van hierdie roman. En dit kry natuurlik ‘n ekstra dimensie omdat ‘n vrou hieraan stem gee. Soos wat Marlene van Niekerk inbeweeg in die domein van die plaasroman in  Agaat, skryf Le Roux oor veeboere en droogte. Dit gaan hier om die soeke na water wat natuurlik ook geestelike energie impliseer. Die letterlike reis word ook ‘n geestelike soeke of reis wat met primordiale krag gelaai word. Ook is die tema van die plaas ‘n hoogs emosionele onderwerp; nes die indertydse grensoorlog en in Dine van Zyl se  Slagoffers   is daar eweneens ‘n vars blik gegee op hierdie oorlog.
R 35
See product
South Africa
1944 Uitgawe. Hardeband. 358 Bladsye Vorige eienaar se naam voorin. Buiteblaaie vertoon gebruiksmerke. Boek is stewig gebind. Teks mooi helder. Potlood onderstreep merke/aantekeninge kom voor. Die eerste klompie bladsye is in Afrikaans ter inleiding en aantekeninge. Res van die boek is in Nederlands en Vlaams. Hildebrand is die skuilnaam wat Nicolaas Beets aangeneem het as skrywer van die Camera Obscura.  
R 1
See product
South Africa
HARDEBAND BOEK SONDER STOFJAS. HIERDIE BOEK VERVAT DIE DAGBOEK AANTEKENINGE VAN LOUIS TRIGARDT IN HOLLANDS. BOEK IS  NOG NETJIES. VORIGE EIENAAR SE NAAM IS VOOR IN  DIE BOEK.  
See product
South Africa
This item is sold brand new. It is ordered on demand from our supplier and is usually dispatched within 10 - 15 working days Die gesprek oor Afrikaans en die bruin mense wat die skrywers in hierdie boek aanroer, is tydig in die opsig dat n al die ambivalensie oor die Afrikaans van ons hart en die onverkwiklike manier waarop ons in hierdie taal verdruk en misken is, ons ons vry heid gekry het ¿ wat ook verantwoordelikheid meebring om minstens onder mekaar klaarheid te vind oor wat nou vorentoe met ons taal moet gebeur. Dit is onomstootlik so dat ons as bruin mense die aard van die Khoisan en swart African met ons saamdra. Dit is net so waar dat ons ook Europees in die Anglosaksiese sin van die woord is. Ons is tewens ook trots bewus van ons Asiatiese herkoms. Afrikaans is ook die taal van ons slawevoorouers. Ons moet al hierdie tradisies vir onsself toe-eien. Features Summary Die gesprek oor Afrikaans en die bruin mense wat die skrywers in hierdie boek aanroer, is tydig in die opsig dat na al die ambivalensie oor die Afrikaans van ons hart en die onverkwiklike manier waarop ons in hierdie taal verdruk en misken is... Author W.A.M. Carstens (Editor), Michael le Cordeur (Editor) Publisher Naledi Release date 20170202 Pages 632 ISBN 0-928316-67-X ISBN 13 978-0-928316-67-4
See product
South Africa
This item is sold brand new. It is ordered on demand from our supplier and is usually dispatched within 10 - 15 working days 'n Jeugverhaal wat ook geskik is vir volwassenes. Met Dolf van Niekerk se intieme kennis van die kind, skryf hy vanuit 'n kind se oogpunt oor “die buitestaander/outcast”. Verskeie kwessies wat 'n kind na aan die hart le word aangeraak, soos: gebroke families, tekort aan aandag en liefde, drome en standvastigheid. Albert is eensaam. Hy kom uit 'n gebroke huis waar daar baie gehuil en min gelag word. Hy ken nie sy stiefma nie en dis asof sy pa net 'n kuiergas in die huis is. 'n Posduif bring nuwe hoop en opwinding in sy lewe. Die tuin word sy veilige hawe – die plek waar hy net homself kan wees en vrylik mag liefhe. 