-
loading
Ads with pictures

Vir enige wat


Top sales list vir enige wat

South Africa (All cities)
Buy Wat Sal Hierdie Kindjie Tog Wees?: Oordenkinge vir Gelowige Ouers - Dr. Andrew Murray for R250.00
R 250
See product
South Africa (All cities)
This item is sold brand new. It is ordered on demand from our supplier and is usually dispatched within 10 - 15 working days Features Summary Maklik verstaanbare storie in grootdruk vir voorlees en selflees. Vrolike, kleurvolle illustrasies - interaktief met Jasper: My eerste rympie-woordeboek.. Author Francois Maree (Editor), Nico Meyer (Illustrator), Francois Maree (Author) Publisher Fantasi Books (Pty) Ltd Release date 20050630 Pages 16 ISBN 1-919764-68-2 ISBN 13 978-1-919764-68-9
R 35
See product
South Africa
Hoe lyk 'n balalaika en wat is ritme? Wie was Robert Schumann? In die boek se 250 artikels oor instrumente, komponiste en musiekterme uit klassieke musiek, jazz en popmusiek sal jy antwoorde op die en hope ander musiekverwante vrae vind! 'n Noodsaaklike naslaanbron vir kinders wat lief is vir musiek, met meer as 200 volkleurillustrasies en foto's, talle notevoorbeelde, 'n register met ongeveer 1000 terme met verklarings oor die herkoms en uitspraak daarvan. Format:paperback Pages:190
R 89
See product
South Africa
This item is sold brand new. It is ordered on demand from our supplier and is usually dispatched within 10 - 15 working days Handwerkmetaal het eindelose versierpotensiaal. Dit is buigsaam en kan om bykans enige oppervlak gevou of daarop geplak word. Hierdie boek fokus op gekleurde handwerkmetaal - hoe dit versier kan word met bosseleerwerk, uitsnywerk, die byvoeg of wegneem van kleur, 3D-ontwerpe wat ingevul word en vele meer - en hoe jy daarmee unieke items vir jou tuiste kan skep. Leer meer oor metaal en items waarop dit aangebring kan word, hoe om die nodige gereedskap te gebruik, en hoe om verskeie tegnieke toe te pas wat almal gebruik kan word om die meer as 50 dekoratiewe of funksionele items te skep. Die oorspronklike projekte is spesifiek ontwerp en geskep om die groot verskeidenheid tegnieke en toepassings te demonstreer, soos: Die oordra en natrek van ontwerpe; Hoe om met eenvoudige handgereedskap tekstuur te skep; Die gebruik van bosseleerapparaat soos die cuttlebug om tekstuur, patrone en uitsnywerk te skep; Afrondingstegnieke soos skuurwerk, veroudering en verf; Herwinning en hergebruik; Wenke en raad om prosesse te vereenvoudig. Daar is projekte vir alle vaardigheidsvlakke, van beginners tot gesoute handwerkers, en maklike items wat blitsvinnig gemaak kan word tot meesterstukke wat langer sal neem om te voltooi. Manjifieke foto's van die voltooide items sal jou inspireer en jy kan danksy die stap-vir-stap foto's en aanwysings sommer dadelik aan die werk spring. Features Summary Die oorspronklike projekte is spesifiek ontwerp en geskep om die groot verskeidenheid tegnieke en toepassings te demonstreer. Author Monica Fischer (Author), Suzan Cumpsty (Author), Lee Vorster (Author) Publisher Metz Press Release date 20160601 Pages 128 ISBN 1-928201-75-X ISBN 13 978-1-928201-75-5
See product
South Africa (All cities)
This item is sold brand new. It is ordered on demand from our supplier and is usually dispatched within 10 - 15 working days In Andries Bezuidenhout se tweede bundel word twee werklikhede wat op die oog af nie raakpunte het nie, naas mekaar geplaas. Aan die een kant is daar die groter ruimte van die Suid-Afrikaanse stad en platteland, en aan die ander kant die intieme ruimte van die huis, veral die kombuis, gevul met verskillende toestelle. In albei hierdie ruimtes is verandering aan die werk. Die slopende werking van die geskiedenis bring verval, afsondering en verlatenheid in stad en dorp mee; in die kombuis is die verandering geheimsinniger, soms meer sinister, en wonder die spreker oor die sameswerings van huishoudelike toestelle teen hulle gebruikers (“Kombuiskomplot”). In die gedig “Muizenberg, renovator's dream” word die verandering wat die geskiedenis meebring, gesien as die “ewige ritme van bou en verval”, daarenteen is die prosesse in die huis, afkoeling, reiniging, en voorbereiding van maaltye iets baie meer basies, maar noodsaaklik, soos die digter in “You'll always find me in the kitchen at parties” aanvoer: “Die geskiedenis, liewe vriende,/word selde in fabrieke vervaardig,/soos enige digter wat haar sous werd is weet:/In kombuise word dit opgekook.” Features Summary In Andries Bezuidenhout se tweede bundel word twee werklikhede wat op die oog af nie raakpunte het nie, naas mekaar geplaas. Author Andries Bezuidenhout (Author), Andries Bezuidenhout (Illustrator) Publisher Protea Boekhuis Release date 20140301 Pages 77 ISBN 1-4853-0072-X ISBN 13 978-1-4853-0072-4
