-
loading
Ads with pictures

Groot trek verlos van


Top sales list groot trek verlos van

South Africa
This item is sold brand new. It is ordered on demand from our supplier and is usually dispatched within 8 - 13 working days In die vroee beplanningsfase van die Vryheidspark was Robin Binckes `n lid van die subkomitee oor geskiedenis. Die mate van debatvoering en bespreking - meestal heftig - het Binckes verstom. So te se elke bespreking is uit presies die teenoorgestelde siening vertolk. Een van die mees omstrede onderwerpe was die Groot Trek, die Boere se eksodus uit die Kaapkolonie in 1838. Skrywers oor die onderwerp het tradisioneel die gebeure nie net uit die perspektief van "wit geskiedenis" benader nie, maar hoofsaaklik uit die van "Afrikanergeskiedenis". Dit is nog altyd gesien as `n "Afrikanergebeurtenis", maar dit was allermins. Die Groot Trek en die gebeure wat daartoe aanleiding gegee het, het elke deel van die samelewing betrek - Zulu, Sotho, Ndebele, Xhosa, Khoisan, Khoikhoi, Bruin, Brits, Engelssprekende Suid-Afrikaner en Boer - en dit is tyd om die trek in daardie lig, in die konteks van `n onbevooroordeelde, moderne Suid-Afrika, uit te beeld. Soos wat gewoonlik die geval is in geskiedenis, hou al die gebeure verband met mekaar. Dit is onmoontlik om die Groot Trek te skei van gebeure wat terugstrek tot by die Portugese ontdekkingsreisigers, aangesien daardie vroee verwikkelinge die agtergrond geskep het vir die redes vir die Groot Trek. Die meeste skrywers het op die trek self gefokus terwyl Binckes `n bree benadering gevolg het wat die impak van die vroeere wit invalle en migrasies - Portugees, Hollands, Frans en Brits - op suidelike Afrika bestudeer. So kan die trek en die oorsake daarvan beter verstaan word. Waar moontlik het Binckes die weergawes van ooggetuies gebruik en dit bevestig met die perspektiewe van vooraanstaande geskiedkundiges. Die eindproduk is `n objektiewe en omvattende rekord van een van die seminale gebeure in Suid-Afrikaanse geskiedenis. Hierdie boek toon dat die Afrikaner `n belangrike rolspeler in die Suid-Afrikaanse gemeenskap is, was en altyd sal wees - maar dit beeld die Afrikaner ook uit as deel van `n groter prentjie. Die skrywer distansieer hom van die karakters wat die afgelope twee eeue as edel gestereotipeer is en beeld hulle lewensgetrou uit: wonderlike, heldhaftige mense met menslike gevoelens, sterk punte en tekortkominge. Features Summary In die vroee beplanningsfase van die Vryheidspark was Robin Binckes `n lid van die subkomitee oor geskiedenis. Die mate van debatvoering en bespreking - meestal heftig - het Binckes verstom... Author Robin Binckes (Author), Adri Kotze (Author) Publisher 30 Degrees South Publishers Release date 20141001 Pages 559 ISBN 1-928211-27-5 ISBN 13 978-1-928211-27-3
See product
South Africa (All cities)
Buy Die Groot Trek - Verlos Van Britse Heerskappy: Eksodus Van Die Boere Uit Die Kaapkolonie, 1836 (Afri for R305.00
R 305
See product
South Africa (All cities)
Buy Spore van die kakebeenwa - `n Terugblik oor die Groot Trek - Historikus for R195.00
R 195
See product
South Africa (All cities)
This item is sold brand new. It is ordered on demand from our supplier and is usually dispatched within 10 - 15 working days Hierdie titel is 'n verkorte weergawe van 'n tesis vir 'n D.Phil-graad wat in 2004 by die Universiteit van Pretoria verwerf is. Dit handel oor die geskiedenis van die koskultuur van die Europeers wat hulle in die sewentiende en agtiende eeu aan die Kaap gevestig het en deel van hulle nasate, die Afrikaners, gebly het. Tydens die genoemde tydperk is reeds begin om daarna as Boerekos te verwys. Die basiese uitgangspunt van die studie was om na te vors waar die oorsprong le van die koskultuur wat in die sewentiende eeu na die Kaap gekom het, wat die koskultuur behels het en wie daardie koskultuur aan die Kaap beinvloed het. Die stof vir die studie is derhalwe in drie grondtemas verdeel. Die historiese agtergrond handel oor invloede op die sewentiende-eeuse Hollandse kookkultuur wat aanleiding gegee het tot die noodsaak van 'n verversingstasie aan die Kaap, die vestiging van die Hollandse kultuur aan die Kaap, en die gemeenskap wat in die vestigingsperiode ontstaan het. Die tweede tema oor wat die koskultuur behels het wat die Europeers in die sewentiende eeu na die Kaap gebring het, word toegelig. Die derde tema wat gaan oor die invloed van Oosterlinge op die kookkultuur aan die Kaap, word ook bespreek. In die slot word gewys op bevindings wat die studie opgelewer het en 'n vlugtige blik word gegee op die verdere verloop van die koskultuur gedurende die Britse bewind, die Groot Trek, die Anglo-Boereoorlog, die tydperk van verstedeliking, die hoogtepunt van Afrikaner-nasionalisme, en die huidige tydsgewrig. Features Summary Hierdie titel is 'n verkorte weergawe van 'n tesis vir 'n D.Phil-graad wat in 2004 by die Universiteit van Pretoria verwerf is. Author H.W. Claassens Publisher Protea Boekhuis Release date 20061023 Pages 513 ISBN 1-86919-106-4 ISBN 13 978-1-86919-106-1
