-
loading
Ads with pictures

Vang boer


Top sales list vang boer

South Africa (All cities)
Vang 'n Boer: Die stryd tussen Boer en Ovambo, is die verhaal van twee volke waarvan die paaie meer as 80 jaar voor die Grensoorlog (1966 tot 1989) die eerste maal gekruis het. Die boek gee nuwe perspektiewe op 'n oorlog wat tot dusver binne die konteks van ideologie (Apartheid en Kommunisme) verstaan is. 'n Komplekse historiese proses wat die oorlog voorafgegaan het, word beskryf. Die klem val nie net op die militere konfrontasie tussen Boer en Ovambo nie, maar die diplomatieke, politieke en ekonomiese stryd wat ten nouste daarmee verband hou, word geanaliseer. Waar Boer en Ovambo dit in die bos met die wapen uitspook, is dit nie 'n eensydige stryd waar een kant al die helde oplewer en die ander kant die skurke is wat in massa afgemaai word nie. Die stryd woed ook nie net in die bosse op die Grens nie, maar regoor die hele Suider-Afrika en in die vergadersale van die Verenigde Nasies. Die stemme van die burgerlike bevolking - die kwesbares, onskuldiges en ongewapendes - word tussen die oorlogsrumoer gehoor. Uiteindelik word die boek een lang gevallestudie van hoe politici en hulle militre dienaars, met die ondersteuning en aanmoediging van die kapitaallkragtiges en magsugtiges, met gewone mense in 'n oorlog mors. Soos in sy beroemde boek "Die Buffel Struikel", vertel LJ Bothma die geskiedenis op 'n objektiewe wyse aan die leser oor. Sagteband, 618 bladsye. Published 2012  
R 355
See product
South Africa (All cities)
 VANG A BOER  F.J.BOTHMA POSTAGE @ R 60.00 with tracing No condition like new
R 300
See product

Free Classified ads - buy and sell cheap items in South Africa | CLASF - copyright ©2024 www.clasf.co.za.