-
loading
Ads with pictures

Met ondervinding


Top sales list met ondervinding

South Africa
TRAILER MACANIC met kennis van AIR sistims en ELECTRICALS  skakel my vir n onderhoud beste manne verdien die beste salarisse tel no of fak cv na
See product
South Africa
BOILERMAKERS / TRAILER BOUERS met ondervinding van die vervaardiging van nuwe trailers bv superlinks,3 as trailers asook Lowbed trailers en Bees,skaap trailers ,herbou van trailers en ook onderhoud op trailers  sal voorkuer geniet. Beste vakmanne verdien die beste salarisse skakel my by of fak cv met salaris verwagting na
See product
South Africa
ToesighouersPos in Brackenfell beskikbaar vir persone met kode 8 lisensie met ondervinding van toesighouding en basiese onderhoud. Ideaal vir vroee afgetredenes/ afgelegde persone bo 40. Moet met beide klante en werknemers goeie verhoudinge handhaaf en produktiwiteit verhoog. Moet bereid wees om naweke te werk. Salaris sal bespreek word in onderhoud. Stuur asb CV.
See product
De Aar (Northern Cape)
Posisie beskikbaar vir n Radio tegnikus met ondervinding en kennis van Digitale radios Die volgende sal in ag geneem word: n stabile sober netjiese georganiseerde eerlike hardwerkende persoon wat onder druk kan werk en ondervinding en kennis van radios en repeaters het en belangstel kan CV stuur na admin@albieswireless.co.za Salaris onderhandelbaar
See product
Robertson (Western Cape)
We are an Earth Moving company in Robertson, looking for a mechanic with experience with Earth Moving Equipment and Machinery. Please note, this position is for people based only in Robertson. Please do not apply if you are not situated in this area. ******** Ons is 'n Grondverskuiwings Maatskappy, opsoek na 'n motorwerktuigkundige met ondervinding in Grondverskuiwing Masjinerie en toerusting.
See product
South Africa
Goeie naandEk is n 35 jarige wit dame met n professionele werksagtergrond wat opsoek is na enige werk.Ek is n gekwalifiseerde Instrumentasie Meganikus met onderwys ondervinding.Ek sal enige werksaanbod wat in lyn is met my vorige ondervinding aanvaar.Kontak my indien u vir my n werksaanbod kan bied.Baie dankie.
See product
Paarl (Western Cape)
‘n Produsente-uitvoeronderneming (Tafeldruiwe en Sitrus) in die Paarl verlang die dienste van ‘n energieke persoon wat ondersteuning aan senior bestuur kan verleen ten opsigte van ‘n verskeidenheid van funksies. Die ideale kandidaat moet voldoen aan die volgende vereistes: • ‘n Baccalaureus-graad in Rekeningkunde/Finansiële Bestuur/Besigheids-administrasie; • Effektiewe kommunikasievaardighede in beide Afrikaans & Engels; • Sterk analitiese vermoëns; • Hoë-vlak rekenaarvaardigheid met grondige kennis van MS Office (veral Excel) & Pastel/Xero; • Vermoë om onafhanklik en onder druk te funksioneer; • Doeltreffend vanaf huis/eie kantoor/”remote” kan funksioneer. Verantwoordelikhede sal/kan insluit, maar is nie beperk, tot: • Rekeningkundige rekord-houding in Pastel/Xero • Debiteure, krediteure, produsentebetalings, rekonsiliasies ens • Bestuur en monitering van verskeie bankrekeninge; • Statutêre opgawes • Verskeie logistieke & administratiewe funksies met betrekking tot uitvoer van vrugte. Vorige ondervinding in ‘n vrugte-uitvoeromgewing sal ‘n aanbeveling wees. Vergoeding sal bepaal word in ooreenstemming met die vlakke van kennis en ondervinding van die suksesvolle kandidaat. Sluitingsdatum: 10 September 2021 Aanstellingsdatum: So spoedig moontlik, maar nie later as 1 November 2021 Indien aansoekers teen 17 September 2021 geen terugvoer ontvang het nie, kan aanvaar word dat aansoek nie suksesvol was nie. Die adverteerder behou hom verder die reg voor om die advertensie te onttrek voor die sluitingsdatum. Stuur CV aan chris64@wol.co.za