R 329
See product
South Africa (All cities)
 Oemkontoe van die nasie is ’n satiriese terugblik vanuit die jaar 2005 op die Ou en Nuwe Suid-Afrika. In hierdie proses bevind Britse beleidmakers uit die 1800’s hulle onverwags voor die Waarheids- en Versoeningskommissie. Boere uit die Noordelike Provinsie keer die Groot Trek om. Terug Kaap toe, in bakkies met frieskoeie en hoenders agterop, die plaaslike koerantredakteur as trekleier in die Volla voor, die nuwe trekkers vervul met siniese droefheid oor die turfland en wit gras wat agtergelaat word. Histories benadeeldes doen aansoek om as histories bevoordeeldes geherklassifiseer te word. Mense wat in die ou bedeling opponente was, raak ongemerk bondgenote. En die Paarlse Taalmonument se lot as ’n nuttelose spies word finaal verseël. Maar daar is nog Faan Starck, ’n plattelandse onderwyser wie se skryfloopbaan begin met ’n satiriese rubriek in ’n plaaslike koerantjie en ’n storieboek wat per geluk vir hoërskoolleerlinge voorgeskryf word. Sonder dat Faan dit so beplan, word die drukpotlood waarmee hy sy polities verkeerde stories pleeg, skerper, word dit ’n nuwe oemkontoe wat tegelykertyd genadeloos hekel en tragiek blootlê. Dit is nie welkom nie, en Faan se tydsberekening is helaas swak – “ … maar hemel, jou politiek, Starck, waar kruip jy uit? Dis... ’n land met ’n veritabele reënboog van regte waarvoor jy sensitief moet wees.” Oemkontoe van die nasie is ’n polities verkeerde veroordeling van die Nuwe Suid-Afrika en dis ’n boek wat eintlik nie gelees behoort te word nie … 
R 85
See product
South Africa (All cities)
1955 eerste uitgawe hardeband met stofjas in mooi toestand. R55 posgeld in SA. Binne ook: Witfontein, Soutpansberg, Heidelberg, Zeerust, Potchefstroom, gemeentes, leraars, onderwys, Tweede Vryheidsoorlog, Anglo-Boereoorlog, Transoranje, Groot Trek, Vaalrivier, Lydenburg, Pretorius, Postma, Cachet, Pienaarsrivier, Hartbeesfontein, Stephanus Hofmeyr....naam in ink voorin.
R 70
See product
South Africa (All cities)
Histories korrekte, feitelike weergawe van die gebeure en figure rondom die 1930's wat aanleiding gegee het tot die Afrikaners se "Groot Trek". Leiers wat bespreek word sluit in Karel Landman, Piet Uys en Andries Pretorius. Die skrywer stel ook die kant van die Engelse, en beskryf onder meer die lewe van die grootwildjagter, die Skot, Robert Scoon. Tafelberg-Uitgewers 1976, 165 bladsye, sien asb. "Shipping charges" vir posgeld.
R 120
See product
South Africa (All cities)
This item is sold brand new. It is ordered on demand from our supplier and is usually dispatched within 10 - 15 working days Met Oewerbestaan lewer Melt Myburgh 'n debuutdigbundel wat beslis aandag gaan trek. 'n Groot aantal van die gedigte het te make met die landskap van die Noord-Kaap aan die oewers van die Oranjerivier waar die digter groot geword het. In die eerste afdeling word die tema "refleksies" ontgin en verwys na sowel die weerkaatsings van die lewe in di dro, warm wreld as na die besinning oor die betekenis wat die gebied en sy mense vir die digter ingehou het. In die afdeling "om federico" is 'n aantal gedigte oor Spanje, waar die landskap sterk herinner aan di van die Noord-Kaap, maar wat terselfdertyd ook onmiskenbaar die wreld van die Spaanse digter Federico Garca Lorca is. In die afdeling "gesigte" is gedigte oor visioene, onverwagse insigte en ook ontluistering, soos die gedig "'n beeld raak los" waarin een van die sementbeelde in die Uilhuis op Nieu-Bethesda afgetakel word tot net die skelet van bloudraad oorbly.Die laaste afdeling, "inkdood", bevat gedigte oor dood en verval wat die digter met sy skryfwerk probeer besweer. Features Summary Met Oewerbestaan lewer Melt Myburgh ’n debuutdigbundel wat beslis aandag gaan trek. Author Melt Myburgh Publisher Protea Boekhuis Release date 20100406 Pages 74 ISBN 1-86919-369-5 ISBN 13 978-1-86919-369-0
R 143
See product
South Africa (All cities)
This item is sold brand new. It is ordered on demand from our supplier and is usually dispatched within 10 - 15 working days Daar’s groot opgewondenheid in Feetjiedal. Dis amper tyd vir die Hoogsomer-bal. Al die feeperdjies is gretig om uit te vind wie van hulle Feekoningin se goue koets gaan trek. Krulkop wil so graag gekies word, maar sy’s nie so sierlik en elegant soos die ander feeperde nie. Haar droom lyk buite bereik... Features Summary Dis amper tyd vir die Hoogsomer-bal. Al die feeperdjies is gretig om uit te vind wie van hulle Feekoningin se goue koets gaan trek... Author Karen King (Author), Fantasi (Editor), Angela Hicks (Illustrator) Publisher Fantasi Books (Pty) Ltd Release date 20140709 Pages 24 ISBN 1-920660-18-6 ISBN 13 978-1-920660-18-5
R 43
See product

Free Classified ads - buy and sell cheap items in South Africa | CLASF - copyright ©2024 www.clasf.co.za.