'n Jeugboek wat meer as net 'n ontspanningsboek is. As jou kind hierdie eers gelees het, sal sy vir die res van haar lewe opkyk as sy die geruis van duifvlerke hoor. Sy sal deernis he met haar maats wat uit gebroke huise kom, want sy sal besef dat hulle dit nie maklik in die lewe het nie. Sy sal nooit net niks kan voel as sy 'n dooie posduif in die pad sien le nie. As sy dikbek of sleg voel, sal sy uitwyk na die stilte van die tuin. En as iemand haar drome bedreig, sal sy hulle op 'n afstand by die diere stilletjies sit en vloek. – Keina Swart Features Summary 'n Jeugverhaal wat ook geskik is vir volwassenes. Met Dolf van Niekerk se intieme kennis van die kind, skryf hy vanuit 'n kind se oogpunt oor “die buitestaander/outcast”... Author Dolf van Niekerk Publisher Protea Boekhuis Release date 20141101 Pages 96 ISBN 1-4853-0237-4 ISBN 13 978-1-4853-0237-7
See product
South Africa
(This title is available on demand: expected date of dispatch will be 4-7 working days once ordered) Mokwadi wa bukana e, e le maithuwane mo patlelong ya bokwadi o kopilwe a bo a tlhotlhelediwa ke bomme ba ba eteletseng thuto ya dikereite (Grades) pele go e kwala. Ka bukana e, mokwadi o leka go leka go tlhagisa le go tlhalosa mebala ya dikgomo jaaka e ntse. Seno e le go leka go arabela patlego ya lenanathuto la dikereite. Ka jalo e kwaletswe go dirisiwa ke bona barutwana ba dikereite le barutabana ba bona. Barutwana botlhe ba dikolo tsa poraemari le bona ba lalediwa go e latlhela bofofu gore ba tle ba itse ba bo ba tlhaloganye mebala ya medimo e e nko e metsi e leng boswa jwa Motswana go tloga kwa ga Lowe. Batswana botlhe ba gakolole moo go tlhaelang teng gonne tiro yana eno go se matshamekwane. Kwa bokhutlong ke lebisa ditebogo go nkgonne Prof. J.E. Setshedi wa Yunibesthi ya Bophuthatswana, Moh.C. Bodenstein le Ms N. Motlhala jaaka ba ne ba nkema nokeng ka dinako tsotlhe. Format:book (details unknown) Pages:37
R 88
See product
South Africa
This item is sold brand new. It is ordered on demand from our supplier and is usually dispatched within 24 hours Sedert Suid-Afrika se politieke omwentelinge vanaf 1989 word daar van Nasionale Intelligensie se vertroulike leers uit die vorige bedeling vernietig. Terselfdertyd kom ses Duitsers onder geheimsinnige omstandighede in Suid-Afrika aan. Natuurlik kry almal ’n nuwe identiteit, Afrikaanse name, ’n nuwe lewe. Nie almal wat met hierdie sake gemoeid was, het skoon rekords nie. ’n Man soos Vic Nel is byvoorbeeld tot veel meer in staat as wat dit lyk, noudat hy ’n hardeware-verkoopsman is wat laag le sover hy kan. Alles werk, tot ’n reeksmoordenaar vaardig raak en Vic se foto by die moordtoneel staangemaak word. Dit terwyl Vic nie ’n benul het hoe hy en die onbekende slagoffers se lewe vervleg kan wees nie. En as dit uit die verlede dateer, is dit ook so dat niemand sedert 1989 so jonk gebly het dat hulle nog geredelik herkenbaar sal wees nie. Na ’n besoek aan ’n befoeterde ou man in ’n aftreeoord tel hy wel ’n spoor op, maar hy word vriendelik vermaan om weg te stap, want die verlede is verby en niemand kan iets daaraan verander nie. Maar wegstap kom nie vir Vic maklik nie. Features Summary Vic Nel het in die vorige politieke bedeling vir Nasionale Intelligensie gewerk en in die Nuwe Suid-Afrika is hy, wel, ’n hardeware-verkoopsman... Tot sy foto staangemaak word by ’n moordtoneel en soortgelyke moorde daarop volg. Author Henk Breytenbach Publisher LAPA Publishers (Pty) Ltd / LAPA Uitgewers (Edms) Bpk Release date 20160601 Pages 303 ISBN 0-7993-8024-5 ISBN 13 978-0-7993-8024-8