See product
Stellenbosch (Western Cape)
Tydelike Junior Tekenaar posisie beskikbaar by 'n Stainless Steel Manufacturing and Engineering maatskappy Stellenbosch. Posisie beskikbaar vir 6 maande, maar kan hersien en aangepas word na 'n voltydse posisie. Basiese ondervinding in Autodesk Inventor / Solidworks / Autocad en basiese Microsoft office programme. Vorige tegniese ondervinding sal voordelig wees. Kandidaat sal ook assisteer met kwotasies en moet bereid wees om oortyd, Saterdae en Sondae te werk teen oortyd vergoeding, indien nodig. Afrikaans en Engels spreekend. Eie vervoer. Slegs positiewe, kreatiewe, betroubare, onafhanklike persoon met goeie kommunikasie vaardighede.. Language: Afrikaans (Preferred) Job Type: Contract Salary: R8,000.00 /month Experience: Drafting: 1 year (Preferred) basic: 2 years (Preferred) AutoCAD: 1 year (Preferred)
See product
Paarl (Western Cape)
'n Gevestigde vervaardigingsmaatskappy, met sy aanleg geleë in die Paarl/Klapmuts area, beskik tans oor bogenoemde betrekking vir 'n betroubare persoon wat voldoen aan die volgende vereistes: - Rekeningkundige graad of diploma - Goeie excel kennis - Goeie finansiële kennis - Goeie kommunikasie vaardighede - 3 jaar of meer ondervinding in 'n soortgelyke pos. Die suksesvolle kandidaat sal aan die finansiële bestuurder rapporteer en nou saamwerk met die krediteure en debiteure afdeling. Rekeningkundige pligte behels o.a: - Teboekstelling van banktransaksies en joernale - Laai van betalings - Bestuur en opdatering van die krediteure stelsel - Byhou van verskaffer roumateriaal kontrak leêrs - Nagaan van krediteure rekonsiliasies en ouderdoms analises. - Nagaan van debiteure fakture - Maandelikse BTW rekonsiliasies, opstelling van BTW verslae - Opdatering en byhou van bateregister - Allokasie van uitgawes na hul regte rekeninge - Bestuur van kleinkas - Maandeinde rekonsiliasies - Bystaan en kontrole oor voorraadopnames - Waardasie van voorraad - BEE administrasie indien nodig - Enige ander ad hoc administrasie / finansiele take soos vereis word. Aflos van debiteure kontroleerder indien hy/sy op verlof is: - Opdatering van debiteure pryslyste - Skryf van debiteure joernale - Invoer van debiteure fakture en kredietnotas Diensaanvaarding: So spoedig moontlik Stuur CV aan: nielvanrenen@gmail.com voor 9 Julie 2021. Salaris: Ongeveer (R20,000 - R25,000) per maand afhangende van kwalifikasies en ondervinding. Indien u geen terugvoering binne 2 weke na die sluitingsdatum ontvang nie, kan u aanvaar dat u aansoek onsuksesvol was.
See product
Bloemfontein (Free State)
Ons Tuiste ouetehuis is ‘n versorgingseenheid vir verswakte bejaardes met ongeveer 195 inwoners. Aansoekers moet beskik oor: n Minimum van 5 jaar ondervinding, Ten minste 3 jaar ervaring as toesighouer, Afrikaans en Engels magtig wees, Rekenaarvaardig in MS Office, Christelike mens- en lewensbeskouing. Ondervinding in die versorging van bejaardes. Ondervinding in die opstel en monitering van begroting. Bestel, ontvangs en kontrolering van voorraad. Salarisskaal op aanvraag beskikbaar. Stuur volledige CV na hradmin@engo.co.za. Vir enige navrae skakel Ezelle Wilson 0514077239. Sluitingsdatum 22 November 2019.
