DEON MEYER - KOBRA (LARGE SOFTCOVER) IN SOUTH AFRICA
Bennie Griessel is eerste op die toneel: n bloedbad in n luukse gastehuis op n Franschhoek-wynplaas. Drie slagoffers van n geheimsinnige, blitsige, meedoenlose huurmoordenaar genaamd Die Kobra. Kan Griessel hom keer voordat hy weer toeslaan? Want daar was boonop n ontvoering... Ene Paul Anthony Morris, Britse burger met n splinternuwe paspoort. Maar wie is die man werklik? Voeg hierby n grypdief wat onwetend iets steel wat aan die Kobra behoort, en n intelligensiediens wat hul neus in Griessel se sake wil steek. Spanning en intrige uit die boonste rakke, soos net Suid-Afrika se misdaadverhaal-koning dit kan skryf!
4.00/5
1 reviews
Price:
R 0,00
R 0,00
Contact
CONTACT