R 177
See product
South Africa (All cities)
 Die Judasbok - Dalene Matthee - 1986 - Human & Rousseau - Hardeband met stofomslag in mooi, skoon en stewige toestand. Die Judasbok is Dalene Matthee se eerste boek. Hiermee het sy in 1982 haar talent triomfantlik aangekondig; en dié bundel verhale het haar ná aan haar hart gelê, want vyf-en-twintig jaar se gevoelens en ervarings, bepeinsing en besinning lê hierin opgesluit. "As ek uit die skool is, gaan ek... boeke skryf," sê een van haar karakters in Die Judasbok. "En ek sal bekend word." Met hierdie bundel verhale en haar romans Kringe in 'n bos, Fiela se kind, Moerbeibos en Toorbos het Dalene Matthee in 'n ommesientjie méér as bekend geword - sy was een van die gewildste skrywers in Afrikaans.
R 75
See product
South Africa (All cities)
This item is sold brand new. It is ordered on demand from our supplier and is usually dispatched within 7 - 15 working days ’n Sensitiewe roman oor die afdruk wat een geslag op ’n volgende laat. Wanneer haar bejaarde ma verdwyn, besluit Katrien om die paaie van haar kinderjare na te ry. Haar reis neem haar terug na die padkampe waar haar pa, ’n padskraperoperateur, die lewe vir haar uitgele het en waar haar ma se stryd teen armoede begin het. Katrien se reis is meer as ’n herinneringstog; op die oop pad onthou sy weer haar pa se woorde: “Om te weet waarheen jy op pad is, moet ’n mens onthou waar jy vandaan kom.” Features Summary Toe haar bejaarde ma verdwyn, besluit Katrien om die paaie van haar kinderjare na te ry. Haar reis neem haar na die padkampe waar haar pa, ’n padskraperoperateur... Author Christine Barkhuizen le Roux Publisher Human & Rousseau Release date 20161006 Pages 351 ISBN 0-7981-7488-9 ISBN 13 978-0-7981-7488-6
R 246
See product
South Africa (All cities)
This item is sold brand new. It is ordered on demand from our supplier and is usually dispatched within 4 - 8 working days Die selfmoord van haar vriendin, Mignon, laat Maggie met meer vrae as antwoorde. In 'n brief vra Mignon vir Maggie om 'n familielid in die tronk te gaan soek. Bea Mostert, 'n eks-Getuie soos Mignon, is tot dertig jaar tronkstraf gevonnis vir 'n onvergeeflike daad. Wat het hierdie twee vroue tot sulke uiterstes gedwing – en speel hul godsdiens 'n rol? Maggie se soeke na antwoorde word deel van haar eie pad na aanvaarding van haar man se dood en begrip vir haar Ierse pa se hardvogtigheid. Features Summary Die selfmoord van haar vriendin, Mignon, laat Maggie met meer vrae as antwoorde. In 'n brief vra Mignon vir Maggie om 'n familielid in die tronk te gaan soek... Author Christine Barkhuizen le Roux Publisher Human & Rousseau Release date 20160920 Pages 381 ISBN 0-7981-7491-9 ISBN 13 978-0-7981-7491-6
R 215
See product
South Africa (All cities)