See product
Stellenbosch (Western Cape)
BEMARKER EN TEGNIESE ADVISEUR – Hortologie Stellenbosch Hierdie gevestigde onderneming wat spesialiseer in die kweek, verspreiding en ontwikkeling van hoë kwaliteit vrugtebome en plantmateriaal beskik tans oor die bogenoemde posisie Pligte behels die volgende: - Bemarking van nuwe en bestaande wingerd- en steenvrugkultivars - Lewering van tegniese ondersteuningsdienste aan kliënte in die Wes-Kaap Hierdie is ‘n loopbaangeleentheid vir ‘n energieke, selfgedrewe persoon met ‘n doelwitgemotiveerde ingesteldheid. Verdere vereistes vir hierdie pos is as volg: - B.Sc. of ander toepaslike landbougraad of -diploma OF ‘n kwalifikasie in bemarking met ervaring in hortologie - Ondervinding en landboutegniese kennis van produksiepraktyke in bogenoemde gewasse - Uitstekende kommunikasie en interpersoonlike vaardighede - ‘n Passie vir mense en bemarking - Bereidwilligheid om gereeld te reis in die Wes-Kaap - Rekenaarvaardigheid in MS Office - Goeie vaardigheid in Afrikaans en Engels - Geldige bestuurslisensie ‘n Mededingende vergoedingspakket is onderhandelbaar volgens kwalifikasie en ervaring. Meld asb u salarisverwagting op die aansoek, asook kontakbare verwysings. Rig ‘n volledige CV (in Word asb) met kontakbare verwysings by die aansoek aan louise@wcp.co.za. Indien u geen terugvoer binne drie weke ná die sluitingsdatum ontvang nie, kan u aanvaar dat u aansoek onsuksesvol was. Responsibility:... Salary: Rmarket related Job Reference #: LRAD0217 Consultant Name: Louise Rossouw
See product
Robertson (Western Cape)
'n Gemengde boerdery in Robertson omgewing is opsoek na die dienste van 'n Produksiebestuurder wat die wyndruiwe afdeling van die boerdery kan bestuur, asook hulp kan verleen met die oes van ander afdelings se vrugte (steenvrugte en sitrus). Vereistes: Die posbekleër sal rapporteer aan die Produksiehoof en verantwoordelik wees vir die produksie van wyndruiwe. Sleutelpligte: -Die bestuur van die menslike hulpbronne komponent -Plaag- en onkruidbeheer -Besproeiing -Snoei tot oes -Ontwikkeling van nuwe aanplantings -Rekordhouding en algemene administrasie -Deeglike kennis en ervaring van wyndruif verbouing (minimum 10 Jaar) -Ondervinding van parsmasjiene -Ondervinding en kennis van besproeiing, plaagbeheer, onkruidbeheer asook voeding -Goeie meganiese vaardighede en prakties aangelê wees -Bestuur van 'n span werknemers en werwing van spanne -Rekordhouding kan handhaaf bv Deurgee van lone -Basiese rekenaarkennis -Goeie menseverhoudings handhaaf, eie inisiatief kan neem en gemotiveerd wees -Kode 10 (EC1) lisensie met geldige PDP -Woonagtig in die Weskaap Die ideale kandidaat is 'n energieke en praktiese persoon, met baie goeie menseverhoudinge, wat oor die toepaslike ondervinding van wingerdverbouing beskik. Moet getroud wees en eggenoot moet 'n pos beklee en uitdagings van beroep verstaan, bereid wees om verlengde ure te werk en naweekdiens te verrig.Moet asb nie aansoek doen indien kwalifikasies of motivering ontbreek nie. Indien u belangstel in die geleentheid, e-pos asb 'n volledige CV aan zeemanboerdery@gmail.com Aansoeke sluite: 31 Maart 2021 Die Suksesvolle kandidaat begin 3 Mei 2021 Meld salaris en voordele verlang. Indien u aan die keuringsvereistes voldoen, sal ons u binne twee weke na die plasing van hierdie advertensie kontak.
See product
Robertson (Western Cape)
'n Gemengde boerdery in Robertson omgewing is opsoek na die dienste van 'n Produksiebestuurder wat die wyndruiwe afdeling van die boerdery kan bestuur, asook hulp kan verleen met die oes van ander afdelings se vrugte (steenvrugte en sitrus). Vereistes: Die posbekleër sal rapporteer aan die Produksiehoof en verantwoordelik wees vir die produksie van wyndruiwe. Sleutelpligte: -Die bestuur van die menslike hulpbronne komponent -Plaag- en onkruidbeheer -Besproeiing -Snoei tot oes -Ontwikkeling van nuwe aanplantings -Rekordhouding en algemene administrasie -Deeglike kennis en ervaring van wyndruif verbouing (minimum 5 Jaar) -Ondervinding van parsmasjiene -Ondervinding en kennis van besproeiing, plaagbeheer, onkruidbeheer asook voeding -Goeie meganiese vaardighede en prakties aangelê wees -Bestuur van 'n span werknemers en werwing van spanne -Rekordhouding kan handhaaf bv Deurgee van lone -Basiese rekenaarkennis -Goeie menseverhoudings handhaaf, eie inisiatief kan neem en gemotiveerd wees -Kode 10 (EC1) lisensie met geldige PDP -Woonagtig in die Weskaap Die ideale kandidaat is 'n energieke en praktiese persoon, met baie goeie menseverhoudinge, wat oor die toepaslike ondervinding van wingerdverbouing beskik. Moet getroud wees en eggenoot moet 'n pos kan beklee en uitdagings van beroep verstaan, bereid wees om verlengde ure te werk en naweekdiens te verrig.Moet asb nie aansoek doen indien kwalifikasies of motivering ontbreek nie. Indien u belangstel in die geleentheid, e-pos asb 'n volledige CV aan zeemanboerdery@gmail.com Aansoeke sluite: Die Suksesvolle kandidaat begin Meld salaris en voordele verlang. Indien u aan die keuringsvereistes voldoen, sal ons u binne twee weke na die plasing van hierdie advertensie kontak.