R 143
See product
South Africa
Subtitle: Gedigte Author: Andries Bezuidenhout With Author's Inscription Publisher: Protea Boekhuis (2014) ISBN-10: 148530072X ISBN-13: 9781485300724 Condition: Very good, minor dents to the corners and edges of the spine else a very good clean copy. Binding: Softcover Pages: 77 Dimensions: 21.2 x 13.7 x 0.7 cm +++ Author: (With Author's Inscription) +++ In Andries Bezuidenhout se tweede bundel word twee werklikhede wat op die oog af nie raakpunte het nie, naas mekaar geplaas. Aan die een kant is daar die groter ruimte van die Suid-Afrikaanse stad en platteland, en aan die ander kant die intieme ruimte van die huis, veral die kombuis, gevul met verskillende toestelle. In albei hierdie ruimtes is verandering aan die werk. Die slopende werking van die geskiedenis bring verval, afsondering en verlatenheid in stad en dorp mee; in die kombuis is die verandering geheimsinniger, soms meer sinister, en wonder die spreker oor die sameswerings van huishoudelike toestelle teen hulle gebruikers ("Kombuiskomplot"). In die gedig "Muizenberg, renovator's dream" word die verandering wat die geskiedenis meebring, gesien as die "ewige ritme van bou en verval", daarenteen is die prosesse in die huis, afkoeling, reiniging, en voorbereiding van maaltye iets baie meer basies, maar noodsaaklik, soos die digter in "You'll always find me in the kitchen at parties" aanvoer: "Die geskiedenis, liewe vriende, word selde in fabrieke vervaardig,/soos enige digter wat haar sous werd is weet: In kombuise Click on the image to read the inscription.
See product
South Africa
This item is sold brand new. It is ordered on demand from our supplier and is usually dispatched within 24 hours Dit is Simone se annus horribilis. Op vier en veertig stap sy vir die tweede keer uit n huwelik, bankrot, werkloos, moedeloos, verbrysel. Al wat sy het om van vier en veertig jaar te wys, is n bedenklike verlede, n tienerseun wat skaars met haar praat, en die besef van mislukking en ontoereikendheid wat soos n meulsteen om haar nek hang. Al waarheen sy het om te gaan, is die kleinburgerlike dorp op die Oos-Vrystaatse platteland waar sy grootgeword het, waar haar konserwatiewe ma en konvensionele suster haar gedurig aan haar tekortkominge kan herinner. Rock bottom, dis waar sy is. Maar omdat dit al is wat daar is om te doen, begin sy herbou; aan n loopbaan, n vriendekring, haar verhouding met haar kind, haar verhouding met haar ma. Aan haar vertroue in haarself. Stelselmatig kom daar lig, en sin, en rigting, selfs vir haar. Al waarvoor sy glad nie reg is nie, is Barnard Richter, wat van haar verwag om ten spyte van alles wat sy nie kon vermag nie en alles wat sy nooit sal kan wees nie, weer in die liefde te glo. Features Summary Simone se tweede huwelik eindig ook rampspoedig. Op die Vrystaatse dorpie waarheen sy en haar seun hulle begewe, word hulle omring van kleinburgerlikes... Author Sophia Kapp Publisher LAPA Publishers (Pty) Ltd / LAPA Uitgewers (Edms) Bpk Release date 20160301 Pages 476 ISBN 0-7993-7800-3 ISBN 13 978-0-7993-7800-9
R 209
See product
South Africa (All cities)
