-
loading
Ads with pictures

Bart de


Top sales list bart de

South Africa (All cities)
Buy Barend Barends: Die vergete kaptein van Danielskuil - Bart de Graaff POSGELD GRATIS for R200.00
R 200
See product
South Africa (All cities)
Splinternuwe hardeband met stofjas en 158 bladsye. R50 posgeld in SA. Ook binne Rietfontein, Rehoboth, Bethanie, Koranna, Griqua, Duitswes, Swapo, Nama....   Bart de Graaff is ’n Nederlandse historikus en joernalis wat ’n besonderse belangstelling in die Suid-Afrikaanse politiek en kultuur het. In 2015 en 2016 het hy verskeie besoeke aan Suid-Afrika en Namibië Namibia gebring. Sy oogmerk was om die nasate van die Khoi-Khoin, synde die eerste “ware mense” van die subkontinent, op te spoor, en aan die woord te stel. Hierdie boek is die resultaat van sy onderhoude. De Graaff kontekstualiseer nie net die geskiedenis van die Khoi-Khoin en haar vele vertakkings nie, maar stel ook bepaalde eietydse leiersfigure in die onderskeie gemeenskappe aan die woord. Daarvolgens word die historiese kyk na legendariese kapteins soos die Korannas se Goliat Yzerbek, die Griekwas se Adam Kok, die Basters se Dirk Vilander, Abraham Swartbooi van die Namas en Frederik Vleermuis van die Oorlams afgewissel met De Graaff se persoonlike reisindrukke en die talle gesprekke wat hy met die waarskynlike nasate van bogenoemde leiers gehad het. In sy onopgesmukte skryfstyl, vol deernis en humor, vertel De Graaff van hierdie ontmoetings en gesprekke en algaande kom die leser onder die indruk van die sistemiese geweld wat teen die Khoi-Khoin oor soveel eeue heen gepleeg is. Dit is ’n belangrike boek wat die geskiedenis en huidige stand van die bruin mense onder hulle landsgenote se aandag bring.  
R 250
See product
South Africa (All cities)
Op Pelgrimshoop, ’n weggesteekte dorpie in die voue van die Laeveld, waar die vlaktes wemel van skaap, gras en die oudste klipformasies in Suid-Afrika, daar vind Hannah de Witt haar voete weer na ’n verbryselende verhouding wat sy agterlaat in Pretoria. Ongeag die feit dat haar student, Elias Bart, die knorrige boer van Bartelheim, die man wat ‘die ding het met die perde’, aanvanklik nie wil saamwerk met waarvoor hy haar laat kom het nie: Om hom verder te kom leer. Die legendariese fete tussen Vliet Vorster, sy 4-manbende, en Bart dreig boonop om in ’n volskaalse konflik te ontaard want Vorster haat die ‘bontspul’ op Bartelheim. Vliet Vorster, voorste boer en burgemeester, wat elke Saterdagaand Die Oog leegdrink en Sondag voor in die kerkgestoeltes sit. Ondanks die dorp se opstand oor Hannah en haar skrywerbroer Abram se teenwoordigheid in die omgewing, die atmosfeer op die plaas wat maar styf is en Hannah se onwillige student groei die waarheid, teerheid en nederigheid – en Hannah leer ’n ander Elias ken.
R 85
See product

Free Classified ads - buy and sell cheap items in South Africa | CLASF - copyright ©2024 www.clasf.co.za.