See product
South Africa
Forté Rekenmeesters het 'n pos beskikbaar vir 'n bekwame rekeningkundige verwerkingsdame met ten minste 2 jaar ondervinding in Pastel. Mededingende salaris afhangend van ondervinding. Lewer CV persoonlik te Kellnerstraat 10, Westdene af of stuur per e-pos na Sluitingsdatum
See product
South Africa
Hi. Ek is n middejarige verpleegster met 33 jaar ondervinding in verpleging asook icu ondervinding. Is gerigistreer by Suid Afrikaanse Verpleegsters Raad. Ek bied my dienste aan vir enige tuisverpleging in ruil vir inbly wat honde vrienndelik is.
See product
South Africa
Ek is 'n student wat deeltyds studeer met Au Pair ondervinding en is dringend opsoek na enige deeltydse werk in Pretoria Oos. Ek is bereid om nuwe geleenthede aan te vat en ondervinding op te doen en is ook bereid om nuwe dinge te leer.
R 4
See product
Kimberley (Northern Cape)
Vakante pos beskikbaar vir "n finansiële klerk. Persoon moet eerlik en betroubaar wees, met deeglike finansiële ondervinding. Pastel ondervinding is 'n noodsaaklikheid. Stuur CV na ontvangs@kimcity.co.za voor of op 24 Januarie 2020.
See product
Jeffreys Bay (Eastern Cape)
ER Trekkerdienste, ‘n gevestigde landboumeganisasie onderderneming in Humansdorp-omgewing, bied ‘n betrekking met ‘n mededingende vergoedingspakket aan ‘n gekwaifiseerde trekkerwerktuigkundige. Minimum vereistes: Gekwalifiseerde trekkerwerktuigkundige Ondervinding op Landini, New Holland en implemente Minimum 5 jaar toepaslike ondervinding Aansoeke sluit: 10 Junie 2020 Stuur CV na: aansoekehdp@gmail.com As u nie die aan die bostaande minimum vereistes voldoen nie, sal u aansoek nie oorweeg word nie.
See product
Worcester (Western Cape)
Goeie dag almal Ek is opsoek na ñ pos op ñ plaas of enige ander landbou onderneming. Ek het ñ Boerdery Bestuur N6 kwalifikasie en wag nog vir my Deploma. Ek het kennis in die verbouing en kwaliteit inspeksie van tafeldruiwe. Ek het ook ondervinding met die kwaliteit inspeksie van steen en kernvrugte by pakstore en koue vrugte. Ek het ondervinding in besproeing instaleer en resperasies. My cv en kwalifikasie is op aanvraag beskikbaar. Kontak my gerus by 0632265425 of vind my op whatsapp.
See product
Paarl (Western Cape)
Geagte Meneer / Mevrou Ek is graag opsoek na 'n werksgeleentheid in die Paarl. Ek het 17 jaar ondervinding in Stoor en Pakhuisbestuur / Voorraadkontrole en Stelsels / Verpakking en versending van bestellings. Ek het volledige ondervinding van Administrasie. Aankope, Ontvangste van rou materiaal voorraad en kwaliteit tot versending van finale produk. Uitstekende vurkhyster bestuur vaardighede met 'n geldige lisensie - 100% rekord. My CV en alle verwysingsbriewe is dadelik beskikbaar op aanvraag. Ek is onmiddelik beskikbaar. Baie dankie Vriendelike Groete Johan Sadie 084 974 9015 johansadie5056@gmail.com
See product
Paarl (Western Cape)
Ek is graag opsoek na 'n werksgeleentheid in die Paarl. Ek het 17 jaar ondervinding in Stoor en Pakhuisbestuur / Voorraadkontrole en Stelsels / Verpakking en versending van bestellings. Ek het volledige ondervinding van Administrasie. Aankope, Ontvangste van rou materiaal voorraad en kwaliteit tot versending van finale produk. Uitstekende vurkhyster bestuur vaardighede met 'n geldige lisensie - 100% rekord. My CV en alle verwysingsbriewe is dadelik beskikbaar op aanvraag. Ek is onmiddelik beskikbaar. Baie dankie Vriendelike Groete Johan Sadie 084 974 9015 johansadie5056@gmail.com
See product
Worcester (Western Cape)
Maatskappy Sekretarieël Is jy uitnemend met sekretariële administratiewe werk en is jy vertroud met die nakomingsvereistes van CIPC (Companies and Intellectual Property Commission)? Stuur jou CV na recruitment@protektumhr.co.za voor Donderdag 31 Oktober 2019 waarin jy jou ondervinding as maatskappy sekretaresse uiteensit. Indien jy nie terugvoering na 2 weke ontvang het nie, aanvaar asb dat jou aansoek onsuksesvol was.