This item is sold brand new. It is ordered on demand from our supplier and is usually dispatched within 5 - 10 working days Ouerskap vandag is moeiliker as ooit tevore. Kinders staan onder druk wat voorheen ongehoord was. En die druk rus ook op ouers om hul kinders te lei en ondersteun. Jannie Putter kyk in Wenplan Vir Jou Kind Se Lewe in 13 hoofstukke na waardevolle temas soos "Wie is jy?", "Hoe bou ek my kind se self-beeld?", en "Hoe tug ek my kind?" Hy gebruik grafiese voor---stellings om sy teorie uit te lig en praat ook spesifiek met enkelouers oor die struikel-blokke wat hulle moet hanteer. Jannie wys ouers dat die sleutel daarin l om die regte besluite in die hitte van die oomblik te neem. Daar is altyd twee opsies: die regte besluit wat dalk moeilik is of die verkeerde besluit wat dalk op daardie oomblik gemaklik en selfs prettig lyk, maar lei tot spyt. Wenplan Vir Jou Kind Se Lewe sal ouers bemoe-dig om die beste ouers moontlik vir hul kinders te wees. Features Summary Jannie Putter kyk in Wenplan vir jou kind se lewe in 13 hoofstukke na waardevolle temas soos "Wie is jy?", "Hoe bou ek my kind se selfbeeld?", en "Hoe tug ek my kind? Author Jannie Putter Publisher Christelike Uitgewers Release date 20140901 Pages 174 ISBN 1-4316-1020-8 ISBN 13 978-1-4316-1020-4
R 107
See product
South Africa (All cities)
Buy Geskep Vir n Beter Toekoms: Die Lewe Wat Jy Het. Die Lewe Wat God Vir Jou Begeer Jim Cymbala for R50.00
R 50
See product
South Africa
This item is sold brand new. It is ordered on demand from our supplier and is usually dispatched within 4 - 10 working days Suid-Afrikaners onthou toe beurtkrag in 2008 die land tot stilstand gebring het. Daar was 'n stormloop vir opwekkers en eiendom in Perth, Australi?. 'n E-pos vanaf Alan Knott-Craig wat Suid-Afrikaners herinner aan die positiewe dinge verbonde aan 'n lewe in Suid-Afrika het soos blits versprei en reaksies van duisende Suid-Afrikaners ontlok. So het Don't Panic tot bestaan gekom - 'n boek wat 'n oomblik in SA geskiedenis vasgel? het. Beweeg aan na 2014 en ons het beurtkrag (grotendeels) vergeet, ons was die gasheer vir die w?reldbeker-sokkertoernooi, ons het die globale resessie oorleef, maar nou tree die paniekgevoel weer in. Die Rand val, politiek domineer die nuus, daar is oral betogings oor dienslewering - moet ons nou stres? Lees die advies van Alan Knott-Craig, Willem Breytenbach, Max du Preez, Anet Vosloo, Brand Pretorius en menigte ander (welbekende mense, gewone Suid-Afrikaners en internasionale burgers wat tot Suid-Afrika aangetrokke is) wat vir ons s?: Moenie stres nie Features Summary Onthou jy toe Suid-Afrika in 2008 beurtkrag gehad het? Onthou jy die stormloop vir opwekkers en eiendom in Perth? Author Alan Knott-Craig Publisher Bookstorm Release date 20140429 Pages 120 ISBN 1-920434-87-9 ISBN 13 978-1-920434-87-8
See product
South Africa
Abjater wat so lag - Wilma Stockenstrom - Human & Rousseau - 1991 -126pp  - Hardeband. Baie goeie kondisie. Hierdie roman het as verteller 'n eenkantvrou en oujongnooi wat (op 'n plattelandse dorp in die eerste deel van die twintigste eeu) terugkyk op haar lewe – as 'n versorgster in gegoede witmense se huise, eers as hulp met kinders en later vir oumense en sterwendes. Sy vertel van die insig in die dood wat sy so by die baie sterwendes gekry het. Dan raak sy ook uiteindelik sterwensbegeleidster vir Abjater, 'n man wie se goue lag sy in haar jongdae bewonder het, iemand wat vir haar soos 'n "uitverkorene" gelyk het. So peins die verteller aan die einde van 'n lewe waarin sy, soos sy elders se, "by die dood ingeboek" was: "Miskien het ek met die dood getrou, kom dit by my op... maar nou raak ek sat vir hom. Hy bly my pal besoek. Hy bring net woeligheid."
See product
South Africa (All cities)
Hierdie titel sal jou help om te verstaan waarom jy leef en wat God se wonderlike plan vir jou is - sowel hier en nou as in die ewigheid. Die skrywer sal jou gids wees tydens 'n persoonlike geestelike reis van 40 dae wat jou 'n nuwe antwoord op die lewe se belangrikste vraag sal gee: Wat op aarde doen ek nou eintlik hier? As jy weet waarom God jou geskep het, sal jy minder stress beleef, jou energie kan fokus, jou besluite vereenvoudig, betekenis aan jou lewe gee, en belangrikste, jouself vir die ewigheid voorberei. Die doelgerigte lewe is 'n boudruk vir 'n Christelike lewe in die 21ste eeu - 'n leefwyse wat op God se ewige waardes gegrond is, en nie op kulturele waardes nie. Met meer as 1 200 Skrifaanhalings en - verwysings daag dit die gewone omskrywings van aanbidding, gemeenskap, dissipelskap. Bedienings en evangelisme uit.
