5672HA BOESMANLAND PLAAS IN CAPE TOWN
FANTASTIESE INFRASTRUKTUUR OMHEIN HIerdie 6572 Ha plaas is gelee 35km Suid-Oos van Loeriesfontein, noord van Calvinia in die mooi hart van Boesmanland in die Noord Kaap. Die enkel titelakte, omheinde plaas strek oor koppies en laagtes, heuwels en panne en bied die koper 'n verskeidenheid van plante en gewasse soos Boesmangras Koolganna, Beesganna, Driedoring en Bosdoring en Ysterdoring kenmerkend aan Boesmanland. Die plaas is opgedeel in kampe en met veedraad omhein met elektriese heining aan oos en wes grense. 'n Lieflike 1.2Ha Ganna-pan  bring gemoedsrus en ekstra weiding gedurende die droe maande. Die infrastruktuur is fantasies en gevestig en sluit die volgende in: *4 Slaapkamer huis wat bestaan uit sitkamer, eetkamer, kombuis, twee badkamers en n lieflike stoep, sonkrag en 2 watertenks. *Sonkrag *Buitekamers *Groot stoor en motorhuis. *Twee arbediershuise *5 krale *Voerkamers *Waterkrippe in al die kampe Daar is meer as genoeg water op die plaas met 9 sterk boorgate met water wat geskik is vir huishoudelike gebruik. Daar is altesaam 8 damme, 1 gronddam (besproei 1ha Lusern), 5 sementdamme en 2 gatdamme. 1 5000L tenk 2 tenks vir die huis. Skakel my vir meer inligting en om te besigtig! Property Reference #: 7002001-5555 Agent Details: Carin Bresler EXP Realty South Africa
4.00/5
1 reviews
Price:
R 7.230.000,00
R 7.230.000,00
Contact
CONTACT