MAGNUS MALAN: MY LEWE SAAM MET DIE SA WEERMAG IN SOUTH AFRICA

Magnus Malan het reeds as 13-jarige skoolseun weggeloop om by die destydse Unieverdedigingsmag aan te sluit. Dit was natuurlik tevergeefs, maar sedert hy in 1946 wel by die liggaamlike opleidingsbrigade kon aansluit, was sy loopbaan en lewe vir bykans 42 jaar onherroeplik met die Suid-Afrikaanse Weermag vervleg. Malan se militere loopbaan het hom na verskillende plekke in Suider-Afrika geneem - na Robbeneiland, na die toenmalige Suidwes-Afrika waar die SA Weermag die Suid-Afrikaanse mandaatgebied moes beskerm, na die Militere akademie op Saldanha, na die Kasteel in Kaapstad. As Hoof van die Leer en later as Hoof van die Weermag is hy ten nouste betrokke by Suid-Afrika se inval in Angloa in 1975 en talle oorgrensoperasies in die dekade wat daarop volg. Malan tree ook toe tot die politiek en sal veral onthou word as Minister van Verdediging in die 1980's. Malan lewer op bondige wyse verslag oor die invloed wat politieke verwikkelinge in Suider-Afrika sedert 1960 op die strukture en funksies van die Suid-Afrikaanse Weermag gehad het; oor die suksesse van Krygkor en oor Suid-Afrika se kernwapenvermoe. Hy verskaf waardevolle konteksgegewens van 'n tydperk volgeprop met staatkundige en militere gebeure; 'n tydperk wat buitengewone betekenis vir hierdie geslag en die nageslag het, maar wat tans byna vergete geraak het. Hardcover, 528 pages.  Published 2006 General Magnus Andr de Merindol Malan SSA SD OMSG SM MP (30 January 1930 18 July 2011)  was the Minister of Defence in the cabinet of President P. W. Botha, Chief of the South African Defence Force (SADF) and Chief of the South African Army. He died peacefully at home on Monday 18 July 2011

4.00/5

1 reviews

Add to your favorite ads
Magnus Malan: My Lewe Saam Met Die SA Weermag
loading
Price: R 0,00
R 0,00
2509447
Accept terms and conditions and privacy policy

Avoid frauds by contacting local ads only, and if possible try to collect the item by person. Do not be persuade by those who dispatch from another country or that request you to be paid by check or MoneyGram / ​​Western Union / Efecty, without any guarantee. We recommend you to read our safety tips.

Free Classified ads - buy and sell cheap items in South Africa | CLASF - copyright ©2024 www.clasf.co.za.