See product
Lichtenburg (North West)
Vakante pos by 'n gevestigde trekker handelaar in Lichtenburg, vir 'n administratiewe/verkoopspersoon. Pos is onmiddelik beskikbaar. Die geskikte kandidaat moet aan die volgende vereistes voldoen: Rekenaarvaardig (word, excel), Pastel accounting kennis, ten volle tweetalig (Afrikaans & Engels), kode 8 met eie vervoer, ondervinding in verkope, uitstekende menseverhoudings, sal ook verantwoordelik wees vir bemarking van die besigheid (facebook, website, ens). Voorkeur sal gegee word aan persone met 'n landbou agtergrond. Stuur CV's per epos aan cvagrivista@gmail.com
See product
Paarl (Western Cape)
Loon- en Adminklerk op plaas net buite Paarl Die geskikte vroulike kandidaat moet oor die volgende beskik: Graad 12 met tersiêre opleiding. 3 Jaar wersondervinding met gevorderde rekenaarvaardigheid. Kennis van Lone (VIP/Sage en TMS ondervinding sal voorkeur geniet) Sober gewoontes Goeie mense verhouding Moet in span kan saamwerk en op eie kan funksioneer Sterk administgratiewe vaardighede Kan vereis word om soms oortyd te werk. Eie Vervoer is 'n vereiste
See product
Stellenbosch (Western Cape)
Hello My naam is Andrea Els, ek is 30 jaar oud en is woonagtig in Stellenbosch. Ek het my eie betroubare kar. Ek is dringend op soek na Au pair werk. Ek het baie ondervinding met kinders en is lief daarvoor om met kinders te werk. Ek is eerlik, betroubaar, hardwerkend en het die geduld. Salaris: Kan ons oor praat in onderhoud. Baie dankie Andrea
See product
Worcester (Western Cape)
Die suksesvolle kandidaat sal verantwoordelik wees vir: - debiteure en krediteure - skakeling met pasiënte en mediese hulpfondse - indiening van eise by mediese hulpfondse - invoer van transaksies op rekenkundige programme. Die ideale kandidaat is n toegewyde spanspeler met n sterk fokus op die handhawing van hoë praktykstandaarde en beskik oor: - n toepaslike tersiêre kwalifikasie - ondervinding in n soortgelyke betrekking - grondige rekenaarvaardighede - goeie interpersoonlike vaardighede.
See product
South Africa
Besige restaurant in Soutpansberg Weg, Riviera Pretoria is opsoek na geld honger kelners om hul kliente vlink en vinnig te bedien. Ondervinding in die veld sal hoog op prys gestel word. Stuur gerus jou cv vir my aan en ek sal 'n onderhoud met jou reel as jy soos die regte kanidaad lyk 
See product
South Africa
Agtergrond - Eienaar met 12 jaar ondervinding op eie venue. - Hantering van groepe - Bekend as 'n "mense persoon" - Bemarking en besprekings van venue ook gehanteer - fasilitering van Leierskap / motivering / spanbou sessies CV OP AANVRAAG Onmiddelik beskikbaar
See product
South Africa
Assistent/Admin pos beskikbaar by PSG Somerset Mall – finansiële adviseur opsoek na n assistant met minimum 5jr ondervinding in die versekerings/beleggingsbedryf. Salaris onderhandelbaar. Stuur asb. CV’s na
See product
South Africa
Ek is betroubare dag moeder met jare der jare se ondervinding - Reël `n afspraak en kom sien vir uself. Sien uit om u te ontmoet
See product

Free Classified ads - buy and sell cheap items in South Africa | CLASF - copyright ©2024 www.clasf.co.za.