R 28
See product
South Africa (All cities)
This item is sold brand new. It is ordered on demand from our supplier and is usually dispatched within 7 - 15 working days Stories vir lekker lees (Vlak 1) is een van die titels in die KABV goedgekeurde Kroonsteen-leesreeks van Best Books. Die reeks is ontwikkel op ses leesvlakke vir leerders in die Intermediere Fase (graad 4 tot 6) en bestaan uit altesaam 18 leesboeke wat fiksie en niefiksie leesstof insluit. Stories vir lekker lees bevat verskeie soorte kort literere tekste soos kortverhale, mites, fabels, sprokies, vertellings, dramas, hoorspele, fotoverhale, ensovoorts. Die begeleidende vrae, woordverklarings en taal pret het ten doel om die betekenis van die tekste maklik te ontsluit sodat leerders begrip, genot en waardering vir die Afrikaanse letterkunde kan ontwikkel terwyl hulle ook hul leesvaardigheid bevorder. Die Boek 2-reeks bevat ses bundels: Stories vir lekker lees – Vlak 1 (Graad 4); Stories vir lekker lees – Vlak 2 (Graad 4); Stories vir lekker lees – Vlak 3 (Graad 5); Stories vir lekker lees – Vlak 4 (Graad 5); Stories vir lekker lees – Vlak 5 (Graad 6); Stories vir lekker lees – Vlak 6 (Graad 6). Features Summary Stories vir lekker lees (Vlak 1) is een van die titels in die KABV goedgekeurde Kroonsteen-leesreeks van Best Books. Die reeks is ontwikkel op ses leesvlakke vir leerders in die Intermediere Fase (graad 4 tot 6) en bestaan uit altesaam 18 leesboeke wat fiksie en niefiksie leesstof insluit. Author Fanie Viljoen Publisher Best Books Release date 20120801 Pages 48 ISBN 1-77002-905-2 ISBN 13 978-1-77002-905-7
R 155
See product
South Africa (All cities)
 Johnita le Roux - Een vir die Wolfskof       Een vir die Wolfskof  van Johnita le Roux is ‘n pakkende roman waarin ‘n vroueskrywer inbeweeg in die manlike domein. Die wêreld van die plaas en veral die soldaat word hier oopgemaak. Die roman speel in 1995 af en ‘n soldaat uit die Ou-Suid-Afrika beleef ‘n ernstige depressie. Sy vrou besoek ‘n terapeut en die effek van sy gemoedstoestand word op ‘n openhartige wyse beskryf. Hy is onder andere impotent en die effek hiervan op sy vrou en homself word uiters aangrypend beskryf.  Ook roep die verteller hulle vorige lewe in herinnering en hoe alles verander het. Die lot van die wit man word dus hier vanuit die perspektief van ‘n vrou (‘n baie vernuftige strategie) onder die loep geneem.  Die ervaring van die eens magtige patriarg as ‘n nou impotente (op fisiese en geestelike vlak) is waarskynlik een van die belangrikste temas van hierdie roman. En dit kry natuurlik ‘n ekstra dimensie omdat ‘n vrou hieraan stem gee. Soos wat Marlene van Niekerk inbeweeg in die domein van die plaasroman in  Agaat, skryf Le Roux oor veeboere en droogte. Dit gaan hier om die soeke na water wat natuurlik ook geestelike energie impliseer. Die letterlike reis word ook ‘n geestelike soeke of reis wat met primordiale krag gelaai word. Ook is die tema van die plaas ‘n hoogs emosionele onderwerp; nes die indertydse grensoorlog en in Dine van Zyl se  Slagoffers   is daar eweneens ‘n vars blik gegee op hierdie oorlog.
R 35
See product
South Africa (All cities)
This item is sold brand new. It is ordered on demand from our supplier and is usually dispatched within 10 - 15 working days Met hierdie klassieke verhaal oor die lewe van ’n mossiegemeenskap skep Hickey ’n werk vir oud en jonk. Kuif Kwaster en sy familie – ’n voorbeeldige en vername mossiegesin in die bodorp – neem die leser op ’n reis wat nie vir mense beskore is nie. Saam met Skeel At en Kuif verdedig lesers die mossie-eer teen die wraaksugtige en rebelse Beatnik-bende; en saam met Meks en Maja word daar vir die mannetjies in die bodorp flikkers gegooi. Features Summary Met hierdie klassieke verhaal oor die lewe van ’n mossiegemeenskap skep W.A. Hickey ’n werk vir oud en jonk. Kuif Kwaster en sy familie – ’n voorbeeldige en vername mossiegesin in die bodorp – neem die leser op ’n reis wat nie vir mense beskore is nie. Author W.A. Hickey Publisher Protea Boekhuis Release date 20011231 Pages 164 ISBN 1-919825-49-5 ISBN 13 978-1-919825-49-6
R 143
See product

Free Classified ads - buy and sell cheap items in South Africa | CLASF - copyright ©2024 www.clasf.co.za.