This item is sold brand new. It is ordered on demand from our supplier and is usually dispatched within 10 - 15 working days By geleentheid van die gevierde skrywer Karel Schoeman se 75ste verjaardag in Oktober 2014 publiseer Protea Boekhuis twee televisiedraaiboeke, wat, hoewel hulle geruime tyd gelede reeds geskryf is, nie voorheen gepubliseer is nie. In die voorwoord tot die twee draaiboeke meld Karel Schoeman dat die twee draaiboeke in 1985 ontstaan het, toe daar bewerkings van sy romans verfilm is. Die twee dramatekste sou miskien eerder as leestekste en nie as speeltekste nie beskou kon word, maar Schoeman sluit nie die moontlikheid van verfilming uit nie. Hy skryf verder: “Die betrokke manuskripte het onlangs aan die lig gekom nadat ek gemeen het dat dit lankal nie meer bestaan nie, en word nou gepubliseer soos hulle geskryf is, aangesien dit nie sinvol gelyk het om na verloop van meer as 'n kwarteeu nog daaraan te probeer verander of verbeter nie.” Die eerste van die twee tekste, “'n Vrou wat alleen bly”, speel op 'n klein plattelandse dorpie af. Dit handel oor die raaiselagtige skietdood van 'n geliefde dominee en oor die versteuring van verhoudings tussen mense wat mekaar reeds lank ken wanneer 'n nuweling die gemeenskap binnekom. Die tweede teks, “Hier was huise, hier 'n pad” speel in 1908 af in en om 'n hotelletjie aan die Suid-Kaapse kus. In hierdie draaiboek bevind 'n aantal uiteenlopende karakters hulle toevallig en kortstondig in mekaar se geselskap. Sommige van die karakters reik huiwerig na mekaar uit, maar die verhoudings wat ontstaan, bly vervlietend. Soos in 'n Tsjechow-drama toon Karel Schoeman in hierdie twee tekste watter intensiteit daar in klein menslike gebare, huiwerende gesprek en versigtige uitreik na ander kan le. Features Summary By geleentheid van die gevierde skrywer Karel Schoeman se 75ste verjaardag in Oktober 2014 publiseer Protea Boekhuis twee televisiedraaiboeke, wat, hoewel hulle geruime tyd gelede reeds geskryf is... Author Karel Schoeman Publisher Protea Boekhuis Release date 20140922 Pages 197 ISBN 1-4853-0184-X ISBN 13 978-1-4853-0184-4
R 191
See product
South Africa (All cities)
This item is sold brand new. It is ordered on demand from our supplier and is usually dispatched within 10 - 15 working days Weens die resessie in Nederland word Will se vader gedwing om as skeepsbouer in Roemenie te gaan werk. Toe die oorlog uitbreek, moet die gesin vlug en so beland hulle in Soerabaja op die eiland Java in Indonesie. Aanvanklik is hulle betreklik veilig, maar nadat Japan die eiland beset het, word die vrouens in konsentrasiekampe opgeneem. Hier beleef hulle bykans ondraaglike ellende, maar hier bewys die Nederlandse vroue ook van watter stoffasie hulle gemaak is. Die Van Halewijns oorleef die kampe en ook die Indonesiese burgeroorlog wat net na die oorlog uitbreek. Aanpassing na die oorlog is egter baie moeilik en die gesin emigreer uiteindelik na Suid-Afrika, waar Will haar ervarings aan die skryfster toevertrou het. Mariel le Roux het daarvan 'n meesleurende verhaal gemaak: Die uiters moeilike omstandighede, die hartseer en ook die ligter oomblikke word in genoeg besonderhede geskets sodat 'n mens jou daarin kan inleef. Features Summary Wilhelmina: Kampkind op Java, is die merkwaardige ware verhaal van Will van Halewijn, haar moeder en twee jonger sussies tydens en net na die Tweede Wereldoorlog. Author Mariël Le Roux Publisher Protea Boekhuis Release date 20070309 Pages 277 ISBN 1-86919-162-5 ISBN 13 978-1-86919-162-7
R 172
See product

Free Classified ads - buy and sell cheap items in South Africa | CLASF - copyright ©2024 www.clasf.co.za.